Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 28 April 2013

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

IN DIE NUUS VANDAG:


PROJEKTE VIR VOLGENDE JAAR DEUR SARL-PRESIDENT AANGEKONDIG

BESPREEK NOU VIR DIE SA AMSAT RUIMTESIMPOSIUM

TOEKENNINGS

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

PROJEKTE VIR VOLGENDE JAAR DEUR SARL-PRESIDENT AANGEKONDIG

In sy rede tydens die jaarlikse dinee gisteraand, het die SARL se President, Rassie Erasmus, ZS1YT, gefokus op die jaar wat voorlę. Hy het gesę dat met die toekenning van twee lisensies vir voortplantingnavorsing, radioamateurs 'n belangrike bydrae aan twee fronte kan lewer: om die Suid-Afrikaanse afvaardiging na die Węreldradiokonferensie 15 om item 1.4 op die agenda vir 'n permanente sekondęre toekenning op 5 MHz te ondersteun en aan die węreld te toon dat amateurradio die mees opwindende van alle tegniese stokperdjies is. Hy het gesę: “Vir die volgende 8 maande het ons twee frekwensies op 5 MHz om mee te eksperimenteer. Ons behoort hierdie geleentheid aan te gryp en aan die węreld te wys wat ons kan bereik. Wat in die besonder aangaande hierdie loodsprojek aantreklik is, is dat omtrent elkeen daarin betrokke kan raak deur byv. net te luister en Ontvangsrapporte te verskaf of aktief deel te neem deur antennas te ontwerp en te bou of selfs 'n klein sender te bou.

Ter voorbereiding vir WRC 15, het die Suid-Afrikaanse Regering 'n industriële voorbereidingsgroep in die lewe geroep waaraan die SARL sal deelneem. Hierdie groep gaan die standpunte wat Suid-Afrika teenoor die verskillende items op die WRC 15 se agenda moet inneem, onder oë neem. Verder sal hierdie groep ook skakel met die SAOG-lande en uiteindelik ook met die Afrika Telekommkunikasie-unie. Ons inset kan waardevol wees om ondersteuning by WRC 15 te werf.

Óns het ook 'n loodslisensie vir 472 MHz verkry voordat die frekwensie beskikbaar kom deur middel van publikasie in die Nasionale Frekwensietabel later vanjaar. Daar is nou baie uitdagende geleenthede vir antennaprojekte”.

“Gekoppel aan al hierdie aktiwiteite is daar 'n toenemende belangstelling in digitale kommunikasie met baie nuwe ontwikkelings in digitale spraak swak sein digitale kommunikasie, gespesialiseerde programmatuur en selfoontoepassings vir amateurradio, om net 'n paar van die interessante gebiede te noem. Tydens ons onlangs gehoue strategie-indaba het raadslede verskeie temas onder oë geneem en besluit dat die tema van die jaar ‘Amateurradio omarm digitaal’ sal wees. Dit beteken dat gedurende die komende jaar ons sal kyk na watter impak die digitale węreld op amateurradio sal hę en hoe dit die jonger geslag na ons stokperdjie kan trek. Dit sal egter nie ons fokus van tradisionele amateurradio, wat steeds ons hoofaktiwiteit sal wees, weglei nie, maar slegs 'n verdere dimensie sal byvoeg.

“Ek is seker dat u met my sal saamstem dat die SARL steeds reg laat geskied aan sy slagspreuk ‘Amateurradio die wonderlikste van alle wetenskaplike stokperdjies’ is nie. Dit is ons diversiteit wat dit die wonderlikste maak. Moenie agterbly nie. Kom aan boord en geniet die SARL-vaart”.

AJV-BESLUITE

Die AJV het die finansiële verslag aanvaar, die begroting goedgekeur en 'n 7,5% verhoging in ledegelde vir die nuwe finansiële jaar goedgekeur.

Daar was heelwat bespreking oor die mosies.

Mosie 1 was geamendeer om in te sluit dat klublede uit minstens 10 SARL-lede sal bestaan. Die geamendeerde mosie is aanvaar.

Mosie 2 is eenparig aanvaar.

Mosie 3 is aanvaar. In die toekoms sal die Raad net 10 lede hę.

Mosie 4 is aanvaar.

