Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS – SONDAG 1 MAART 2009

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word.

Oudio is ook beskikbaar via die web: www.sarl.org.za; klik op ARMI en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (Naam en Roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 28,325, 14,235, 10,130, 7,066 en 3,695 MHz ESB, asook op 52,750, 438,825 en 1 297 MHz FM in die Pretoria-gebied. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik).

In die nuus vandag:

SUMBANDILASAT - LANSERING WEER UITGESTEL
BESPREEK NOU VIR DIE SARL SE NASIONALE KONVENSIE
WĘRELD-AMATEURRADIODAG – FOKUS OP DIENS AAN DIE GEMEENSKAP
VOORGESTELDE REGULASIES GEPUBLISEER OM DIE SKA-AREA TE BEVEILIG
RADIO ZS HOORT NOU AL IN JOU POSBUS TE WEES

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

SUMBANDILASAT - LANSERING WEER UITGESTEL

Die lansering van SumbandilaSat is weer vertraag, hierdie keer as gevolg van tegniese probleme by die Russiese lanseerterrein te Baikonur. Die Direkteur-generaal van die Departement van Wetenskap en Tegnologie, Dr. Phil Mjwara, het aan SA AMSAT gesę dat die lanseringsagentskap in Rusland laat weet het dat die lansering waarskynlik eers iewers in Mei vanjaar sal plaasvind. Hy sę die lanseeragentskap het nie spesifieke inligting verskaf nie en hy sal dus nie ’n openbare aankondiging maak voordat DWT volledige besonderhede van die redes vir die vertraging sowel as ’n nuwe, bevestigde lanseerdatum ontvang het nie.

Daar word vermoed dat die vertraging veroorsaak is deurdat een van die ander loonvragte nie betyds gelewer kon word nie. SumbandilaSat is nog veilig by die toetsterrein naby Bredasdorp.

BESPREEK NOU VIR DIE SARL SE NASIONALE KONVENSIE

’n Volledige besprekingsvorm vir die SARL se Nasionale Konvensie is reeds op die SARL-webblad by www.sarl.org.za beskikbaar. Daar is beperkte plekke vir sommige van die geleenthede, soos die Saterdagmiddag-bootreis. U moet dus betyds bespreek anders verbeur u die kans om ’n reis op die Tigresse, die grootste dubbelromp-seilboot in Afrika, mee te maak.

Om akkommodasie te bespreek, klik op die skakel op die konvensieblad wat u sal lei na ’n lys puik en billike bed-en-ontbytplekke naby die aktiwiteite in Bellville.

Die SARL se Nasionale Konvensie sluit die SARL se Algemene Jaarvergadering en die Toekenningsdinee in.

WĘRELD-AMATEURRADIODAG – FOKUS OP DIENS AAN DIE GEEMEENSKAP

Hierdie jaar fokus Węreldamateurradiodag op 18 April op die tydverdryf wat mense bemagtig en gemeenskappe ondersteun deur noodkommunikasie en algemene kommunikasie vir spesiale sport- en gemeenskapsgeleenthede te verskaf. In Suid Afrika sal HAMNET, die Suid Afrikaanse Radioliga se noodkommunikasieafdeling, die Węreldamateurradiodag se aktiwiteite koördineer.

Klubs en spesiale belangegroepe word genooi om deel te neem deur spesiale amateurradiostasies op te rig by winkelsentrums en ander openbare plekke soos biblioteke en sportfasiliteite.

Die boodskap van die dag is dat amateurradio nie jou oupa se draadloos is nie, maar ‘n lewende aktiwiteit, wat vandag ’n wye reeks tegnologieë bied en ’n mens steeds in staat stel om met ander mense węreldwyd oor die eter te gesels.

Besoek Clubtalk op www.sarl.org.za vir meer besonderhede en hoe die SARL die geleentheid met brosjures en plakkate sal ondersteun. Clubtalk is te kry in die nuusgedeelte van die webwerf.

VOORGESTELDE REGULASIES GEPUBLISEER OM DIE SKA-AREA TE BEVEILIG

Die voorgestelde regulasies om ’n radiovrye area in Suid Afrika te skep vir die Square Kilometre Array is pas gepubliseer. Bestudeer dit en lewer u kommentaar voor 4 Maart. Die SARL moet voor 6 Maart kommentaar lewer en nadat alle insette oorweeg is sal die finale regulasies gepubliseer word en afdwingbaar word. Die regulasies is op die ARMI-blad by www.sarl.org.za beskikbaar, klik op “Publications” en kies ARMI.

