Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 05 JANUARIE 2014

Goeie môre, U luister na die eerste SARL-nuusuitsending van 2014. Dankie dat u ingeskakel het, ons waardeer u teenwoordigheid.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga is die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

In vandag se SARL-nuus:

KARTS DAAG KLUBS UIT OM BY TE DRA VIR DIE SA AMSAT CUBESATPROJEK

BYNA DERTIENDUISEND RADIOAMATEURS HET MET ZS9MADIBA KONTAK GEMAAK

REËLS VIR DIE PEARS NASIONALE BHF/UHF-KOMPETISIE OP 17-19 JANUARIE

TSJEGGIESE REPUBLIEK IS TERUG OP 5 MHz

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

KARTS DAAG KLUBS UIT OM BY TE DRA VIR DIE SA AMSAT CUBESATPROJEK

Die Kempton Park Amateurradio Tegniese Vereniging het die uitdaging vir die fondsinsameling vir SA AMSAT se eerste Cubesat, tans Kletskous genoem, aanvaar deur 'n donasie van R500 aan die fonds te maak. Die klub se voorsitter Nico van Rensburg, ZS6QL, sê dat alhoewel dit aanvanklik 'n 'n relatiewe klein bedrag is teenoor wat uiteindelik benodig gaan word, is dit 'n begin. “Ons klub daag alle ander klubs uit om dieselfde as ons by te dra of om daarop te verbeter. Gesamentlik kan ons help om voldoende fondse in te samel om dit te laat gebeur.”

SA AMSAT waardeer KARTS se donasie en bedank die lede van die klub vir hulle ondersteuning en inisiatief. 'n Donateurslys is op SA AMSAT se webtuiste www.amsatsa.org.za opgestel ten einde aan ondersteuners van die projek erkenning te verleen. Die bankbesonderhede vir bydraes is SA AMSAT, ABSA Bank, rekeningnommer 560 153 171 en die takkode is 632 005.

Vir bydraes van R500, of meer, sal 'n sertifikaat van waardering aan die donateur gestuur word, maar, alle bydraes, ongeag die bedrag sal op www.amsatsa.org.za gelys word.

BYNA DERTIENDUISEND RADIOAMATEURS HET MET ZS9MADIBA KONTAK GEMAAK

ZS9MADIBA het 'n WAS (Worked All States) toekenning binne die eerste twee weke nadat dit op die lug gekom het, verkry, wat 'n uitsonderlike prestasie is en is naby om 'n DXCC in alle bedryfsmodusse, ESB, GG en digitaal, te bereik. Teen die tyd van die opstel van hierdie bulletin, het ZS9MADIBA die volgende aantal kontakte en bevestigings bereik: 12 846 QSO’s en 4 370 QSL’s. Die status in verskillende modusse vir DXCC is as volg: Gemeng 93, GG 80, Spraak 65 en Digitaal 65.

Die status van modusse vir die WAS is as volg: Basies 50, GG 49, Spraak 45, Digitaal 39.

Die SARL se Visepresident en wedstrydbestuurder, Geoff Levey, ZS6GRL, bedank die 12 plaaslike amateurs wat hulle tyd en pogings gebruik het om 'n sukses van hierdie gebeurtenis te maak. Die radioamateurs wat ZS9MADIBA bedryf het, is: ZS6RJ, ZS2EC, ZS1AU, ZS1SA, ZS1VV, ZS1ZC, ZS6A, ZS6WN, ZR6K, ZR6O, ZS6OB, ZR6DX, ZS6C, ZS6APT, ZS1S, ZS6AKU, ZS5MAX en ZS6GRL. Die radioamateurs wat elk meer as 1 000 kontakte bewerkstellig het, is: Roger Jones (ZS6RJ) 6 628 kontakte, Theunis Potgieter (ZS2EC) 1 367 kontakte, Dennis Wells (ZS1AU) 1 092 kontakte, Karel Bezuidenhout (ZS6WM) 1 059 kontakte, insluitende ZR6K en ZR6O.

