Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS - Sondag 9 September 2012

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Om te luister na 'n webstroom, besoek www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today'en volg die skakels vir meer inligting. Vir oudio via Echolink, verbinding met ZS0JPL-R.

Jy kan hierdie en vorige bulletins van www.sarl.org.za aflaai en ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam), (roepsein), op 145,725 vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos nodig).

In die nuus vandag:

RADIOTEGNOLOGIE-IN-AKSIE-SIMPOSIUM

SARL JEUGRAAD

ANDER SA CUBESAT OP DIE KAART

MTN RADIO AMATEURS VAN DIE JAAR-TOEKENNINGS

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

RADIOTEGNOLOGIE-IN-AKSIE-SIMPOSIUM - LAASTE STOP KAAPSTAD

Die laaste in die 2012 reeks van die SARL Radiotegnologie-in-Aksie-Simposiums sal op 29 September in Kaapstad by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie Bellvillekampus gehou word. Die volledige program en inskrywingsvorms is nou beskikbaar op www.sarl.org.za. Klik op RTA of die skakel in die nuussentrum op die tuisblad.

Die program bied 'n paar interessante aanbiedinge. Tony Voorveld is terug met 'n aanbieding met die naam " Tuning into Nature". Hy sal fokus op verskillende elektromagnetiese verskynsels wat in die natuur voorkom. Hy sal verduidelik en demonstreer hoe om verskynsels soos sonfakkels, kosmiese strale en weerlig opgespoor kan word deur amateurradio amateur wetenskaplike toerusting. Hy sal ook radioastronomie vir die amateur bespreek. Die aanbieding was hoog aangeskrewe in Durban en Gauteng waar Tony dit aangebied het.

Nóg 'n Kaapse eksklusiewe, is 'n aanbieding en demonstrasie oor MMANA, 'n gratis antennasimulasieprogram deur Raoul Coetzee, ZS1REC. Jy sal leer hoe om basiese draadantennas te simuleer, hoe impedansieaanpassing werk, instemming vir resonansie te doen en SGV waar te neem en bandwydtekurwes te trek, om net n paar te noem.

Verlede week se RTA in Port Elizabeth is ook deur 'n rekord getal radio amateurs bygewoon, soos vir RTA in die ander stede. Een van die hoogtepunte in Port Elizabeth was die aanbieding op die SKA deur Jason Manley van die SKA-kantoor in Kaapstad.

Die uitdaging is vir die Wes-Kaapse radioamateurs is om die Gautengse rekord van bykans 100 deelnemers te klop. Maak asseblief gebruik van die fasiliteit van voorafbespreking en staan 'n kans om 'n ARRL Basiese Antennaboek te wen. Bespreking verseker dat ons voldoende voorraad van die SDR 80 meter boustel asook die CD sal hê. Dit sal ook help met spyseniering. Die besprekingsvorm kan afgelaai word van www.sarl.org.za.

SARL JEUGRAAD BENODIG JOU INSETTE

'n Geruime tyd terug het die idee ontstaan vir die skep van 'n jeugraad om gebeure vir die jeug te organiseer en te bestuur. Die SARL is op die uitkyk na vrywilligers uit radioamateurs onder 25 jaar om name vir oorweging voor te lê. Klubs kan hier 'n belangrike rol speel om kandidate te nomineer. Stuur besonderhede soos naam, roepsein, ouderdom, adres en e-pos. aan secretary@sarl.org.za.

ANDER SA CUBESAT OP DIE KAARTE

Twintig Interns van die Denel Dynamics Engineering Academy of Learning is besig met die ontwerp en die bou van 'n CubeSat, as deel van hul internskapopleiding. Denel Dynamic neem tot 20 interns in, dit is studente wat hul ingenieurs-, meestersgraad of PhD voltooi het. Gedurende die eerste jaar bestee hulle die helfte van hulle tyd in die akademie en die ander helfte in hul aangewese departemente. "Die program is gemik op die blootstelling van interns aan 'n volledige produkontwikkelingsiklus," sê Grant Wilson wat die akademie lei. "Die ontwerp en bou van 'n CubeSat en die ontwikkeling van 'n grondstasie om die satelliet te bestuur is 'n ideale projek om dit te bereik."

