Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS Sondag 6 MEI 2012

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.zaafgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein, op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

IN DIE NUUS VANDAG:

SA AMSAT RUIMTESIMPOSIUM SATERDAG IN DURBAN

VOORTPLANTINGSTUDIE op 5 MHz GEPUBLISEER

NASIONALE AMATEURRADIODAG

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

SA AMSAT RUIMTESIMPOSIUM SATERDAG IN DURBAN

Indien u nog nie vir SA AMSAT se Ruimtesimposium wat op Saterdag 12 Mei by die Universiteit van KwaZulu-Natal gehou gaan word nie, doen dit nou. Die program is vol van aanbiedings en demonstrasies wat 'n wye reeks van interessante onderwerpe vir radioamateurs en persone met belangstelling in wetenskap en tegnologie dek.

Telkom is die hoofborg wat dit moontlik maak om sprekers van regoor Suid-Afrika te hê. Die SA Nasionale Ruimteagentskapborg die bywoning van studente en leerlinge en 'n aantal besighede het te voorskyn gekom met pryse vir bywoning. Van RF Design is daar vier Tiny Trak APRS-bordete wen. Comtest en RS. Het multimeters geskenk. Besoek www.amsatsa.org.za vir die program, n lys van die bywoningspryse wat elke dag aangroei en n registrasievorm. Die verlaagde registrasiefooi vir SARL- en SA AMSAT-lede geld nogttot Maandagaand.

Telkom is the lead sponsor making it possible to have speakers from all over South Africa. The SA National Space Agency is sponsoring the attendance of students and learners and a number of companies have come on board with attendance prizes. From RF Design there are four Tiny track APRS boards to be won, Comtest and RS are donating multi meters. Visit www.amsatsa.org.za for the programme, list of attendance prizes which is growing everyday and registration form. The early bird registration fee for SARL and SA AMSAT members has been extend till Monday evening.

VOORTPLANTINGSTUDIE op 5 MHz GEPUBLISEER

‘n Referaat met die titel Vergelyking van Voortplantingsvoorspellings en Metings vir die Middelbreedtegraad HF naby Vertikale Invals-luggolfskakels op 5 MHz het pas verskyn in die akademiese joernaal Radio Science. Die referaat deur dr Marcus Walden, GO1JZ, vergelyk naby vertikale invals-lug golf skakels, of NVIS, metings van die Verenigde Koningryk bakennetwerk met HF voortplantingsvoorspellings by die gebruik van VOACAP- en ASAPS-programmatuur. ‘n Koppeling tot die referaat kan gevind word by www.rsgb.org.uk.

Die SARL het ‘n voorlegging aan ICASA gemaak om ‘n toedeling in die spektrum van 5 MHz bande vir radioamateurs in Suid Afrika toe te ken sodat voortplantingsnavorsing op die band gedoen kan word.

Een van die probleme vir amateurtoekennings by 40 en 80 meter is dat die twee bande ‘n oktaaf uit mekaar in frekwensie is. Wanneer die MBF (Maksimum Bruikbare Frekwensie) benede 7 MHz in die 300 tot 500 km afstand daal, is die LBF (Laagste Bruikbare Frekwensie) steeds bo 4 MHz. Dit is veral van toepassing in die laatmiddag/vroegaand. Dit laat radioamateurs sonder ‘n direkte werkbare HF frekwensie oor hierdie middelafstande. As die MBF laer as 7 MHz is, is die laer gedeelte van 5 MHz nog sonder weerga in die optimale verkeerfrekwensie (OVF) wat dan vanaf 4,9 tot 5,6 MHz loop. Ean Retief, ZS1PR, het in studies wat in kommersiёle toepassings gemaak is, gevind dat met lae sonnestraling kon 5 MHz dwarsdeur die dag eerder as frekwensies net onder 7 MHz gebruik kan word. Hy het ook opgemerk dat die band in in die winter baie stil in die dag is en uitstekend werk vir pakketradio asook spraak. Ten tye van hoё sonnestraling kan 5 MHz vanaf sononder dwarsdeur tot selfs na sonop werk wanneer daar nie dag oorspringsone op 5 MHz is nie.

NASIONALE AMATEURRADIODAG

Op die onlangse strategiese beplanningsvergadering van die Raad van die SARL, is besluit om ‘n dag opsy te sit wat bekend sal staan as NASIONALE AMATEURRADIODAG, om amateurradio as ‘n nasionale bate te vier tesame met die verskeidenheid en die opwindendste van alle wetenskaplike stokperdjies.

Die datum vir vanjaar is 16 Junie wat saamval met Jeugdag. Die Raad het die dag uitgesoek omdat die jeug ook die toekoms van amateurradio is .Die dag sal nie afbreuk doen aan ons ouer of senior lede nie; almal moet deelneem.

