Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 12 FEBRUARIE 2012

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die internet by www.sarl.org.za. Klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Let asseblief op: Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

STIL SLEUTELS

Dit is met leedwese dat bekend gemaak moet word dat die sleutels van twee radioamateurs onlangs stil geraak het, Hulle is:

Die sleutel van Walter Arnold, of Art, ZS5SU, op 10 Januarie 2012 na 'n kort siekbed. Art het vir die afgelope tiental jare of so in Londen, VK, gewoon. Sy ander stokperdjies was sterrekunde en die kulkuns.

Die van Janse van der Merwe, ZS4IQ, op Maandag 6 Februarie. Janse was 92 jaar oud. Hy laat sy eggenote Annie na.

Ons betuig ons innige meegevoel aan die afgestorwenes se familie en vriende.

(POUSE)

In die nuus vandag:

AMATEURRADIOTOEKENNING NABY 500 kHz NOG 'N PAAR STAPPE NADER

AFSLAG VIR RAE-STUDENTE ONDER 26 JAAR

CQ SĘ MORSE IS LEWENDIG EN GESOND

BESPREKINGS VIR SARL NASIONALE KONVENSIE NOU OOP

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

AMATEURRADIOTOEKENNING NABY 500 kHz NOG 'N PAAR STAPPE NADER

Daar was goeie ondersteuning tussen administrasies vir item 1.23 op die sakelys om WRC12 op SWG-vlak vir 'n sekondęre toekenning aan amateurradio net onder 500 kHz, daar was egter sterk teestand deur verskeie administrasies teen die toekenning, gebaseer op 'n bekommernis dat amateurwerking in daardie gedeelte van die spektrum kan lei tot steuring aan alomgerigte bakens.

SWG-4C3 (die SWG wat agendapunt 1.23 hanteer) wat 12 keer oor 'n tydperk van tien dae vergader het, het probeer om konsensus te bereik. Uiteindelik is konsensus oor die aangeleentheid bereik deur die byvoeging van verskeie voetnotas wat die meeste van die administrasies wat teen die toekenning gekant was, tevrede gestel het. Aan die einde van die dag, was daar nog 'n paar van die administrasies teen die toekenning. As gevolg hiervan het die SWG die aangeleentheid tot werkgroepvlak verhef met twee opsies ten einde die agenda punt te bevredig:

'N sekondęre toekenning aan die amateurdiens in die band 472-479 kHz met 'n sekere operasionele vereistes soos uiteengesit in voetnotas by die toekenning, of
Geen verandering (met ander woorde, geen amateur-toekenning).

Die voorstel wat deur die meeste administrasies wat die amateurtoekenning vir 'n węreldwye sekondęre toekenning aan die amateurdiens by 472-479 kHz met 'n kragbeperking van 1 W EIRP ondersteun, maar met 'n voorsiening vir die administrasies om tot 5 W EIRP vir stasies toe te laat wat meer as 800 km weg van sekere landeis wat hulle lugvaartnavigasiediens (alomgerigte bakens) wil beskerm teen enige moontlike steurings. Voorgestelde voetnotas verleen moontlikhede aan administrasies om nie van die amateurtoekenning toe te pas nie en / of hulle lugvaartnavigasiediens op te gradeer na primęr as hulle dit wil doen. Bykomend tot hierdie beskerming vir lugvaartnavigasie, moet die amateurdiens nadelige steuring aan die primęre maritieme mobiele diens voorkom.

Op die vergadering van die werkgroep was daar geen verskuiwing van posisies nie dus is die saak tot die volgende vlak verhef nl. Komitee 4 met dieselfde twee opsies.

AFSLAG VIR RAE-STUDENTE ONDER 26 JAAR

Studente onder 26 wat beplan om die klas A Radioamateureksamen te skryf, kry 'n afslag R100 van die eksamenfooi. Die fooi is R350 wat die lisensieaansoekfooi en lisensiegeld tot 31 Maart die volgende jaar, insluit. Vir meer besonderhede besoek www.sarl.org.za.

CQ SĘ MORSE IS LEWENDIG EN GESOND

Vyf jaar nadat die VSA die Morsekodevereiste laat vaar het, het CQ Magazine se Redakteur Rich Moseson, W2VU, 'n baie sterk bewoorde hoofartikel gepubliseer waarin hy daarop wys dat beide amateurradio en die gebruik van die Morsekode lewendig en gesond is en goed groei. Dit ten spyte van die nee-sęers wat met die beëindiging van Morsetoets voorspel het dat dit 'n skielike einde aan die stokperdjie sou beteken.

In sy redaksionele artikel getiteld "No-Code Plus Five Years: An Assessment", stel W2VU dit dat amateurradio nog steeds hier is. GG is ook steeds hier ten spyte van die vrese van baie GG-ondersteuners dat die heelal nie op 23 Februarie 2007 ingeplof het nie.

