Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS – SONDAG 07 JUNIE 2009

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die web: www.sarl.org.za. Klik op ARMI en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.
Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.
U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 28,325, 14,235, 10,130, 7,066 en 3,695 MHz ESB, asook op 52,750, 438,825 en 1 297 MHz FM in die Pretoria-gebied. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

(POUSE)

In die nuus vandag:

JEUGDAGWEDLOOP ‘N GROOT SUKSES

WIL U MEER WEET AANGAANDE AMATEURRADIOTEGNOLOGIE

JAARLIKSE LEDEGELD

GEHEIMSINNIGHEID VAN DIE ONTBREKENDE SONVLEKKE

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

JEUGDAGWEDLOOP ‘N GROOT SUKSES

Die jeugdagwedloop was ‘n groot sukses. Deur die tydsduur met twee uur te verleng, in vergelyking met verlede jaar se een uur, het die populariteit daarvan toegeneem. Die 40 m-band was tot aan die einde van die laaste minuut baie aktief. Logstate, sowel as inskrywings vir die fotokompetisie, word nog steeds ontvang. Maak asb. seker dat die foto’s inn hoëresolusieformaat, minstens 300 ppi, is. Lęers sal tipies groter as 2 megagrepe wees. Moet nie die lęergrootte verklein nie. Die inskrywings moet die jeug bedrywig in amateurradioaktiwiteit toon.

WIL U MEER WEET AANGAANDE AMATEURRADIOTEGNOLOGIE?

Indien u ‘n tegniese of ‘n bedryfsvraag aangaande amateurradio het, stuur ‘n e-pos aan elmer@sarl.org.za. Raadslid Fred Scheepers, ZS1FCS, sal u vraag aanstuur na ‘n persoon wat die beste toegerus is om u te antwoord. Vrae wat alle aspekte van amateurradio dek sal waardeer word.

JAARLIKSE LEDEGELD

Ledegeldrekenings is ‘n aantal weke gelede per e-pos uitgestuur. Betalings is op 30 Junie verskuldig en u vroegtydige vereffenings sal waardeer word. Alle vereffenings wat voor einde Augustus gedoen word sal kwalifiseer vir ‘n afslag soos op u rekening aangetoon. Baie dankie aan alle lede wat alreeds vir hulle 2009/2010 lidmaatskap betaal het, en baie dankie aan lede wat ‘n donasie ingesluit het. U ondersteuning word hoog op prys gestel.
Indien u nognie ‘n lid van die SARL is nie, oorweeg dit om nou aan te sluit. Dit is soveel beter om deel a iets te wees as om buite die sirkel te staan en in te kyk. Deur aan te sluit ondersteun u nie slegs die nasionale liggaam deur dit meer spierkrag te gee om met die outoriteite te onderhandel nie, maar u bevoordeel ook u klub. Huidige aangeleenthede waaroor die SARL met die betrokke outoriteite onderhandel sluit in die opgradering van die CEPT-verhouding, kraglynkommunikasiestandaarde, voorgestelde verhogings in lisensiefooie, bedryfsvoorregte in die SAOG-lande, die hersiening van die tabel van toekennings om die insluiting van ‘n toekenning naby 5 MHz te oorweeg en volle toegang tot die 160 m-band en stroombelyning van die opgraderingsproses van ZR na ZS.
Besoek www.sarl.org.za vir aansoekvorms en subskripsiebesonderhede.

GEHEIMSINNIGHEID VAN DIE ONTBREKENDE SONVLEKKE

Die son is in die laagtepunt van ‘n eeuklas sonaktiwiteitsminimum, en sonvlekke was vir meer as twee jaar raaiselagtig skaars. Nou, vir die eerste keer mag sonfisici verstaan waarom.
Tydens die perskonferensie van ‘n Amerikaanse Astronomiese Vereniging op 17 Junie, in Boulder, Colorado, hert navorsers aangekondig dat ‘n “jet stream” diep binne die son stadiger as gewoonlik deur die ster se binneste migreer wat verantwoordelik is vir die afwesigheid van sonvlekke.
Rachel Rowe en Frank Hill van die Nasionale Sonobservatorium (NSO) in Tucson, Arizona, het ‘n tegniek genoemd helioseismologie, aangewend om die “jetstream” waar te neem en om sy baan tot dieptes van 7 000 km onder die oppervlakte van die son te volg. Die son wek nuwe strome elke 11 jaar naby sy pole op, het hulle verduidelik. Die strome migreer stadig van die pole na die ekwator en wanneer ‘n stroom die kritieke breedtegraad van 22 grade bereik, begin nuwe sonvlekke te voorskyn te kom.
Lees meer op www.sarl.co.za.

