Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 1 APRIL 2012

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)


IN DIE NUUS VANDAG:

U lisensiegeld is nou betaalbaar
Aanlyn DXCC aansoeke begin op 2 April


U LISENSIEGELD IS NOU BETAALBAAR

Die amateurradio-lisensiegeld van R120 is vandag betaalbaar. U kan ook vir vyf jaar hernu teen ‘n verminderde bedrag van R501. Die SARL beveel aan dat, sou u nie ‘n hernuwingskennisgewing ontvang nie, u betaal deur die lisensienommer op verlede jaar se faktuur en u roepsein te gebruik. Pos ook die betalingskennisgewing en u adres aan KMashile@icasa.org.za. Dit is noodsaaklik dat alle betalings aan OKOSA u roepsein as ‘n betalingsverwysing bevat. Onthou ook om enige posadres- of e-posadreswysigings te stuur aan admin@sarl.org.za.

DIE TYD WORD MIN OM VIR DIE SARL NASIONALE KONVENSIE TE REGISTREER.

Het u al bespreek vir die SARL Nasionale Konvensie? Indien nie, doen dit nou. Hier is 'n paar van die hoogtepunte. Sluit op Vrydagaand aan by ‘n vingerete en 'n geskiedkundige toer oor hoe Suid-Afrika se elektronika-nywerheid in Pinetown begin het. Woon die SARL AJV by op Saterdagmôre en leer die middag van die bou van BHF- en UHF-antennes en van DX en 'Logbook of the World'.
Sluit Saterdagaand aan by die toekenningsete wat gepaard gaan met 'n rede deur dr. Andrew Collier van SANSA Space Sciences. Daar sal baie pryse te wenne wees in die loting. Op Sondagoggend word die verrigtinge afgerond met 'n ontspanne ontbyt in die Japannese tuin.
Volle besonderhede en registrasievorms is beskikbaar op www.sarl.org.za.
U gasheer by die konvensie is die komitee en lede van die Highway Amateur Radio Club.

BEVORDERING VAN AMATEUR-RADIO

Die bevordering van amateur radio sal in die kalklig wees hierdie komende Woensdag 14 April by die Sacred Heart kollege in Observatory, Gauteng.

Die SARL is enkele weke gelede genader met ‘n versoek om te help om die skool se ‘wetenskapdag’ meer interessant te maak deur te wys waaroor amateurradio gaan en hoe dit werk.

Chris Gryffenberg, ZS6COG, wat alreeds by die “Sci Bono Centre” en die Departement van Opvoeding betrokke is, en Francois Botha, ZS6BUU wat Hamnet verteenwoordig, het koppe bymekaar gesit in tevoorskyn gekom met ‘n plan vir die oggend.

Die Gauteng-Suid Hamnet sleepwa sal uitgestal word en daar word beplan om op die lug te gaan van omtrent 9 vm to 12:30 op dié dag, op HF sowel as BHF bande.

Amateurs in Gauteng en verder weg, word genooi om vir ons te luister op die Hamnetfrekwensie van 7,110 MHz en op sommige plaaslike Johannesburgse herhalerfrekwensies. Ons sal u graag inroep sodat die leerders kan sien waaroor amateurradio eintlik gaan. Ons sal ook die jongelinge die stokperdjie prakties laat ervaar met werklike kontakte op die lug.

Luister asseblief vir ons op Woendagoggend vanaf die Sacred Heart College in Johannesburg.

AANLYN DXCC AANSOEKE BEGIN OP 2 APRIL

Vanaf 2 April sal die ARRL se nuwe aanlyn DXCC program gereed wees om aansoeke te aanvaar. Dit sal amateurs in staat stel om data vanaf papier QSL kaarte in digitale vorm voor te lê vir ‘n nuwe DXCC aansoek of vir ‘n endossement. Dit is makliker om ‘n digitale DXCC aansoek voor te lê as ‘n aansoek op papier. Die digitale aansoek spaar tyd en geld.
By gebruik van die aanlyn DXCC aansoekprogram, kan die aansoeker die kaarte wat hy deur ‘n kaartkontroleur wil laat kontroleer, kies en soos dit hom pas die data op ‘n vorm intik (wat te enige tyd gebêre en opgeroep kan word tot dit gereed is vir voorlegging) en dan aansoek doen vir ‘n DXCC. Sodra die aansoek voltooi is, kan die aansoeker die lys van kaarte en die kaarte (in die volgorde waarin hulle gelys is) na ‘n kaartkontroleur neem wat die kaarte sal kontroleer, enige wysigings sal aanteken en die vorm na ARRL hoofkantoor sal stuur. Die kaartkontroleur se werk is presies dieselfde as voorheen, behalwe dat hy nie ‘n betaling hoef in te vorder nie, die aansoeker kan aanlyn betaal. Na voorlegging kan die DXCC personeel die lêer oproep, die veranderinge wat deur die kaartkontroleur gemaak is, aanbring en die aansoek verwerk. Die aanlyn DXCC aansoeke se koste sal die helfte wees van dié van ‘n papieraansoek wat na ARRL HK gestuur word.
Onthou dat sou u die aanlyn DXCC aansoek gebruik, moet kaarte steeds deur ‘n kaarkontroleur gekontroleer word, of na ARRL HK versend word vir kontrole. Die kaartkontroleur vir Suid-Afrika is Tjerk Lammers ZS6P.
Enige radioamateur in die wêreld, ARRL lid of nie, kan die aanlyn DXCC aansoeker gebruik.

