Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS - SONDAG 15 AUGUSTUS 2010

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die internet by www.sarl.org.za. Klik op 'ARMI' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

STIL SLEUTELS

Louw du Plessis, ZR6ATZ, is skielik op Maandag 16 Augustus 2010 in die ouderdom van 66 jaar oorlede.

Senator Fransesco Cossiga, IqFCG, is Dinsdag die 17e in Rome oorlede. Hy was eers Italiaanse minister van Binnelandse sake, later Eerste minister en van 1985 tot 1992 President van Italië.

Terwyl hy President was het hy 'n stasie uit sy kantore bedryf. Hy was veral as DXer aktief en lid van die "CQ Hall of fame".

Ons innige meegevoel aan die familie en vriende van die oorledenes.

(POUSE)

In die nuus vandag:

ARRL/TAPR DIGITALE KOMMUNIKASIEKONFERENSIE

SAT-NETWERK

‘N ANDER BLIK OP KLK-REGULASIES

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede en ander belangrike en interessante nuusitems.

ARRL/TAPR DIGITALE KOMMUNIKASIEKONFERENSIE

Aanhangers van digitale kommunikasie maak gereed vir die 29ste jaarlikse Digitale Kommunikasiekonferensie (DKK) wat van 24 tot 26 September naby Portland, Oregon, plaasvind. Die ARRL/TAPR DKK is ’n internasionale forum vir radioamateurs om te ontmoet, hulle werk te publiseer en nuwe idees en tegnieke bekend te maak. Aanbieders en ander teenwoordiges sal die geleentheid hê om idees uit te ruil en op datum te kom met onlangse ontwikkelings in 1. apparatuur vir die rekenaar/2. hardeware as alternatief vir ysterware en programmatuur, teorieë, eksperimentele resultate en praktiese toepassings.

Die DKK is vir alle vlakke van tegniese ontwikkeling – nie net vir die kundiges nie. Nie net is die driedaagse konferensie tegnies stimulerend nie, dit is ’n naweek van pret vir almal wat meer as ’n terloopse belangstelling in enige aspek van amateur digitale elektronika en kommunikasie het; inleidende sessies is oral in die konferensie geskeduleer om nuwe tegniese onderwerpe vir beide beginners en kundiges bekend te stel.

Onderwerpe vir die DKK sluit in, maar is nie beperk tot: Sagteware Gedefineerde Radio (SDR); Digitale Spraak (D-STAR, P25, WinDRM, FDMDV, G4GUO); Digitale Satellietkommunikasie; Globale Posisioneringstelsel (GPS); presiese tydsberekening; Outomatiese Posisie Rapporteringstelsel (APRS); kort boodskapuitruiling (’n modus van APRS); Digitale Seinprosessering (DSP); HF digitale modusse; Internet interbedryfsmoontlikhede met amateurradionetwerke; spreispektrum; IEEE 802.11 en ander stelsels uitgesluit van lisensies maar aanpasbaar vir amateurradio; gebruik van TCP/IP-netwerking oor amateurradionette en individu na individu bedryf oor radionetwerke; Nood en Tuisland digitale kommunikasie verdedigingsrugsteun; gebruik van Linux in amateurradio; opdaterings van AX.25 en ander netwerkingsprotokolle.

SAT-NETWERK

SA AMSAT stel SAT-NETWERK bekend, ’n gereelde bespreking aangaande satelliete, geskoei op die INTEGNET-basis. Die eerste SAT-NETWERK se bespreking sal gaan oor die opsies vir die voorgestelde SA AMSAT-loonvrag. Dit sal op Sondag 29 Augustus om 19:30 oor die lug aangebied word. John Williscroft, ZS6EF, sal die onderwerp inlei met ’n aanbieding oor ’n imaginêre satelliet en sy multiloonvragte gebou op die rug van oopvousonpanele. Die idee is om ’n beeld vir sinvolle bespreking te skep. U word uitgenooi om aan die bespreking deel te neem. Met die guns van die SARL, sal SAT-NETWERK aangebied word deur dieselfde span as wat die Presidentsnet en Integnet hanteer, op ’n herhaler in die Kaapstad-gebied, die Oos-Kaapse herhalernetwerk, Durban en Gauteng. Marten, ZS6ZY, sal op 3 718 herlei en Chris, ZS6FCS, sal Echolink en die oudio op die webwerf hanteer.

