Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive



SARL-NUUS - Sondag 11 Julie 2010

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die internet by www.sarl.org.za. Klik op 'ARMI' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 10,130, 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

STIL SLEUTEL

Dit is met leedwese dat die afsterwe van Dawie Cloete, ZS4EV, van Virginia aan die einde van Junie aangekondig moet word. Ons betuig on meegevoel aan al sy vriende.

(POUSE)

In die nuus vandag:

HET U DIE OKTOBER 2009 RAE GESKRYF EN ’n OKOSAREKENING ONTVANG?

ARRL SE 500 kHz EKSPERIMENT TOON KLEIN GROEI

TEGNOLOGIE IN AMATEURRADIO – WAAR IS DIE INNOVEERDERS?

NASIONALE WETENSKAPWEEK

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede en ander belangrike en interessante nuusitems.

HET U DIE OKTOBER 2009 RAE GESKRYF EN ’n OKOSAREKENING ONTVANG?

Indien u die RAE in Oktober 2009 afgelę het en ’n rekening vir R173,75 van OKOSA ontvang het, moenie die volle bedrag betaal nie, betaal slegs R6,75.

Die rekening toon RR140 as eksamenfooi, R27 as lisensiefooi en R6,75 vir die drie laaste maande van 2009. Die SARL het R167 ten opsigte van elke kandidaat aan OKOSA oorbetaal. Die probleem is dat OKOSA nie die bruto bedrag verdeel en elke individuele kandidaat met wat hom toekom gekrediteer het nie. OKOSA is besig om hierdie fout reg te stel, maar dit mag ’n tyd in beslag neem. Betaal slegs R6,75 en u amateurradiolisensie sal tot Desember 2010 opbetaal wees.

INTEGNET FOKUS OP KOMPETISIES

Die volgende Integnet sal op Sondag 18 Julie om 19:30 plaasvind en sal fokus op beide HF- en BHF-kompetisies.

Klubs wat hulle herhalers aan die net wil koppel moet ’n versoek stuur aan armi@sarl.org.za, nie later nie as Maandag 12 Augustus, dit is môre.

Indien u nie die onlangse Indaba kon bywoon nie, hier is u geleentheid om vrae te vra en voorstelle te maak.

ARRL SE 500 kHz EKSPERIMENT TOON KLEIN GROEI

In die kwartaalverslag oor die ARRL se 500 kHz eksperimentele stasie vir die tydperk eindigende Mei 2010, rapporteer koördineerder Fritz Raab, W1FR, dat sedert die eksperiment in laat 2006 begin het, dat 20 van die 32 deelnemende stasies tans aktief is. Die FCC se Kantoor vir Ingenieurswese en Tegnologie het die WD2XSH eksperimentele lisensie in September daardie jaar aan die ARRL toegeken. Raab het gesę: “Ons huidige lisensie verval 1 Augustus. Ons beplan ’n ‘soos is’ hernuwing hierdie maand.”

Die WD2XSH-webtuiste het 511 rapporte sedert die einde van Februarie ontvang wat die totale aantal rapporte op 11 234 te staan bring sedert die lisensie uitgereik is. Raab het gesę dat meer as 60 000 uur van aktiwiteit sedert September 2006 op die webtuiste aangeteken is. Stasies hoef nie lede van die eksperimentele span te wees om ontvangsverslae in te dien nie.

Op die internasionale front het Raab gesę dat eksperimentele lisensie DI2AN aan die Duitse amateur Horst Stöcker, DO1KHS, toegeken is. Dit is gerapporteer dat Radioklub YO2KAB se bakens in Roemenië, wat roepsein YO2X gebruik, ’n baken op 505,110 bedryf, dit is die tweede Roemeense stasie op 500 kHz. Die Fort Pearch Rock spesiale geleentheidstasie, GB4FPR, was vanaf Fort Perch Rock bedrywig om Marconidag in April te vier.

Raab het gesę dat die Internasionale Maritieme Organisasie (IMO) voortgaan om amateurtoekennings op 600 m te opponeer. Die IMO se subkomitee op Radiokommunikasie en Soek en Red (COMSAR) het in sy Maartvergadering aangeteken dat ”’n sekondęre toekenning (in die 415-526,5 kHz band) die moontlikheid van skadelike steuring kan laat toeneem”.

