Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 06 Januarie 2013

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

IN DIE NUUS VANDAG:

SARL FOKUS OP RAMPKOMMUNIKASIE-EEUFEES

OKOSA HET ROEPSEIN ZS9DCC "ZS9 RAMP KOMMUNIKASIE-EEUFEES" TOEGESTAAN

DIE TRANSISTOR NET 65 JAAR OUD

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

SARL FOKUS OP NOODKOMMUNIKASIE-EEUFEES

In sy Nuwejaarsboodskap die SARL se president, Rassie Erasmus, ZS1YT, het gesę dat vir die volgende vier maande sal die SARL fokus op die viering van die tema "Amateurradio - in sy tweede eeu van noodkommunikasie"

Hy het gesę: "In my Kersboodskap het ek op die amateurgees en die amateurkode gefokus en dit met die gees van Ubuntu vergelyk - dat diepgaande Afrikaanse sin is ons menslik slegs deur middel van die menslikheid van andere. Nelson Mandela het eenkeer gesę dat dit nie 'n parogiale verskynsel is nie, maar dit is węreldwyd toegevoeg aan ons gemeenskaplike soeke na 'n beter węreld.

Aangesien ons aan die begin van 'n splinternuwe jaar is wil ek wil graag die sesde en laaste item uit die amateurkode "Die Radio Amateur is Patrioties...... hul kennis en stasie is altyd gereed vir die diens van hul land en hul gemeenskap", uitsonder.

As die SARL het ons die amateurkode duidelik uitgeleef soos deur die aktiwiteit van ons noodkommunikasieafdeling "HAMNET" gedemonstreer en die baie amateurs wat vrylik van hul tyd en kundigheid afstaan om dit te ondersteun.

Op 18 April hierdie jaar, vier die węreld węreldamateurradiodag met die tema "Amateurradio - in sy tweede eeu van noodkommunikasie."

Ons glo dit is gepas dat ons die volgende vier maande wy aan die ondersteuning van die tema, en 'n eeu van noodkommunikasie se ondersteuning aan Suid Afrika, en inderdaad baie keer ook in lande ver buite ons grense, te gedenk.

OKOSA HET ROEPSEIN ZS9DCC "ZS9 NOODKOMMUNIKASIE-EEUFEES" TOEGESTAAN

Ek wil graag klubs nooi om beurte te neem om spesiale stasies in plekke toeganklik vir die publiek op te stel en te demonstreer hoe amateurradio ‘n bydrae tot Suid-Afrika en Suid-Afrikaners lewer deur ondersteuning van noodkommunikasie, soek en reddingsoperasies, kommunikasie-ondersteuning van sportgeleenthede en tegnologiese innovasie.

Amateurradio was die eerste om Spraak oor IP te gebruik. Echolink is ontwikkel baie jare voordat kommersiële operateurs Spraak oor IP in hul netwerke ingestel het. Radioamateurs bou en bedryf satelliete, het gevorderde programmatuur ontwikkel om kommunikasie onder swak seintoestande moontlik te maak en deel hierdie ervarings met andere om 'n kultuur van tegnologiese vooruitgang te ontwikkel.

Die SARL sal binnekort 'n brosjure beskikbaar hę wat ons vermoëns in die verskaffing van noodkommunikasie en tegnologiese vooruitgang in bekendstel. Ons het jou nodig om dit aan die węreld bekend te stel."

Luister na die volledige boodskap op Amateur Radio Today vanoggend of laai dit van die web af.

DIE TRANSISTOR NET 65 JAAR OUD

Newsline hierdie week 'n laat gelukkige verjaardagwens gegee aan 'n elektroniese onderdeel waarvan die uitvinding telekommunikasie revolusionęr verander het en die tegnologie wat ons vandag het, moontlik gemaak het.

Bell Labs se navorsers William Shockley, John Bardeen en Walter Brattain het op 16 Desember 1947 'n versterker van 'n germanium kristal geskep wat die vlak van 'n insetsein 100 keer versterk het. Verskeie navorsers het probeer om 'n vaste stof alternatief vir die vakuumbuis tydens die Tweede Węreldoorlog te ontwikkel, maar niemand het daarin geslaag nie. Die Bell Labs se trio het dit 'n week later op 23 Desember vir lab amptenare gedemonstreer waar Shockley dit as 'n wonderlike kersgeskenk beskou het.

Bell Labs het ses maande later die uitvinding van die transistor aangekondig. Die onderdeel het een van die beroemde wetenskaplike prestasies van die 20ste eeu geword, gelykstaande met die splitsing van die atoom, bemande vlug, en die ontdekking van DNA. Mens kan feitlik redeneer dat die transistor die belangrikste deurbraak van die 20ste eeu is, want die daaropvolgende vooruitgang in ander velde het staatgemaak op die rekenaarkrag wat moontlik gemaak is deur geďntegreerde stroombane en halfgeleiers. In werklikheid het inligting self 'n wetenskap geword. As gevolg van hul prestasie het Electronics Magazine 'n foto van die drie mans op sy voorblad geplaas. Die drie het die Nobelprys vir fisika in 1956 gedeel. John Bardeen was 'n tweede keer in 1972 'n laureaat vir sy werk op supergeleiding. En propos is die hele storie on-line te tinyurl.com/transistor-comes-alive.

NIE 'N SARL LID NIE?

