Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS - SONDAG 19 OKTOBER 2008

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word.

Oudio is ook beskikbaar via die web www.sarl.org.za; klik op ARMI en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio via Echolink koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie - en vorige bulletins - kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser vanoggend is (Naam en Roepsein), vanuit Pretoria met herleidings op 28,325, 14,235, 10,130, 7,066 en 3,695 MHz ESB, asook op 51,400, 438,825 en 1 297 MHz FM in die Pretoria-gebied. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

STIL SLEUTEL

Dit is met diep leedwese dat aangekondig moet word dat die sleutel van Frederick Conradie, ZS4C, van Verkeerdevlei op 29 September stil geword het. Ons betuig ons innige meegevoel met sy familie, broer Kobie, ZS4K,C en baie vriende.

(POUSE)

In die nuus vandag:

INTEGNET AANGAANDE SPREISPEKTRUMKOMMUNIKASIE

TEKEN HIERDIE BELANGRIKE DATUM AAN

ASSESSORS EN OPSIENERS MOET HERREGISTREER

AKTIEWE SONKOLLE - IS SIKLUS 24 AAN DIE OPWARM?

KYK UIT VIR JOU QSL-KAARTE IN DIE POS

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

INTEGNET AANGAANDE SPREISPEKTRUMKOMMUNIKASIE

Vanaand se Integnet handel oor spreispektrumkommunikasie aangebied deur John Williscroft, ZS6EF. Die aanbieding is gebaseer op John se opwindende aanbiedings wat hy by die 2008 RTA’s gelewer het.

'n Ekstensiewe PowerPointaanbieding sal vanaf die komende week op die web beskikbaar wees. On dit af te laai besoek www.sarl.org.za, kies publikasies en klik op RTA of volg die skakels vanaf die tuisblad.

INTEGNET begin om 19:30 op herhalers in die Wes-Kaap, die Oos-Kaap se herhalernetwerk, die Durban- en Highwayherhalers in KwaZulu-Natal, in Gauteng op 145,750 MHz en op die Sasolburgherhaler. Daar sal op 3 718 kHz ‘n herleiding wees. Vir die webstroom en echolink, gaan na www.sarl.org.za, klik op “publications”, kies ARMI en volg die skakels. U sal nie die bespreking oor Spreispektrum wil misloop nie.

TEKEN HIERDIE BELANGRIKE DATUM AAN

’n Spesiale Presidentsnet sal op Sondag 2 November om 19:30 gehou word waartydens die twee afgevaardigdes na die IARU Streek 1 konferensie verskeie belangrike sake op die agenda van die weeklange vergadering, wat vanaf 16 to 21 November 2008 in Cavtat, Croasië plaasvind, sal bespreek. Rassie Erasmus and Dennis Green sal verskeie mosies waarop Suid Afrika moet stem uitlig en vir u ’n geleentheid bied om insette te lewer. Sluit aan by die gesprek deur ’n herhaler naby U.

ASSESSORS EN OPSIENERS MOET HERREGISTREER

Soos voor heen berig sal assessors en RAE-opsieners se registrasie aan die einde van Oktober verstryk. Die SARL-Raad het die vervaldatum uitgestel tot 31 November. Om te registree, besoek www.sarl.org.za, klik op “Services” en kies “All forms”. Registrasie as ’n RAE-opsiener kan aanlyn gedoen word. Registrasie as ’n assessor moet deur ’n plaaslike radioklub in die area waar die assessor woon gesteun word. Laai die vorm af en faks die voltooide vorm na 088 011 675 2793. Let daarop dat die nommer op die vorm verkeerd is; sit 088 vooraan die faksnommer wat op die vorm voorkom.

AKTIEWE SONKOLLE - IS SIKLUS 24 AAN DIE OPWARM?

NASA se Stereo-B ruimtetuig monitor ’n reeks aktiewe kolle op die son waar magnetiese velde deur die sonoppervlak uitsteek. Al vier is geleë in hoë breedtegrade, wat tekenend is dat hulle deel is van die nuwe Siklus 24. Stereo-B het ‘n unieke uitsig op die son. Omdat dit 38 grade agter die aarde in sy wentelbaan beweeg, kan Stereo-B ’n groot deel van die son sien wat vanaf die aarde onsigbaar is. Die ruimtetuig se uitsig ‘oor die horison’ wys ‘n duidelike lyn van aktiewe streke.