In Suid-Afrika lyk die ondersteuning van ’n amateurtoekenning naby 500 kHz ook problematies met besware soortgelyk aan die van COMSAR. Die WRC12-agendaitem sal tydens ’n vergadering van die ERC 12 voorbereidingsgroep later hierdie maand in Pretoria bespreek word. Vir meer interessante inligting oor 500 MHz, besoek http://www.500kc.com/.

UNIEKE BESOEK AAN DIE CUBESAT LABORATORIUM DEEL VAN DIE KAAPSTADSE RTA

Deelnemers aan die SARL se Tegnologie in Aksie 2010 word die geleentheid gebied om die laboratorium waar die CPUT-Cubesat ontwerp en gebou word te besoek. Die RTA sal op 24 Julie in die Belvillekampus van die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie plaasvind. Die volle program is beskikbaar op die SARL se webtuiste www.sarl.org.za, klik op RTA en volg die skakels. Die bywoningskoste is slegs R50 wat verversings insluit en deelname aan ’n bywoningsprystrekking wat deur RS Components geborg word.

TEGNOLOGIE IN AMATEURRADIO – WAAR IS DIE INNOVEERDERS?

Die SA Amateurradio-ontwikkelingstrust het tot dusvęr slegs een inskrywing van ’n amateur in die VK vir die kompetisie in Innovasie in Amateurradio ontvang. Waar bis die Suid-Afrikaanse innoveerders?

Radioamateurs en tegnoloë word uitgenooi om projekte wat amateurradio sal innoveer in te dien, hetsy dit programmatuur, amateurradio en die internet, die ontwikkeling van kompakte HF-antennas vir woonstel- en kompleksbewoners of innovasie in noodkommunikasie is.

Uit-die-doos-idees word verlang om van die probleme en uitdagings wat die 21ste eeu se radioamateurs konfronteer, aan te spreek. Die innovasieprojek is in die vorm van ’n kompetisie om die kreatiewe aspek van amateurs aan te spreek om die oplossings te ontwikkel wat die stokperdjie vir radioamateurs węreldwyd meer genotvol kan maak. Selfs ou idees, verbeter met moderne tegnieke en onderdele kan ’n “sjoe!” tot gevolg hę. Inskrywings sal volgens uniekheid beoordeel word, o.a. soos nognie tevore gepubliseer nie.

Ontwerpe op papier moet by 30 September ingedien wees. Die ontwerpe moet innoverend, maar prakties toepasbaar wees. Drie inskrywings sal gekies word vir die finale stadium van die kompetisie waarvoor die deelnemer ’n prototipe sal moet ontwikkel en bou. Die drie wenners van die eerste stadium sal op 31 Oktober 2010 aangekondig word. Besoek www.amateurradio.org.za vir besonderhede en ’n inskrywingsvorm.

NASIONALE WETENSKAPWEEK

Die Sci Bono Ontdekkingsentrum bied van 2 tot 7 Augustus 2010 die Nasionale Wetenskapweek aan. Daar word verwag dat meer as 6 000 skoliere die sentrum sal besoek.

Die daaglikse aktiwiteite duur van 09:00 tot 14:00, Maandag tot Vrydag.

Radioamateurs wat wens om amateurradio daardie week onder die jeug te bevorder word uitgenooi om die sentrum te besoek en interessante lesings aan die skoliere aan te bied. Ten einde u tydgleuf te bespreek, kontak vir Chris Gryffenberg, ZS6COG, by 083 543 5668.