KOMPETISIENUUS

Die uitslae van die AWA se Buis-QSO-Party wat verlede week verskaf is was verkeerd. Hier volg die korrekte uitslae:
1ste Plek Jan, ZS4JAN, 282 Punte;
2de Plek Rad, ZS6RAD, 276 Punte;
3de Plek Theunis, ZS2EC, 80 Punte.
Verskoning vir enige ongerief veroorsaak. Die AM-resultate is korrek soos berig.

OPGEDATEERDE REELS VIR DIE DIGITALE PSK-KOMPETISIE

Die SARL se digitale kompetisie vind op 28 Junie plaas. Neem asb. kennis van die volgend veranderings aan die reels vir hierdie kompetisie:
Let op die ingestelde bedryfsfrekwensie per band.
U keuse van krag, QRO/QRP, moet op alle band egebruik word.
Die stasie met die hoogste puntetelling, ongeag kategorie, sal ‘n sertifikaat, uitgereik deur LARK, die Lichtenburg Amateurradio klub, ontvang.
1. Doelstelling.
Om soveel moontlik kontakte tussen radioamateurs in Suid-Afrika, met gebruik van die PSK-modus, te bewerkstellig.
Die kompetisie is oop vir alle gelisensieerde radioamateurs in Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Swaziland, Angola, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, Zambië, Madagaskar, St Helena eiland, Tristan da Cunha en Gough, Marion en Prince Edward eilande, Suid-Afrikaanse Antarktika, Mayotte eiland, Comoro ielande, Reunion en Mauritius eilande en hulle verbonde eilande.
2. Datum en tye
TDie laaste Sondag van Junie [28 Junie 2009] van 13:00 UTC tt 16:00 UTC [15:00 to 18:00 SAT].
3. Bande (Alles HSB)
HF
80 m [3,580 MHz];
40 m [7.035 MHz];
20 m [14,070 MHz].
BHF (Horisontaal gepolariseerd);
6 m [50,250 MHz];
2 m [144,250 MHz].
UHF (Horisontaal gepolariseerd);
70 cm [432,088 MHz].
4. Kategorieë
EOEB-HK: Enkeloperateur, Enkelband, Hoëkrag. Dit is stasies waar een persoon alle funksies vervul, loginskrywings en funksieherkennings. Die uitsetkrag mag nie 100 W oorskry nie.
EOAB-HK: Enkeloperateur, Alle Bande, Hoëkrag. Dit is stasies waar een persoon alle funksies vervul, loginskrywings en funksieherkennings. Alleenlik een sein is op enige tyd toelaatbaar. Die uitsetkrag mag nie 100m W oorskry nie.
EOAB-HK: Enkeloperateur, Alle Bande, Hoëkrag. Dit is stasies waar een persoon alle funksies vervul, loginskrywings en funksieherkennings. Alleenlik een sein is op enige tyd toelaatbaar. Die operateur mag ter eniger tyd van bande verander. Die uitsetkrag mag nie 100 W oorskry nie.
EOEB-LK: Enkeloperateur, Enkelband, Laekrag. Dit is stasies waar een persoon alle funksies vervul, loginskrywings en funksieherkennings. Die uitsetkrag mag nie 5 W oorskry nie.
EOEB-LK: Enkeloperateur, Enkelband, Laekrag. Dit is stasies waar een persoon alle funksies vervul, loginskrywings en funksieherkennings. Alleenlik een sein is op enige tyd toelaatbaar. Die operateur mag ter eniger tyd van bande verander. Die uitsetkrag mag nie 5 W oorskry nie.
Kortgolfluisteraars (KGL)
5. Uitruiling
Naam plus ruitverwysing van 6 karakters byv. KG33bu.
6. Punte.
Bandpunte = (Aantal QSO’s) maal (Aantal voorvoegsels);
Totale punte = (80 m punte) + (40 m punte) + (20 m punte) + (BHF/UHF punte).
7. Vermenigvuldiger
Kragvermenigvuldiger (5 vir < 5 W) (1 vir 5 W en meer).
8.Scoring
Die finale puntetelling is die resultaat van die totale QSO-punte (Totale punte”) vermenigvuldig met 5 indien QRP (< 5W).
9. Borg
Lichtenburg ARK, Posbus 410, Lichtenburg, 2740.
E-pos: zs6bne@nwinternet.za.org.
10. Sluitingsdatum vir instuur van logstate: 13 Julie 2009.

