Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS - SONDAG 12 SEPTEMBER 2010

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die internet by www.sarl.org.za. Klik op 'ARMI' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

STIL SLEUTEL

Hennie Smit, ZS6ASS, van Vanderbijlpark se sleutel het op Dinsdag 7 September 2010 stil geword. Hy laat sy vrou, dogter en twee seuns agter. Ons opregte meegevoel gaan aan sy familie en vriende.

(POUSE)

In die nuus vandag:

SLUITINGSDATUM VIR OKTOBER-RAE-INSKRYWINGS

SATERDAG SE RADIOTEGNOLOGIE IN AKSIE BELOWE GROOT DINGE

LEDEGELDHERINNERING

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede en ander belangrike en interessante nuusitems.

SLUITINGSDATUM VIR OKTOBER-RAE-INSKRYWINGS

n Vriendelike herinnering daaraan dat inskrywings vir Oktober 2010 se RAE-inskrywings op 24 September 2010 sluit.

Onthou asseblief om seker te maak dat die volgende dokumente saamgaan wanneer u u RAE-inskrywing instuur:
1) Rae-aansoekvorm (noem asseblief u eksamensentrum en gee drie keuses vir u roepsein).
2) Bewys van betaling.
3) Afskrif van ID-dokument.
4) Ten volle ingevulde OKOSA-aansoekvorm (as u onseker is van enige besonderhede op die vorm, raadpleeg die voorbeeld-aansoekvorm op die Radioamateureksamen-gedeelte van die SARL-webblad).
5) n Voltooide HF-evaluering.
6) n SARL-lidmaatskapaansoekvorm (opsioneel maar aanbeveel).

Versuim om enige van bogemelde dokumentasie te voorsien, kan u diskwalifiseer vir die RAE.

Indien u enige navrae het, kontak asseblief vir Mariska by die SARL per e-pos by admin@sarl.org.za of per landlyn by die kantoor op 011 675 2393.

Geen laatinskrywings sal aanvaar word nie.

SATERDAG SE RADIOTEGNOLOGIE IN AKSIE BELOWE GROOT DINGE

U kan nie bekostig om die SARL se Tegnologie in Aksie, wat op Saterdag 18 September by die Nasionale Amateurradiosentrum in Gauteng gehou word, mis te loop nie.

Dr Robin Drennan, Uitvoerende Direkteur van die Nasionale Navorsingstigting, sal die openingsvoordrag lewer en die intydse ruimteweeruitstalling open wat in samewerking met die Magnetiese Observatorium in Hermanus genstalleer word. Die hardeware is deur Acer Suid-Afrika geskenk.

Soos in die verlede gaan die RTA-lesings weer voorsien in die behoeftes van persone met n wye reeks belangstellings. Kom leer van digitale seinverwerking en hoe om seine te verbeter en hulle uit die agtergrondgeraas te lig. Ruimteweer is nog n boeiende onderwerp en vir die eerste keer sal n mens intydse opgraderings kan sien. n Kykie na die CAPUT-satellietprojek, die 85 jaar van Amateurradio in Suid-Afrika en hoe om rigtingvindingstoerusting te bou, is ander onderwerpe op die skinkbord. U kan ook leer omtrent D-Star, amateurradio se nuutste digitale kommunikasiestelsel, en dit ook uittoets.

Nog n interessante aanbieding is die vertoning en demonstrasie van die heropgeboude bakenprojek wat binne kort in werking tree.

Die volle program kan afgelaai word vanaf www.sarl.org.za, klik op RTA en volg die skakels. Indien jy n kopie in jou posbus wil h, stuur n e-pos aan rta@sarl.org.za met RTA in die onderwerplyn. Die koste van bywoning van die RTA is R50 wat verversings en middagete-versnaperings insluit. Jy kan vooruit betaal vir die RTA-bywoning of by die deur betaal. Elke toegangskaartjie het n gelukkige nommer vir die trekking vir die bywoningspryse, wat deur RS Components and Microchip geborg is. Vind meer besonderhede op www.sarl.org.za, en kies RTA vanaf die linkerhandse spyskaart.

n Nuwe ARRL-boek, PIC Programming for Beginners, sal ook van die Suid-Afrikaanse Amateurradio-ontwikkelingstrust by die RTA te koop wees. Vir nadere besonderhede van hoe om hierdie en ander boeke te bestel, gaan na www.amateurradio.org.za/books.