KOMPETISIENUUS

Die 2010 FIFA Węreldbeker Sokker is amper verby en sedert September 2009 het verskeie radio amateur klubs oor die land die spesiale geleentheidstasie ZS10WCS bedryf. Die klubs word gevra om seker te maak dat die logstate aan Dennis, ZS4BS, gestuur word sodat hy die SARL QSL-stelsel asook die ARRL se Logbook of the World kan bywerk. Die logstate kan in ADIF of CSV formaat wees. Die laaste opdatering was vroeg in Mei 2010. Stuur die logstate aan zs4bs@netactive.co.za

Die QRP-naellope het verander na QRP-kompetisies en daar sal vier kompetisies gedurende die jaar wees. Die Winter QRP-kompetisie vind plaas op Saterdag 17 Julie vanaf 12:00 tot 15:00 UTC. Die reëls is beskikbaar per e-pos vanaf Geoff, ZS6GRL, met e-posadres glevey@gmail.com.

Die Boland ARK se 40 meter naelloop vind op Sondag 25 Julie vanaf 13:00 tot 16:00 UTC plaas. U kan deelneem as 'n vaste- of mobiele stasie (mobiele sluit in veldstasies en draagbare stasies). U roepsein, 'n RS-verslag en die jaar van u eerste lisensie word uitgeruil.

Die SARL se vierde 80 m Klubkompetisie is Woensdagaand 28 Julie van 17:30 tot 18:30 UTC op die lug. Dit is 'n foonkompetisie en 'n RS-verslag en 'n agtereenvolgende reeksnommer, wat by 001 begin, word uitgeruil. Klubs word gevra om hulle lede aan te moedig om deel te neem.

Die volledige reëls vir die Boland 40 meter Naelloop en die Klubkompetisie is beskikbaar in die 2010 SARL-Kompetisiehandboek.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die sonaktiwiteitsvlak steeds laag is. Sonvlek 1 086 is besig om vinnig weg te kwyn. Gelukkig is daar 'n goeie kans dat 'n groot sonvlek binnekort in die aarde se sigveld gaan roteer. Die voorspelde effektiewe sonvlektelling vir die week gaan minder as 10 wees.

20 m is die beste keuse vir DX gevolg deur 40 m. Gedurende die middae tot na die son gesak het gaan die toestande na Indië goed wees. Met sonsopkoms en sonsondergange gaan toestande na Europa goed wees. Kontakte met Australië raak 'n moontlikheid op 40 m nadat die son gesak het. Ook gaan kontakte met die VSA uitdagend wees. Toestande na Brasilië en Suid-Amerika is besig om uitdagend te word.

30 m kan vir die digitale en gelykgolfentoesiaste baie belonend wees met openinge na verskeie dele van die węreld.

Plaaslike toestande gaan gedurende die dag goed op 40 m wees. Met winter hier het 30 m by 20 m oorgeneem vir kontakte gedurende die middel van die dag oor die langer afstande. Met die laer ruisvlakke is 80 m vroegoggend en laatmiddag die beste keuse asook vir kontakte oor die korter afstande.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

15 Julie – Laaste dag om naam vir CubeSat-projek in te stuur;
17 Julie – Winter QRP-kompetisie 14:00 tot 17:00 SAT;
18 Julie - Integnet om 19:30 oor BHF-/UHF-/Mikrogolf-aangeleenthede;
23 - 24 Julie - Voorbereiding en lansering van die HABEX-balloneksperiment;
24 Julie - RTA-simposium in Kaapstad;
25 Julie – Boland ARK 40 m Naelloop 13:00-16:00 UTC;
28 Julie – SARL 4de 80 m Klubkompetisie 17:30-18:30 UTC;
2 Augustus – Sluitingsdatum vir inskrywings vir die PIC-kursus in Pretoria op 14 Augustus;
2-7 Augustus – Nasionale Wetenskapweek te Sci Bono met ZS6SCI daagliks tussen 09:00 en 14:00 SAT op die lug;
12 - 14 Augustus - Internasionale AMA-konferensie in Dallas, Texas.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te stuur. Stuur dit - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans, na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later as die Donderdag voor uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateur Radio Mirror International wat om 10:00 SAT op 145,750 in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 860 kHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending waarna geluister kan word. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'ARMI' en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n bulletin wat deur George, ZS6NE, saamgestel is.

Dankie dat u saamgeluister het, 73.

/EX


======================= Message Ends =======================
To edit or remove your entry from this mailing list go to www.sarl.org.za/members/admin/maildat.asp
#


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003