Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 3 JUNIE 2012

U luister na ZS6SRL, die amptelike amateurradiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Vir oudio, gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie, en vorige bulletins kan afgelaai word by www.sarl.org.za en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

STIL SLEUTEL

Neville de Gruchy, ZS6AON, van Florida, se sleutel het op Saturdag 12 Mei stil geraak. Hy was lank ‘n amateur met belangstelling ook in die sonnestelsel en lugvaart. Hy word oorleef deur sy LV Sylvia, met wie hy 63 jaar getroud was. Sy seun, Aubin, woon tans in die Verenigde Koninkryk en sy dogter, Lynn, woon by ma Sylvia.

Ons innige meegevoel aan sy familie en vriende.

(POUSE)

HOOFTREKKE VAN VANDAG SE NUUS

TONY VOORVELD ZS6CCD BY DIE RTA’s

JEUGDAGGEBEURTENIS

SKA AS GAS OP DIE VOLGENDE INTECNET

HERHALER WERKGROEP VERGADER OP 23 JUNIE

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

TONY VOORVELD ZS6CCD BY DIE RTA’s

Tony Voorveld, ZS6CCD, is welbekend vir sy geanimeerde aanbiedings, veral met antieke elektroniese toerusting. Hy sal as spreker optree by die “Radio Technology in Action” (RTA)-simposiums in Durban, Kaapstad en Johannesburg gedurende Julie tot September. Hy sal ongelukkig nie beskikbaar wees vir die Port Elizabeth vergadering nie.

Tony gaan praat en demonstrasies hou oor “Sounds from Nature”. Nee, dit gaan nie oor natuurlewe nie. Dit is iets meer wetenskaplik maar tog prettig. Jy wil dit nie misloop nie!

Radioamateurs in die Oos-Kaap moet maar ingeskakel bly op die SARL-nuus, want ons mag ‘n verrassing vir julle hę by julle RTA-simposium.

Die datums vir Durban, soos verlede week vermeld, is foutief. Die korrekte datum is Saterdag 21 Julie. Die res ook net weer: Kaapstad 11 Augustus, Port Elizabeth 1 September en Johannesburg 29 September.

JEUGDAGGEBEURTENIS

Die SARL het ‘n ooreenkoms met OKOSA dat ongelisensieerde persone ‘n amateurradiostasie onder toesig van ‘n gelisensieerde amateur mag bedien, sonder dat die stasie as ‘n opvoedkundige een geregistreer is. Hierdie is ‘n verdere aansporing om ‘n stasie op te rig, die jeug te betrek op die dag en aan die man in die straat te toon waartoe amateurradio in staat is.

Klubs en individue, wat so ‘n vertoonstasie in ‘n openbare plek oprig, as deel van Nasionale Amateurradiodag, word genooi om pamflette van die Liga se kantoor af te bestel. ‘n Beperkte aantal nuwe speld-embleme is ook beskikbaar en kan uitgedeel word aan jong mense wat die geleentheidstasie besoek en bedien het. Besoek www.sarl.co.za vir meer inligting. Stuur asseblief jou of jou klub se inligting en beplanning voor 16 Junie na artoday@sarl.org.za sodat dit in persvrystellings en radio-onderhoude ingesluit kan word.

In die gees van Nasionale Amateurradiodag op 16 Junie, gaan Peter Davis, ZS6IQ, die koue trotseer en sy stasie bedien vanaf sy boot “Jokerman” op die Vaaldam naby Deneysville. Sy posisie sal van tyd tot tyd verander maar kan gevolg word op www.aprs.fi met die roepsein ZS6IQ-9. Alle kontakte sal bevestig word met ‘n QSL-kaart en sal ook op qrz.com aangebring word. Voorkeur sal gegee word aan die 40 meter band. Vir inligting oor die dag, kan ZS6IQ nagegaan word op qrz.com.

SKA AS GAS BY DIE VOLGENDE INTEGNET

Prof Justin Jonas van die SKA-span, sal ‘n gas wees by die volgende Interaktiewe Tegniese Net (INTEGNET) op Sondag 17 Junie. Die net begin om 19:30. Prof Jonas gaan praat oor dié deel van die SKA wat na Suid-Afrika gaan kom en sal die kundigheid daaraan verbonde beklemtoon. Hy sal ook deelneem aan die interaktiewe sessie en amateurs oral in die land se vrae beantwoord.

