Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS 16 September 2012

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met ''n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Om te luister na 'n webstroom, besoek www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today'en volg die skakels vir meer inligting. Vir oudio via Echolink, verbind met ZS0JPL-R.

Jy kan hierdie en vorige bulletins van www.sarl.org.za aflaai en ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam), (roepsein), op 145,725 en 7,066 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander om aan te pas).

STIL SLEUTELS

Dit is met meegevoel dat aangekondig moet word dat die sleutels van twee radioamateurs in die onlangse verlede stil geword het. Dit is die van:

ZS1CP, Chuck Du Preez, twee maande gelede. Dit wil voorkom asof geen radioamateur voorheen daarvan in kennis gestel is nie.

die ander is die van ZS1VX - Valter Blaughsted op 2 September na 'n lang stryd met kanker 'n maand voor sy 79ste verjaarsdag. Hy was beskou as die vader van die Weskus publikasie "Ons Kontrei" wat hy het in 1968 begin het en nog steeds vandag gepubliseer word. Hy word oorleef deur sy liefdevolle vrou Patricia en seun Erik en sal baie gemis word deur familie en vriende.

Ons bied ons meegevoel aan die familie en vriende van die oorledenes.

(POUSE)

In die nuus vandag:

RSGB VRA IARU STREEK EEN OM KLT-STANDAARD TE HEROORWEEG

RADIO TEGNOLOGIE IN AKSIE
DRIE RADIOAMATEURS KEER HIERDIE NAWEEK NA DIE AARDE TERUG

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

RSGB VRA IARU STREEK EEN OM KLT-STANDAARD TE HEROORWEEG

Die Radiovereniging van Groot-Brittanje het die Internasionale Amateur Radio Unie Streek 1 se elektromagnetiese versoenbaarheid werkgroep formeel gevra om sy beleid oor die Europese konsepstandaard vir Breëband oor Kraglyne of KLT-standaard. Die RSGB beweer dit 'n 38 dB toename in RF besoedeling oor groot dele van die kortgolfradiospektrum te weeg kan bring.

Die versoek van die RSGB het, is vervat in in 'n brief van 28 Augustus van die RSGB se Don Beattie, G3BJ, aan CM Verholt, wat die voorsitter is van die IARU Streek 1 EMV Werkgroep. Daarin sê Beattie dat daar geen manier is dat die uitstralings van toestelle wat aan hierdie nuwe standaard voldoen aan die essensiële vereistes van die EMV-riglyne buite die uitgekeepte frekwensies sal voldoen nie. As sodanig, sê G3BJ dat die IARU Streek 1 EMV-werkgroep in werklikheid die verontagsaming van die belangrike vereistes van die Elektromagnetiese Versoenbaarheidsriglyne kondoneer. Hy sê dat hierdie optrede van die Kommissie duidelik in stryd is met die wet van die Europese Unie en dus oop is vir geregtelike hersiening.

Beattie gaan voort om te sê dat die nuwe uitstralingsvlakke, indien dit bekragtig word, sal onvermydelik die basislyn vir toekomstige standaarde word. In hierdie verband sê hy dat daar reeds 'n paar nuwe konsepte wat in omloop is wat na die meer liberale voorgestelde uitstralingsvlakke verwys.

Beattie eindig sy brief deur te sê dat die RSGB hoop dat gesonde verstand sal seëvier en dat die IARU Streek 1 sy standpunt oor hierdie saak sal wysig. Die IARU Streek 1 EMV-werkgroep het voorheen sy steun toegesê aan die nuwe pan-Europese Elektromagnetiese Versoenbaarheidstandaard wat die RSGB so heftig teenstaan.

Die SARL ondersteun die RSGB se siening dat 'n verslapping in uitstralingsvlakke kan verreikende negatiewe gevolge hê wat uiteindelik ook 'n impak op Suid-Afrika kan hê.

RADIOTEGNOLOGIE-IN-AKSIE SIMPOSIUM – BESPREEK VOORAF VIR KAAPSTAD

Die laaste in die 2012 reeks van die SARL se Radiotegnologie-in-Aksie Simposiums sal op 29 September in Kaapstad in die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie se Bellvillekampus gehou word. Die volledige program en inskrywingsvorms is nou beskikbaar op www.sarl.org.za. Klik op RTA of die skakel in ‘news update centre stage’ op die tuisblad.

