Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA

SARLNUUS SONDAG 01 Julie 2007

U luister na ZS6SRL die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Om na oudio via die web, of dmv. Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za klik op ARMI en volg die koppelings soos aangedui.

Hierdie, en vorige bulletins, kan ook van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

Hierdie uitsending word gedoen deur George, ZS6NE, vanuit Pretoria met herleidings op 51,400 14,235, 10,135, 7,066 en 3,695 MHz asook 438,825 MHz in die Pretoriagebied. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik).

In die nuus vandag:

SARL-PRESIDENT GAAN BELANGRIKE VERANDERINGS OP VANAAND SE NET BESPREEK

SA AMSAT VERANDER WEER HUL KONFERENSIEDATUM

HELP ONS OM OP TELEFOONKOSTES TE BESPAAR

MAAK GEREED VIR DIE IARU-HF-WĘRELDKAMPIOENSKAP, 14-15 JULIE

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir die volledige berigte oor die voorgenoemde items, sowel as ander belangrike en interessante berigte.

SARL-PRESIDENT GAAN BELANGRIKE VERANDERINGS OP VANAAND SE NET BESPREEK

Tydens laasweek se strategiese sessie het die SARL-Raad besluit op groot veranderings wat die ontwikkeling van amateurradio gaan verbeter en die voordele wat lede toekom sal vermeerder. Graham Hartlett sal tydens vanaand se net die nuwe voorstelle en implimenteringsdatums bespreek. Sommige veranderings gaan amper dadelik gebeur terwyl ander oor die volgende 6 tot 9 maande in werking tree. Ontmoet vir Graham om 19:00 vanaand op ‘n herhaler naby jou.

Die Presidentsnet sal om 20:00 gevolg word deur die INTEGNET met ‘n bespreking van die SARL-sendontvangerprojek deur Andrew Roos. Die doelwit is om ’n intreevlak-HF-radio te ontwerp en te industrialiseer wat teen ’n lae koste vervaardig kan word om HF-toegang vir nuwe amateurs, insluitend die jeug, te vergemaklik. Kom luister hoe Andrew die sluier lig oor hierdie opwindende projek.

Besoek www.sarl.org.za en klik op ARMI vir volledige besonderhede, frekwensies en ’n skakel na internetstroming en echolink. Klubs word aangemoedig om hul herhalers aan die konferensietelefoonverbinding te koppel. Stuur die telefoonnommer en besonderhede van die herhaler wat gebruik gaan word aan armi@sarl.org.za voor 12:00 vandag.

SA AMSAT VERANDER WEER HUL KONFERENSIEDATUM

As gevolg van probleme by die vergaderplek moes SA AMSAT die datum van die 2007 Ruimtesimposium verander na 6 Oktober. Meer besonderhede is op die web beskikbaar by www.amsatsa.org.za. Die Septemberdatum wat laasweek aangekondig was bots met ‘n ander konferensie wat ook by die Sentechlokaal plaasvind.

’n Sinopsis van voorgestelde referate word ingewag. Dit behoort van ’n tegniese of operasionele aard wees en enige van die volgende onderwerpe behandel: satellietkommunikasie, swakseinkommunikasie, wentelbaanmeganika, sagtewaretoepassings en ruimteverkenning soos SETI. Ander relevante onderwerpe sal ook oorweeg word. Die sperdatum vir indiening van ’n synopsis is 15 Augustus 2007.

HELP ONS OM TELEFOONKOSTES TE BESPAAR

Die SARL-tesourier het die dramatiese styging in ons maandelikse kommunikasiekostes uitgelig. Analise dui daarop dat oproepe na selfone die probleem is. Wanner u ‘n boodskap op die NARS-stempos laat, gee asseblief u landlynnommer of, indien dit ‘n versoek vir inligting is, u e-posadres. Die besparing is byna drievoudig per oproep wat, gereken oor ‘n maand, ’n beduidende bedrag geld uitmaak wat eerder aangewend kan word om ander projekte of dienste aan lede the befonds.

Die kantoortelefoon word beman tussen 09:00 en 13:00, Maandae tot Vrydae, wat ook ons oop kantoorure is. Die res van die tyd betee ons kantooradministrateur aan administratiewe sake. E-pos en fakse kan enige tyd, dag of nag, gestuur word. Onthou om die volle 13-syfer faksnommer 088 011 675 2793 te gebruik om ’n faks te stuur.

MAAK GEREED VIR DIE IARU-HF-WĘRELDKAMPIOENSKAP, 14-15 JULIE

Volgens die Sekretaris van die IARU, Dave Sumner, het deelname aan die IARU-HF-Węreldkampioenskap goed gegroei oor die afgelope 4 jaar, ten spyte van die afname in die sonsiklus. Die skep van Laekrag- en QRP-kategorieë het bygedra tot beide die groei in die gewildheid sowel as die mededingendheid van die kompetisie.

Die ARRL administreer die HF-Węreldkampioenskap namens die IARU. Tydens sy Mei 2007 vergadering van die IARU Administratiewe Raad is verskeie aangeleenthede rakende die kompetisie bespreek. Die ARRL is versoek om die nodige hulpbronne beskikbaar te stel om ’n hoë standaard van beoordeling te handhaaf.

’n Voorwaarde van deelname in die IARU-HF-Węreldkampioenskap is dat elke inskrywer onderneem om onderwerp te wees aan die die aangekondigde reels, die regulasies van sy/haar lisensie-owerheid en deur die besluite van die ARRL-Toekenningskomitee wat namens die IARU se Internasionale Sekretariaat optree. Deelnemers wat voorloop kan verwag dat hulle inskrywings deeglik ondersoek sal word. Indien uitsonderlike resultate gelewer word moet deelnemers bereid wees om te verduidelik hoe dit behaal is.