LEDEGELDHERINNERING

Indien jy nog nie jou SARL-ledegeld betaal het nie, doen dit hierdie naweek. Indien jy jou rekening of aanmaning verl het, bel Maandagoggend vir Mariska by 011 675 2393 vir hulp.

VERHOGING IN LISENSIEGELDE

n Afskrif van die Staatskoerant wat die lisensiegeldverhogings deur OKOSA weergee, is beskikbaar op die Ledeblad van die SARL-web by www.sarl.org.za. Klik regs bo op die tuisblad op members only en vul jou PIN in.

NEEM-JOU-HANDSTEL-SAAM-WERK-TOE-DAG

Die jaarlikse SARL-viering van neem jou handstel werk toe vind Vrydag 1 Oktober 2010 plaas. Vertel jou kollegas wat amateurradio behels. Diegene wat afgetree is, kan tuis op die herhalers inskakel en deelneem aan die verspreiding van die storie van amateurradio. Skakel in deur Echolink of IRLP en maak dit n groot geleentheid.

Terwyl jy besig is, kry een van jou kollegas om n foto van jou aktiwiteite te neem; daar is mooi pryse te wen. Luister volgende week na die SARLNUUS vir nadere besonderhede.

OP DIE LUG: AMATEURRADIO GAAN BONAIRE SE DXCC-STATUS VIER

Op Die Lug, die komende Bonaire DX-pedisie deur die gekombineerde Hollandse en Amerikaanse span, beplan om die groot antennaplaas van Radio Nederland te gebruik. Dit is om aan die wreld n groot sein tussen 10 Oktober en 24 Oktober te lewer wanneer die eiland vir die eerste keer n DX-entiteit word.

Bonaire is tans deel van die Nederlandse Antilles wat op 10 Oktober as n politieke eenheid gaan ontbind. Die vyf eilande van die voormalige Nederlandse Antilles gaan elk sy eie konstitusionele status binne die Nederlandse Koninkryk bekom en dus afsonderlike DX-entiteite word.

Om die geleentheid te herdenk gaan n groep toegewyde radioamateurs die HF-bande invaar met die gebruik van die groot antennestelsel van Radio Nederland, wat in 1969 op Bonaire-eiland gebou is. Op Dinsdag 7 September is n skeepshouer in Miami, Florida met n groot vrag toerusting gelaai. Die skeepsvrag bestaan uit Yagi-antennas, maste, versterkers, koaks, filters, aanpassers en n wye verskeidenheid toebehore. Daar is verwag dat dit op Vrydag 10 September na Bonaire sou vertrek.

Jy kan tred hou met die beplanning van die Bonaire DX-pedisie en aanlyn aansluit by die feestelikhede by die operasionele webtuiste. Die tuiste in die ruimte is www.bonaire2010.com. Ons bedank Newsline en QRZ vir hierdie storie.

KOMPETISIENUUS

Hier is die voorlopige uitslae van twee SARL-kompetisies.

SARL JD-naelloop. !5 Logstate is ontvang, tien van JDs en vyf van nie-JDs. Daar was meer JDs aktief maar nie almal het logstate ingestuur nie.

Die wenner van die bos blomme is van die Wes-Kaap n.l. Corinna Carstens, ZS1CC. Veels geluk Corinna!

1ste Collette Rundle, ZS2CR, 240 punte
2de Bridgette van der Rede, ZS3V, 193 punte
3de Heather Holland, ZS6YE, 140 punte

SARL HF-foonkompetisie. Twee-en-twintig logstate van enkeloperateurs, twee van multioperateurs en een kontrolelog is ontvang.

Multioperateur

1ste West Rand ARK, ZS6WR, 162 punte
2nd Oakdale ARC, ZS1OAK, 102 punte

Single operator
1st Jan Botha, ZS4JAN, 226 punte
2de Gary Potgieter, ZS5NK, 184 punte
3de Danie Mans, ZS3D, 144 punte

Die komitee gaan die logstate finaal deur waarna die finale uitslae in HF Happenings gepubliseer sal word.