Beteken dit dat Sonsiklus 24 aan die gang kom? Moontlik, ja, maar net effens. Slegs een van die aktiewe streke is ’n volwaardige sonvlek (nommer 1005), terwyl die res maar net “proto-sonvlekke” sonder ’n donker sonvlekkern is. Bly ingeskakel vir verdere ontwikkelings.
Hou die aktiewe kolle dop op www.sarl.org.za.

KYK UIT VIR JOU QSL-KAARTE IN DIE POS

Lede kan ’n pakkie QSL-kaarte in dioe pos voor Kersfees verwag. Francois Botha, ZS6BUU, berig aan SARL nuus dat alle uitstaande kaarte aan lede uitgestuur sal word ongeag die aantal kaarte tans by die QSL Buro. "Ons maak die rakke leeg om die proses vanaf Januarie 2009 te vaartbelyn. ’n Proeflopie is tans aan die gang om die effektiwiteit van desentralisasie te beproef. Alle kaarte vir divisies een, drie en vierword deur ‘n span in Kaapstad uitgestuur en alle divisie twee kaarte word deur ’n span Mosselbaai gepos.”

Nuus oor die QSL-buro en sy aktiwiteite word gereeld in Radio ZS gepubliseer. Vir meer inligting oor die buro, kontak vir Francois op 011 679 5260 of stuur e-pos aan jfbotha@iburst.co.za

VERMY ASSEBLIEF DIE INTERNASIONALE RUIMTESTASIE SE OPSKAKELFREKWENSIE VIR PLAASLIKE GESPREKKE

Wanneer u simpleks werk, moet u asseblief nie 145,200 MHz gebruik nie. Dit is die opskakelfrekwensie vir die Internasionale Ruimtestasie (IRS). Plaaslike gesprekke steur ontvangs op die IRS en verhinder kontakte met Suid-Afrikaners.

KOMPETISIENUUS

Veertien logstate is ontvang vir die kompetisie – die ZS1-, ZS4-, ZS5- en ZS6-roepseingebiede is verteenwoordig. Hier volg die VOORLOPIGE uitslae van die SARL HF GG-kompetisie.

Multi-operateur:

1e Wes-Rand ARK, ZS6WR, 16 punte.

Enkeloperateur:

1e Hans Kappetijn, ZS6KR, [Pretoria ARK] – 78 punte;
2e Ed Willers, ZS6UT, [Pretoria ARK] – 76 punte;
3e Raoul Coetzee, ZS1REC, – 74 punte.

Beste telling op 'n enkelband.

Vidi la Grange, ZS1EL – 46 punte op 40 meter.

Klubkompetisie:

1e Pretoria ARK – 180 punte;
2e Kaapstad ARS – 104 punte;
3e Bloemfontein RAK en Overberg ARK – 70 punte.

Gesamentlike uitslae van die SARL HF-foon- en GG-kompetisies

Multi-operateur:

1e Wes-Rand ARK, ZS6WR – 244 punte.

Enkeloperateur

1e Jan Botha, ZS4JAN [Bloemfontein RAK] – 289 punte;
2e Gary Potgieter, ZS5NK [Highway ARK] – 269 punte;
3e Hans Kappetijn, ZS6KR [Pretoria ARK] – 224 punte.

Klubkompetisie:

1e Bloemfontein ARK – 608 punte;
2e Pretoria ARK – 588 punte;
3e Port Elizabeth ARV – 355 punte.

Die voorlopige uitslae van die SARL 40 meter mobiele kompetisie is bekend gemaak. Die Kompetisiekomitee het twaalf logstate ontvang. Die uitslae is soos volg:

1e Gerhard Coetzee, ZS3TG – 477 punte;
2e John Kramer, ZS5J – 342 punte;
3e Tienie Herbst, ZS6MHH – 273 punte.

Die volledige uitslae is in die HF Happenings-nuusbriewe gepubliseer.

