Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS – SONDAG 06 DESEMBER 2009

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die web by www.sarl.org.za. Klik op 'ARMI' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 28,325; 14,235; 10,130; 7,066 en 3,695 MHz ESB, asook op 52,750; 438,825 en 1 297 MHz FM in die Pretoria-gebied. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

In die nuus vandag:

ARRL SE LOGBOEK VAN DIE WĘRELD BEREIK NUWE MYLPALE

HANDSLEUTELNAG MET OSCAR’s, 2010

RADIOBESIGHEID: ICOM BEVESTIG IC-706 SE PRODUKSIE NIE GESTAAK NIE

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

ARRL SE LOGBOEK VAN DIE WĘRELD BEREIK NUWE MYLPALE

Sedert sy ingebruikneming op 15 September 2003, het meer as 30 000 radioamateurs by die Logboek van die Węreld, (afkorting LoTW, vir Logbook of the World), die ARRL se aanlynlogprogram, aangeteken – ’n toename van meer as 7 000 amateurs sedert 2008. Hierdie 30 000 amateurs het bykans 250 miljoen QSO’s gemaak – meer as 58 miljoen gedurende 2009 alleen. Gedurende 2009 was daar ’n toename van meer as 24 persent in beide die getal van geregistreerde gebruikers en die getal van QSO’s oor die van 2008.

Die LoTW-stelsel is ’n bęreplek van logrekords wat deur amateurs van oral oor die węreld voorgelę word. Wanneer beide deelnemers aan ’n QSO passende QSO-rekords aan die LoTW voorlę, is die resultaat ’n QSL wat gebruik kan word tot krediet van ’n ARRL-toekenning. Terwyl dit nie vir Amerikaanse amateurs noodsaaklik is om lede van die ARRL te wees ten einde van die LoTW-stelsel gebruik te mag maak nie, is dit slegs lede wat van die stelsel gebruik mag maak om om vir ARRL-toekennings, soos die DXCC en WAS, aansoek te doen. Sommige toekennings, soos die “Triple Play Award”, maak slegs van LoTW-krediete gebruik in plaas van die tradisionele QSL-kaarte. Buitelandse amateurs hoef egter nie lede van die ARRL te wees ten einde vir ARRL-toekennings aansoek te mag doen nie.

Wanneer ’n amateur die LoTW gebruik om vir ’n ARRL-toekenning aansoek te doen, word die toekenning baie vinniger verwerk as wanneer die tradisionele kaarte vir die aansoek ingestuur word. Volgens die Administratiewe Bestuurder vir die ARRL se departement van lidmaatskap- en vrywilligerprogramme, kan ’n aansoek via die LoTW binne 24 uur geprosesseer word. “Met die gebruik van kaarte kan die proses 6 tot 8 weke in beslag neem”, het sy verduidelik. “Dit is definitief baie vinniger om vis die LoTW aansoek te doen.”

Logboek van die Węreld se spesialis, Kathy Allison, KA1RWY, het gesę dat sy op meer as 500 vrae en navrae per maand van amateurs antwoord. Dit wissel van die vervanging van verlore sertifikate, die verkryging van addisionele sertifikate en hoe om op die logboek te begin, sowel as om amateurs te begelei deur die prosedure om hulle QSO’s in te skryf. Gedurende November 2009 het Allison het 532 vrae, wat per e-pos ingekom het, beantwoord. Geen rekord word gehou van die aantal telefoonoproepe aangaande LoTW nie, maar Taratula reken “dit is minstens ’n aantal honderde per maand.”

“Een van die mees algemene vrae wat ons ontvang het te doen met die gebruik van LoTW op veelvuldige rekenaars,” het Allison verduidelik. “Noudat baie mense ’n tafel- sowel as ’n skootrekenaar het, word hierdie vraag baie gevra. Ons kry ook baie vrae oor wat om te doen wanneer ’n rekenaar staak.” Daar stap-vir-stap instruksies – met prente – oor hoe om jou pad op die webblad van die LoTW te volg.

