Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive



SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA

SARLNUUS SONDAG 26 AUGUSTUS 2007

U luister na ZS6SRL die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Om na oudio via die web, of dmv. Echolink deur ZS6FCS te luister, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die koppelings soos aangedui.

Hierdie, en vorige bulletins, kan ook van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

Hierdie uitsending word gedoen deur Gustav, ZS6BWN, vanuit Pretoria met herleidings op 51,400, 10,135, 7,066 en 3,695 MHz asook 438,825 en 1 297 MHz in die Pretoriagebied. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik).

In die nuus vandag:

DIE RUIMTE IN MET AMATEURRADIO OM INTERNASIONALE RUIMTEWEEK TE GEDENK

VANAAND SE PRESIDENTSNET EN INTEGNET IS UITGESTEL

TWEE AMATEURS GAAN 6 m-BEDRYF BEVORDER

HANNES COETZEE WEN DIE HF-KONSTRUKSIEKOMPETISIE

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

DIE RUIMTE IN MET AMATEURRADIO OM INTERNASIONALE RUIMTEWEEK TE GEDENK

Leerders in Suid-Afrika jonger as 18 jaar word uitgenooi om deel te neem aan ‘n spesiale projek om 50 jaar van die mens se wedervaringe in die ruimte te gedenk. In Oktober sal dit 50 jaar tevore wees dat die eerste satelliet, Sputnik 1, deur die Russe gelanseer is.

Om die gebeurtenis te gedenk is verskeie gesamentlike aktiwiteite deur die SARL, SA AMSAT en die Suid-Afrikaanse Amateurradio-ontwikkelingstrust beplan. Die jeugaktiwiteit word genoem “Die Ruimte in met Amateurradio”, en behels die volgende:

. ‘n Moderne skootrekenaar wat gewen kan word;
. 10 Leerders kan ‘n SARL 40 meter Direkte Omsettingsontvangerboustel wen;
. 30 Leerders sal ‘n geleentheid gebied word om met Suid-Afrika se eerste ruimtevaarder, Mark Shuttleworth, per amateurradio op 10 Oktober te praat en vrae te vra aangaande Mark se ondervindings in die ruimte;
. Elke deelnemer sal ‘n sertifikaat ontvang vir deelname aan die gebeurtenis.

Daar is twee kategorieë vir deelname:
. Skoolgroepsdeelname;
. Individuele deelname.

Beide kategorieë vereis dat die deelnemer ‘n opstel sal skryf oor “Die toekoms van Ruimte in ondersteuning van die Mens”. Die opstel moet die oorspronklike werk van die deelnemer wees en moet tussen 400 en 600 woorde beslaan.

Volledige besonderhede is beskikbaar op die webwerwe van die organisasies wat die aktiwiteite borg nl:
www.sarl.org.za, www.amsatsa.org.za en www.amateurradio.org.za.

Dit sal slegs vir 10 skole moontlik wees om deel te neem en hulle moet binne die dekkingsgebiede van die volgende herhalers geleë wees:
Groter Kaapstad, Port Elizabeth, Durban en Gauteng.

Skole moet hulle aansoeke om te registreer voor 5 September instuur na youth@sarl.org.za. Die sluitingsdatum vir die instuur van opstelle is 25 September.

VANAAND SE PRESIDENTSNET EN INTEGNET IS UITGESTEL

Die Presidentsnet en Integnet wat vanaand sou plaasvind is uitgestel tot volgende Sondag 2 September. Sluit volgende Sondag om 19:00 by Graham Hartlett, SARL-president, aan. Graham sal die SARL se groot voortplantings-navorsingsprojek waarby SARL-lede, wat toegang het tot ’n ontvanger wat die 7 MHz Amateurband kan ontvang, betrokke kan raak. INTEGNET volg om 20:00 met Tjerk Lammers,ZS6P, as gasspreker. Tjerk sal die SARL se toekennings en QSL-werking bespreek. Beide programme beloof om van groot belang te wees.

Klubs wat aan die telekonferensiebrug wil koppel moet ’n e-pos aan armi@sarl.org.za stuur met die besonderhede van die telefoonnommer wat gekoppel moet word asook besonderhede van die herhaler wat gebruik gaan word.

TWEE AMATEURS GAAN 6 m-BEDRYF BEVORDER

Verlang jy ’n QSO op 6 meter FM of ESB? Sluit by ZS4SM en ZS6DJD op die laaste Vrydag van die maand om 20:00 aan vir ’n kontak. Die span sal met FM begin en later oorskakel na ESB. Die frekwensie wat gebruik gaan word is 51,160 MHz. Roep hulle hierdie Vrydag, 31 Augustus.