HF-VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak die komende week baie laag gaan wees. Die geomagnetiese veld sal oor die algemeen kalm wees. Die voorspelde effektiewe sonvlektelling sal gedurende die komende week minder as 5 wees. Gedurende die week was daar slegs 'n enkele klein sonvlekkie wat in die tussentyd reeds weggekwyn het. Daar word verwag die gebrek aan sigbare sonvlekke vir 'n rukkie sal aanhou.
Met winter hier is die hoeveelheid energie van die son wat die Suidelike ionosfeer bereik besig om steeds verder af te neem. Dit het 'n merkbare effek op die HF-toestande. 15, 17 en 20 m is nog steeds die beste keuses vir DX. Gedurende die middae gaan die toestande na die Ooste en die Weste goed wees. Gedurende laatmiddag en die aand gaan toestande na die Noorde goed wees. Vroegoggend is daar 'n moontlike kans om kontakte met Australië en Nieu-Zeeland te maak. Gedurende die aand is daar 'n moontlikheid van 40 m-kontakte met Brasilië. Noordoostelike, Noordwestelike, Suidoostelike en Suidwestelike paaie gaan uitdagend wees. Langpadpropagasie na die VSA is ook gedurende die middag moontlik.
10 MHz lyk laatmiddag en na sononder bruikbaar vir die Morsekode- en digitale entoesiaste.
Plaaslike toestande gaan gedurende die dag op 40 m goed wees. 80 m behoort gedurende vroegoggend en laatmiddag goeie resultate oor die korter afstande, byvoorbeeld tussen ZS5 en ZS6, te lewer. 30 m sal gedurende die middel van die dag goeie resultate tussen ZS6 en ZS1 lewer.
Saans is 80 m die beste keuse. Ongelukkig is die geraas a.g.v. statiese ontladings nog bietjie hoog wat uitdagings bied.
Opwindende nuus is dat die Noord-Kaliforniese DX-stigting se internasionale bakennetwerk by die Hermanus Magnetiese Observatorium, ZS1HMO, gemonitor word. 'n Grafiese aanduiding van die ontvange seinsterktes kan by http://spaceweather.hmo.ac.za besigtig word. Kies "Ionospheric Data" en dan "HF Propagation Conditions" om te sien watter bakens onlangs, en nie so onlangs nie, gehoor is.
Onthou dat hierdie net 'n voorspelling is en dat HF u aangenaam kan verras. Skakel u stel aan, luister en roep ook CQ om seker te maak dat u deel van die opwinding is.
Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

21 Junie – E160 m QSO-party eindig;
17 tot 21 Junie – SARL se 160 m-QSO-geselligheid;
27 Junie – Magalies Radioamateurklub se snuffelmark, bel Thomas by 082 802 8878 vir ‘n tafelbespreking teen R20;
28 Junie – Digitale kompetisie;
13 Julie - Sluitingsdatum vir instuur van logstate vir digitale kompetisie.

SARL-Nuus nooi klubs en individue om nuusberigte wat vir radioamateurs en kortgolfluisteraars van belang is, in te stuur. Plaas nuusberigte, indien moontlik, in beide Afrikaans en Engels op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan. Moet asb. nie nuusberigte aan die Administratiewe Beampte of direk aan een van die bulletinsamestellers stuur nie – die kanse is goed dat u berig gemis sal word en nie in 'n bulletin ingesluit word nie.
Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateur Radio Mirror International, wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 860 kHz. Daar is ook 'n podcastuitsending waarna geluister kan word. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.
U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur George, ZS6NE, opgestel is.

Dankie dat u geluister het. 73.

/EX.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003