“Hierdie logboek is nie alleenlik vir die ernstige DXer of kompeteerder nie, dit is vir enige aktiewe amateur,” het Dave Patton, NN1N, die Bestuurder van die ARRL se Departement vir Lidmaatskap en Vrywillige Programme, gesę. “Soos ons geweet het dat ‘Logbook of the World’ in sy populariteit sal ontplof, toon 250 miljoen QSO’s in ongeveer die eerste ses jaar van sy bestaan dat LoTW se konsep en idees bokant ons verwagtings gewerk het soos wat ons voortgaan om die stelsel te verbeter en uit te brei.”

HANDSLEUTELNAG MET OSCAR’s, 2010

AMSAT nooi radioamateurs węreldwyd om deel te neem aan Handsleutelnag in 2010. Om aan hierdie gebeurtenis deel te neem is beide prettig en heeltemaal makli8k. Bedryf slegs GG deur enige OSCAR-satelliet tussen 00:00 en 24:00 UTC op 1 Januarie 2010 met die gebruik van ’n handsleutel. Daar is geen ander reëls nie, geen puntetelling nie en geen nodigheid om ’n logstaat in te stuur nie.

In ooreenstemming met die vriendelike eienskap van hierdie gebeurtenis, word alle deelnemers aangemoedig om iemand met wie hulle ’n kontak gehad het, as “Best Fist” te nomineer. Stuur asb. u inskrywing aan w2rs@amsat.org. ’n Lys van die genomineerdes sal in die AMSAT-nuusdiens verskyn en sal ook in die AMSAT-joernaal gepubliseer word.

RADIOBESIGHEID: ICOM BEVESTIG IC-706 SE PRODUKSIE NIE GESTAAK NIE

In teenstelling met gerugte op die internet het produksie van die IC 706 Merk 2 nie gestaak nie. Die foutiewe berig dat opgehou is met die vervaardiging van die radio het ontstaan uit ’n nuusberig van die Wireless Institute of Australia waarin gesę is dat volgens Navcom Electronics daar slegs 14 stelle in Australië in voorraad was.

Terwyl dit die geval daar onder mag wees, het Amateur Radio Newsline by Icom Amerika verneem dat die besluit om die verkoop van die IC 706 een is wat deur Icom Australië geneem is. Aan hierdie kant van die Stille Oseaan sę Icom Amerika dat die IC 706 MK 2G in die Amerikaanse voorsieningslyn sal bly.

Daar is meer as twaalf jaar gelede met die produksie van die oorspronklike IC 706 begin en dit het vinnig ontwikkel in wat beskryf kan word as die aanhang van ’n kultus. Die radio was nie veel groter as ’n toentertydse dubbelband FM-radio nie, maar dit het ’n verbasende sensitiewe allebandontvanger en ’n kragtige amateurbandsender in ’n relatiewe klein pakkie van slegs 167 x 58 x 200 mm bevat.

Met verloop van jare het die IC 706 baie opgraderings ondergaan. Die laaste uitgawe is die Merk 11 G met baie nuwe eienskappe en moontlikhede wat nie in vorige 706 en 706 MK 11-uitgawes, insluitende die UT-106 DSP-module, ingesluit was nie. Baie amateurs het dit die perfekte mobiele en draagbare stasie genoem en het hulle stelle behou selfs nadat kompeterende vervaardigers hul eie klein alleband sendontvangers, met soortgelyke of meer gevorderde eienskappe, op die mark gebring het. Dit is ook ’n radio met ’n hoë herverkoopwaarde op die tweedehandse mark.

