Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARLNUUS SONDAG 2 MAART 2008

U luister na ZS6SRL die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die web web www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die koppelings soos aangedui. LET WEL! Vir oudio via Echolink koppel vanaf vandag met ZS0JPL-R en nie meer met ZS6FCS nie..

Hierdie, en vorige bulletins, kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser vanoggend is Louw, ZS6LME, vanuit Pretoria met herleidings op 28,325, 14,235, 10,130, 7,066 en 3,695 MHz ESB asook, 51,400, 438,825 en 1 297 MHz FM in die Pretoriagebied. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik).

STIL SLEUTEL

Dit is met diep leedwese dat die afsterwe van twee radio amateurs aangkondig moet word.

Susan Hendriks, ZR6ZQ ,se sleutel het op Dinsdag 19 Februarie 2008 stil geword. Ons betuig ons innige meegevoel met haar man Henk, ZS6ZQ, familie en vriende.

Edgar Gabbott, ZS6SI, se sleutel het op Maandagmiddag 25 Februarie stil geword. Ons betuig ons innige meegevoel met dogter Anne, familie en vriende.

(POUSE)

In vandag se SARLNuus:

DRIE AMATEURRADIOGELEENTHEDE WAT JY NIE WIL MISLOOP NIE

SARL-SPAN ONTMOET OKOSAVOORSITTER

SARL NEEM STERK STANDPUNT IN TEEN KLT

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

DRIE GELEENTHEDE DOMINEER DIE AMATEURRADIOKALENDER IN DIE VOLGENDE TWEE MAANDE

Radioamateurs landwyd kan uitsien na drie groot geleenthede in die volgende twee maande. Die eerste geleentheid is die Radio Tegnologie in Aksie program wat by die Kaapstadkampus van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie gehou sal word op Saterdag 8 Maart. Die program sluit ín aantal aanbiedings in wat nuwe tegnologieŽ tot op die praktiese vlak verduidelik. Die volledige program is op die SARL-webtuiste. Om ín PDF-kopie te kry, stuur ín e-pos aan rta@sarl.org.za. Van die aanbiedings sluit in Spreispektrumkommunikasie, Voortplanting vir Radioamateurs, die Pears-WiFi-projek, HF-APRS, Hoe om ín kragbron vanuit jou rommelkas te bou, die nuwe wÍreld van satelliete en ín oorsig van die SARL se standpunt oor KLT.

Toegang is R20 per persoon met ín outomatiese inskrywing vir die toegangsprystrekking. Leerders en studente woon gratis by.

SARL SE NASIONALE KONVENSIE EN AJV ín MOET OM BY TE WOON

Gedurende die naweek van 11 tot 13 April loop alle paaie na Bloemfontein vir die SARL se Nasionale Konvensie en AJV. Die AJV-dokumente is nou beskikbaar op die web asook die volledige Konvensieprogram en registrasiedokumente. Om die AJV-dokumente af te laai gaan na www.sarl.org.za, klik op Ďmembers onlyí in die boonste regterhandse hoek van die tuisblad. Dit sal die lede alleenbladsy open. Klik op Ďmore on the AGMí-nuusitem en laai die PDF-dokument af. Die volmagvorm kan afsonderlik afgelaai word.

Lede wat gevra het vir die gedrukte weergawe, dit sal eersdaags in jou posbus wees. Om te bespreek vir die Nasionale Konvensie, volg die nuusitem op die tuisbladsy. Dit het ín skakel na ín lys van bed & ontbyt en ander verblyfopsies.

SA AMSAT RUIMTEKOMMUNIKASIEPROGRAM BESKIKBAAR

SA AMSAT het sy 2008 Ruimtekommunikasieprogram gepubliseer op die web. Lees dit by www.amsatsa.org.za. Die simposium word op 19 April 2008 by die Durbankampus van die Universiteit van KwaZulu-Natal gehou. Nog ín geleentheid om nie mis te loop nie.