Indien daar 'n vergoeding vir is vir die mees entoesiastiese amateur is, behoort dit te gaan aan Theunus, ZS2EC, te gaan. Theunis hou net aan, dag en nag. Baie goedgedoen Theunis. Spesiale dank aan-aan Roger, ZS6RJ. Sy aantal kontakte vertel alles. ZS9MADIBA kort nog net 8 ZS6-stasies ten einde 'n WAZS 100 te verwerf. Baie dankie vir u ondersteuning. ZS9MADIBA sal nog tot 11 Januarie 2014 aktief wees. Lees meer op www.sarl.org.za.

IS U ONDER 20 EN 'n GELISENSIEERDE RADIOAMATEUR?

Indien u 'n jong radioamateur onder 20 jaar oud is, word u uitgenooi om deel te neem aan die debat gedurende jeugweek wat van 10 tot 15 Februarie 2014 plaasvind. Die debat sal op Dinsdagaand 11 Februarie gehou word, beginnende om 19:30. Die onderwerp van bespreking sal wees: “Wat bied amateurradio aan jongmense?” Om as 'n paneelspreker in die debat oorweeg te word, stuur u gedagtes oor die onderwerp en kontakbesonderhede, insluitende u telefoonnommer, voor 21 Januarie 2014 aan youthweek2014@sarl.org.za. 'n Telefoniese voorligtingsessie sal 'n paar dae voor die gebeurtenis gehou word. Hier is 'n groot geleentheid om jou debatteervermoë te ontwikkel en om jou idees oor waarheen amateurradio op pad moet wees bekend te maak. Vir meer inligting aangaande Jeugweek 2014, besoek www.hamradio.org.za.

VOICE OF RUSSIA SAL OP KORTGOLF VOORTGAAN

Die Voice of Russia, voorheen bekend as Radio Moskou, sal uiteindelik nie QRT gaan nie. 'n Aantal weke gelede het Newsline gerapporteer oor 'n alles insluitende eksterne mediabelyningsdekreet wat deur Dussiese President Vladimir Putin uitgereik is. Een inisiatief het, ten minste op die oppervlak, 'n einde aangedui van die Russiese eksterne kortgolf uitsaaidiens.

Maar, kortgolfluisteraar Tom Witherspoon, K4SWL, rapporteer dat hy nuuskierig was of hierdie skuif 'n verandering teweeggebring het. hy het dus die organisasie gekontak om te hoor of daar enigiets offisieel is oor die toekoms. Tot sy blydskap het Witherspoon die volgende reaksie ontvang wat ons aanhaal:
“Ons is bly om jou te laat weet dat die Voice of Russia sal vir 2014 op die lug bly. Daar word egter verwag dat aansienlike veranderings in frekwensieskedules sal plaasvind. Die inligting aangaande die opgedateerde frekwensiekaart sal voor die nuwe jaar op die webtuiste van Voice of Russia dit is by voiceofrussia.com/radio_broadcast/frequencies beskikbaar kom, bly dus asb. in kontak.

Meer inligting is beskikbaar op Tom se persoonlike webblad by tinyurl.com/Russia-shortwave-2014.

DIT IS NIE TE LAAT OM VIR DIE WERKSWINKEL OOR OPERVLAKMONTERINGTEGNOLOGIE TE BESPREEK NIE

Bespreek nou vir die volgende SARL@home en oorwin jou projekvrees met oppervlakmonteringstegnologie by die volgende SARL@Home. Die projek sal deur Frik Wolff, ZS6FZ by die SARL Nasionale Amateurradiosentrum op 18 Januarie vanaf 09:00 - 13:00 aangebied word.

Koste beloop R150 en sluit die onderdele wat benodig word vir die bou van 'n baie lae krag FM-sender in. Dit kan gebruik word om jou amateurradioklank of van 'n iPod na draagbare FM ontvangers in die huis te herlei. Die koste sluit ook 'n laserskyf met studiemateriaal, stroombane ens. in. Nie-Lede betaal R250.

