Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 22 JULIE 2012

U luister na ZS6SRL, die amptelike amateurradiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Vir oudio, gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie, en vorige bulletins kan afgelaai word by www.sarl.org.za en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser vandag is (Naam en roepsein), op 145,725 MHz FM vanuit Pretoria, met herleidings op (7 066 en 3 695 kHz ESB). (Ander nuuslesers verander soos nodig)

IN DIE NUUS VANDAG:

SARL-PRESIDENT Sę RADIOAMATEURS KAN BYDRA TOT ’n KUNDIGE EKONOMIE

VOLGENDE RTA AANBIEDING IN GAUTENG

VK SPESIALE GEBEURTENIS STASIE VIR DIE 2012 OLIMPIADE

NUWE ASTRO-AMATEURS ARRIVEER BY DIE IRS AS DEEL VAN DIE EKSPEDISIE 32 SE BEMANNING

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

SARL-PRESIDENT Sę RADIOAMATEURS KAN BYDRA TOT ’n KUNDIGE EKONOMIE

Tydens sy toespraak gister by die Radiotegnologie-in-Aksie in Durban het die SARL-President gesę dat navorsing en ontwikkeling groei tot ’n kundig-intensiewe bedrywigheid aanwakker. “Daar is ’n duidelike verband tussen navorsing en mededingendhei. Een van die doelwitte van Suid-Afrikaners is om die land se kennisvoortbrengende se vermoë te bevorder om węreldklasnavorsing voort te bring en gevorderde bevindings in vernuwende produkte en metodes toe te pas.

Amateurradio is geseën met ’n groot gedeelte van die radiospektrum, eintlik baie meer as wat sommige glo die diens toekom. Maar gemeet hierteen het die radioamateurs ’n geskiedenis van baanbrekerswerk en ontwikkeling. “Blootstelling aan amateurradio het baie jongmense beďnvloed om ’n loopbaan in die tegnologiese nywerheid te volg. Baie het uitgeblink en groot bydraes gelewer. Dit laat mens dink aan Jack Kirby wat in 2000 die Nobelprys ontvang het vir sy ontwikkeling van die die geďntegreerde-stroombaan. In sy Nobeltoespraak getitel “Turning potential into reality” het hy vertel hoe hy geďnteresseerd geraak het in Elektronika en Tegnologie, het ZS1YT gesę.

Radioamateurs eksperimenteer baie maar het een groot probleem, hulle deel dit nie deur toesprake by vergaderings te lewer, of artikels te skryf vir publikasie in Radio ZS of ander Professionele tydskrifte nie. In ons węreld is daar vele interessante projekte waaraan ons kan werk terwyl ons pret het.

In sy aanbieding het hy geleenthede uitgewys met voortplantingsontwikkeling op 160 meter, 5 MHz nadat ICASA spektrum toegestaan het, op 600 meter en in die 137 kHz band.

VOLGENDE RTA IN GAUTENG AANGEBIED

Die volgende Radiotegnologie-in-Aksie sal op Saterdag 18 Augustus 2012 in Gauteng by die Nasionale Amateurradiosentrum aangebied word. Voorafbesprekings sal op Dinsdag open. Kry volle besonderhede vanaf www.sarl.org.za, kies RTA in die linkerkolom.

BOLAND NAELLOOP VANDAG ‘N PRETGELEEDHEID

Die Boland amateurradioklub se 40 meter naelloop foonkompetisie word vandag, Sondag 22 Julie vanaf 15:00 tot 18:00 SAT aangebied. Hierdie is ’n pretaktiwiteit om 40 meter werking tussen radioamateurs in Suidelike Afrika lande te bevorder. Dit is ook ’n uitstekende geleentheid vir reisende stasies, veldstasies en RaDARstasies om deel te neem. In die kompetisie is alleenlik draadantennas of mobiele antennas toelaatbaar met ’n maksimum kraguitset van 100 W. Die frekwensies wat gebruik mag word, is 7060 tot 7100 en 7135 tot 7200 kHz. Alleenlik drie (3) kontakte is op dieselfde frekwensie toelaatbaar daarna moet van frekwensie verander word. U mag egter terugkeer na die vorige frekwensie nadat vyf (5) kontakte gemaak is.

Slegs logstate in Excel sal aanvaar word en kan gestuur na zs1bak@bark.org.za of per pos aan die BARK, Posbus 273, Strand, 7139.

Volle besonderhede kan verkry word op bladsy 43 en 59 van die 2012 kompetisiehandleiding by www.sarl.org.za.
Vir ’n gedrukte weergawe gaan na: www.sarl.org.za/public/contests/SARL_2012_Contest_Manual_issue_10.pdf

VK SPESIALE GEBEURTENIS STASIES VIR DIE 2012 OLIMPIADE

Southgate rapporteer dat as deel van viering van die 2012 Londonse Olimpiese spele en Paralimpiese spele, twee vlagskip amateurradiostasies tydens die spele aktief sal wees.