HANNES COETZEE WEN DIE HF-KONSTRUKSIEKOMPETISIE

Hannes Coetzee, ZS6BZP, het die HF-konstruksiekompetisie gewen met sy inskrywing van ’n 40 meter direkteomskakelingontvanger. Die projek word die SARL 40 Meter DC-ontvanger genoem en is bedoel as ’n projek, van behoudende waarde, vir opgradering van ZR na ZS. Nadat die papierontwerp deur die Suid-Afrikaanse Amateurradio-ontwikkelingstrust gekies is, het Hannes ’n toekenning van R1 000 ontvang om ’n prototipe te ontwikkel en te bou. Die ontvanger, wat in ’n netjies gegraveerde houer gemonteer is, is by die Radio Tegnologie in Aksiedag, wat verlede naweek in Gauteng gehou is, oorhandig. Hannes het ook ’n Yaesu dubbelband mobiele BHF-sendontvanger, wat deur Verstay geborg is, ontvang.

DEELNAME AAN DIE SARL-DIGITALE KOMPETISIE BESORG ZS4SS ’N DUBBELBAND HAND SENDONTVANGER

Johan Steyn,ZS4SS, was die algehele wenner van die SARL-digitalekompetisie en het ’n YAESU VX-2R 2 m/70 cm mikrohandstel gewen.

Die SARL se digitale kompetisie is op 24 Junie gehou op die 40, 6 en 2 meterbande. Die kompetisie is deur die Lichtenburg Amateurradioklub geborg en is gemik op die bevordering van die gebruik van die PSK-modus in Suid-Afrika.

“PSK is ’n interessante modus”, het Piet Badenhorst, SARL-BHF-bestuurder, gesę. “In baie opsigte word dit in verskeie kringe beskou as die opvolger van RTTD. Veels geluk aan Johan wat die kompetisie met 280 punte gewen het, ver voor sy naaste mededinger ”. Nog ’n hand-sendontvanger kan in die BHF/UHF-kompetisie gewen word, wat op 22-23 September plaasvind. Die sendontvangers is deur Kobus Conradie, ZS1DC/ZS6UZ, van LetsPlayRadio, geskenk.

AUGUSTUS UITGAWE VAN RADIO ZS PROPVOL INTERESSANTE ARTIKELS

Die Julie/Augustus uitgawe van Radio ZS is in die pos en nou op die web beskikbaar. Dit is propvol interessante artikels en aanbiedinge. In ’n aanlopende reeks onder die opskrif “Ham Pride: Legacies and Traditions”, bespreek Dave Ingram, K4TWJ, die vraag of morsekode, nou dat dit nie meer verpligtend is nie,’n meer populęre modus word.

Karel Canitz, ZS1KC, neem lesers op ’n uitstappie na die Hel en deel die Boland Amateurradioklub se ondervindings in hierdie unieke vallei in die Weskaap.

Leer meer van Sagtewaregedefineerde radio met ZS6BUJ en kry die rekenaar om met die węreld te praat – ’n moet lees stuk.

Mike Bosch, ZS2FM, in sy eiesoortige manier vra: “Is daar nog plek vir amateurradio in hierdie moderne ruimte-eeu? Het amateurradio van sy betowering verloor?”

Eddie Leighton skryf oor die Kenwood TH-D7, ’n APRS-entoesias se droom. Hy wys hoe om pynloos met APRS aan die gang te kom.

ZS4JAN neem ons uit met ’n veldstasie en ZS6AAW gee ’n nuwe betekenis aan Radioverkenning.

Die webuitgawe kan in PDF afgelaai word en is slegs aan SARL-lede beskikbaar.

Hierdie uitgawe van Radio ZS alleen is genoeg rede om by die SARL aan te sluit, indien jy dit nog nie reeds gedoen het nie. Kry ’n lidmaatskapaansoekvorm op die web of skakel die kantoor, Maandag tot Vrydag tussen 09:00 en 13:00 by 011 675 2393 of stuur ’n e-pos aan admin@sarl.org.za.

SARL 40 m MOBIELE SPRINT – INDIENING VAN LOGSTATE*

Logstate vir hierdie kompetisie, wat op 12 Augustus gehou is, moet per e-pos aan zs1bak@mailbox.co.za of per slakkepos aan BARK Posbus 2105, DENNESIG, 7601 gestuur word.