Die Lente-QRP-naelloop wat vanmiddag op die lug sou wees, is verskuif na Sondag 23 Oktober 2010.

Die SARL-BHF/UHF-kompetisie begin om 10:00 UTC op Saterdag 18 September en eindig om 10:00 UTC op Sondag 19 September.

Die SARL-Erfenisdag-naelloop is op die lug op Vrydag 24 September. Klubs word aangemoedig om stasies by verskillende erfenisterreine op te stel.

Die 5de SARL-klubkompetisie vir 80 m word op Woensdagaand 29 September gehou. Dit is 'n digitale kompetisie.

KLUBNUUS

Klub OTL beplan om 18-19 September deel te neem aan die BHF/UHF-kompetisie vanaf Steenkampsberg. Die klub nooi amateurs om hul toerusting gereed te kry en te gesels. Steenkampsberg is gele tussen Roossenekal en Lydenburg. Verder gaan Klub OTL oor 24-25 September n nuwe herhaler op Mariepskop installeer, met frekwensie 145,712 5 MHz. Saam met die Long Tom-herhaler sal dit hopelik die hele Wildtuin voorsien van 2 m-kommunikasie op 145,637 5 MHz. Die herhaler gaan ook soos die ander herhalers op die stelsel ingekoppel word. Staan asb. by vir die toets van die herhaler.

Die Centurion Amateurradioklub sal op Maandag 20 September 2010 begin met GG-klasse. Klasse begin om 19:30 en duur vir omtrent 1 uur, Maandag tot Donderdag, op die Centurion Amateurradioklub se herhaler op frekwensie 145,775 MHz. Almal is welkom. Sertifikate vir 5, 8 en 12 wpm sal uitgereik word. Vir nadere besonderhede kontak Jimmy, ZS6APS, by 012 653 2025.

Die Overberg Amateurradioklub sal op 25 September die gashere wees met 'n spesiale geleentheidstasie by die Hermanus Primary School, wat sal saamval met die Walvis-en-Wielefees.

HF-VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die sonaktiwiteitsvlak steeds laag is. Daar is tans geen sonvlekke sigbaar nie. Gelukkig gaan Sonvlek 1 100 weer binnekort in die aarde se sigveld roteer. Die voorspelde effektiewe sonvlektelling vir die week gaan minder as 10 wees.

20 m is die beste keuse vir DX gevolg deur 40 m. Met die seisoen wat begin draai, begin 15 m ook bietjie sy vere regskud. Smiddae en tot na die son gesak het gaan die toestande na Indi goed wees. Teen sonsondergang gaan toestande na Europa goed wees. Kontakte met Australi en Nieu-Seeland is met sonsopkoms op 20 m moontlik en ook op 40 m na sonsondergang. Kontakte met die VSA gaan uitdagend wees. 15 m-openinge na Brasili en Suid-Amerika is smiddae moontlik.

30 m kan vir die digitale en gelykgolfentoesiaste baie lonend wees met openinge na verskeie dele van die wreld.

Plaaslik is 40 m die beste keuse met 30 m wat goeie kontakte oor die langer afstande kan oplewer. Vroegoggend en laatmiddag is 80 m die beste keuse, veral oor die korter afstande.

Saans is 80 m die beste keuse.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

18 September - RTA-simposium in Gauteng;
18/19 September BHF/UHF-kompetisie;
20 September Morsekodeklasse deur ZS6APS begin op 145,775 herhaler in Pretoria;
24 September Erfenisdagwedloop;
24 September Inskrywings vir Oktober RAE sluit;
25 September - Lansering van HABEX te Klerksdorp.
25 September Spesiale geleentheidstasie by Hermanus Primary School;
29 September SARL 80 m digimodes klubkompetisie;
30 September - Sluitingsdatum vir inskrywings vir Fase 1 van die Innovasieprojek;

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te stuur. Stuur dit - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans, na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later as die Donderdag voor uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateur Radio Mirror International wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 860 kHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending waarna geluister kan word. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'ARMI' en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 22:05 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n bulletin wat deur Gustav, ZS6BWN, saamgestel en deur Hester van der Walt nagesien is.

Dankie dat u saamgeluister het, 73.

/EX



Copyright 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003