Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 3 NOVEMBER 2013

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse
Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL
saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in
Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today'
en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-
R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook
daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met
herleidings op 7,066 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

STIL SLEUTEL

Johan Roos (ZS4KB) is op 30 Oktober 2013 oorlede en laat sy vrou, kinders en
kleinkinders agter.

Ons dra graag ons simpatie aan sy naasbestaandes oor.

(POUSE)

IN DIE NUUS VANDAG:

NUWE E-PUB VERVANG DIE MONITORING TIMES
60 METER AKTIWITEITSNAWEEK
SARL NASIONALE VELDDAG

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander
belangrike en interessante items.

INTECNET KEER TERUG

Vanaf Januarie 2014 sal die SARL se Interaktiewe Tegniese Net weer op die lug
wees. Hierdie keer op 'n weeksaand. Die eerste Intecnet sal op die tweede
Dinsdag of Woensdag van Januarie 2014 plaasvind. Luisteraars word gevra om
aan te dui watter dag hulle verkies.

Stuur asseblief 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za en dui aan of jy Dinsdag of
Woensdag verkies.

NUWE E-PUB VERVANG DIE MONITORING TIMES

Wanneer die Monitoring Times gedurende Desember sy laaste uitgawe publiseer
sal 'n nuwe e-publikasie, die Spectrum Monitor, in sy voetspore volg. Die
Monitoring Times het vroeer vanjaar, na 33 jaar, aangekondig dat dit die
publikasie staak met die aftrede van sy uitgewer, Bob Grove, W8JHD.

Monitoring Times se besturende redakteur, Ken Reitz, KS4ZR, sal aan die spits
van die Spectrum Monitor staan. Dit sal in Januaries y eerste verskyning maak
en sal volgens Reitz "carry virtually all of the current Monitoring Times
columnists and feature writers." Hy het gese die publikasie sal slegs in
Adobe PDF format beskikbaar wees.

Vir volledige inligting kan u gerus www.thespectrum.com besoek.

60 METER AKTIWITEITSNAWEEK

Die SARL hou vanaf 00:01 op Saterdag 9 November tot middernag Sondag 10
November 'n aktiwiteitsnaweek op die 60 meter band. Aktiwiteit sal plaasvind
op 5260 KHz met die doel om voortplantingstoestande tussen soveel moontlik
stasies in soveel moontlik gebiede in Suid Afrika en elders te bestudeer.
Maak ten minste een kontak in soveel as moontlik tydgleuwe. Die gleuwe is
soos volg: Saterdag en Sondag: 00:01 - 06:00, 06:00 - 10:00, 10:00m - 15:00,
15:00 - 18:00 en 18:00 - middernag. Hou asseblief 'n akkurate logstaat wat die
ligging en seinverslae insluit.

Verskaf asseblief aan die bokant van jou logstaat inligting oor jou stasie,
antenna en kraglewering. E-pos asseblief die state na propresearch@sarl.org.za
voor Dinsdag 14 November. Alle logstate wat ontvang word sal vir 'n gelukkige
trekking met verskeie pryse in aanmerking kom. Slegs stasis wat vir 5 MHz
operasie geregistreer het mag deelneem. Maak asseblief jou bydrae tot
voortplantingsnavorsing. Hierdie inligting word benodig vir 'n verslag aan
die Onafhanklike Uitsaaiowerheid.

VOLGENDE SONDAG IS HERINNERINGSDAG

Op Sondag 10 November sal die SARL die jaarlikse Herinneringdag Diens as deel
van Amateur radio Today uitsaai teen ongeveer 10:40 plaaslike tyd. Alle
radioamateurs word versoek om radiostilte gedurende die diens te handhaaf as
teken van repek teenoor die wat hulle lewe in diens van ons land verloor het.
Die diens sal in Afrikaans en Engels deur Ds Jan Kramer, ZS6JRK gelei word.
Klubs wat die diens op hulle plaaslike herhaler wil uitsaai kan die audio
legger vanaf www.sarl.org.za aflaai. 'n Skakel hierna sal op Sondag 10
November geaktiveer word.

WEES BEDAG OP SPORADIES E-DX UIT ZIMBABWE EN VERDER NOORD

Baie sporadiese e-openinge is vanaf Zimbabwe, Zambie en verder Noord deur die
ou Band 1 TV stasies tussen November en Februarie teen ongeveer middag
aangeteken.Die klankkanale is rondom 53,750 MHz by S9+ vlakke aangeteken. Toe
hierdie stasies gesluit is het ons belangrike BHF bakens verloor. Gelukkig
het ons nou drie DX bakens waarmee opening Noord van ons grense opgemerk kan
word. Dit is Z21SIX op 50,0016 MHz te Harare, V51YJ op 50,028 MHz by Windhoek
en Q9ID op 50,021 MHz by Kinshasa.
'n Ander DX baken om voor te luister is VK0RTM by Mawson, Antartika op 50,300
MHz via sporadiese E-Voortplanting.
Hal, ZS6WB is tans besig om 'n paar bakens op 50,450 MHz met die oog op die
waarneming van Sporadiese E-Openinge daar te stel.

LIGANUUS

LIDMAATSKAP

Aansoek om lidmaatskap van die SARL is van Ivor Westwood - ZS1WY ontvang.

Enige besware teen die aanvaarding van die lidmaatskapaansoek moet die
Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.

