Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS - SONDAG 29 MEI 2011

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die internet by www.sarl.org.za. Klik op ‘Amateur Radio Today’ en volg die skakels soos aangedui. Let asseblief op: Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

In die nuus vandag:

ONS ROEP ALLE JONG RADIOAMATEURS

RTA SE BYMEKAARKOMPLEK VERANDER

DOK DIREKTEURGENERAAL AANGESTEL

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

ONS ROEP ALLE JONG RADIOAMATEURS

Die SARL beplan allerhande geleenthede om Jeugdag op 16 Junie te vier wat ʼn bespreking sal wees met jong radioamateurs, wat nog op skool is, en hoe hulle betrokke geraak het by amateurradio en hoe dit hulle bevoordeel het. Die bespreking sal per telekonferensie geskied en sal op 31 Mei 2011 om 19:30 gehou word. Om moontlik ingesluit te word stuur per e-pos ʼn boodskap met jou naam, ouderdom en skool asook jou telefoonnommer aan artoday@sarl.org.za teen VANAAND (Sondag). Jeug in Amateurradio sal op 16 Junie om 09:30 uitgesaai word en sal ook beskikbaar wees om af te laai.

Die Jeugdag naelloop sal om 10:00 tot 12:00 SAT volg. Besonderhede van die kompetisie kan op die SARL se Kompetisiehandboek gevind word op www.sarl.org.za. Daar sal ʼn paar wonderlike pryse wees om te wen wat insluit:

Twee ARRL Antennahandboeke wat aan die een wat die meeste ongelisensieerde jeug in hul hokke of spesiale stasies byeengebring het. Daar is twee kategorieë nl. radioamateurs van 18 jaar of jonger en die van 19 jaar en ouer.

ʼn ARRL antennahandboek wat gaan aan die amateur wat die beste hoë resolusiefoto van ʼn leering wat sy of haar stasie beman, instuur. Alle logs wat deur amateurs van 18 jaar en jonger ontvang word, sal in ʼn trekking gaan vir een van die volgende: 3 afstandsmikrofoonboustelle, ʼn weerligvoorspellingsboustel, 5 SARL studentelidmaatskappe en 3 Basic ARRL Antennahandboeke.

Nog ʼn opwindende stuk beplanning gaan om SumbandilaSat. Dit sal net voor 08:00 plaasvind.

Nadere besonderhede sal vroeg volgende week op www.sarl.org.za beskikbaar wees. Kry die jeug betrokke op die 16de Junie.

RTA SE BYMEKAARKOMPLEK VERANDER

Die SARL se Radiotegnologie in Aksie simposium sal in ʼn ander lesingsaal van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit aangebied word as wat vroeër berig is. Die nuwe bymekaarkomplek is in die Ou Mutualsentrum se lesingsaal 003. Die datum is Saterdag 4 Junie 2011 met registrasie wat om 08:15 begin en die konferensie om 09:00.

ʼn Kaart en instruksies, asook die volle program is beskikbaar op www.sarl.org.za , en kies RTA. Die konferensie sal afskop met ʼn tematoespraak deur Andrew Leitch, die Dekaan van Wetenskap.

DOK DIREKTEURGENERAAL AANGESTEL

DIE Minister van Kommunikasie, Roy Padayachie het Mokobo Rosey Sekese aangestel as Direkteur-Generaal van die Departement van Kommunikasie met ingang 1 Junie 2011 vir ʼn tydperk van 5 jaar. Rosey Sekese het ʼn graad in Elektriese Ingenieurswese in Telekommunikasie in 1994 aan die Universiteit van Kaapstad ontvang en ʼn Meestersgraad in Besigheidsadministrasie aan die Noord-Wes Universiteit se Potchefstroomase Besigheidskool. In 2007 het sy die Senior Uitvoerende Beampte Ontwikkelingsprogram by die Pretoria Universiteit voltooi.

Rosey Sekese het in die Departement van Kommunikasie gewerk as Adjunk-Direkteur-Generaal ICT Infrastruktuurontwikkeling. Een van haar hoogtepunte was die lewering van die FIFA 2010 Wêreldbeker se Inligtingskommunikasietegnologie waarborge, waar sy die kampioen van die projek was deur die lewering van strategiese leierskap en programbestuur.

Sy het ook vorige tegniese ingeneursagtergrond waar sy vir Denel gewerk het as Algemene Groepsbestuurder vir Inligtingtegnologie asook Senioringenieur by Telkom.