In die WIA-storie is ook genoem dat Icom ’n vyfjaarwaarborg op al sy produkte aanbied. Wel, dit is alleenlik waar indien u in Australië woon. Volgens Icom Amerika is dit ’n projek van Icom Australië alleen. Geen ander Icomverspreider bied ’n 5 jaar waarborg aan nie.
(ARNewslineT)

KOMPETISIENUUS

Die jaarlikse PEARS HF-kompetisie begin vanmiddag 14:00 en eindig om 18:00 SAT. Dit is 'n foonkompetisie met werking op 7,060 tot 7,100 en 7,130 tot 7,200 MHz asook op 3,603 tot 3,650 en 3,700 tot 3,800 MHz.
Daar is vier klasse vir deelnemers:
Nuwelingstasies met 'n ZU-voorvoegsel;
Beperk - stasies met 'n ZR-voorvoegsel;
Onbeperk - stasies met 'n ZS-voorvoegsel en
DX - stasies buite Suid-Afrika.
Roepseine, 'n seinrapport en die operateurs se name word uitgeruil. Volle besonderhede is op PEARS se webtuiste by www.zs2pe.co.za beskikbaar, asook in die 2009 SARL-kompetisiehandboek.

ARRL 10 Meterkompetisie. Die ARRL 10 Meterkompetisie sal oor die naweek van 12 en 13 Desember op die lug wees. Dit is GG- en foonaktiwiteit en operateurs mag slegs 36 uur van die 48 uur werk, luistertyd tel as kompetisietyd.

Stasies in die VSA en Kanada sal 'n RS(T) verslag en hulle staat of provinsiale afkorting uitruil. Alle ander stasies gee 'n RS(T) verslag en 'n reeksnommer wat by 001 begin, uit. Die kompetisiereëls is beskikbaar op die ARRL se webwerf asook in HF Happenings 382

Daar is ongeveer 30 radioamateurs op die Oosrand wat die radioamateurs van Suid-Afrika uitdaag om aan die ARRL 10 Meterkompetisie deel te neem.

HF-VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die sonaktiwiteitsvlak steeds laag is. Die son se oppervlakte is nou al vir meer as elf aaneenlopende dae vlekloos.

20 en 40 m is die beste keuses vir DX. Gedurende die middae gaan die toestande na Indië goed wees. Gedurende laatmiddae en die aande gaan toestande na Europa gematig wees. Kontakte met Nieu-Zeeland en Australië gaan op 15 m vir 'n kort rukkie gedurende die oggende moontlik wees. Gedurende die middae is daar 'n goeie kans vir 15 m-kontakte met die VSA. Smiddags en saans vroeg gaan toestande op 15 en 20 m na Brasilië goed wees.

Plaaslike toestande gaan gedurende die dag op 40 m goed wees. 80 m behoort gedurende vroegoggend en laatmiddag goeie resultate oor die korter afstande te lewer. 30 m sal gedurende die middel van die dag goeie resultate oor die langer afstande lewer. 20 m het weer van sy glorie herwin en daar kan goeie kontakte oor die langer afstande gemaak word.

Saans is 80 m die beste keuse.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

5 Desember – Wesrand snuffelmark;
6 Desember – PEARS HF-kompetisie, 14:00 tot 18:00 SAT;
12 – 13 Desember - ARRL 10 Meterkompetisie;
18 Desember – Sluitingsdatum vir die PEARS-gelukstrekking;
1 Januarie 2010 - Handsleutelnag met OSCAR’s, 2010;
15 Januarie 2010 – Sluitingsdatum vir die opstelkompetisie;
15 tot 17 Januarie 2010 – PEARS BHF/UHF-kompetisie.

SARL-nuus nooi klubs en individue om nuusberigte wat vir radioamateurs en kortgolfluisteraars van belang is, in te stuur. Indien moontlik, plaas nuusberigte in beide Afrikaans en Engels op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateur Radio Mirror International, wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 860 kHz. Daar is ook 'n 'Podcast'-uitsending waarna geluister kan word. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'ARMI' en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur Dennis, ZS4BS, saamgestel is. Die redakteur was Jannie, ZR6PHD.

Dankie dat u saamgeluister het. 73.
/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003