Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 07 April 2013

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

STIL SLEUTEL

Dit is met leedwese dat bekend gemaak moet word dat die sleutel van Martin Coetzee, ZS6BQA, op 16 Maart 2013 weens 'n motorfietsongeluk in Rustenburg stil geraak het.

Ons innige meegevoel aan Martin se familie en vriende.

(POUSE)

IN DIE NUUS VANDAG:

OKOSA RAAK STRENG MET INTERNET DIENSVERSKAFFERS

RADIOAMATEURS HET NIKS TE VREES NIE

VK AMATEUR OOR 2 000 km GEHOOR MET GEBRUIK VAN SLEGS 10 MILLIWATT

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

OKOSA RAAK STRENG MET INTERNET DIENSVERSKAFFERS

Die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika het op WBS-radiokommunikasietoerusting verseël en daarop op ses Gautengse persele beslag gelę. Dit het mense geaffekteer wat IBURSTT en WBS gebruik vir internetverbindings. Die Outoriteit se inspekteurs is besig om toetse te doen ten einde vas te stel of aantygings waar is dat WBS die geaffekteerde radiotoerusting herverbind.

In Oktober 2012 het OKOSA begin om streng op te tree met betrekking tot die insameling van uitstaande radiolisensiefooie. As gevolg hiervan het OKOSA-inspekteurs met ondersoeke begin wat gelei het dat vroeg verlede week op WBS-terreine toegeslaan is. OKOSA se optrede teen WBS vorm deel van 'n nasionale optrede om alle uitstaande lisensiefooie van elektroniese kommunikasie, uitsaai en poslisensies te verhaal. Om hierdie doel te bereik het die Owerheid ooreenkomste met verskeie lisensiehouers aangegaan vir die afbetaling van alle uitstaande radiospektrumlisensiegelde.

Verlede Vrydag is OKOSA ooreenkomstig 'n tydelike bevel van die Hooggeregshof meegedeel om die toerusting aan WBS terug te besorg, maar die saga is vęr van verby. Vroeg Saterdagoggend het OKOSA 'n verklaring uitgereik waarin hulle sę dat hulle die tydelike hofbevel van die Suid-Gautengse Hoogeregshof erken dat hulle die verseëlde en gekonfiskeerde radiokommunikasietoerusting moet terugbesorg. Die tydelike hofbevel is geldig tot 25 Mei 2013 en stel WBS nie van sy verpligtings vry nie, hy moet nog steeds al die uitstaande lisensiegelde vir radiofrekwensies betaal.

Verskeie radioamateurs wat van IBURST gebruik maak het tydelike onderbrekings met internetverbindings gerapporteer.

RADIOAMATEURS HET NIKS TE VREES NIE

OKOSA het die SARL meegedeel dat radioamateurs niks te vrees het nie. Rekenings vir die huidige lisensiejaar is gepos. Daar is steeds vertragings in die Poskantoor en dit mag langer neem voordat die rekenings ontvang word.die woordvoerder van OKOSA het gesę dat amateurs wat wil betaal voordat die rekenings ontvang is, dit steeds kan doen maar hulle moet net seker maak dat hulle lisensienommer en roepsein op die betalingsadvies verskyn.

TYD RAAK MIN OM VIR DIE SARL SE NASIONALE KONVENSIE TE REGISTREER

Indien u nog nie vir die SAdRL se Nasionale Konvensie geregistreer het nie, doen dit nog hierdie naweek. Vermy die betaling van 'n laatregistrasiefooi wat van 9 April af geld. Verkry die volledige program en besprekingsvorm by www.sarl.org.za, volg die koppelings vop die tuisblad.

Sluit aan by 'n groot afvaardiging van Kaapstad af asook baie plaaslike amateurs vir hierdie jaarlikse gebeurtenis. Die etefooi sluit kaartjies vir die gelukstrekking in vir 'n ICOM draagbare stel en tweebandantennas wat geborg word deur Sam Ford van Radio Accessories and Data Modems.