Die “Cray Valley Radio Society” sal Engeland se Olimpiese feesvierings vanaf die “Royal Borough of Greenwich” aanbied. Hierdie is die tuiste van baie van die Londense aktiwiteite buite die Olimpiese arena. Die roepsein wat gebruik sal word, is Twee Oscar Een Twee Lima. ’n Soortgelyke amateurradio feestelikheid sal in Barry, Suid Wallis plaasvind en die roepsein sal wees Twee Oscar Een Twee Whisky.

Beide groepe sien daarna uit om so veel as moontlik kontakte gedurende die Olimpiese spele węreldwyd te maak. Hulle sal 24 uur per dag, 7 dae per week vanaf Woensdag 25 Julie tot 9 September op die lug wees. Die Londense stasie sal vanaf 10:00 tot 16:00 vir besoekers oop wees en die Walliese stasie vanaf 10:00 tot 17:00 UTC daagliks.

Herdenkings QSL-kaarte sal beskikbaar wees vanaf beide stasies. QSL-inligting is verkrygbaar aanlyn by www dot “www dot Two Oscar one two Lima dot com” en “www dot Two Oscar One Two Whisky.com”. Beide stasies is baie begerig om kontak te maak.

NUWE ASTRO-AMATEURS ARRIVEER BY DIE IRS AS DEEL VAN EKSPEDISIE 32 SE BEMANNING

Drie amateur-ruimtevlieëniers het vroeg op Dinsdag, 17 Julie veilig by die Internasionale Ruimteskip aangekom. Dit is vir ’n vier maande verblyf om die wentelende ruimteskip se bemanning tot die volle getal van ses aan te vul.

Die Soyuz-ruimtekapsule met NASA se ruimtevaarder Sunita Williams, KD5PLB; Russiese ruimtevaarder Yuri Malenchenko, RK3DUP, en Japanese ruimtenavorser Aki Hoshide, KE5DNI,aan boord koppel met die IRS op Dinsdag, 17 Julie, na ’n vlug van twee dae vanaf die Baikonur ruimtestasie in Kazakstan.

Tydens koppeling was die ruimteskip en die ruimtestasie op ’n afstand van 251 kilometer oor Noord-Oostelike Kazakstan. Die Soyuz het self geparkeer aan ’n na die Aarde-wysende aansluitingspoort op die Russiese geboude Rassvet-module. Nadat die luike tussen die Soyuz en die IRS oopgemaak is, het Williams, Malenchenco en Hoshide aangesluit by die ekspedisie 32 bemanning, Sergei Revin, Gennady Padalka, RN3DT, en Joseph Acaba, KE5DAR.

Padalka, Revin en Acaba het die ruimtestasie vanaf die 1ste Julie vir hulleself gehad toe drie vorige bemanningslede teruggekeer het Aarde toe en dit ook die afsluiting van ekspedisie 31 was.

PRETORIA AMATEURRADIOKLUB SE SNUFFELMARK

Die Pretoria Amateurradioklub, ZS6PTA, hou hul winter snuffelmark op 28 Julie 2012 by PMC in Keuningstraat, Silverton. Vir meer inligting, of om 'n tafel te bespreek, skakel Almero, ZS6LDP, by 083 938 8955 of per e-pos aan almero@up.ac.za.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING
Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteitsvlak laag is. Geeneen van die sonvlekke wat tans sigbaar is, kan groot fakkels oplewer nie.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 65.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 20 m net 'n kortkop agter behoort te wees. As gevolg van die laer sonaktiwiteit gaan 10 m openinge minder gereeld voorkom.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

22 Julie – Vandag, Boland Amateurradioklub se 40 meter naelloop vanaf 15:00 tot 18:00 SAT.
25 Julie – 2012 Olimpiese spele spesiale geleentheidstasies op die lug.
28 Julie – Pretoria Amateurradioklub se snuffelmark, vir meer inligting kontak Almero, ZS5LDP, by 083 938 8955 of e-pos aan almero@up.ac.za.
18 Augustus – RTA in Gauteng by die NARS.

SARL-nuus nooi klubs en individue om nuusbrokkies, waarin radioamateurs en kortgolfluisteraars sal belangstel, in te stuur na www.sarl.org.za/newsinbox.asp Stuur dit - indien moontlik - in Engels sowel as Afrikaans, nie later as die Donderdag voor die uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program "Amateur Radio Today", wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz. Daar is ook 'n "podcast"-uitsending deur Dick ZS6RO. Besoek www.sarl.org.za vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS. Klik op 'Amateur Radio Today', gaan af op die groen kolom en klik op 'LISTEN ON THE WEB'. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 17:30 UTC op 3230 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings wat nie op amateurfrekwensies uitgesaai word.

U het geluister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Johan ZS4SS, en geredigeer deur George Honiball, ZS6NE.

Dankie dat u geluister het. 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003