RADIO ZS HOORT NOU AL IN JOU POSBUS TE WEES

Radio ZS is verlede week gepos en behoort nou al in jou posbus te wees. Lees meer oor hoe die 40-meter-bandplan sal lyk wanneer die uitbreiding van die 40 meterband in die Staatskoerant gepubliseer is. Die SARL werk nou saam met OKOSA om die proses te bespoedig. Ons hoop om teem middel Maart nog nuus hieroor te hę.

Die Namibiese DX-pedisie was ’n groot sukses ondanks die terugslae en gure weer. Volle besonderhede in die Januarie/Februarie-uitgawe. Nog pitkos sluit in praktiese wenke oor hoe om batteryleeftyd te verleng, amateurradio in die ruimte en ’n verslag oor die IARU Streek 1-konferensie wag ook op u, om nie van die gereelde “Die Museumstuk” en “Die goeie ou dae” te praat nie.

KOMPETISIENUUS

GG-KOMPETISIE-OPERATEUR GESOEK

Andrew, ZS6AA, is op soek na ‘n tiende GG-operateur, dan is Span Afrika vir die RSGB-Gemenebeskompetisie voltallig. Die kompetisie vind plaas oor 24 uur vanaf Saterdag 14 Maart om 12:00 tot Sondag 15 Maart 12:00. Alle vlakke van GG- en kompetisie-ondervinding is welkom. Indien u lid wil word van Span Afrika kontak asseblief vir Andrew deur e-pos aan andrew.roos@mweb.co.za of per telefoon by 082 577 4980.

KLUBNUUS

Saterdag 7 Maart is daar 'n gesamentlike byeenkoms van die Suidkaap Amateurradioklub en die Garden Route Radio Club by die Riverside Karavaanpark, Klein Brakrivier. Dit is naby Mosselbaai. Dit is 'n bring-en-braai vir die hele gesin en alle belangstellendes is welkom.
Aktiwiteite begin on 12:00.
Die President van die SARL, Rassie Erasmus, ZS1YT, sal dit in sy amptelike hoedanigheid bywoon en 'n praatjie lewer.

HF-VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak die komende week baie laag gaan wees. Die geomagnetiese veld sal oor die algemeen kalm wees. Die voorspelde effektiewe sonvlektelling sal gedurende die komende week minder as 5 wees.

15 en 20 m is die beste keuse vir DX met moontlike 15-m-openinge na Indië vanaf 14:00 SAT, gevolg deur 20 m om 17:00. Kontakte met Nieu-Seeland gaan baie uitdagend wees. Om 07:00 is daar moontlike 20-m-openinge na Australië.

Kontakte met Peru is onwaarskynlik. Brasilië kan waarskynlik vanaf 14:00 op 15 m en vanaf 19:00 op 20 m gewerk word.

Vanaf ongeveer 16:00 is daar moontlike kort, swak 15 m-openinge na Europa wat deur kort 20 m-openinge om 18:00 gevolg gaan word. Kontakte met die VSA se Ooskus is vanaf 20:00 op 15 m moontlik.

10 MHz lyk laatmiddag en na sononder bruikbaar vir die Morsekode- en digitale entoesiaste.

Plaaslike toestande gaan gedurende die dag op 40 m goed wees, ook vir vanmiddag se wedstryd. 80 m behoort gedurende vroegoggend en laatmiddag goeie resultate oor die korter afstande te lewer, byvoorbeeld tussen ZS5 en ZS6. 30 m sal gedurende die middel van die dag goeie resultate tussen ZS6 en ZS1 lewer. Selfs 20 m word ’n bietjie wakker vanaf oggendtee.

Saans is 80 m die beste keuse. Met somer hier kan die donderstorms en statiese geraas ’n bietjie uitdagend wees.

Onthou dat hierdie net 'n voorspelling is en dat HF jou aangenaam kan verras. Skakel jou stel aan, luister en roep ook CQ om seker te maak dat jy deel van die opwinding is.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

1 Maart – HAMNET 40-meterkompetisie;
2 Maart – Sluitingsdatum vir Velddaglogstate;
7 Maart – PARK Megasnuffelmark;
14 en 15 Maart – RSGB-Gemenebeskompetisie;
20 Maart – Sluitingsdatum vir SARL-PIC-kompetisie;
21 Maart – BACAR-lansering;
21 en 22 Maart – SARL se BHF-/UHF-kompetisie;
18 April – Węreldamateurradiodag, en
24-26 April – SARL se Nasionale Konvensie in Kaapstad.

SARL-nuus nooi klubs en individue om nuusberigte wat vir radioamateurs en kortgolfluisteraars van belang is, in te stuur. Indien moontlik, plaas nuusberigte in beide Afrikaans en Engels op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateur Radio Mirror International, wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 860 kHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending waarna geluister kan word. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur Roger, ZR3RC, saamgestel, en deur Hester van der Walt geredigeer is.

Dankie dat u geluister het. 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003