Bespreking is noodsaaklik aangesien slegs 20 deelnemers gehuisves kan word. Jy sal jou eie soldeerstasie met dun punt, handgereedskap en vergrootglas moet voorsien. Die SARL het ook 'n spesiale aanbieding op vergrootglase indien jy een sou wou aankoop. Volledige besonderhede is op die registrasievorm op die SARL webwerf www.sarl.org.za beskikbaar en jy kan ook die status van jou bespreking daar bevestig. Besprekings sluit op Maandag 13 Januarie 2014.

www.sarl.org.zaMEER TYD OM AAN DIE VIDEOKOMPETISIE DEEL TE NEEM

Die Suid Afrikaanse Amateurradio Ontwikkelingstrust nooi videograwe om deel te neem aan 'n kompetisie waar aantreklike pryse op die spel is. Wees skeppend met jou kamera, of selfs slimfoon, en skiet 'n kort video van 'n opwindende amateurradioaktiwiteit in Suid-Afrika. Jy kan die wenner wees van 'n 5 watt GG MFJ 40 radioboustel ter waarde van R1 300 of een van vele ander pryse.

Die videoformaat kan AVI, WMV of MPEG met 'n minimum resolusie van 320 X 240 wees. Die lengte van die video moet tussen 3 en 5 minute wees. Die onderwerp kan enige iets wees wat die vreugde en opwinding van amateurradio weergee.

Inskrywings moet per Kompakte Skyf (KS) of Digitale Videoskyf (DVS) gedoen word en nie per e-pos nie. Stuur jou video aan: Amateurradio Videokompetisie, Posbus 90438, Garsfontein, 0042. Die sluitingsdatum was 31 Desember 2013 maar aangesien baie mense met vakansie is, sal inskrywings tot 31 Januarie 2014 aanvaar word. Meer inligting is beskikbaar by www.amateurradio.org.za.
2014 SARL DAGBOEK VAN GEBEURE

KOMPETISIENUUS

Hunting Lions-in-the-Air. Die geleentheid vind plaas op die naweek naaste aan 13 Januarie, die geboorte van Melvin Jones, die stigter van die Lions-organisasie, vir 2014 sal dit die naweek van 11 en 12 Januarie wees. Dit is nie 'n kompetisie nie, maar bloot 'n manier vir Lions om groete uit te ruil met ander Lions en Lionsklubs. Radioamateurs en lede van die verskillende Lionsklubs kom bymekaar en die Lions word toegelaat om groete uit te ruil met ander Lions onder toesig van die radioamateur. Normaalweg word die naam en nommer van die Lionsklub uitgeruil.

Kontak jou plaaslike Lionsklub en begin met die reëlings.

REËLS VIR DIE PEARS NASIONALE BHF/UHF-KOMPETISIE OP 17-19 JANUARIE

Die volledige reëls vir die naderkomende PEARS Nasionale BHF/UHF-kompetisie is gepubliseer in die SARL se BHF-forum sowel as in die SARL se Kompetisiehandboek vir 2014.

Hierdie is 'n ope uitnodiging aan alle BHF-amateurs om aan hierdie BHF/UHF-kompetisie deel te neem, so veel as moontlik stasies in ander afdelings te kontak,die effektiwiteit van jou BHF/UHF-toerusting te toets en die uitdaging en pret van 'n BHF-kompetisie te geniet. Vra vir Allan, ZS2BO, en Terence, ZS3VDL, wat dit is om 'n super veldstasie op te rig en vir die naweek uit te kamp, terwyl baie kontakte gedurende die dag en selfs in die nag te maak, die wonderlike buitelewe met braaie en bier gemeng met amateurradio!

Probeer dit gerus as 'n veldstasie of basisstasie tydens die beste tyd van die jaar wanneer daar baie voortplantingsmodusse bruikbaar is. Indien u jonk en avontuurlustig is, probeer dan die Swerwende kategorie, dit behoort baie opwindend te wees wanneer van een hoë na 'n ander hoë punt gereis word en terselfdertyd langafstandkontakte te maak en die aantal ruitverwysings te laat groei.

TSJEGGIESE REPUBLIEK IS TERUG OP 5 MHz

Hierdie item is ontvang van Paul, G4MWO, Redakteur, The 5 MHz Newsletter.

“Gelukkige nuwe jaar en beste wense vir 2014.”