SARL-SPAN VERGADER MET OKOSA-VOORSITTER

President Graham Hartlett en SARL-Raadslid vir Regulatoriese sake, Hans van de Groenendaal, het verlede week met OKOSA-voorsitter Paris Mashile vergader en ín aantal sake bespreek wat Ďn geruime tyd uitstande is. Op die agenda, onder andere, was die kwessie oor die ZR-toekenning op 20 meter, die besit van toerusting wat op frekwensies anders as amateurfrekwensies kan inluister (regulasie G14) en aanwending tydens nood soos gereguleer in regulasie B3, die inwerkingstelling van ín permanente SARL-OKOSA-skakelkomitee en die uitbreiding van die 7 MHz band om 7 100 - 7 200 kHz in te sluit.

Die OKOSA-voorsitter het ooreengekom om hierdie sake met die ingenieursdepartement op te neem om dit so gou moontlik reg te stel en om die inwerkingstelling van die OKOSA Ė SARL-Skakelkomitee te fasiliteer met die OKOSA-raad.

SARL NEEM STERK STANDPUNT IN TEEN KLT

Tydens verlede Sondag se Integnet is die voorlopige KLT-regulasies en die negatiewe impak wat lisensiŽring van KLT op HFkommunikasie sal hÍ, bespreek. Terwyl die voorlopige regulasies beskerming bied teen steurings op die HF-spektrum is daar konsensus dat die regulasies nie genoegsame beskerming bied nie. Perke van beskerming, die gebrek van verpligte uitkerfing van die amateurbande en die onvoldoende verligtingsproses is deur deelnemers geÔdentifiseer as van die probleme.

Die SARL het ook insette ontvang van kundiges in die veld en ín besonderse inset van die ARRL-laboratorium wat al ín tyd met KLT, of BPL soos dit in die VSA bekend staan, werk. Die SARL bedank almal wat kommentaar gelewer het en insette gestuur het aan plc@sarl.org.za. Sodra die finale dokument gereed is, sal dit op die SARL web beskikbaar wees. Daar sal volgende Saterdag by die RTA in Kaapstad terugvoering gegee word.

BACAR 2008 BEPLAN VIR 24 MEI

Die Bacar-span het verlede Saterdag vergader en het besluit op die lansering van die eerste BACAR 2008 missie op 24 Mei. Die loonvrag sal ín GGbaken wat op 7 023 kHz werk, ín herwiningsbaken en ín APRS-stelsel. Die lansering sal in die Gautengarea plaasvind. Vir meer besonderhede besoek www.amsatsa.org.za. Die volgende vergadering word om 11:00 op 15 Maart by die NARS gehou en almal wat deel van die herwinning- en opsporingspanne wil wees word genooi om dit by te woon.

KOMPETISIENUUS

SARL HAMNET 40 METER NAGEBOOTSTE NOODKOMPETISIE

Die jaarlikse SARL Hamnet 40 meter kompetisie sal vanmiddag vanaf 14:00 tot 16:00 SAT gehou word. Dit is 'n foon alleenkompetisie tussen radioamateurs in Suider-Afrika. Suider-Afrika is in 8 sones verdeel vir hierdie kompetisie. Daar is vyf klasse van deelname - enkeloperateur stilstaande mobiel, enkeloperateur draagbaar, multi-operateur draagbaar, enkeloperateur basisstasie en kortgolfluisteraar.

Die klas van deelname bepaal wat uitgeruil word asook die puntetelling. Die volledige reŽls vir hierdie sowel as die BHF/UHF-Naelloop kan gevind word in die 2008 SARL-kompetisiehandboek.

SARL BHF/UHF-KOMPETISIE

Die eerste skof van die SARL BHF/UHF-kompetisie begin om 10:00 UTC op Saterdag 15 Maart en eindig om 10:00 UTC op Sondag 16 Maart 2008. Die reŽls is slegs beskikbaar in die 2008 SARL-Kompetisieboek. Meer besonderhede in volgende week se bulltion.

QSL-BURONUUS

Tot dusver, het die QSL-buro nog geen vrywilligers gekry wat hulself beskikbaar gestel het om te kom help met die sorteer van QSL-kaarte nie. Die twee sorteerders wat tans diens doen het my ingelig dat hulle nie kan voorbly met die sortering van kaarte nie, met gevolg kaarte wat nou arriver, sal nie onmiddellik aandag kan geniet nie.