Klubs wat hulle herhalers aan die Integnet Interaktiewe oudiostelsel wil koppel, word genooi om hulle besonderhede en landlynnommer te stuur aan artoday@sarl.org.za.

HERHALERWERKGROEP VERGADER OP 23 JUNIE

Die SARL Herhalerbestuurder, Frik Wolff, ZS6FZ, nooi alle klubs van afdeling 6 om hulle verteenwoordigers na die volgende herhalerwerkgroep se vergadering te stuur. Dit word om 09:00 op Saterdag 23 Junie by die Nasionale Amateurradiosentrum (NARS) gehou.

Verteenwoordigers moet die volgende dokumente saambring:

Al die tegniese verslae en toetse wat gedoen is op die 145,762 5 en 145,687 5 MHz herhalers, soos dit bespreek, ooreengekom en genotuleer is by die vergadering in Januarie 2012.

Die opbetaalde lisensies vir 2012 en ‘n lys van al die ander onbemande toerusting onder die klub se beheer.

Voorstelle vir nuwe onbemande installasies

Voorstelle vir enige bestaande of toekomstige onbemande stasies.

OKOSA het dit baie duidelik gemaak dat dokumentasie vir alle bestaande sowel as tydelike herhalerinstallasies aan die SARL voorgelę moet word. Sou hulle aktiewe herhalers vind wat nie in hulle databasis of op die amptelik lys van die Liga voorkom nie, word die lisensie gekanselleer. Inligting moet gestuur word na vubandplanning@sarl.org.za.

Ten einde die spyseniers behulpsaam te wees, stuur asseblief inligting oor persone wat die vergadering sal bywoon ook na vubandplanning@sarl.org.za.

RSGB ONDERSTEUN OFCOM

Die “Radio Society of Great Britain” (RSGB) het formeel gereageer op die telekommunikasiereguleerder, OFCOM, se navraag oor die voorgestelde nuwe anti-steurnisregulasies. Wetgewing moet die telekommunikasiereguleerder die mag gee om op te tree in gevalle van steurnisse deur nie-radio kommunikasie-apparaat.

Die RSGB sę dat die nuwe regulasies betyds in bedryf gestel moet word vir die komende Olimpiese Spele. Die aksie deur OFCOM beklemtoon die punt dat die RSGB al by verskeie geleenthede voorspraak gedoen het. Dit behels dat OFCOM die statutęre mag sal hę om in gevalle van ernstige steurings deur nie-radio apparaat te kan optree.

OFCOM het aangedui dat hulle beplan om hierdie regulasies voor te berei om na die Olimpiese Spele voort te gaan. Deel van die RSGB se reaksie beklemtoon die behoefte aan sulke voorskriftelike, afdwingbare magte.

LISENSIEFOOI

Die Lisensiefooi om jou roepsein te behou, was al op 30 April 2012 betaalbaar. As jy vergeet het, betaal dan maar dadelik.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteit aan die afneem is noudat reuse sonvlek 1 429 weg van die aarde af geroteer het. Ons gaan hom mis!

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 57.

Al die DX-bande van 20 tot 10 m gaan pret wees met die moontlikheid van sporadiese 6 m openinge.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

16 Junie – Jeugdaggebeurtenis. Onthou om op die uitkyk te wees vir Peter ZS6IQ op die Vaaldam.
17 Junie – Integnet om 17:30 oor die SKA.
23 Junie - Herhalerwerkgroep vergader om 09:00 by die NARC. Stuur inligting na vubandplanning@sarl.org.za.
Betaal jou lisensie en spring baie papierwerk vry!

SARLNUUS nooi klubs en individue om nuusbrokkies, waarin radioamateurs en kortgolfluisteraars sal belangstel, in te stuur na www.sarl.org.za/newsinbox.asp Stuur dit - indien moontlik - in Engels sowel as Afrikaans, nie later as die Donderdag voor die uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program “Amateur Radio Today”, wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz. Daar is ook 'n “podcast”-uitsending deur Dick ZS6RO. Besoek www.sarl.org.za vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS. Klik op 'Amateur Radio Today', gaan af op die groen kolom en klik op 'LISTEN ON THE WEB'. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 17:30 UTC op 4895 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings wat nie op amateurfrekwensies uitgesaai word.

U het geluister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Flip Britz, ZS4GE, en geredigeer deur George Honiball, ZS6NE.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003