Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARLNUUS SONDAG 13 JANUARIE 2008

U luister na ZS6SRL die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Om na oudio via die web, of d.m.v. Echolink deur ZS6FCS te luister, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die koppelings soos aangedui.

Hierdie, en vorige bulletins, kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser vanoggend is George, ZS6NE,, vanuit Pretoria met herleidings op 28,325, 14,235, 10,130, 7,066 en 3,695 MHz ESB asook, 51,400, 438,825 en 1 297 MHz FM in die Pretoriagebied. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik).

STIL SLEUTEL

Dit is met leedwese dat ons moet aankondig dat Nick Moon, G0EOV ex ZS6BBY, se sleutel op Maandag 7 Januarie in die ouderdom van 55 jaar, stil geword het. Nick het aan spierdistrofie gely. Ons dra graag ons innige meegevoel oor aan sy ouers, wat hom so toegewyd al die jare versorg het, en aan die Moon-familie, sowel as sy baie vriende.

(POUSE)

In die nuus vandag:

BLOEMFONTEINBAKEN TERUG OP DIE LUG

3Y0E HOU DXers WęRELDWYD OPGEWONDE

BEHOORT DIE PRESIDENTSNET EN INTEGNET OP ‘N SONDAG PLAAS TE VIND?

SARL-TOEKENNINGS

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

BLOEMFONTEIN BAKEN TERUG OP DIE LUG

Die Bloemfonteinbaken, ZS4BFN, is terug op die lug. Luister daarna sowel as die ander bakens wat tans op 7 023 kHz uitsaai. Drie van die bakens saai ‘n spesiale boodskap uit. Dekodeer een, of al drie van die boodskappe, en jy mag dalk een van drie DX-handboeke wen. Indien jy aldrie dekodeer, word jy outomaties ingeskryf vir die kompetisie vir ‘n 2007 ARRL-handboek.

Die kompetisie eindig binnekort. Besoek www.sarl.org.za, klik op ‘services’, en kies die bakenprojek vir volledige besonderhede aangaande die kompetisie. Stuur jou inskrywings aan bcn@sarl.org.za.

3Y0E HOU DXers WęRELDWYD OPGEWONDE

Petrus, ZS6GCM, hou aan om DXers węreldwyd met sy bedryf as 3Y0E węreldwyd opgewonde te hou. Die 3Y0E.com webtuiste het meer as 16 000 besoeke ontvang met 50 000 kyke na bladsye sedert 19 Desember.

Petrus het merkwaardige vordering gemaak met ‘n groot aantal gelukkige amateurs in sy logboek en hy verbeter van dag tot dag met die hantering van opdammings en baie kontakte.

Volgende op ‘n groot aantal e-posse, en baie harde werk deur die ondersteuningspan agter 3Y0E, het die werklikheid die span in die gesig getref! Al die toerusting wat Petrus tans gebruik is op bruikleen en moet na sy terugkoms teruggegee word. Wat sal nou gebeur met sy volgende besoek aan ‘n uiterste en afgeleë plek op die aarde? ‘n Fonds vir skenkings is in die lewe geroep sodat hy na sy terugkeer toegerus kan word met ‘n geskikte radio, ‘n versterker en beter antennas vir sy volgende reis wat net om die draai is.

Indien enigiemand graag ‘n bydrae wil maak, besoek asb. die webwerf
www.3y0e.com en volg die aangeduide en maklike stappe.

BEHOORT DIE PRESIDENTSNET EN INTEGNET OP ‘N SONDAG PLAAS TE VIND?

Die vraag word gevra of Sondae die beste dae is vir die maandelikse aanbieding van die Presidentsnet en Integnet. Behoort die een ook na die ander te volg of moet hulle op verskillende dae plaasvind? Sou ‘n Woensdag- of Donderdagaand ‘n beter dag van die week te wees?

Die span wat dit maandeliks op die lug aanbied sal insette aangaande die voorafgaande vrae verwelkom. Skryf aan armi@sarl.org.za en vertel ons of die programme op Sondagaande moet bly of dat ander weeksdae meer geskik sal wees.

Die volgende Presidentsnet en Integnet sal op Sondag 27 Januarie aangebied word.

SARL-TOEKENNINGS

Tjerk, ZS6P, die SARL se Toekenningsbestuurder herinner lede en klubs daaraan om nominasies vir die SARL-toekennings, wat tydens die SARL se AJV, wat gedurende 11 tot 13 April vanjaar in Bloemfontein gehou sal word, in te dien.