Aangesien net 13 lede vir die Raad voorgestel is, is die volgende lede as Raadslede vir die volgende jaar verklaar: Rassie Erasmus, ZS1YT, Geoff Levey, ZS6GRL, Fritz Sutherland ZS6SF, Riaan GreeffZS4PR, Hans van de Groenendaal, ZS6AKV, Laurie Devereux, ZS5DL, Fred Scheepers, ZS1FCS, Frik Wolff, ZS6FZ, Johann Marais, ZS1JM, Gideon Jannasch, ZS44GJA.

Na bespreking is besluit om die SARL se kenteken te behou.

Die gedagte om die SARL se nuusbulletin na midweek te verskuif, het gemengde gevoelens uitgelok. Tans word geen verandering beoog nie.

Johann Marais, ZS1JM, het die vergadering op datum gebring aangaande die status van die Antennaverdedigingsprojek. Sy voorlegging sal gedurende hierdie week op die SARL se webwerf beskikbaar gestel word.

ZS6AKV het die vergadering opgedateer aangaande die 5 MHz en 472 kHz projekte. Volledige besonderhede sal vanaf 1 Mei op www.amateurradio.org.za/propresearch.htm beskikbaar wees, of klik op die verbinding op www.sarl.org.za.

JAARVERSLAG NOU OP DIE WEB BESKIKBAAR

Die jaarverslag wat gister aan die AJV voorgelę is en waarin baie van die hoogtepunte van die afgelope jaar beklemtoon is, is nou op www.sarl.org.za beskikbaar en kan, met die volg van die rigtingwysers op die tuisblad, afgelaai word.

BESPREEK NOU VIR DIE SA AMSAT RUIMTESIMPOSIUM

Die volgende belangrike datum op die amateurradiokalender is SA AMSAT se Ruimtesimposium wat op Saterdag 18 Mei in Pretoria in die Innovation Hub gehou sal word. volledige besonderhede, die program en besprekingsvorms is beskikbaar by www.amsatsa.org.za.

Volg die fassinerende verhaal van Suid-Afrika se DynaCube satelliet gebou deur leerlingingenieurs van Denel Dynamics. Sien 'n demonstrasie van SA AMSAT se Cubesat KLETSkous en leer meer oor hoe om 'n ontvanger vir die CPUT ZACUBE 20 meter baken te bou. Bespreek nog hierdie week en trek voordeel van die ‘vroeë voëltjie’ lae tarief.

TOEKENNINGS

Tydens die jaarlikse toekenningseremonie is die volgende toekennings gedoen:

SARL-Vererings.

Lewenslange erelidmaatskap - die SARL se hoogste eer aan:
Karl Heinz Canitz, ZS1KC.

Willie Wilson Goue Wapen
Vir die amateur wat uitnemende en verdienstelike diens aan die Liga gelewer het, aan:
David Reece, ZS1DFR.

Jack Twine Verdienstelikheidstoekenning.
Hierdie toekenning erken kwaliteite soos onselfsugtigheid, skoon bedryfsprosedures en 'n werklike belangstelling in amateurradio en sy sake. Hierdie geëerde toekenning word deur die Raad aan amateurs gedoen op aanbeveling van hulle mede-amateurs. Die ontvangers is:
Pieter de Jager, ZS1SD
Nasri Gasant, ZS1NAZ
Pierre Holtzhausen, ZS6PJH
Ian Pope, ZS1SX
Johan Sevenster, ZS1A
Alexander Smith, ZS1L
Dirk van der Berg, ZS1VDB
Jan van der Vyver, ZS1VDV
Pierre van Deventer, ZS6A
Paul van Spronsen, ZS1V
Johan van Vuuren, ZS6JVV
Gerhard Coetzee, ZS3TG
Maurice Drinkwater, ZS1ACH
Johan van Aarde, ZS2I.

Die President se Toekenning aan:
Graham Griggs, ZS2ABK.

Tegnologietoekennings.

Icom Uitstekendheids, die “prima-” toekenning van die SARL aan:
Frik Wolff, ZS6FZ.

SARL HF Kompetisietoekennings.

Stil Sleutels Herinneringstoekenning, ESB.
Vir die hoogste telling in die jaarlikse HF Foonkompetisie aan:
Hans Kappetijn, ZS6KR.

Stil Sleutels Herinneringstoekenning, GG.
Vir die hoogste telling in die jaarlikse HF GG kompetisie aan:
Roger Jones, ZS6RJ.