‘REG! - Tsjeggiese Republiek is terug op 5 MHz.’

Om 00:00 uur op 1 Januarie 2014 keer Tsjeggiese amateurs terug na 5 MHz na 'n onderbreking van twee jaar volgende op die oorspronklike fase van hulle eksperimentele aktiwiteit teen die einde van 2011.

As gevolg van materiaal voorgelê oor Tsjeggiese amateurbedryf op 5 MHz en en deur opvolgende besprekings is Petr, OK1RP, gelukkig om te rapporteer dat CTU, die Tsjeggiese Telekommunikasiereguleerder, in ooreenkoms met hulle Ministerie van Verdediging, 'n verdere fase van eksperimentele aktiwiteit op 5 MHz gemagtig het. Hierdie is d.m.v. 'n klein aantal permitte geldig tot die einde van 2014. Slegs 10 permitte is vir 2014 beskikbaar met geskrewe aansoeke aan die CTU.

Oorspronklik was net een kanaal nl. 5 260 kHz gemagtig, maar nou is daar ses kanale beskikbaar waarvan party ooreenstem met huidige 5 MHz toekennings. Die kanale is:
5 288,5
5 330,5
5 366,5
5 371,5
5 398,5
5 403,5
Al die frekwensies is in kHz vir ESB.
Maksimum krag: 100 W maksimum omhullingsvermoë.
Modusse: HSB, GG (+ 1,5 kHz bokant HSB-aanduiding).

Die permithouer word versoek om sy verslag oor die eksperimentele bedryf te stuur aan die CTU nie later as 31 Oktober 2014 nie sodat 'n ontleding van bedryf op die onderskeie kanale en modusse gedoen kan word. Die bedryf mag slegs op 'n SEKONDêRE basis geskied en die ITU se reëls vir die beskerming van primêre gebruikers moet ten alle tye eerbiedig word ten einde NIE primêre gebruikers se bedryf in hierdie bande te steur nie, en daardeur moontlik amateuraktiwiteit in gevaar te stel nie.

Die permithouer moet ook IARU-aanbevelings en ooreenkomste in ag neem soos byv. 5 290 kHz vir bakens ens.

Meer inligting sal binnekort beskikbaar wees.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteit besig is om toe te neem. Sonvlek AR1936 het "beta-gamma-delta" magnetiese veld wat genoeg energie vir X- klas fakkels huisves.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 95.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl 20 m net 'n kortkop agter behoort te wees. Daar behoort ook 'n paar vroegaand 6 m openinge te wees.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

11 en 12 Januarie - Hunting Lions in the Air
17 tot 19 Januarie - PEARS Nasionale BHF/UHF Kompetisie
18 Januarie - SARL@Home
21 Januarie - Laaste dag vir voornemende paneelsprekers om hul kontakbesonderhede te stuur aan youthweek2014@sarl.org.za
25 Januarie - SARL Sommer QRP Kompetisie
31 Januarie - Laaste dag vir inskrywing van amateurvideo.
31 Januarie - sluitingsdatum vir nominsasies vir SARL Raadslede en mosies vir die AJV
28 Februarie - Sluitingsdatum vir Jeug Opstelkompetisie
15 Maart - Laaste dag vir instuur van voorstelle vir voorleggings vir die 2014 SA AMSAT Ruimtesimposium aan saamsat@intekom.co.za

Die 2014 SARL Dagboek van Gebeure sal in die komende week op www.sarl.org.za. beskikbaar wees vir aflaai. Kry 'n afskrif en hou dit handig in jou radiokamer.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing te luister na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz en ook 'n potgooi deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op "Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web'. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 4 895 kHz plaas. Op die webwerf verskyn ook besonderhede aangaande verskeie ander heruitsendings. Ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle sal waardeer word. Stuur e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga met vertalings na Afrikaans, samestelling en redigering deur George Honiball, ZS6NE.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX

======================= Boodskap Eindig =======================

Om u e-pos-inskrywing in hierdie poslys te verwyder of te redigeer gaan na www.sarl.org.za/members/admin/maildat.asp.



Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003