As jy nog nie 'n SARL-lid is nie kan jy nou een word teen slegs R240 vir die tydperk van nou af tot die einde van Junie. Hierdie aanbod is slegs beskikbaar vir radioamateurs wat nou aansluit of her-aansluit na meer as 'n jaar van nie-lidmaatskap. Die aanbod is ongelukkig nie van toepassing vir lede wat nog nie hul gelde vir die huidige 2012/2013 jaar betaal het nie. Vir meer besonderhede besoek www.sarl.org.za of skakel 011 675 2393 op Maandag wanneer die SARL se kantoor by die Nasionale Amateurradiosentrum heropen.

KOMPETISIENUUS

Die PEARS Nasionale BHF/UHF-kompetisie vind plaas op 18 tot 20 Januarie 2013, en is oop vir alle gelisensieerde amateurs in Suid-Afrika en die buurstate. Die doel van die BHF/UHF-kompetisie is om aktiwiteit op die bande te stimuleer, die maak van baie langafstandkontakte en moontlik nuwe rekords te vestig en die verbetering van BHF/UHF-toerusting aan te moedig. Dit is 'n 44-uur kompetisie vir digitale- en analoogmodusse, dit sal die veranderinge van voortplanting oor die twee dae weerspieël en bied 'n wonderlike kampeertyd met baie van die pret vir veldstasies. Radioamateurs word versoek om aan beide die kompetisies deel te neem en die bande aan die lewe hou. Stasies in die eerste drie kategorieë kan meeding in beide die nasionale- en streeksafdelings.

Die eerste 22-uur-sessie van die kompetisie begin om 16:00 UTC op Vrydag 18 Januarie en sluit om 14:00 UTC op Saterdag 19 Januarie. Die tweede 22-uur-sessie begin om 14:01 UTC op Saterdag en eindig om 12:00 UTC op Sondag 20 Januarie 2013.

U kan deelneem as 'n basisstasie, 'n veldstasie, 'n klub- of Multioperateurstasie, 'n Beperkte Kategorie (a) Basis of (b) Veld- of stilstaande mobiele stasie of 'n Roverstasie. Die aktiwiteit is ESB, GG, digitaal en FM op 6, 4 en 2 meter, sowel as 70 en 23 cm. 'n Geldige kontak bestaan uit die uitruil van roepseine, seinverslae en plek soos byv die 6 syfer Maidenheadruitblok of koördinate.

Die SARL Somer QRP-kompetisie vind plaas op Saterdag 26 Januarie 2013 vanaf 12:00 tot 15:00 UTC. Die QRP-kompetisies is bedoel om prettige aktiwiteite te wees en QRP-werking tussen radioamateurs te bevorder. Die gebruik van selfgeboude toerusting of werking as 'n draagbare/veldstasie en die gebruik van tydelike antennas word aangemoedig, maar is nie 'n vereiste nie. ESB en GG mag gebruik word met 5 watt (PEP) of minder uitset en 'n stasie kan een keer per band per modus gewerk word. Daar is geen antennabeperkings nie.

Die eerste uur is beperk tot die 40 m-band en in die oorblywende twee ure is radioamateurs vry om enige HF-(nie-WARC) band te gebruik soos hulle goed dink. Die uitruiling is 'n RS(T)- verslag en ruitblok.

Die reëls vir beide kompetisies kan gevind word in die 2013-kompetisiehandboek, neem asseblief kennis dat die reëls vir die QRP-wedstryd na die 2012 kompetisies verander is.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak gematig gaan wees. Sonvlek AR 1 640 produseer tans C-klas fakkels maar huisves genoeg energie vir X-klas fakkels.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 73.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 20 m net 'n kortkop agter behoort te wees. 10 m openinge gaan ook gereeld voorkom.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE
12 en 13 Januarie - Jag LIONS-IN-THE-AIR.
15 Januarie – laaste dag om kommentaar in te stuur oor die Nasionale Radiofrekwensieplan aan sarlregwg@sarl.org.za.
18 tot 20 Januarie - PEARS Nasionale BHF/UHF-kompetisie.
26 Januarie - SARL Somer QRP-kompetisie 12:00 tot 15:00 UTC.
31 Januarie – Sluitingsdatum vir insending van nominasies vir Raadslede vir die volgende termyn en mosies vir die 2013 AJV.
31 Januarie - Laaste dag vir indiening van 'n verkorte resume van 'n beoogde aanbieding vir SA AMSAT RUIMTESIMPOSIUM op 18 Mei 2013 na saamsat@sarl.org.za
23 Februarie – SARL se Jeugnaelloop 10:00 tot 12:00 SAT en 'n spesiale gebeurtenis beginnende om 09:00.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing te luister na “Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz en ook 'n podcast deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op “Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web’. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 4 895 kHz plaas. Ontvangsrapporte sal waardeer word. Ons is in die besonder geďnteresseerd in verslae oor ontvangs op 4 895 kHz aangesien dit naby aan die voorgestelde nuwe amateurtoekenning van 5 MHz is. Ontvangsverslae uit alle gebiede van Suid-Afrika sal waardevol wees vir ons aansoek aan OKOSA vir frekwensiestudies. Stuur verslae aan artoday@sarl.org.za.

Sentech voorsien die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Die SARL-NUUSSPAN wens al ons luisteraars en intekenare 'n voorspoedige nuwe jaar toe.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, met vertalings deur Arthur Jordaan, ZS1AIJ, en George Honiball, ZS6NE, wat ook die bulletin saamgestel en geredigeer het.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003