Tjerk is seker dat daar ‘n lid of meer in jou klub is wat van die toekennings van die SARL verdien, wat die volgende is:

Lewenslange Erelidmaatskap - die SARL se hoogste toekenning;

Willie Wilson Goue Wapen – toegeken deur die Raad vir uitsonderlike en voortreflike diens aan die Liga;

Jack Twine Toekenning – toegeken aan amateurs wat in die opinie van hul mede-amateurs en die Raad van die Liga, die voorbeeld is van die goeie eienskappe wat 'n Radioamateur moet hę;

Arthur Hemsley 2 meter Trofee – toegeken vir uitsonderlike prestasie op AMA of soortgelyke troposferiese voortplanting;

Barney Joel Trofee – toegeken vir die beste vertoning op HF terwyl mobiel;

ICOM Uitmuntendheidstrofee – toegeken aan 'n amateur vir internasionale erkenning verkry vir Suid-Afrika, in die amateurdiens;

Joseph White Plaak – toegeken vir uitsonderlike prestasies op die 432 MHz-band;

Bert Buckley Sesmeter Trofee – toegeken vir individuele prestasie in die 6 meterband;

Die name van die genomineerdes en toekenning, tesame met 'n kort motivering moet gestuur word aan Die Sekretaris, SARL, Posbus 1721, Strubensvallei, 1735, of per e-pos aan secretary@sarl.org.za of per faks aan 088 011 675 2793 voor 16 Februarie 2008.

KOMPETISIENUUS

30 METER DIGITALE AKTIWITEIT

Lede word herinner aan die 30 Meter Digitale Aktiwiteit wat oor die naweek van 19 tot 20 Januarie plaasvind. Meer inligting kan verkry word by www.30meterdigital.org.

DIE PEARS NASIONALE BHF/UHF-KOMPETISIE

Die PEARS Nasionale BHF/UHF-kompetisie vind plaas oor die naweek van 25 tot 27 Januarie 2008 en dit is oop vir alle gelisensieerde amateurs in die RSA en buurlande. Die doel van ’n BHF- of UHF-kompetisie is om langafstandkontakte te maak, nuwe rekords op te stel, die verbetering van toerusting en om ’n genotvolle tyd te hę. Die nuwe formaat is gebruikersvriendelik gemaak en verouderde reëls is uitgehaal om dit meer opwindend te maak vir deelnemers en om aktiwiteit te stimuleer. Dit is ’n 44 uur tweebenige kompetisie vir digitale en analoogmodusse en dek die 50, 70, 144, 432 en 1 296 MHz bande. Amateurs word aan aangemoedig om in beide modusse deel te neem. Daar is ’n keuse van vier kategorieë: basisstasie, veldstasie, klubstasie en beperkte kategorie. PEARS doen ’n beroep op klubstasies om in hul kategorie deel te neem en die bande besig te hou. Die kompetisiereëls sal beskikbaar wees op die SARL-webwerf asook op die PEARS-webwerf www.zs2pe.co.za. Sien jou daar en voorspoed met die kompetisie.

2008 SARL HF-VELDDAG

Die eerste skof van die 2008 SARL HF Velddag is geskeduleer vir die naweek van 9 en 10 Februarie 2008.

HF-VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag sal wees. Die verwagte geomagnetiese veld sal oor die algemeen stil wees behalwe gedurende 13 tot 18 Januarie wanneer onrustige tot aktiewe toestande verwag word. Die verwagte effektiewe sonvlektelling sal gedurende die komende week minder as 5 wees.

Die verwagte DX-toestande is goed vir die Noord-Oos- en Noord-Wes-paaie maar vrotterig vir die hoofsaaklik Noordelike rigtings. 15 m en 20 m is die beste keuse vir DX met moontlike 10, 15 en 20 m-openinge vanaf 12:00 SAT na Indië. Daar is 'n moontlikheid van kort, flou 20 m-openinge na Australië vanaf ongeveer 06:00. Vanaf ongeveer 20:00 is daar moontlike 15 en 80 m-openinge na die VSA.

Na sononder lyk 10 MHz baie belowend vir die opkomende PSK-31 aktiwiteitsnaweek.

Saans is 80 m die beste keuse. Dit is nou as die donderstorms en staties vir jou 'n kans gaan gee. Onthou dat hierdie net 'n voorspelling is en dat HF jou altyd kan verras. Wie weet, dalk bring die nuwe jaar sakke vol kontakte? Skakel jou stel aan,luister en roep ook CQ om seker te maak dat jy deel van die opwinding is.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

13 Januarie - Hunting Lions in the Air kompetisie nog aan die gang;
19 en 20 Januarie – 30 meter digitale aktiwiteit;
21 Januarie - Sluitingsdatum van SARL-HMO-bakenkompetisie;
25 tot 27 Januarie – PEARS Nasionale BHF/UH-kompetisie;
26 Januarie – BACAR-vergadering om 11:00 by NARS;
27 Januarie – Presidentsnet en Integnet;
9 en 10 Februarie – SARL HF-velddag;
16 Februarie – Sluitingsdatum vir nominasies vir SARL-toekennings;

SARLnuus nooi klubs en individue uit om nuusberigte wat vir radioamateurs en kortgolf luisteraars van belang is in te stuur. Indien moontlik, plaas nuusberigte in beide Afrikaans en Engels op www.sarl.org.za/newsinbox.asp nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u ook om na die program Amateur Radio Mirror International, wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoriagebied met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 590 kHz, te luister. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur George, ZS6NE, saamgestel is.

'n Voorspoedige week word aan almal toegewens, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003