Die 20 sterk Intern Projekspan is verdeel in drie afsonderlike spanne, elkeen verantwoordelik is vir sekere aspekte van die projek. Span Ground Zero is verantwoordelik vir die grondstasie en radiofrekwensie (RF) skakelkomponente. Span Virtuoso is verantwoordelik vir die kubusstruktuur en aanboordrekenaar, en Span Frodo is verantwoordelik vir die loonvrag, rigtingbeheer en die lansering. Lees meer oor DynaCube op www.amasatsa.org.za.

MTN RADIO AMATEURS VAN DIE JAAR-TOEKENNINGS

Hier is 'n geleentheid om radioamateurs vir bydraes tot amateurradio te erken. Daar is drie kategorieë:

GARTH MILNE TEGNIESE INNOVASIE TOEKENNING
Die toekenning word gemaak vir die ondersteuning, ontwikkeling en toepassing van tegnologiese innovasie in die amateuweser in Suid-Afrika. Die ontvanger sal 'n persoon wat die gebruik van tegnologie in amateurradio op klubvlak, nasionaal, by skole of 'n tersiêre onderwysinstelling bevorder.

MTN RADIOAMATEUR VAN DIE JAAR TOEKENNING
Die toekenning word gemaak vir die ondersteuning en ontwikkeling van die amateurradiodiens in Suid-Afrika, nie vir individuele prestasies soos DXCC en ander operasionele prestasies of wedstryde nie. Die ontvanger sal 'n persoon wat van sy of haar kundigheid en tyd gewy het tot die bevordering van amateurradio in Suid-Afrika wees.

MTN TOEKENNING VIR AMATEURRADIO IN GEMEENSKAPSDIENS
Jaarliks erken die Suid-Afrikaanse Amateurradio Ontwikkelingstrust 'n radioamateur of 'n groep radioamateurs vir diens aan die gemeenskap.

Gemeenskapsdiens kan hulp aan 'n gestremde radioamateur, kommunikasie ondersteuning gedurende 'n sportgebeurtenis of 'n rampsituasie soos 'n padongeluk of 'n natuurramp soos 'n vloed, veldbrande of 'n aardbewing wees. Nominasies word ingewag vir 'n individu of 'n groep van mense soos 'n radioklub, of 'n vereniging.

Nominasievorms is beskikbaar op www.amateurradio.org.za of deur die stuur van ''n versoek per e-pos aan saardt@intekom.co.za. Die sluitingsdatum vir nominasies is 30 September.

BEHEERDE DRAER AM - IETS OUD IS WEER NUUT VOLGENS 'n VERSLAG VAN NEWSLINE

Terug in die dae van volle draer AM-oordrag, 'n baie gewilde en 'n lae koste manier om 'n mens se stem op 'n dragolf te sit was om die finale kragversterker se skermrooster te moduleer. Hierdie metode het nie 'n swaar modulasie transformator benodig nie en was gedoen deur die uitsetkrag van die sender te beheer deur die finale versterker se skermspanning in ooreenstemming met die oudiosein te verander. Hierdie stelsel is genoem ‘beheerde draer AM’ en dit was baie gewild gedurende die 1940s tot 60s vir die amateurbande met sulke bekostigbare senders soos die Heathkit DX-35, DX-40 en DX-60 om net 'n paar te noem.

Met die koms van enkelsyband transmissie, verdwyn volle draer AM uit die guns in die radiowêreld, maar dit word steeds in die uitsaaibedryf en ander dienste gebruik. En nou maak draer beheerde modulasie 'n terugkeer onder uitsaaiers, maar nie op die manier waarop dit deur radioamateurs in die verlede gedoen is nie.

Vir uitsaaiers wat duisende rande per jaar betaal vir elektrisiteit, kan die vermoë om kragvlakke te verhoog en te verlaag 'n groot kostebesparende faktor wees. En as gevolg hiervan het 'n aantal stasies kwytskeldings van die FCC ontvang om te eksperimenteer met verskeie nuwe vorme van die draerbeheertegnologie.

In een geval, sê sendervervaardiger Harris Broadcast en New York City Powerhouse WOR-AM hulle het sukses gehad het met 'n kragbesparende modulasie afhanklike draervlak algoritme. Dit het geen effek op Arbitron Portable People Meter data-enkodering/dekodering, die stasies se H-D radioseindekking of digitale klankkwaliteit nie.

Harris ingenieurs het met Tom Ray, W2TRR, die korporatiewe direkteur van Ingenieurswese WOR AM in New York, saamgewerk om die verenigbaarheid van twee Harris modulasie-afhanklike draervlak algoritmes te toets. Amplitudemodulasie ‘Companding’ het die grootste vermindering in die senderkrag verbruik tot gevolg gehad met 'n besparing van 37 persent in die gemiddelde WS kraginset na die sender.

