Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 23 OKTOBER 2011

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die internet by www.sarl.org.za. Klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Let asseblief op: Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.
Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

In die nuus vandag:

‘N GEVORDERDE LISENSIE – SLUIT VOLGENDE SONDAG BY DIE BESPREKING AAN

SPEKTRUMREGULEERDERWIELE SKYNBAAR ORAL STADIG

NOMINASIES VIR DIE SARL-RAAD WORD INGEWAG

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

‘N GEVORDERDE LISENSIE – SLUIT VOLGENDE SONDAG BY DIE BESPREKING AAN

Volgens die SARL-forumwagters is daar ʼn kwaai debat aan die gang op die algemene forum rondom die voorstel om die moontlikheid van ʼn gevorderde amateurradiolisensie te ondersoek.

Die debat het begin na die SARL ʼn oudio-opname vrygelaat het wat gemaak is by die onlangse Radiotegnologie in Aksie-simposium wat by die Nasionale Amateurradiosentrum gehou is. In forumplasings is verskeie sienings geopenbaar, party positief, party onverskillig en ander absoluut daarteen. Daar is ook plasings wat verkeerde aannames maak soos byvoorbeeld dat die samesmelting van die ZS- en ZR-lisensies die ZS-lisensie goedkoop gemaak het.

Die rede vir OKOSA se besluit om weg te doen met die ZR-lisensie is al op verskeie SARLnuusbulletins verduidelik en was die onderwerp van ʼn bespreking by vanjaar se Algemene Jaarvergadering. Die oorheersende rede vir OKOSA se besluit is om aan die CEPT-ooreenkoms, wat opgehef was, te voldoen aangesien die bepaling oor Morsekode as ʼn vereiste vir ʼn amateurradiolisensie in die ITU-radioregulasie verval het en CEPT ook die bepaling verander het wat ʼn ZS-lisensie onaanvaarbaar gemaak het. Toe Suid-Afrika albei die ZR- en ZS-lisensies gehad het, kon onder die gewysigde CEPT-regulasie ʼn ZR-lisensie kwalifiseer om in die CEPT-lande te werk maar ʼn ZS-lisensie nie.

Beide die ZR- en ZS-roepseinreekse sal bly en albei is klas A lisensies met identiese voordele en albei is nou CEPT-aanvaarbaar.

U word uitgenooi om Sondag 30 Oktober om 19:30 by die op-die-lug debat aan te sluit.

ʼn Geredigeerde weergawe (die irrelevante bespreking buite die besprekingspunt is verwyder) van die debat is beskikbaar op die web vanaf die SARL TODAY-nuusitem op die tuisblaaie.

Klubs word uitgenooi om hul herhalers te koppel aan die telekonferensiebrug. Stuur versoeke aan artoday@sarl.org.za voor 28 Oktober.

SPEKTRUMREGULEERDERWIELE SKYNBAAR ORAL STADIG

Dit wil voorkom dat die een ding wat spektrum in gemeen het is dat hul wiele stadig draai, party kere baie stadig. By ʼn onlangs gehoue ARRL-raadsvergadering het die ARRL Regsadviseur die vergadering meegedeel dat meer as drie jaar al verby gegaan het sedert die VS se Hof van Appèl van die Distrik van Columbia ronde gevind het dat die FCC die Administratiewe Prosedure Wet oortree het toe dit die reëls aanvaar het wat die Breëband oor Kraglyne (in Suid-Afrika KLT) stelsel beheer. Algemene Raadslid Imlay het aan die Raad gesê dat die FCC al lankal ʼn verslag en bevel moes vrygestel het om die tekortkominge in die BPL-regulasies reg te stel. Volgens Imlay is ʼn Verslag en Bevel besig om tussen die kommissarisse te sirkuleer, maar aanvaarding word nie gou verwag nie. Imlay het ook uitgewys dat die FCC laks is om aksie te neem teen BPL-operateurs wat uitgewys is oortreders van die huidige reëls. Lede van die Raad het saamgestem dat dit tyd is om nog ʼn reeks vergaderings met die FCC-Raad of die senior personeellede aan te vra om hierdie sake te bespoedig.

Die situasie is baie dieselfde hier in Suid-Afrika waar ʼn aantal sake wat KLT asook die radioregulasies raak, onopgelos bly. Die SARL het hierdie week gevra dat OKOSA ʼn aanduiding gee wanneer die verbeterings in die regulasies wat amateurradio raak in die Staatskoerant gepubliseer sal word.

NOMINASIES VIR DIE SARL-RAAD WORD INGEWAG

Hierdie is die eerste kennisgewing wat vra vir nominasies vir Raadslede vir die SARL. Alhoewel nominasies op 31 Januarie 2012 sluit is dit raadsaam om nominasies voor die feesseisoen in te stuur. SARL-lede in goeie stand mag ʼn lid vir die Raad nomineer. Die nominasie moet gesekondeer word deur ʼn ander lid en moet ʼn kort opsomming van die genomineerde se amateur-CV en aanvaarding van die nominasie deur die genomineerde, indien hy/sy verkies sou word, dat bereid is om op die SARL-raad te die, insluit. Dit sal ook waardeer word indien die genomineerde sou aandui in watter hoedanigheid hy/sy ʼn bydrae kan maak tot amateurradio en die SARL byvoorbeeld as penningmeester, sekretaris, HF=, wedstryd- of BHF-bestuurder, om ʼn paar moontlikhede te noem.