KLUBNUUS

TERUGVOERING – KKARK HAMNET-VELDSTASIE

Die Kalahari Karoo Amateurradioklub het HAMNET en die SARL bemark tydens die eeufees van die Kuruman Laerskool en die Kuruman-Invlieg. Die skool het die Kuruman-Invlieg in twee programme aangebied.

Op Vrydag, 10 Oktober, het die Saluutprogram by die Laerskool plaasgevind. Die program se doel was om al die leerders bekend te stel aan veiligheids- en nooddienste soos die SANW, SAPD, Korrektiewe Dienste, Burgerlike Beskerming, verkeers- en brandweerdienste.

Op Saterdag, 11 Oktober, het die Invlieg self by Kuruman-lughawe plaasgevind. Dit was die hooftrekpleister van die naweek. Meer as 40 vliegtuie het deelgeneem.

Gerhard, ZS3TG, Johann, ZS3AAK, David, ZR3A, Ruan, ZU3R, Hugo, ZU3H, Tiaan, ZU3TB en Petrus, ZU3P, was die radioamateurs wat betrokke was. Dit was ’n hoogs suksesvolle naweek waarin 155 kontakte landwyd gemaak is. Volledige statistieke is beskikbaar op die SARL-Forum.

Die Kurumanners sê baie dankie aan al die amateurs wat met hulle kontak gemaak het. Hulle elektroniese QSL'e is reeds aan hulle gestuur.

HF-VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak die komende week baie laag gaan wees. Die geomagnetiese veld sal oor die algemeen stil wees tot 27 Oktober. Die voorspelde effektiewe sonvlektelling sal gedurende die komende week minder as 5 wees. Die verwagte DX-toestande is goed vir die noordelike rigtings maar vrotterig vir die hoofsaaklik noordwestelike paaie.

20 m is die beste keuse vir DX met moontlike 15- en 20 m-openinge vanaf 11:00 SAT na Indië. Daar is moontlik flou 80 m-openinge na Nieu-Seeland om 20:00. Vanaf 06:00 is daar moontlik 20 m-openinge na Australië. Kontakte met Peru is om 06:00 vir 'n kort rukkie op 20 m moontlik. Brasilië kan waarskynlik vanaf 14:00 op 15 m gewerk word. Vanaf ongeveer 15:00 is daar moontlik goeie 15- en 20 m-openinge na Europa. 10 m lyk of dit ook net na 12:00 wil begin wakker word. Kontakte met die VSA se Ooskus is om 18:00 op 15 m moontlik.

10 MHz lyk laatmiddag en na sonsonder bruikbaar vir die Morsekode- en digitale entoesiaste.

Plaaslike toestande gaan gedurende die dag op 40 m goed wees. 80 m behoort vroegoggend en laatmiddag goeie resultate oor die korter afstande, byvoorbeeld tussen ZS5 en ZS6, te lewer. 30 m sal in die middel van die dag goeie resultate tussen ZS6 en ZS1 lewer.

Saans is 80 m die beste keuse. Noudat dit somer is, kan die donderstorms en statiese geraas ’n bietjie uitdagend wees.

Onthou dat hierdie net 'n voorspelling is en dat HF jou nog altyd kan verras. Skakel jou stel aan, luister en roep ook CQ om seker te maak dat jy deel van die opwinding is.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

19 Oktober - Integnet om 19:30 vanaand;
17 - 19 Oktober - CQ Hou Koers en JOTA;
18 - 19 October - Tweede been van die AWA buisradios-QSO-geselligheid;
1 November - Pretoria Amateurradioklub Snuffelmark
2 November - Presidentsnet
15 November - Sluitingsdatum vir leerders se opstelkompetisie "Mensdom se bewoning van die maan: kan Amateurradio 'n rol speel?"
29 November - Kursus oor gebruik van PIC's.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusberigte wat vir radioamateurs en kortgolfluisteraars van belang is, in te stuur. Indien moontlik, plaas nuusberigte in beide Afrikaans en Engels op www.sarl.org.za/newsinbox.asp nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateur Radio Mirror International, wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoriagebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 590 kHz. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur Roger, ZR3RC, saamgestel is.

'n Voorspoedige week word aan almal toegewens, 73.
/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003