Sy artikel is eerder gebaseer op navorsing oor die status van gebruik van Morse deur vandag se amateurradiogemeenskap. Dit is gedoen deur navra by die vervaardigers van die sleutels oor verkope, en gesprekke met lede van die FISTS-Morse behoudgroep, die nagaan van GG-wedstrydresultate en algehele Verenigde State lisensiëringstatistieke.

GG is op 1 April 2011 as 'n lisensievereiste in Suid-Afrika laat vaar toe die ZR-lisensie na 'n volledige klas A-lisensie, op 'n gelyke voet met ZS, omgeskakel is.

ARRL EN CQ BEREIK N OOREENKOMS

Die ARRL, die nasionale vereniging vir amateurradio, en CQ het n ooreenkoms onderteken waardeur die ARRL se “Węreldlogboek” sal begin om ondersteuning te gee aan CQ-geborgde beedryfstoekennings deur die ARRL se Węreldlogboek se elektroniese bevestigingstelsel.

CQ-toekennings sal die eerste nie-ARRL-toekennings wees wat deur die “LoTW” ondersteun sal word en sal ingefaseer word beginnende met die CQ WPX-toekenning. Addisionele CQ-toekennings sal volg. ‘n Interaktiewe databasis is in 2003 geskep
En is deur 47 500 amateurs wëreldwyd aanvaar. Dit beskik reeds oor 400 kontakbesonderhede en dit groei weekliks. Die datum gemik vir die begin van ondersteuning deur LoTW vir WPX, is 1 April 2012. Dit sal vir amateurs moontlik wees om LoTW-logs te gebruik om lyste van bevestigde kontakte op te stel vir voorlegtging vir WPX-krediet. Standaardfooie vir LoTW-krediete en CQ-toekenningsgelde sal van toepassing wees.

Die ARRL se hoof uitvoerende beampte, David Sumner, K1ZZ, het opgemerk dat hierdie stap aan radioamateurs węreldwyd ‘n goedkoop en maklike manier bied om krediete tot CQ se populęre bedryfstoekennings te verwerf. “LoTW het belangstelling en deelname aan die ARRL se DXCC-, Alle State Gekontak en VUCC-toekenningsprogramme merkwaardig laat toeneem. Ons verwag ‘n soortgelyke, positiewe reaksie met die toevoeging van die CQ WPX-toekenning. Dit sal vir amateurs moonlik wees om meer tyd aan bedryf te wy en minder tyd te mors om QSL-kaarte te jaag.”

BESPREKINGS VIR SARL NASIONALE KONVENSIE NOU OOP

Bespreek nou vir die SARL se Nasionale Konvensie wat van 20 op 22 April 2012 in Pinetown gehou sal word. Kry al die besonderhede by www.sarl.org.za en 'n skakel op die tuisblad.

SAAMSAT OP KLETSKOUS CUBESAT OP SONDAG OP TE DATEER

Luister na Amateurradio Vandag vir 'n onderhoud met Hannes Coetzee, ZS6BZP, wat sal rapporteer oor die vordering wat gemaak is oor SA AMSAT se Kletskous- CubeSat-projek, of laai die spraak in mp3-weergawe van www.amsatsa.org.za af.

KLUBNUUS

Met verwysing na verlede week se berig oor die ZS6KTS-herhaler, hierdie herhaler is deur die Kempton Park Amateurradio Tegniese Vereniging op 145,162 5/145,762 5 MHz in Birchleigh vir 'n toetstydperk op die lug gebring.

Stuur asb. kommentaar of rapporte aan vubandplanning@sarl.org.za en ook aan vivdold@bestwebs.co.za.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteit laag is. Gelukkig is 'n nuwe sonvlek besig om in die suid-oostelike kwadrant vinnig vorm aan te neem.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings doen, is die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week ongeveer 47.

20 tot 10 m en veral 15 m gaan pret wees met 10 m wat net sporadies gaan oopmaak as gevolg van die lae sonaktiwiteit.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

11 –12 Februarie –SARL velddagkompetisie
20 Februarie – Laaste dag vir indiening van logs vir Antieke Radioassosiasie se Kompetisie.
29 Februarie – Skrikkeljaaruitdaging vanaf 00:01 tot 23:59.
21 Maart – ZS6ERB se konstruksiedag.
20 – 22 April SARL-konvensie in Pinetown.

Onthou, u kan steeds nominasies instuur vir die SARL-toekennings wat gedoen sal word tydens die galadinee wat ook gedurende die naweek met die 2012 SARL-AJV sal plaasvind. Stuur nominasies aan secretary@sarl.org.za.

SARLNUUS nooi klubs en individue om nuusbrokkies wat radioamateurs en kortgolfluisteraars sal geniet, in te stuur. Stuur dit - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans, na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later as die Donderdag voor uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateurradio VANDAG wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio TODAY', gaan af op die groen kolom en klik op 'LISTEN ON THE WEB'. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 17:30 UTC op 4 895 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur George, ZS6NE.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003