Mosies vir bespreking by die SARL se AJV in 2012 moet ook voor 31 Januarie 2012 ingedien word.

144 MHz OOR DIE ATLANTIESE OSEAAN

'n Aantal Brasiliaanse BHF-amateurs het groot belangstelling getoon om met die Weskus van Suid-Afrika te werk, veral Kaapstad, gedurende Tropokanaal op 144 MHz. Hulle is: PU1BRA, Werther; PY2ANE, Orlando; PY2CAC, Wagner; PY2ZX, Flavio, en PY5LF, Luciano. PY1ZV bedryf 'n toetsbaken op 144,070 MHz GG met 'n horisontaal gepolariseerde Yagi oor die Atlantiese oseaan gerig. Naz, ZS1NAZ, het aangebied om 'n transatlantiese GG-baken vanaf sy QTH te bedryf op 'n frekwensie van 144,435 MHz met 'n drywing van 2 500 Watt ERP en gerig na die Ooskus van Brasilië.

Die huidige 144 MHz tweerigting wêreldrekord deur tropo-geutgeleiding is 4 754 km wat oor die Stille oseaan opgestel is terwyl 144 MHz-seine in Europa tot 6 600 km gehoor is op die Ros-modus. Kontakte is al gemaak tussen die Ooskus van Suid-Afrika en Reunion-eiland op beide 144 MHz en 432 MHz, alle modusse. Hierdie dui alles daarop dat tenminste digitale en GG-kontakte op 144 MHz oor die Atlantiese Oseaan moontlik is tydens gunstige Hepburn Troposferiese geutgeleidingvoorspellings.

Hierdie sal hopelik 'n paar ywerige BHF-amateurs in die Kaapstadgebied aanspoor om die uitdaging op te neem, en 'n hoëwins Yagi te koop of te bou vir hierdie projek. Radiogeskiedenis sal gemaak word wanneer 'n nuwe wêreldrekord op 144 MHz oor hierdie seeweg van 6 000 km opgestel is.

SANAE-BASIS

Gerard de Jong, ZS6KX, is tans aktief vanaf Antarktika as ZS7KX. Hy is by die SANAE 4-basis gestasioneer, by Vesleskarvet, Queen Maudeland, Antarktika. Hy kan gehoor word op 14,175 MHz vanaf 14:00 UTC, indien die weer dit toelaat. Hy roep elke halfuur tot 15:30 UTC. Gerard sal tot Februarie 2012 by SANAE 4 wees.

KLUBNUUS

Snuffelmarkte wat om 08:00 op die perseel van die Pretoria Motorklub deur ZS6PTA in 2012 aangebied sal word, se datums is as volg:
1) 3 Maart 2012
2) 2 Junie 2012
3) 1 September 2012
4) 8 Desember 2012

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteitsvlak besig is om mooi toe te neem met heelwat sonvlekke wat sigbaar is. Sonvlek 1 319 het 'n beta-gamma magnetiese veld wat oor genoeg energie beskik om M-klas sonfakkels te produseer.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings doen, is die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week ongeveer 94.

20 tot 10 m gaan pret wees met verskeie openinge gedurende die verloop van die dag.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

30 Oktober - Integnet om 19:30 oor gevorderde lisensie.
Tot 31 Oktober - ZL-stasies met ZM-voorvoegsels en ZL4RUGBY en ZL6RWC op die lug.
4/6 November - AMSAT NA se ruimtesimposium in San Jose, Kalifornië.
13 November - Pears HF-kompetisie 12:00 tot 16:00 UTC.
19/20 November - SARL-velddagkompetisie.
27 November - GG-been van 80 m klubkompetisie.
27 November - Digitale kompetisie.
30 November - Laaste dag vir insending van logstate vir PEARS HF DX_ekspedisie.
31 Januarie 2012 – Laaste dag vir insending van nominasies vir SARL-Raadslede en mosies vir die SARL se AJV in 2012.
31 Januarie 2012 - Sluitingsdatum vir insending van voorgestelde aanbiedings vir SA AMSAT se Ruimtesimposium.

SARLNUUS nooi klubs en individue om nuusbrokkies wat radioamateurs en kortgolfluisteraars sal geniet, in te stuur. Stuur dit - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans, na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later as die Donderdag voor uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateurradio VANDAG wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio TODAY', gaan af op die groen kolom en klik op 'LISTEN ON THE WEB'. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 16:30 UTC op 4 895 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Gustav, ZS6BWN.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Ten einde u inskrywing op hierdie subskripsielys te verander of dit daarvan te verwyder, gaan na www.sarl.org.za/members/admin/maildat.asp.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003