SO67 FEITLIK OP ’n DAAGLIKS BASIS BESKIKBAAR

SO67 sal op feitlik ’n daaglikse basis oor Suid-Afrika beskikbaar wees. Die beskikbaarheid oor Suid-Afrika is ietwat beperk weens die huidige skedule vir die versending van beeld materiaal. Besonderhede is beskikbaar by www.amsatsa.org.za.

WIE Sê KERSFEES KOM NET EEN KEER PER JAAR?

Vir Fred Scheepers, ZS1FCS, het Kersfees vanjaar vroeg gekom toe hy by die Kaapse Radiotegnologie in Aksie 2010 die gelukkige wenner was van ’n verrassingspakkie wat geskenk was deur Kobus Conradie, ZS1K, van Let's Play Radio. Kobus het ’n Yaesu FT60E, ’n draagbare send-ontvanger met tweeband wye ontvanger geskenk. Die radio met ’n waarde van R1 900 was een van vele pryse in die bywoningstrekking. Die bywoning van RTA kan dus meer as pret wees, dit kan winsgewend wees! Baie dankie aan Kobus en geluk aan Fred.

‘N ANDER BLIK OP KLK-REGULASIES

Naby die einde van verlede jaar het die tegniese personeel van OKOSA die KLK-regulasies gefinaliseer en dit aan die OKOSA-Raad vir goedkeuring en publikasie in die Staatskoerant voorgelê. Voortvloeiend uit die bespreking by die SABS TC73-komitee wat EMV-aangeleenthede hanteer, blyk dit dat werkgroep 6, wat oorspronklik EMV-aangeleenthede hanteer het, die geleentheid sal hê om weer die konsep onder oë te kry voordat dit weer aan die OKOSA-Raad voorgelê sal word. Die vertragings is veroorsaak deur veranderings in die OKOSA-Raad met die aftrede van die aangewese Raadslid. Die SARL is verteenwoordig op die TC73 en ons verteenwoordiger is die sameroeper van werkgroep 6. Die huidige konsep, wat nie al die voorstelle van die SARL insluit nie, sluit redelike klousule aangaande onderhandeling in in gevalle waar steuring aan HF mag plaasvind in ’n gebied waar KLK gebruik word.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die sonaktiwiteitsvlak steeds laag is. Daar is tans amper geen sigbare sonvlekke nie en die lopie van 56 dae se ononderbroke sonvlekke kan dalk binnekort iets van die verlede wees. Die voorspelde effektiewe sonvlektelling vir die week gaan minder as 25 wees.

20 m is die beste keuse vir DX gevolg deur 40 m. Gedurende die middae en tot na die son gesak het gaan die toestande na Indië goed wees. Gedurende sonsondergang gaan toestande na Europa goed wees. Kontakte met Australië en Nieu-Zeeland is met sonsopkoms op 20 m moontlik en ook op 40 m nadat die son gesak het. Kontakte met die VSA gaan uitdagend wees. Swak 15 m-openinge is na Brasilië en Suid-Amerika gedurende die middae moontlik.

30 m kan vir die digitale en gelykgolfentoesiaste baie belonend wees met openinge na verskeie dele van die wêreld.

Plaaslik is 40 m die beste keuse met 30 m wat goeie kontakte oor die langer afstande kan oplewer. Vroegoggend en laatmiddag en saans is 80 m die beste keuse, veral oor die korter afstande.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

21/22 Augustus – Internasionale vuurtoringstasies op die lug;
24 Augustus – Logstate vir Vrouedag JD-naelloop moet in wees na
zs4bfn@]netactive.co.za;
29 Augustus – SATNET om 19:30 op die lug;
31 Augustus - Sluitingsdatum vir indiening van voorstelle vir die 2011-kompetisiehandboek.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te stuur. Stuur dit - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans, na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later as die Donderdag voor uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateur Radio Mirror International wat om 10:00 SAT op 145,750 in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 860 kHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending waarna geluister kan word. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'ARMI' en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 22:05 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n bulletin wat deur George, ZS6NE, saamgestel is.

Dankie dat u saamgeluister het, 73.

/EX


======================= Message Ends =======================
To edit or remove your entry from this mailing list go to www.sarl.org.za/members/admin/maildat.asp


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003