Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive



SARL-NUUS SONDAG 30 OKTOBER 2011

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die internet by www.sarl.org.za. Klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Let asseblief op: Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

In die nuus vandag:

GEVORDERDE LISENSIE – SLUIT VANAAND BY DIE DEBAT AAN

2012 ARRL SE HANDBOEK EN ANTENNABOEK NOU BESKIKBAAR

VERANDERINGS BY DIE DEPARTEMENT VAN KOMMUNIKASIE

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

GEVORDERDE LISENSIE – SLUIT VANAAND BY DIE DEBAT AAN

U word uitgenooi om vanaand om 19:30 aan te sluit by die op-die-lug debat op die INTEGNET. ’n Geredigeerde (irrelevante bespreking buite die onderwerp verwyder) weergawe van die debat wat by die RTA in Gauteng verlede maand gehou is en beskikbaar is op die web vanaf SARL TODAY nuusitem op die tuisblad. Jy mag ook jou bydrae per e-pos stuur aan artoday@sarl.org.za voor 16:00 vandag.

Klubs word uitgenooi om hul plaaslike herhaler aan die telekonferensienet te koppel. Stuur versoeke aan artoday@sarl.org.za voor middag vandag indien dit nognie gedoen is nie.

2012 ARRL SE HANDBOEK EN ANTENNABOEK NOU BESKIKBAAR

Die hardeband uitgawe van die ARRL-handboek en die nuwe Antennaboek is nou vanaf die Suid-Afrikaanse Amateurradio-ontwikkelingstrust per posbestelling beskikbaar. Bestellings wat teen Maandag 31 Oktober 2011 se sluiting van besigheid geplaas is sal op 1 November versend word, bestellings wat later geplaas word sal eers op 9 Desember versend word. Volle besonderhede van hoe om te bestel en ’n oorsig van die inhoud van albei boeke kan gevind word op www.amateurradio.org.za/BOOKS.htm.

VERANDERINGS BY DIE DEPARTEMENT VAN KOMMUNIKASIE

’n Aantal joernaliste, wat vir die hoofstroommedia skryf, glo dat van die Departement van Kommunikasie (DOK) se nuwe leierskap verwag kan word om die departement met ’n ystervuis te bedryf. Dina Pule en Tembisa Stella Ndabeni is albei aangestel tydens die kabinetskommeling wat deur President Zuma verlede Maandag aangekondig is. Dina is die nuwe Minister van Kommunikasie en Stella is haar adjunk.

Albei vrouens is deur die BD van World Wide Worx, Arthur Goldstuck, en ’n ongenoemde amptenaar, beskryf as “geen nonsies“ individue wat waarskynlik die huidige en nuwe strategieë by die DOK en die kommunikasiesektor sal implementeer.

Dina Pule was vroeër die adjunkminister in die Presidensie vir werkverrigtingmonitering en evaluasie. In ’n verslag in Business Day is sy deur partylede beskryf as synde ’n bekende “pragmatiese linkse”. Ondanks haar gebrek aan kennis en verbinding met die IKT-sektor met haar oorspronklike aanstelling in 2009 het Pule naam gemaak in die Mpumalanga Provinsiale Wetgewer waar sy heelparty Uitvoerende Komitee aanstellings, met insluiting van veiligheid en landbou, gehou het. Met haar redelike hoeveelheid ondervinding in administratiewe en organisatoriese rigtings word dit verwag dat sy sal help om die departement se sperdatums te bereik. Die mees dringende is die oorskakeling van analoog na digitale televisie teen April volgende jaar waaroor sy in 2009 gewaarsku het dat “Suid-Afrika sal onwaarskynlik die 80% dekkings mikpunt vir 2010 en die 100% teiken vir 2011 bereik, indien dit nie ondersteuning van industriedeelnemers verkry nie”.

Stella Ndabeni is ook geen vreemdeling by die DOK nie. Sy was die ANC se komiteesweep vir kommunikasie. Sy het in die 2009 verkiesing ’n LP geword. Sy het in aansien gevorder nadat sy uit die nasionale uitvoerende komitee en die werkingskomitee van die ANC-jeugliga tydens interne kragstruwelings uitgewerk is. Sy beskryf haarself as “geen-nonsens” persoon op haar Facebookprofiel. Ons bron glo dat Ndabeni se uitgesproke natuur die DOK goed sal doen deur te reageer op die bekommernisse wat sy mag hê tydens portfoliokomiteevergaderings.

VS VERSKERP BPL-STEURINGSREËLS – MAAR NIE GENOEG SÊ ARRL

Op 25 Oktober 2011 het die VS se FCC ‘n tweede Verslag en Bevel vrygestel in sy werking – nou in sy negende jaar – om die reëls vir toegang tot Breëband oor Kraglynstelsels (BPL) te aanvaar. Die tweede Verslag en Bevel is die finale stap in die Kommissie se poging om te voldoen aan die bevele van die VS Hof van Appèl vir die Distrik van Columbia, wat in April 2008 beveel het dat die FCC die foute wat tydens die aanname van reëls in 2004 aangegaan is, reggestel word. Die hof het gereageer op ‘n petisie vir hersiening gemaak der die ARRL.