Onthou: Tesame met die sone en “HQ Stasie” vermenigvuldigers is daar nog vier bykomende vermenigvuldigers per band beskikbaar deur lede van die IARU Administratiewe Raad sowel as die lede van streeks-IARU Uitvoerende Komitee te kontak. Administratiewe Raadslede stuur “AC” pleks van hul sone, terwyl Uitvoerende Komiteelede “R1”, R2” of “R3” stuur volgens hul streek.

KOMPETISIENUUS

Die Durban ARK se Midwinter 80 meter Sprint sal op die lug wees op Woensdag 4 Julie 2007, dit begin om 19:00 SAT en eindig om 20:00 SAT. Dit is 'n foon- en GG/PSK-sprint. 'n RS- of RST-verslag en jou ouderdom word uitgeruil, dames mag 21 gebruik.

Kontakte met stasies in dieselfde ZS-roepgebied of Suider-Afrikaanse land tel 2 punte en kontakte met stasies in ander ZS-roepseingebiede of Suider-Afrikaanse lande tel 4 punte. Logstate moet per e-pos aan zs5lp@sharksden.co.za gestuur word, of per gewone pos na die Durban Amateurradioklub, Brownleeplek 17, Bluff, Durban, 4052.

Op Sondag 22 Julie word die Boland ARK 40 Meter Kompetisie gehou vanaf 15:00 tot 18:00 SAT.

Die SARL-HF-Foonkompetisie sal op Sondag 5 Augustus op die lug wees.

Voorlopige Kompetisieuitslae.

Die kompetisiekomitee van die 80 Meter QSO-Geselligheid het SARLNuus laat weet dat die naam van Jan, ZS1VDV, by die uitslae van die Aprilbeen van die 80 meter QSO-Geselligheid bygevoeg moet word. Jan het 480 punte behaal wat hom in die gesamentlike tweede plek met die Oosrand ARK plaas.

Daar was 'n tikfout in die Engelse uitslae van die SARL-Hamnetkompetisie vir die Enkeloperateur Stilstaande mobiele klas. Theunis, ZS2EC ,en nie Barry nie, het die tweede plek behaal. Die uitslae in die Afrikaanse weergawe is korrek.

VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die verwagte sonaktiwiteit sal wissel tussen laag en baie lae vlakke. Die verwagte geomagnetiese veld sal stil wees met moontlike aktiewe vlakke gedurende 11 tot 12 Julie. Die verwagte effektiewe sonvlektelling sal gedurende die komende week minder as 10 wees.

20 m en 40 m is die beste keuse vir DX met moontlike 20 m openinge vanaf 15:30 SAT na Indië. Na Australië toe kan 40 m om 18:00 oopmaak. Vanaf ongeveer 17:00 is daar moontlike 20 m openinge na Europa. Om 16:00 is daar moontlike kort 20 m openinge na die Weskus van die VSA. Andersins gaan kontakte met die Verenigde State baie uitdagend wees. Vir die morsekode- en digitale entoesiaste sal dit lonend wees om 10 MHz te monitor. Dit is nou weer die tyd om saans kontakte te maak vir jou 80 m WAZS-toekenning. Onthou dat HF jou nog steeds altyd kan verras. Skakel jou stel aan,luister en roep ook CQ om seker te maak dat jy deel van die opwinding is.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

KLUBNUUS

Die Port Elizabeth Amateurradiovereniging (PEARS) het hulle AJV op Saterdag 23 Junie gehou en die volgende lede is tot die komitee verkies:

Voorsitter: Donovan, ZS2DL;
Ondervoorsitter: Chris, ZS2AAW;
Tesourier: Clive, ZS2RT;
Sekretaris: Beavan, ZS2RL;
Lede: Anthony, ZS2BA, Barry, ZS2EZ, Bill, ZS2ABZ, en Eric, ZS2ECH.

Na die vergadering is die tradisionele bring-en-braai gehou.

Die Hibiscuskus ARK het ook onlangs hulle AJV gehou en die volgnde lede is verkies om op die komitee te dien:

Voorsitter: Garnett, ZS5ZT;
Sekretaris/Tesourier: Brian, ZS5AZH;
Lede: Jan, ZR5JAN, Sid, ZS5AYC, Peter, ZS5SK, Gawie, ZS5R, Mervyn, ZS5QI en Rob, ZS5XS.

DAGBOEK VAN GEBEURE

1 Julie, vanaand - Presidentsnet en Integnet;
4 Julie - Durban ARK Midwinter 80 m Sprint;
14 – 15 Julie – IARU-HF-Węreldkampioenskap;
20 Julie - Laaste dag om referate vir SA AMSAT Ruimte Konferensie in te stuur;
22 Julie – Boland ARK 40 m kompetisie;
5 Augustus – SARL HF-foonkompetisie;
15 Augustus – Laaste dag vir voorlegging van opsomming oor voorgestelde lesings vir SA AMSAT se Ruimtekonferensie;
23 Augustus - Klas B RAE;
6 Oktober - SA AMSAT Ruimtekonferensie;
18 Oktober - Klas A RAE.

Sarlnuus nooi klubs en individue uit om nuusberigte wat vir radioamateurs en kortgolfluisteraars van belang is in te stuur. Indien moontlik, plaas nuusberigte in beide Afrikaans en Engels op www.sarl.org.za/newsinbox.asp nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.



Die SARL nooi u ook om na die program Amateur Radio Mirror International, wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoriagebied met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 695 kHz, te luister. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.zs6mrk.org, klik op ARMI en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur Roger Conroy, ZR3RC, saamgestel is en uitgesaai is deur (jou naam en roepsien)

'n Voorspoedige week word aan almal toegewens, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003