Voorafbespreking help met reëlings vir spyseniering en waarborg dat jy die CD en die SDR-boustel by die vergadering sal kry.

Die uitdaging is vir die Wes-Kaap Radio Amateur die Gauteng rekord van bykans 100 deelnemers te klop. Maak asseblief gebruik van die voorafbesprekingsfasiliteit en het ’n kans om 'n ARRL Basiese Antennaboek te wen. Die besprekingsvorm kan afgelaai word by www.sarl.org.za.

DRIE RADIOAMATEURS KEER HIERDIE NAWEEK NA DIE AARDE TERUG

Na die besteding van 125 dae in die ruimte, sal NASA vlugingenieur Joe Acaba, KE5DAR, ekspedisie 32 bevelvoerder Gennadi Padalka, RN3DT, en vlugingenieur Sergei Revin, RN3BS, (beide van die Russiese Federale Ruimteagentskap) hierdie naweek hul reis na die aarde begin, wat die einde van ekspedisie 32 aan boord van die Internasionale Ruimtestasie beteken. Die trio sal hul Sojoes TMA-04M ruimtetuig vandag vir die vlug huis toe ontkoppel. Hulle is geskeduleer om byna vier uur later by Baikonur in Kazakhstan aan te kom.

Met die ontkoppeling sal ekspedisie 33 formeel aan boord van die IRS onder die bevel van NASA se Sunita Williams, KD5PLB, begin. Sy en haar bemanning - Russiese ruimtevaarder Joeri Malenchenko, RK3DUP, en Akihiko Hoshide, KE5DNI, van die “Japan Aerospace Exploration Agency (JAXA)” - sal die stasie as 'n drie-persoon bemanning vir 'n maand omsien tot en met die aankoms van drie nuwe bemanningslede in die middel van Oktober. Die ekstra bemanning sal bestaan uit NASA-ruimtevaarder Kevin Ford, KF5GPP, en Russiese ruimtevaarders Oleg Novitskiy en Evgeny Tarelkin. Williams, Malenchenko en Hoshide is geskeduleer om middel-November na die aarde terug te keer.

IS U SARL-LIDMAATSKAP OP DATUM?

Die afsnydatum vir hernuwing van SARL-lidmaatskap is 30 September 2012. Op 1 Oktober word die databasis aangepas en sal persone wat nog nie hernu het nie as "nie-lid" aangedui word. Om u ononderbroke lidmaatskap te verseker kan u dit aanlyn hernu op die SARL se webblad of skakel die SARL se kantoor op weeksdae tussen 09:00 en 13:00 op 011 675 2393. Hernu nou u lidmaatskap - Dit is die regte ding om te doen!

KLUBNUUS

Die Wesrand Amateurradioklub hou sy volgende snuffelmark om 12:00 op Saterdag 29 September 2012 by die klubhuis in Krotonstraat, Weltevredenpark, Roodepoort. Almal is baie welkom. Vir meer inligting skakel Phillip, ZS6PVT, by 083 267 3835, of Geoff ZS6GRL by 082 546 5546.

VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteitsvlak laag is. Tans is daar slegs 'n paar sonvlekke sigbaar.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 39.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 20 m net 'n kortkop agter behoort te wees. As gevolg van die laer sonaktiwiteit gaan 10 m openinge minder gereeld voorkom.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

15 en 16 September - SARL BHF/UHF analoog- en digitale wedstryd.
29 September – Snuffelmark van die Wesrand Amateurradioklub om 12:00.
30 September - Nominasies vir MTN geborgde SAARDT toekennings in te wees na saardt@intekom.co.za.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te stuur. Stuur dit - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans, na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later as die Donderdag voor uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateur Radio Mirror International wat om 10:00 SAT op 145,750 in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 860 kHz. Daar is ook 'n potgooi-uitsending waarna geluister kan word. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'ARMI' en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 22:05 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n bulletin saamgestel deur Martin Schwella, ZS4MS, en geredigeer deur George, ZS6NE.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003