Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive



SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA

SARLNUUS SONDAG 16 SEPTEMBER 2007

U luister na ZS6SRL die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Om na oudio via die web, of dmv. Echolink deur ZS6FCS te luister, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die koppelings soos aangedui.

Hierdie, en vorige bulletins, kan ook van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser vanoggend is Johan, ZS6JPN, vanuit Pretoria met herleidings op 51,400, 10,135, 7,066 en 3,695 MHz asook 438,825 en 1 297 MHz in die Pretoriagebied. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik).

STIL SLEUTEL

Dit is met leedwese dat ons die afsterwe van Yvonne Vercueil, ZS6WV, op 1 September, moet aankondig. Ons betuig ons innige meegevoel aan haar familie en vriende.

(POUSE)

In die nuus vandag:

SARL SE WEBWERF IN VERLEENTHEID GEBRING

EMV-WERKGROEP VAN STANSA Lę AANBEVELING VIR KLT-STANDAARD AAN OKOSA VOOR

OKOSA GEE KENNIS VAN DIE OPSTEL VAN REGULASIES AANGAANDE LISENSIE-UITSLUITING

DWT-SPREKER SAL ONTWIKKELINGS IN DIE SUID-AFRIKAANSE RUIMTEARENA TYDENS DIE SA AMSAT RUIMTESIMPOSIUM IN OëNSKOU NEEM

WEEKLIKSE NET VANUIT SCI-BONO WETENSKAPONDEKKINGSENTRUM

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

SARL SE WEBWERF IN VERLEENTHEID GEBRING

Gedurende die afgelope week is die forumafdeling van die SARL se webtuiste deur ongewenste persone binnegedring en het hulle ongewenste leesstof daarop geplaas. Daar is vinnig opgetree om die aanstootlike leesstof te verwyder en as ‘n tydelike maatreel is die opdateringsfasiliteit vanaf die tuisblad ook verwyder. Die forumafdeling is gede-aktiveer en na korrektiewe aksie deur die webadministrateurs en die diensverskaffer is dit weer in diens gestel. Die opdateringsfasiliteit op die tuisblad sal egter geblokkeer bly totdat ‘n volledige ondersoek toon hoe die skelms by die beveilingstelsels verby gekom het.

EMV-WERKGROEP VAN STANSA Lę AANBEVELING VIR KLT-STANDAARD AAN OKOSA VOOR

Werkgroep 6 van STANSA se TC73 en TC80 tegniese komitees het hulle Konsepregulasie vir KLT aan OKOSA vir verdere oorweging voorgelę. Daar is ‘n aantal aangeleenthede waaroor die werkgroep nie konsensus kon bereik nie en waaroor OKOSA besluite sal moet neem. OKOSA sal die voorstel vir ‘n tussentydse standaard aan die CISPR-vergadering, wat later hierdie maand in Australië plaasvind, voorlę. Na finalisering van die tussentydse standaard sal OKOSA die dokument vir kommentaar deur die publiek publiseer voordat dit as regulasies gepubliseer sal word.

Die regulasies sal deur ‘n internasionale CISPR-standaard vervang word sodra die węreldorganisasie oor so ‘n standaard kan ooreenkom. Dit word reeds vir ‘n lang tyd afgewag en huidige aanduidings is dat dit nog ‘n hele tyd sal wees voordat dit gebeur.

Miskien die mees belangrike item in die dokument is die klagteprosedure. Dit verplig die operateur van die steurende stelsel om die steuringsverskynsel binne ‘n redelike tyd op te los. Daar sal verder ook ‘n publieke databasis aangaande KLT-stelsels bestaan.

Die SARL volg steeds die verpligte insluiting van uitkerwing op die HF-amateurbande op.

OKOSA GEE KENNIS VAN DIE OPSTEL VAN REGULASIES AANGAANDE LISENSIE-UITSLUITING

OKOSA het kennis gegee dat hy van voorneme is om regulasies op te stel aangaande die uitsluiting van ‘n groot aantal laekragapparate van lisensievereistes. OKOSA versoek dat kommentaar op die voorstelle gelewer word en dit moet hulle voor 2 Oktober bereik.

Die SARL neem die lang lys onder oë om te verseker dat aan geen amateurtoekennings afbreuk gedoen word nie. Verdere inling is beskikbaar op www.icasa.org.

DWT-SPREKER SAL ONTWIKKELINGS IN DIE SUID-AFRIKAANSE RUIMTEARENA TYDENS DIE SA AMSAT RUIMTESIMPOSIUM IN OëNSKOU NEEM

Dr Valanathan Munsami van die Departement van Wetenskap en Tegnologie sal ontwikkelings in die Suid-Afrikaanse ruimtearena in oënskou neem tydens die SA AMSAT ruimtesimposium wat op Saterdag 6 Oktober by die NARS gehou sal word. Hy sal fokus op die DWT se 10-jaar implementeringsplanne en die opstel van ‘n nasionale strategie vir ruimtewetenskaptegnologie.

Die volledige program is beskikbaar op www.amsatsa.org.za. Registrasiebesonderhede is ook daar beskikbaar. Ten einde voordeel te trek uit die geleenthede vir vroeë bespreking, bespreek so vroeg as moontlik. Daar is voordeliger tariewe vir lede van SA AMSAT en die SARL.