JOE WALSH, WB6ACU, ÍS ‘N ANALOOG MAN

Die ruk-en-rol legende and Grammy wenner Joe Walsh, WB6ACU, keer terug met Analog Man, wat op 5 Junie vrygestel sal word. Dit is Walsh se eerste solo-album sedert 1992 se ‘Song for a Dying Planet’. Volgens Walsh se webwerf is Analog Man modern en tydloos sielvol. Dit lewer ‘n ongelooflike onverwerkte en intieme klank. “Dit is 20 jaar later en ek het baie te sê”, verduidelik Walsh. Hierdie liedjies kom uit die hart.”

Walsh, grootliks bekend vir sy kragtige ‘guitar licks’ het in 1976 by The Eagles aangesluit en is bekend vir die kragtiger ‘rock’ klank wat hy nie die orkes gebring het met die bekende Hotel California, The Long Rund en Eagles Live

Walsh, ‘’n lewenslange ARRL lid, is geen vreemdeling vir die analoog leefwyse nie. Hy geniet dit om op 80 meter AM te werk. AM is op die amateurbande bekend sedert die 1930s. AM bied ‘n warm, ryk oudiokwaliteit wat voorsiening maak vir meer persoonlike interaksie. Die eenvoud van AM kringontwerp moedig praktiese restourasie, modifikasie en tuisbou aan tot ‘n mate wat nie meer met eietydse radios ervaar word nie. Baie amateurs wat AM gebruik, sê hulle geniet die eenvoudige elektriese en meganiese ontwerpe van ouer radios. Hulle beweer dat dié makliker aan gepeuter en verander kan word, as moderne radios. Ander entoesiaste beweer dat hierdie radios beter klink as hulle moderne silikon opvolgers, die oudio uit die buise van veteraantoerusting is glo ‘warmer’ en esteties meer bevredigend as die oudio uit ‘n moderne senderontvanger.

‘n Selfverklaarde analoog-man, verwys Walsh tog speels na die nuwe digitale tydperk in die album se titelbaan. Hy meld dat hy by die digitale tye aangepas het maar sê ‘“I am what I am -- I’m an analog man.” Walsh het die album oor die laaste 10 jaar voltooi; hy put uit persoonlike ervarings om lewe te blaas in elke baan. Hy sê, “I just really feel like it’s all come together and finally I feel like a complete person and a complete musician,” “I think there is some confidence in there that I never had. That’s what I was hiding.”
Kyk gerus na Analog Man – die titelbaan van Walsh se nuwe album en na detail van sy Suid-Afrikaanse toer wat op 4 April in Kaapstad begin, op http://www.joewalsh.com/

WEDSTRYDNUUS

KOMPETISIES IN APRIL

SARL 80 m QSO Partytjie and RaDAR kompetisies

Die eerste been van die SARL 80 m QSO Partytjie sal gehou word op Donderdagaand 5 April vanaf 17:00 tot 20:00 UTC. Dit is ‘n kompetisie op foon aleenlik en gebruik die segmente 3603 to 3650 kHz and 3700 to 3800 kHz. Dit wat uitgeruil word is u roepsein, ‘n RS-verslag en u naam.

Die eerste been van die “Rapid Deployment Amateur Radio” of RaDAR kompetisie, sal gehou word op Saterdag 7 April. Dit begin om 12:00 UTC and eindig om 18:00 UTC. Aktiwiteite sal plaasvind op alle HF kompetisiebande, BHF and UHF in GG, ESB, AM, FM of enige digitale modus. Wat uitgeruil word is u roepsein en naam, ‘n RS(T) verslag, u QTH and ‘n roosterverwysing.

Al die inligting is beskikbaar op bladsye 39 en 41 van die 2012 SARL Kompetisiehandleiding en ook op die RaDAR bladsy op Facebook.

KLUBNUUS

Die Hibiscus Coast Amateur Radio Club, ZS5HAC, het hulle algemene jaarvergadering gehou op 25 March 2012 te Cinder City, Seapark, Port Shepstone.
Op hierdie vergadering is die volgende ampsdraers verkies:
Voorsitter: Sid Tyler, ZS5AYC;
Sekrestaris: Herman Horn, ZS5LH;
Tesourier: Brian Burger, ZS5AZH;
Tegnies: Jan Coetzee, ZS5JC;
Hamnet Liaison: Sal aangewys word;
Openbare betrekkinge: Sid Tyler;
Kompetisiebestuurder: Jan Coetzee, ZS5JC;
Vuurtoring-koördineerder:Gawie Hoon: ZS5R; and
Jeug-koördineerder: Emmerelda Coetzee, ZU5EM.


HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteitsvlak middelmatig gaan wees. Daar is tans slegs klein, stabiele sonvlekke vanaf die aarde sigbaar. Daar word uitgesien na die reuse sonvlek 1429 wat vroëer hierdie maand vir baie pret verantwoordelik was, se terugkeer na sy twee weke lange tog aan die agterkant van die son.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings doen, is die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week ongeveer 74.

Al die DX bande van 20 m tot 10 m gaan pret wees met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer, met die tienmeterband net 'n kortkop agter.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE
5 April - SARL 80 m QSO Partytjie and RaDAR kompetisies
7 April - RaDAR kompetisie
6-9 April - Western Cape Antique Wireless Association Ekspo naby Stanford, skakel met John, ZS1WJ, op 082 673 5337 vir meer inligting.
20 - 22 April SARL Konvensie in Pinetown.


SARLNUUS nooi klubs en individue om nuusbrokkies wat radioamateurs en kortgolfluisteraars sal geniet, in te stuur. Stuur dit - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans, na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later as die Donderdag voor uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateurradio VANDAG wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio TODAY', gaan af op die groen kolom en klik op 'LISTEN ON THE WEB'. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 17:30 UTC op 3 230 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Fritz ZS6SF.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003