Indien u enige besprekingsprobleme ondervind, kontak vir Geoff Levey, ZS6GRL, by 082 546 5546.

VK AMATEUR OOR 2 000 km GEHOOR MET GEBRUIK VAN SLEGS 10 MILLIWATT

Eddie Bennett, G3ZJO, van Northampton in die Verenigde Koninkryk maak nie enige aansprake nie. Desnieteenstaande mag hy nou die houer wees van 'n QRP-afstandrekord vir mikrokraguitsending met gebruik van 'n Raspberry Pi mikrorekenaar as 'n sender.

Bennett het volgens verslae die 10 milliwatt RF gebruik wat gelewer kan word deur die rekenaarbordjie van 'n Raspberry Pi mikrorekenaar en wat oor 2 000 km in die 7 MHz-band gehoor is. Die Raspberry Pi-bord kan gebruik word om as 'n WSPR-modus sender op lae, hoë en ultra hoë frekwensies tot 250 MHz te werk. G3ZJO het die bord deur 'n laedeurlaatfilter aan 'n dipool vir 7 en 14 MHz bande verbind. Op 472 MHz is 'n klein omgekeerde L-Marconiantenna op 6 m hoogte gebruik.

WSPR (uitgespreek whisper) staan vir “Weak Signal Propagation Reporter". Dit is 'n rekenaarprogram wat gebruik word vir laeseinradiokommunikasie. Die program is oorspronklik deur Joe Taylor, K1JT, geskryf, maar is nou 'n oopbron en is deur 'n klein span ontwikkel. Die program is ontwerp vir die uitsend en ontvangs van laekraguitsendings om voortplantingspaaie op die MF- en HF-bande te toets.

Die Raspberry Pi is 'n kredietkaartgrootte bordjie wat in 'n TV- en toetsbord vir die rekenaar/sleutelbord waaraan sleutels gehang word inprop. Die Raspberry Pi model A en model B bordjies word as bordjies alleen voorsien en kom met sonder SD-kaart, kragbron, toetsbord vir die rekenaar/sleutelbord waaraan sleutels gehang word, kas of kabels. In Suid-Afrika is dit beskikbaar by RS Components. Dit kos minder as R500.

Onder die stasies wat Eddie se WSPR-sein op 40 m ontvang het, was WA9JO oor 'n distansie van 2 124 km. Op 20 m is hy deur LY2BOS oor 'n distansie van 1 736 km gehoor. 472 kHz het nie so goed gevaar nie. Hy is egter ongeveer 80 km vęr deur G4KPX gehoor.

Indien u met die mikrokrag Raspberry Pi op DX iets wil probeer, die PE1NNZ-kode en binęr, om die mikrorekenaar in 'n super QRP-seinsender te verander, dit is beskikbaar by tinyurl.com/raspberry-pi-transmitter.

Hier is 'n uitdaging aan Suid-Afrikaanse radioamateurs. Die eerste Suid-Afrikaanse radioamateur wat op 40 m deur 'n ander radioamateur met gebruik van 'n Raspberry Pi gehoor word, sal 'n ARRL Basiese Antennaboek toegeken word. Vertel SARLNUUS van u eksperimente by artoday@sarl.org.za en sluit bevestiging van u sein in dat dit oor minstens 500 km gehoor is.

WęRELDAMATEURRADIODAG 18 April

Wat doen u klub op 18 April om Węreldamateurradiodag te gedenk? ZS9DCC sal by die NARS in Gauteng op die lug wees. Sluit aan by Geoff, ZS6GRL en sy span om amateurradio te demonstreer. Nog operateurs word benodig. Kontak Geoff by 082 546 5546. Stuur ook besonderhede van u klub se beplande aktiwiteit aan artoday@sarl.org.za vir insluiting in volgende Sondag se bulletin. Die tema vir die dag is die viering van 'n eeu van die ondersteuning van noodkommunikasie deur radioamateurs. Indien u niks anders gaan doen nie, neem minstens u handdraagstel saam na u werkplek en skep 'n belangstelling in amateurradio.