VERSLAG OOR SARL/OKOSA SKAKELVERGADERING

Die SARL en OKOSA het verlede Donderdag vir hul geskeduleerde kwartaalvergadering ʼn aantal kwessies bespreek. Aangaande die verbeterings aan die regulasies, is die komitee en OKOSA se regsafdeling nog besig om sekere aspekte van die SARL se klagtes na te gaan en hoop om binne die volgende paar weke die saak te finaliseer wanneer die verbeterings in die Staatskoerant sal verskyn.

Oor die vraag oor die ZR- en ZS-roepseine het Okosa bevestig dat die ZR-lisensies nou volle klas A is en dieselfde voordele as ZS-lisensies het. Dit is nie nou nodig om die roepsein te verander nie. Indien ʼn ZR-gelisensieërde sy of haar roepsein na ZS wil verander sal daar ʼn fooi van R127 gehef word, wat R100 vir die verandering van die roepsein en R27 vir die nuwe lisensie is.

SARL se versoekskrif vir die toekenning van ʼn 150 kHz segment in die 5 MHz band is bespreek. OKOSA sal die huidige besetting van die band hersien en oorweeg die publikasie in die Staatskoerant, van die versoek vir bydraes vanaf die publiek.

Die vraag oor lisensies vir radioamateurs uit die SAOG-lande wat Suid-Afrika besoek was bespreek en OKOSA het saamgestem om die versoek te bespoedig en ʼn voorstel te maak aan KRASA (Kommunikasie Reguleerdersvereniging van Suidelike Afrika) vir vroeë aanvaarding.

OKOSA sal die CEPT-organisasie verwittig van veranderings in die Suid-Afrikaanse lisensiestruktuur sodat die volle CEPT lisensieëringsooreenkoms implementeer kan word.

Die vraag van ʼn lang uitstaande steuringsklagte deur ʼn Kaapstadse amateur was ook op die agenda. OKOSA se Ingenieursafdeling sal ʼn interne vergadering hou met die streekstruktuur om die saak te finaliseer.

Die volgende vergadering sal teen die einde van Julie 2011 gehou word.

SARLNUUS SOEK REDAKTEURS

Hier is ʼn geleentheid om ondervinding op te doen in die skryf en redigering van nuusbulletins. Praat met George Honiball, SARL se Hoofredakteur by 012 664 4155 of stuur e-pos aan gth@absamail.co.za.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat sonaktiwiteit op lae vlakke is. Nuwe sonvlek 1 223 wat in die Suidelike halfrond geleë is, is besig om te groei. Daar is ook 'n nuwe sonvlek wat besig is om in die Noordelike halfrond te ontwikkel. Tot op hede was daar slegs een dag gedurende 2011 sonder 'n sonvlek in vergelyking met 51 dae gedurende 2010 en 260 dae sonder sonvlekke in 2009. Vir diegene wat hulle eie frekwensies voorspel, is die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week sowat 15.

15 m is die beste keuse vir DX gevolg deur 20 en 30 m en natuurlik die bande tussenin.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE
Vandag 29 Mei- Jong radioamateurs stuur jou besonderhede VANDAG aan artoday@sarl.org.za indien jy wil deelneem aan die bespreking op 16 Junie oor jou betrokkenheid by amateurradio.
31 Mei – Telekonferensie met jong amateurs om 19:30.
4 Junie - RTA in Port Elizabeth by Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in die Ou Mutuallesingsaal 003.
16 Junie – Uitsending van Jeug in Amateurradio om 09:30.
16 Junie – Jeugdag naelloop vanaf 10:00 tot 12:00 SAT.
18 Junie - kursus in programmering in Windows in Gauteng. Bespreek by www.sarl.org.za.

SARLNUUS nooi klubs en individue om nuusbrokkies wat radioamateurs en kortgolfluisteraars sal geniet, in te stuur. Stuur dit - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans, na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later as die Donderdag voor uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateurradio VANDAG wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 750 kHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'ARMI' en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 18:30 SAT op 3 230 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Gustav, ZS6BWN.

Dankie dat u geluister het. 73.
/EX


Ten einde u inskrywing op hierdie subskripsielys te verander of dit daarvan te verwyder, gaan na www.sarl.org.za/members/admin/maildat.asp.
members/admin/maildat.asp.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003