Ons rig dus weer 'n versoek aan vrywilligers om na vore te kom om te kom help met die sorteer van QSL-kaarte - slegs 2 dae per maand.
Vir die wat graag kaarte by die SARL-hoofkantoor wil kom afhaal word die volgende datums bekend gemaak sodat julle ook met die sorteerders kan reel vir afhaling. Die datums vir die volgende paar maande is Ė 11 en 25 Maart, 8 en 24 April en 6 en 25 Mei.

Om sake te vergemaklik vir nie-lede van die SARL, sal alle nie-lede se kaarte saamgeneem word na die AJV wat op 12 April in Bloemfontein gehou word. Klubs teenwoordig by die AJV sal gevra word om alle kaarte vir hulle omgewing saam terug te neem na hulle klubs toe waar nie-lede hulle kaarte kan gaan opspoor.

Ons wil ook meld dat die buro sit met talle koeverte wat nie voldoende posgeld bevat nie en die Poskantoor is onwillig om die koeverte te aanvaar. Ons stel dus voor dat u die kÍrels by die buro op die bogenoemde datums telefonies skakel om te bevestig of jou koevert voldoende posgeld bevat.

Indien u graag wil kom help met die sorter van kaarte, sal u bereidwilligheid vir die behoud van ons buro baie waardeer word. Dit sal waardeer word dat indien u die leemte kan vul, u vir Francois, ZS6BUU, sal kontak by 011 679 5260 om u bereidwilligheid aan te bied.

HF-VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak die komende week baie laag gaan wees. Die geomagnetiese veld sal oor die algemeen stil wees. Die voorspelde effektiewe sonvlektelling sal gedurende die komende week minder as 5 wees. Die verwagte DX-toestande is goed vir die Noord-Oos paaie maar vrotterig vir die hoofsaaklik Noordelike rigtings.

15 m en 20 m is die beste keuse vir DX met moontlike 15 en 20 m-openinge vanaf 14:00 SAT na IndiŽ. Daar is 'n moontlikheid van kort, flou 20 m-openinge na AustraliŽ vanaf ongeveer 08:00. Vanaf ongeveer 16:00 is daar moontlike kort, flou 15 en 20 m-openinge na Europa. Kontakte met die VSA gaan baie uitdagend wees. 10 MHz lyk na sononder bruikbaar vir die morsekode- en digitale entoesiaste.

Plaaslike toestande gaan gedurende die dag op 40 m goed wees vir die Hamnetwedstryd. 30 m behoort gedurende die middel van die dag goeie resultate oor die langer afstande te lewer. Saans is 80 m die beste keuse, dit is nou as die donderstorms en staties vir jou 'n kans gaan gee.

Onthou dat hierdie net 'n voorspelling is en dat HF jou nog steeds kan verras. Skakel jou stel aan, luister en roep ook CQ om seker te maak dat jy deel van die opwinding is.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

ASTRO-EKSPO

Die Bloemfontein Radioamateurklub sal volgende Saterdag, 8 Maart, ín stasie by die Astro-Ekspo oprig en ZS4BFN bedryf vanaf 15:00 tot 21:00. ín QSL-kaart sal beskikbaar wees. Die ekspo word gereŽl deur die Bloemfontein tak van die Astronomiese vereniging van Suid-Afrika.

DAGBOEK VAN GEBEURE

2 Maart - Hamnet 40 m gesimuleerde noodkompetisie;
8 Maart - RTA in Kaapstad;
8 Maart - Pretoriaklub se megasnuffelmark;
15 en 16 Maart Ė SARL BHF/UHF Kompetisie;
31 Maart - Sluitingsdatum vir stadium 1 van 2008 konstruksiekompetisie;
11 tot 13 April - SARL AJV in Bloemfontein.

SARL nuus nooi klubs en individue uit om nuusberigte wat vir radioamateurs en kortgolfluisteraars van belang is in te stuur. Indien moontlik, plaas nuusberigte in beide Afrikaans en Engels op www.sarl.org.za/newsinbox.asp nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u ook om na die program Amateur Radio Mirror International, wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoriagebied met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 590 kHz, te luister. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur Dennis, ZS4BS, saamgestel is.

'n Voorspoedige week word aan almal toegewens, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003