Die oogmerk is om amateurradio aan die breё publiek voor te stel deur lewendige demonstrasies van die verskillende aspekte wat amateurradio interessant en ‘n genot maak. Dit word beplan dat ons besig sal wees vanaf 09:00 – 16:00.

Die Raad sal die program finaliseer by sy vergadering in hierdie week. U moet definitief volgende Sondag inskakel by SARLnuus vir nadere besonderhede wat aangevul kan word met e-posse, Hou ook die webblad dop.

EKSAMENNOMMERS VIR DIE RADIOAMATEUREKSAMEN OP DIE WEB

Kandidate wat geregistreer het om die radioamateureksamen op Donderdag 24 Mei af te lê, kan hulle eksamennommers sowel as waar die eksamen afgelê moet word vanaf die web verkry. Besoek www.amateurradio.org.za/RAE.htm of gaan na die skakel op die SARL se tuisblad www.sarl.org.za.

168 Kandidate het vir die Mei-eksamen ingeskryf. Die eksamen begin om 19:00 en kandidate het drie-uur om die twee afdelings van die vraestelle te beantwoord. Kandidate moet voor 18:30 by die eksamenlokale aanmeld en moet hulle ID-boekies of ander identifikasiebewys saamneem. Ons wens alle kandidate sukses met die eksamen toe.

AMA; KONTAK ALLE KONTINENTE

Op Dinsdagaand 1 Mei het Andre van Deventer, ZS2BK, d.m.v. AMA met PY2GN kontak gemaak. Dit was sy sesde kontak benodig vir die toekenning vir die Alle Kontinente Gekontak. Andre het nou 'n kontak op sy kerfstok met 'n stasie in Afrika, Europa, Asië, Oseania en Noord- en Suid-Amerika.

Baie geluk aan Andre.

KOMPETISIENUUS

SARL BHF/UHF-KOMPETISIE.

Slegs 8 logstate is ontvang, 6 van tuisstasies en 2 van klubstasies. Waar was al die ander klubstasies? Geoff Levey, ZS6GRL, die SARL se kompetisiebestuurder, rig graag 'n uitdaging aan al die klubs landwyd om aan die volgende been gedurende September deel te neem. Dit is die klubs se plig om entoesiasme in sy lede vir die wonders van BHF/UHF op te.ek

Analooguitslae.

Reisende stasie.
ZS6MHH 1 448 Punte

Enkeloperateur, Tuisstasie.
1ste - ZS1NAZ 112 890 Punte
2de - ZS6A 31 455 Punte
3de - ZS6PX 12 746 Punte

Multi-operateur, Klubstasie.
1ste - ZS6WR 43 932 Punte
2de - ZS6MRK 40 733 Punte

Digitale uitslae.

Enkeloperateur, Tuisstasie.
1ste - ZS5Y 106452 Punte
2de - ZS6A 102438 Punte
3de - ZS2ACP 100775 Punte

Multi-operateur, Klubstasie.
1ste - ZS6MRK 20 556 Punte
2de - ZS6WR 5 346 Punte

Veels geluk aan al die wenners. Baie dankie aan almal wat logstate ingestuur het. Spesiaal dankie aan Tienie Herbst wat die ekstra myl gegaan het.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die son se aktiwiteitsvlak gematig is. Daar is tans heelwat sonvlekgroepe sigbaar maar almal is redelik rustig en kalm.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, is die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week ongeveer 51.

Al die DX-bande van 20 tot 10 m gaan pret wees met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer met 10 m net 'n kortkop agter.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

06 Mei – Vanmiddag 14:00 tot 15:00 UTC ZS3 Naelloop.
12 Mei - SA AMSAT ruimtesimposium; besoek www.amsatsa.org.za vir besonderhede en registrasie.
13 Mei - Logstate vir ZS3-naelloop moet in wees na ZS3 Naelloop, Posbus 1049, Kathu, 8446 of per e-pos aan zs3nc@qsl.net.
12/13 Mei - AWA buis-QSO-partytjie.
19 Mei - 14:00 PEARS AJV by die Italiaanse Klub, Charlo, Port Elizabeth voorafgegaan deur 'n kattebakverkoping en 'n bring en braai na die AJV.
28 Mei - Logstate vir die AWA Buis QSO-party moet in wees na andyzs6ady@vodamail.co.za of AWA of Southern Africa, Posbus 12320; Benoryn 1504.
16 Junie – Nasionale Amateurradiodag 09:00 tot 16:00.

SARLNUUS nooi klubs en individue om nuusbrokkies wat radioamateurs en kortgolfluisteraars sal geniet, in te stuur. Stuur dit – indien moontlik - In beide Engels en Afrikaans, na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later as die Donderdag voor uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateurradio VANDAG wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7082, 7205 en 17 570KHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoekwww.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio TODAY', gaan af op die groen kolom en klik op 'LISTEN ON THE WEB'. 'n Heruitsending vind Maandagaande om17:30 UTC op 3230 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Johann, ZU1JM.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003