In Julie 2009 het die FCC ’n Versoek vir Verdere Kommentaar en Kennisgewing van Voorgestelde Reëlmaking vrygestel waarin dit ‘n klein wysiging voorgestel het in die metingstandaarde vir die bepaling of BPL-stelsels voldoen aan die maksimum toelaatbare vlakke van uitstraling.

In sy reaksie het die ARRL geargumenteer dat, gekoppel aan ’n wetenskaplik geldige ekstrapolasiefaktor vir die bepaling van daardie vlakke, verpligtende uitkeping van die amateurbande tot die vlak van 35dB onder die algemene uitstralingsperk, die waarskynlikheid van nadelige steurings met amateurstasies sal verminder tot ’n vlak wat sal toelaat dat oorblywende steuring op ’n gevallegrondslag behandel kan word. Die ARRL het daarop gewys dat hulle versoek vir verpligte verlaging slegs die beste praktyke van die BPL-industrie weerspieël.

Die kommissie het besluit om nie hul eie voorstel te aanvaar nie en het ook geweier om die ARRL se versoek te aanvaar. U kan die volledige storie in die “Members“-afdeling van die SARL-web lees.

KOMPETISIENUUS

Kom sluit aan by die pret wat gedurende die 4de RADAR-kompetisie wat op Saterdag 5 November 2011 gehou gaan word (Sien die " Blouboek vir besonderhede). Hierdie kompetisie is vir almal, by die huis, mobiel of in die veld. Neem die uitdaging op en dra jou toerusting vir slegs een kilometer voor jy jou stasie in die veld oprig en verdien ekstra punte vir jou moeite. Die klem is op die pret wat jy kan hê. Hierdie kompetisie is daar om jou eie gereedheid te toets in moeilike omstandighede. Reken asseblief daarop om vir die hele tydperk van die kompetisie (14:00 tot 20:00) bedrywig te wees. Neem asseblief goeie fotos van jou opstelling en stuur hulle saam met jou logstaat.

Uitslae van die tweede been van die 80 m QSO-partytjie gehou op 6 Oktober 2011.

Daar was 66 stasies op die lug met afdelings as volg verteenwoordig:
Afd 1 – 14
Afd 2 – 1
Afd 3 – 2
Afd 4 – 7
Afd 5 – 10
Afd 6 – 30
Swaziland – 1
Namibië - 1

Puntetellings is:
1ste Christo, ZS3R 405 punte
2de Pieter, ZS6XT 400 punte
3de Dawn, ZS5ME 365 punte

Gekombineerde resultate vir albei bene:

1 ste Pieter, ZS6XT 910 punte
2 de ZS4SRK 550 punte
3de Dawn, ZS5ME 525 punte

Gelukwense aan die wenners. Die volledige resultate sal in “HF Happenings“ verskyn.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak effens laer as laasweek maar nog steeds baie gunstig vir HF kommunikasie gaan wees. Dit is as gevolg van die groot getal sonvlekke wat tans sigbaar is. Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings doen, is die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week ongeveer 78.

20 tot 10 m gaan pret wees met verskeie openinge gedurende die verloop van die dag. Die hoër bande sal tipies eerste oopmaak om dan later deur die laer bande gevolg te word.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

VANAAND 30 Oktober - Integnet om 19:30 oor die gevorderde lisensie.
Tot 31 Oktober - ZL-stasies met ZM-voorvoegsels en ZL4RUGBY en ZL6RWC op die lug.
4/6 November - AMSAT NA se ruimtesimposium in San Jose, Kalifornië.
5 November – 4de SARL RaDAR kompetisie van 14:00 tot 20:00 SAT.
13 November - Pears HF-kompetisie 12:00 tot 16:00 UTC.
19/20 November - SARL-velddagkompetisie.
27 November - GG-been van 80 m klubkompetisie.
27 November - Digitale kompetisie.
30 November - Laaste dag vir insending van logstate vir PEARS HF DX-ekspedisie.
31 Januarie 2012 - Laaste dag vir insending van nominasies vir SARL-Raadslede en mosies vir die SARL se AJV in 2012.
31 Januarie 2012 - Sluitingsdatum vir insending van voorgestelde aanbiedings vir SA AMSAT se Ruimtesimposium.

SARLNUUS nooi klubs en individue om nuusbrokkies wat radioamateurs en kortgolfluisteraars sal geniet, in te stuur. Stuur dit - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans, na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later as die Donderdag voor uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateurradio VANDAG wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio TODAY', gaan af op die groen kolom en klik op 'LISTEN ON THE WEB'. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 16:30 UTC op 4 895 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Gustav, ZS6BWN.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Ten einde u inskrywing op hierdie subskripsielys te verander of dit daarvan te verwyder, gaan na www.sarl.org.za/members/admin/maildat.asp.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003