Joseph White Trofee.
Vir die hoogste telling op enige enkele band in die jaarlikse HF Foonkompetisie aan:
Pierre van Deventer, ZS6A.

ZS4BS Digital Trofee.
Vir die hoogste telling op enige enkele band in die jaarlikse HF Digitale kompetisie aan.
Rohan Schreuder, ZS6RJS.

Fred Mills Trofee.
Vir die hoogste telling in die jaarlikse HF Foon/GG-kompetisie en wat nooit tevore 'n trofee in 'n SARL HF kompetisie gewen het nie, aan:
Mitchell Mynhardt, ZS6YH.

Anon Trofee.
Vir die amateur wat die hoogste telling op enige enkele band tydens die jaarlikse HF en GG kompetisie behaal aan:
Pierre van Deventer, ZS6A.

HOS Trog (Hoogste Bedryfstelling)
Vir die amateur wat die hoogste totale telling aanteken in beide jaarlikse HF kompetisies aan:
Pierre van Deventer, ZS6A.

Die klub/takdeelnametrofee.
Vir die klub of tak wat die hoogste totale telling aanteken in beide jaarlikse HF Foon- en GG-kompetisies aan:
Die Oos-Rand Radioklub.

Die SARL Digitale Trofee.
Vir die amateur wat die hoogste telling aanteken in die jaarlikse HF digitale kompetisie aan:
Noel Hammond, ZR6DX.

Die SARL 80 m Klubkompetisietrofee.
Vir die amateurradioklub wat die hoogste telling aanteken in die ses SARL 80 m klubkompetisies aan:
Wes-Rand ARK.

Bedryfstoekennings.

Arthur Hemsley 2 meter Trofee.
Vir die radioamateur se individuele prestasies met uitsendings in die 2 meter amateurband deur buitengewone sukses op AMA of modusse soos troposferiese voortplanting. Dit is nie vir langste afstand bereik nie, maar eerder vir deursetting om iets spesiaal op 2 m te bereik, aan:
Andre van Deventer, ZS2BK.

Barney Joel Trofee.
Vir enige lid van die SARL vir beste prestasie met mobiele werking gedurende die jaar, ook vir prestasie deur 'n individu met kommunikasie tydens 'n tydren of publieke byeenkoms, aan:
Douw Kruger, ZS1DGK.

Bert Buckley Ses meter Trofee.
Vir enige radioamateur vir sy/haar individuele prestasie met uitsendings in die 6 m band, nie vir langste afstand gewerk nie, maar vir hoogstaande werk of aktiwiteit op 6 m, aan:
Allan Saul, ZS1LS.

Radio ZS 2 m Wisseltrofee.
Vir die amateur wat die langste afstand op die 2 meter band gedurende die bereik het, gesamentlik aan:
Dick Coates, ZS6BUN, en
Nasri Gasant, ZS1NAZ.

Radio ZS Toekennibgs.

Gary Immelman RA Erfenis Wisseltrofee.
Vir die beste artikel van historiese aard oor 'n gebeurtenis van meer as 5 jaar in die verlede of oor 'n interessante persoonlikheid wat 'n belangrike rol in die ontwikkeling van amateurradio in die verlede vervul het, aan:
Colin Ewels ex ZS2IL (1952), ZS6AIV (1953/6), ZS5AE (1956/8), ZS7L (1959 - 1964), ZS9H (1965), A2CAH (1966 – 1978) en 7P8BJ (1979 – 1983), vir sy artikel:
“I salute all radio amateurs” in Maart/April 2012 Radio ZS.

JJ Pienaar Trofee.
Deur die redakteur van Radio ZS toegeken vir die beste artikel wat die afgelope jaar in Radio ZS gepubliseer is, aan:
Pierre Tromp, ZS1HF/ZS8M, vir:
“A Radio Amateur on Marion Island” Mei/Junie 2012 Radio ZS.

Radio ZS-Skild.
Deur die redakteur van Radio ZS toegeken aan 'n SARL-geaffilieerde klub of lid wat gedurende die jaar Radio ZS die beste ondersteun het, aan
Victor P du Preez, ZS6EA, vir sy reeks “Amateur Radio - the most versatile hobby on earth”.