SARL SE TUISBLAD EN BESPREKINGSFORUMS IS OOP VIR ALMAL

Die SARL se tuisblad en besprekingsforums is oop vir SARL-lede sowel as nie-lede, plaaslik of oorsee. Al wat nodig is om toegang tot die tuisblad te verkry is die URL www.sarl.org.za. Die tuisblad dek Radio Vandag, HF-opdatering deur Dennis Green, ZS4BS en Mikrogolfnuus deur Mike Bosch, ZS2FM, Kompetisienuus deur Geoff Levey, ZS6GRL en 'n inhoudsopgawe van aktiewe besprekingspunte op die SARL-forum.

Om toegang tot die besprekingsforum te verkry, klik op Forums op die tuisblad en en 'n versoek sal kom vir 'n wagwoord. Indien u nie 'n intekenaar is nie, mag u registreer deur u roepsein te verskaf, wagwoord en URL en dan in te log. Wag 'n tydjie vir die prosessering van die gegewens en u sal ingelig word dat u 'n nuwe intekenaar is. Onthou net u wagwoord.

Daar is tans 4 193 besprekingsonderwerpe en 1 918 intekenare waarvan 949 van hulle 51 267 keer met 15 forums verbind het. Daar is ook 16 511 kommentare in die argief oor 1 587 onderwerpe.

NOG 'N KLUB AFFILIEER BY DIE SARL

Hierdie week verwelkom die SARL die Wolkberg Amateurradioklub in ons midde. Meer omtrent die Wolkbergklub kan gevind word by www.zs6twb.za.net/. Dié klub is onder andere aktief betrokke by BHF- en UHF-eksperimente en sien ook om na RAE-opleiding in Polokwane en omgewing.

NUWE LIDMAATSKAPAANSOEK
'n Aansoek om lidmaatskap van die SARL is ontvang van Monty Nell, ZS6CEW.

Enige besware teen die aanvaarding van sy lidmaatskapaansoek moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.

HAMNET GESIMULEERDE NOODKOMPETISIEUITSLAE

Die organiseerders van die Hamnet gesimuleerde noodkompetisie het gevra dat die volgende name bygevoeg word in die uitslae van hierdie kompetisie:

Kategorie C.
ZS1KR, Suid-Kaapse Amateurradioklub, 1 440 punte

Kategorie D.
ZS6FDX, Francois Reyneke, 1 854 punte.

Jammer vir die weglating van die name van hierdie deelnemers in die vroeëre bulletin.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak nog steeds laag gaan wees. Sonvlek AR 1 713 toon tekens van groei maar produseer nog nie enige ernstig sonfakkels nie.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 71.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 20 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl 15 m net 'n kortkop agter behoort te wees. 10 m openinge gaan smiddae oor dagligpaaie voorkom.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE
18 April – Węreldamateurradiodag en ZS9DCC op die lug; operateurs benodig, e-pos Geoff na contest@sarl.org.za of skakel hom by 082 546 5546.
20 April-20 Mei – Herdenkingstasie PB33BQ op die lug, besoek pa7da.jouwweb.nl/pb33q vir meer inligting.
26-27 April – SARL Nasionale Konvensie, registreer nou, besonderhede verkrygbaar van on www.sarl.org.za.
15/16 Junie – Eerste naweek van die Internasionale Museumnaweke se geleentheidsnaweke, registreer jou museumsatasie by www.ukradioamateur.co.uk/imw.
22/23 Junie – Tweede naweek van die Internasionale Museumnaweke se geleentheidsnaweke.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing te luister na “Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 025 en 17 570 kHz en ook 'n podcast deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op “Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web’. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 3 230 kHz plaas. Ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle sal waardeer word. Stuur e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Sentech voorsien die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Ons wens al ons luisteraars 'n gelukkige Paasfees en ons Joodse luisteraars gelukkige pasga.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga saamgestel, vertaal en geredigeer deur George Honiball, ZS6NE.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003