RAE UITSLAE
Baie geluk aan al die RAE kandidate wat dieOktober eksamen geslaag het.

'n Totaal van 118 kandidate het die eksamen geskryf en 100 het geslaag. Die
persone wat dit nie gemaak het nie moet gerus weer probeer en betyds
registreer vir die Mei 2014 RAE. Die hoogste punte wat behaal is, is 100% vir
beide Tegnies en regulasies. Wil jy weet wie dit is kom woon die AJV 2014 in
Pretoria by.

Die persone wat hul roepseine ontvang het kan op die lug gaan. Alle probleme
sal so gou moontlik deur die RAE span uitgesorteer word.

Alle RAE navrae moet gerig word aan die RAE Bestuurder Gideon Jannasch.
Epos: rae@sarl.org.za selfoon: 072 601 0058.

VERGEET OM JOU SARL LIDMAATSKAPSFOOI TE BETAAL?

Indien jy nie teen 31 Oktober hernu het nie sal jy nie meer toegang tot die
lede-alleen gedeelte van die liga se webwerf he, Radio ZS ontvang of ander
ledevoordele geniet nie. Betall nou om jou lidmaatskap te herstel. Indien jy
besonderhede nodig het kan jy Maandag met Mariska by 011 675 2393 skakel. As
jy die Liga ondersteun ondersteun jy Amateurradio. Dit is die moeiete werd!

KLUBNUUS

60 METER AKTIWITEITSNAWEEK

Die Kempton Park Amateur Radio Tegniese Vereniging (KARTS) sal 'n 60 meter
Baken op 5,250 MHz gedurende die naweek van 9-10 November 2013 op die lug hÍ
ter ondersteuning van die SARL 60 meter aktiwiteitsnaweek.

Besonderhede met betrekking tot die digitale modes en verwante inligting sal
beskikbaar gestel word op die SARL Forum asook op die KARTS webwerf.
Besoek gerus www.zs6kts.co.za vir nadere inligting oor die klub baken en 60
meter aktiwiteit wat beplan word vir volgende naweek.

KOMPETSIENUUS

SARL NASIONALE VELDDAG

Die doel van die SARL Nasionale Velddag is om soveel stasies as moontlik op al
die HF amateur bande (uitgesluit die 30, 17 en 12 m WARC bande) te werk en om
te werk in abnormale situasies in minder as optimale toestande . 'n Premie
word geplaas op die ontwikkeling van vaardighede om die uitdagings van die
noodplan sowel as die algemene publiek te vergewis van die vermoŽns van
Amateur Radio.

Die kompetisie vind plaas op 16 en 17 November tussen 10:00 UTC op Saterdag om
10:00 UTC op Sondag (12:00 tot 12:00 SAT) met foon, GG en digitale werking op
al die HF amateur bande, uitgesluit 30, 17 en 12 meter bande. Foon, GG en
digitale modusse op 'n band word beskou as 'n aparte bande. 'n Stasie mag
slegs een maal per band gewerk word onder hierdie reŽl.

Deelname kan wees as Klas A - Veldstasie - Multi-operateur, Klas B -
Veldstasie - Multi-operateur - QRP , Klas C - Veldstasie - Enkeloperateur ,
Klas D - Veldstasie - enkeloperateur - QRP , Klas E - Ultra-lig draagbare of
Klas F - Algemenestasies. Die aantal senders, Velddag Klas van deelname en
Provinsiale afkorting word uitgeruil.

Logstate moet teen 25 November 2013 per e -pos gestuur word aan
zs4bfn@netactive.co.za. 'n Aksie foto(s) van die stasie (JPG-formaat) moet
saam met elke log inskrywing in gestuur word.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat na 'n week van hoŽ sonaktiwiteit meer
gematigde toestande verwag kan word. Daar is ook 'n moontlikheid vir 'n M en
selfs X- klas fakkels gedurende die week.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte
effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 75.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 15 m wat die beste
openinge gaan oplewer terwyl die 20 m net 'n kortkop agter behoort te wees.

Besoek gerus die nuwe webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

09/10 November - 60 m Aktiwiteitsnaweek.
14 November - Laaste dag vir instuur van logstate vir die 60 m
aktiwiteitsnaweek.
30 November - Hlansering van Klerksdorp lughawe tussen 06:00 en 08:00.
30 November - SARL@Home by die Nasionale Amateurradiosentrum.
31 Desember - Laaste dag vir inskrywing van amateurvideo, besonderhede
verkrygbaar by www.amateurradio.org.za.
28 Februarie 2014 - Sluitingsdatum vir Leerling Opstelkompetisie.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir
radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien
moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie
later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die
Pretoria-omgewing te luister na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op
7 082, 7 205 en 17 760 kHz en ook 'n potgooi deur ZS6RO. Vir oudiostrome en
Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op "Amateur Radio Today",
gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web'. 'n Heruitsending vind
op Maandae om 16:30 UTC op 4 895 kHz plaas. Op die webwerf verskyn ook
besonderhede aangaande verskeie ander heruitsendings. Ontvangsrapporte,
kommentaar en voorstelle sal waardeer word. Stuur e-pos aan
artoday@sarl.org.za.

Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga met
vertalings, saamstelling en redigering deur Louis Kirstein, ZS1LK.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


======================= Message Ends ======================= To edit or
remove your entry from this mailing list go to
www.sarl.org.za/members/admin/maildat.asp


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003