Hamnetskild.
Die Hamnetskild beloon 'n individu of 'n groep vir uitmuntende diens gelewer op 'n spesifieke gebied aan die gemeenskap, die outoriteite of aan Hamnet in die besonder. Dit sluit in samewerking met rampbestuurorganisasies en die entoesiastiese voorsiening van noodkommunikasie. Die toekenning van die skild word deur die Nasionale Direkteur van Hamnet gedoen normaalweg gebaseer op aanbevelings van die Provinsiale direkteurs en gaan aan:
Hampie Findt, ZS6HJF.

RAE-toekennings.
Arland Ussher Gold Pen toekenning vir die hoogste punte behaal in die twee RAE’s.
Klas A, aan: ES van der Berg, ZS6LWK, en
GP Castleman, ZS6GPC.
Klas B, aan WC Botha. ZU6WC.

KOMPETISIENUUS

Die ZS3 Naelloop is 'n prettige aktiwiteit om kontakte tussen radioamateurs in die Noord-Kaap en radioamateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder. Die naelloop is op die lug op Sondag 5 Mei vanaf 14:00 tot 15:00 UTC of 16:00 tot 17:00 SAT. Dit is 'n foon- en GG-kompetisie op die 40 meter band. 'n RS- of RST-verslag en provinsiale- of landsafkorting word uitgeruil.

ZS3-stasies kry 1 punt vir kontakte met stasies in ZS3 en 2 punte vir kontakte met stasies in ander ZS-roepgebiede of Suider-Afrikaanse lande. Alle ander stasies kry 2 punte vir 'n kontak met 'n stasie in ZS3 en 1 punt vir 'n kontak met 'n stasie in hul eie of ander ZS-roepgebiede (uitgesluit ZS3) of Suider-Afrikaanse lande. Kontak met die Noord-Kaap ARK, ZS3NC, Namakwaland Aero Sport Association, ZS3FLY, of die Kalahari Karoo ARK, ZS3ARK, tel 5 punte elk. Slegs een kontak per stasie word toegelaat.

Logstate moet teen 13 Mei ingedien word en per e-pos aan zs3nc@qsl.net gestuur word. 'n Sertifikaat sal toegeken word aan die 1ste, 2de en 3de plekke in die kompetisie.

Pretoria, ZS6PTA VLOOIMARK

Die Pretoria Amateurradioklub hou op Woensdag 1 Mei 2013 hul wintersnuffelmark by hul gebruiklike plek in Silverton, Pretoria. Die begintyd is 08:00. Almal is welkom en indien u meer inligting benodig of 'n tafel wil bespreek, kontak asb vir Almer, ZS6LDP, by 083 938 8955.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak gematig gaan wees. Ou Sonvlek 1 713 het weer na die aarde geroteer en is herdoop as Sonvlek 1 731. Hy het alreeds 'n lae vlak C-klas fakkel opgelewer. Die ander sigbare sonvlekke is tans stabiel.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 67.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 20 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl 15 m net 'n kortkop agter behoort te wees. Goeie 10 m openinge gaan van tyd tot tyd oor daglig paaie voorkom.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE
Van vandag – Besprekings oop vir SA AMSAT se jaarlikse ruimtesimposium in Pretoria op Saterdag 18 Mei 2012 by die Innovation Hub, besoek www.amsatsa.org.za.
21 April - ARRL Rookie Roundup.
20 April-20 Mei – Herdenkingstasie PB33BQ op die lug, besoek pa7da.jouwweb.nl/pb33q vir meer inligting.
23 April – Laaste dag om vir die SARL se middagete en jaarlikse dinee op 17 April te bespreestaan
26-27 April – SARL Nasionale Konvensie, registreer nou, besonderhede verkrygbaar van on www.sarl.org.za.
1 Mei – ZS6PTA snuffelmark beginnende om 08:00.
5 Mei – ZS3 Naelloop 14:00 tot 15:00 UTC.
13 Mei – Logstate vir ZS3 naellop moet in wees na zs3nc@qsl.net.
15/16 Junie – Eerste naweek van die Internasionale Museumnaweke se geleentheidsnaweke, registreer jou museumsatasie by www.ukradioamateur.co.uk/imw.
22/23 Junie – Tweede naweek van die Internasionale Museumnaweke se geleentheidsnaweke.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing te luister na “Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 025 en 17 570 kHz en ook 'n podcast deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op “Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web’. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 3 230 kHz plaas. Ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle sal waardeer word. Stuur e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies word gedoen op senders wat deur Sentech beskikbaar gestel word.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur George Honiball, ZS6NE, saamgestel en geredigeer is.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003