Weens ’n tegniese fout met die indieningsadres word die afsnydatum vir indiening nou uitgestel tot 3 September 2007.

KLUBNUUS

Die Adventure Radioklub, (ZS1ARC), het hulle AJV op Kaap Columbine, tydens die vuurtoringnaweek, gehou.

Die volgende lede is tot die komitee verkies:
Voorsitter: Koos, ZS1KWV;
Ondervoorsitter/webmeester: Jan, ZS1VDV;
Sekretaris/Tesourier: Martin, ZS1SM.

Die Highway Amateurradioklub (HARC) het op Dinsdag 21 Augustus hul AJV gehou, en die volgende lede is tot die komitee verkies:

Voorsitter Edwin Musto, ZS5BBO;
Ondervoorsitter Garth Wheeler, ZS5GMW;
Tesourier Anne Bean, ZS5FAB;
Sekretaris Tony Mayall, ZS5GR;
Lede Jo Boes, ZS5JO, Rudi Smook, ZS5ARS, Sean Prichard, ZR5SEP,en Sheldon Brown, ZR5SDB.

Die tradisionele versnaperingstafel het na die vergadering gevolg.

Die nuwe komitees word gelukgewens met die verkiesing en die uittredende komitees bedank vir die harde werk.

Die OOSRAND AMATEURRADIOKLUB hou hul vlooimark op Saterdag 6 Oktober om 08:00 tot 12:00 by die klubhuis in Springs. Lede sal QRV wees op 145,675 Mhz, die Oosrandherhaler. Tafels kos R20.

Die vlooimark sal gevolg word deur die 60ste AJV van die Oosrand Radioklub (gestig 1947) vanaf 12:00 tot 13:00.

Sien jou by die vlooimark.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag sal wees. Die verwagte geomagnetiese veld sal stil wees met moontlike lae stormvlakke gedurende 3 September. Die verwagte effektiewe sonvlektelling sal gedurende die komende week minder as 5 wees.

20 m en 40 m is die beste keuse vir DX met moontlike 20 m-openinge vanaf 15:00 SAT na Indië. Daar is 'n moontlikheid van swak 20 m-openinge na Australië vanaf 08:00. Vanaf ongeveer 16:00 is daar moontlike 20 m-openinge na Europa. Vir die nagwolwe is daar om 04:00 moontlike swak 80 m-openinge na die Ooskus van die VSA. Andersins gaan kontakte met die Verenigde State baie uitdagend wees.

Vir die morsekode- en digitale entoesiaste sal dit lonend wees om 10 MHz te monitor.

Plaaslik gaan toestande op 40 m vir vanmiddag se SARL Gelykgolfwedstryd goed wees. Oor die korter afstande, byvoorbeeld tussen Pretoria en Durban asook Durban en Kaapstad, gaan 80 m goed werk.

Verder is dit nou weer die tyd om saans kontakte te maak vir jou 80 m WAZS-toekenning.

Onthou dat hierdie net 'n voorspelling is en dat HF jou nog steeds kan verras. Skakel jou stel aan,luister en roep ook CQ om seker te maak dat jy deel van die opwinding is.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

1 September SARL@HOME;
1 September - Wesrand ARK Vlooimark;
2 September - Presidentsnet en Integnet (Uitgetsel van 26 Augustus);
1 - 2 September - Midlands Amateurradioklub, ZS5PMB, bedrywig by Underberg Boerevereniging se skou;
3 September – Sluiting van indiening van logs vir BARK Mobiele Sprint;
20 September - Sluitingsdatum vir inskrywings vir Oktober RAE;
4 - 10 Oktober - Spesiale ruimteprogram;
6 Oktober - SA AMSAT Ruimtekonferensie;
6 Oktober – Oosrand Amateurradioklub se vlooimark en AJV;
18 Oktober - Klas A RAE.

Sarlnuus nooi klubs en individue uit om nuusberigte wat vir radioamateurs en kortgolfluisteraars van belang is in te stuur. Indien moontlik, plaas nuusberigte in beide Afrikaans en Engels op www.sarl.org.za/newsinbox.asp nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u ook om na die program Amateur Radio Mirror International, wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoriagebied met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 590 kHz, te luister. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur Gustav, ZS6BWN, saamgestel en uitgesaai is.

'n Voorspoedige week word aan almal toegewens, 73.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003