WEEKLIKSE NET VANUIT SCI-BONO WETENSKAPONDEKKINGSENTRUM

Hier is opwindende nuus vir alle radioklubs in skole en belangstellende radioamateurs.

‘n Nuwe net, Sci-Net, sal vanaf 2 Oktober vanuit die amateurstasie met roepsein ZS6SCI, in die Sci-Bono wetenskapontwikkelingsentrum bedryf word. Dit word beoog om skolestasies van oraloor by die net te betrek. Hierdie inisiatief word deur die Gautengse Departement van Onderwys se Ontwikkelingskurrukulum ondersteun en alle radioamateurs word versoek om hulle plaaslike skoleklubs en jeugnetwerke hieroor in te lig, en hulp te verleen waar nodig. Onthou om jou stasie vooraf by die SARL as opvoedkundige stasie te registreer, dan mag jongmense sonder lisensies, maar onder jou toesig, met ander stasies dmv. jou toerusting kommunikeer.

Sci-Net sal elke weeksdag om 11:00 SAT begin, en die volgende frekwensies sal gebruik word:
80 m – 3,650 MHz LSB;
40 m – 7,065 MHz LSB;
30 m – 10,130 MHz HSB;
20 m – 14,265 MHz HSB;
2 m – 145,650 en 145,750 MHz FM — Afhangende van die beskikbaarheid van die herhalers.

Die jongmense sal ook by die amateurstasie in die Sci-Bono wetenskapontwikkelingsentrum aan amateurradio bekendgestel word.

TEKEN IN OP HF HAPPENINGS
(Berig opgestel uit HF Happenings 267)

HF Happenings word weekliks deur Dennis, ZS4BS, gepubliseer en is ‘n ‘moet’ vir DX-ers en kompetisiedeelnemers.

Tans word die nuusbrief aan 13 verskillende e-posgroepe versend aangesien Dennis se diensverskaffer slegs 25 adresse per groep toelaat.

Ongeveer twee weke gelede het Dennis deur GoogleGroups ‘n adreslys geskep en verwag om dit gou in gebruik te neem. Onderhandelinge met hulle het egter skipbreuk gely. Dennis vra dat julle asb. die uitnodiging van GoogleGroups om by die intekenlys vir HF Happenings by hulle aan te sluit IGNOREER.

Verlede week het Dennis na YahooGroups gegaan en daar suksesvol ‘n poslys geskep. Neem ASSEBLIEF die uitnodiging van Yahoo aan om by hulle intekenaarlys vir HF Happenings aan te sluit. Jy kan ook aansluit deur van die volgende e-posadres gebruik te maak: HF_Happenings-subscribe@yahoogroups.com. Sodra hierdie lys in werking is, sal Dennis hiervan gebruik maak om HF Happenings te versprei. Dennis sien daarna uit dat jy by hierdie lys sal aansluit.

HF-VOORTPLANTINGSTOESTANDE

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag sal wees. Die verwagte geomagnetiese veld sal stil wees, behalwe gedurende 29 en 30 September wanneer lae stormvlakke verwag word. Die verwagte effektiewe sonvlektelling sal gedurende die komende week minder as 5 wees. Met die somer in die lug is die DX-toestande ook gelukkig bietjie meer rooskleurig.

15 m en 20 m is die beste keuse vir DX met moontlike 15 en 20 m-openinge vanaf 13:00 SAT na Indië. Daar is 'n moontlikheid van 20 m-openinge na Australië vanaf 06:00. Vanaf ongeveer 16:00 is daar moontlike 20 m-openinge na Europa en 40 m kan vanaf 22:00 oopmaak. Kontakte met die Verenigde State gaan baie uitdagend wees.

Vir die morsekode- en digitale entoesiaste sal dit lonend wees om 10 MHz te monitor.

Plaaslik gaan toestande gedurende die dag op 40 m goed wees. Verder is dit nou weer die tyd om saans kontakte te maak vir jou 80 m WAZS-toekenning.

Onthou dat hierdie net 'n voorspelling is en dat HF jou nog steeds kan verras. Skakel jou stel aan,luister en roep ook CQ om seker te maak dat jy deel van die opwinding is.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir verdere inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

9 September, vanmiddag, - Lente QRP Sprint;
20 September - Sluitingsdatum vir inskrywings vir Oktober RAE;
21 tot 22 September – Tweede been van die SARL BHF/UH-kompetisie;
29 September – Dames Alleen ZU-RAE-kursus deur die Kempton Park RATV;
29 September – Pretoria ARK se snuffelmark en AJV;
4 - 10 Oktober - Spesiale ruimteprogram;
5 Oktober – Neem jou handdraagstel na die werk dag;
6 Oktober - SA AMSAT Ruimtekonferensie;
6 Oktober – Oosrand Amateurradioklub se vlooimark en AJV;
18 Oktober - Klas A RAE.

Sarlnuus nooi klubs en individue uit om nuusberigte wat vir radioamateurs en kortgolfluisteraars van belang is in te stuur. Indien moontlik, plaas nuusberigte in beide Afrikaans en Engels op www.sarl.org.za/newsinbox.asp nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u ook om na die program Amateur Radio Mirror International, wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoriagebied met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 590 kHz, te luister. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur George, ZS6NE, saamgestel is.

'n Voorspoedige week word aan almal toegewens, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003