So sal hierdie nuwe vorm van amplitudemodulasie ’companding’ volle draer AM terugbring na die amateurbande? Terwyl 'n klein gedeelte mag besluit om daarmee te eksperimenteer, is dit meer waarskynlik dat ESB die voorkeur spraakstelsel onder amateurradio-operateurs oor die hele wêreld sal bly. Ten minste totdat dit in die toekoms deur 'n digitale stemstelsel vervang word.

KOMPETISIENUUS

Boland Amateurradioklub 40 m naelloop resultate:
Vir die Julie 2012 BARK se naelloop is 'n totaal van 9 logstate ontvang.

Die wenner van die kompetisie was ZS3R met 80 punte. In die 2de plek is ZS6LH met 78 punte en 3de plek met 77 punte is ZS6APT.

Die verskillende afdelingwenners is soos volg:
Afdeling 2 - ZS2EC
Afdeling 3 - ZS3R
Afdeling 4 - ZS4BM
Afdeling 6 - ZS6LH

Sertifikate sal binnekort vaan die wenners gepos word.

Geen logstate is van Afdeling 1 of 5 ontvang nie. As gevolg van die swak deelname aan hierdie kompetisie, het BARK besluit om nie met hierdie kompetisie in die toekoms voort te gaan nie.

2012 SARL HF GG-kompetisie.
Die kompetisiekomitee het twintig enkeloperateurlogstate en een kontrolelog ontvang vir die GGkompetisie wat op 26 Augustus gehou is. Dit is meer logs as wat vir die 2011 kompetisie ontvang is.

Roger Jones, ZS6RJ, stap met die louere weg met sy 116 punte, gevolg deur die Wes-Rand ARK, bedien deur Joop, ZS6C, met 100 punte en Barry Nugent, ZS2NF, met 94 punte is in die derde plek.

Pierre van Deventer, ZS6A, het die meeste punte op 'n enkelband behaal met sy 80 punte op 40 meter. In die klubkompetisie het Pretoria ARK eerste plek behaal met 176 punte gevolg deur Boland ARK met 166 punte en die Wes-Rand ARK met 146 punte.

Na al die punte vir die HF Foon, Digitaal en GG kompetisies bymekaar getel is, neem Pierre van Deventer, ZS6A, die eerste plek in met sy 318 punte gevolg deur Mitchel Mynhaardt, ZS6YH, op 288 punte en Brendon Muller, ZS4BM, op 276 punte.

Die wenner van die klubkompetisie is die Oos-Randtak met 812 punte gevolg deur die Wes-Rand ARK met 519 punte en die Pretoria ARK met 399 punte.

Die volledige lys uitslae is beskikbaar in HF Happenings 521. Baie geluk aan al die wenners. Knap gedaan!

VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die sonaktiwiteitsvlak op matige vlakke is. Sonvlek 1 564 bly 'n redelik groot sonvlek, maar daar is slegs 'n geïsoleerde kanse vir M-klas fakkels.

As jy jou eie frekwensievoorspellings wil doen, sal die verwagte voorspelde effektiewe sonvlektelling vir die week rondom 85 wees.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 20 m net 'n kortkop agter behoort te wees. As gevolg van die hoër sonaktiwiteit gaan 10 m openinge meer gereeld voorkom.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

10 September - Laaste dag om in te skryf vir Oktober RAE.
15 en 16 September - SARL BHF/UHF analoog- en digitale kompetisie.
30 September - Nominasies vir MTN geborgde SAARDT-toekennings in te wees na saardt@intekom.co.za.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang in te dien by radio amateurs en kortgolf-luisteraars. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans na www.sarl.org.za / newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om te luister na Amateur Radio Vandag, elke Sondag oggend om 10:00 SAT op 145.750 MHz in die Pretoria-omgewing, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz. Daar is ook 'n potgooi deur ZS6RO. Vir 'n web Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today ", gaan na die groen kolom en klik op 'LUISTER OP DIE WEB'. 'N Heruitsending vind op Maandae om 17:30 UTC op 3 230 kHz.
Sentech borg die ARMI uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Martin Schwella, ZS4MS en geredigeer deur George Honiball, ZS6NE.

Dankie vir die luister, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003