Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 27 APRIL 2014

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

IN DIE NUUS VANDAG:
ZL NA WES VK OP 630 METER OOR 3100 MYL BAAN
HAMNET ONDERSTEUN NAMAQUA AFRIKA TYDREN
BESPREEK NOU VIR DIE SA AMSAT RUIMTESIMPOSIUM OP 24 MEI

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

ZL NA WES VK OP 630 METER OOR 3100 MYL BAAN

Uithou het vir gesoute 630 meter operateur Murray Greenman, ZL1BPU, met die spesiale roepsein ZL1EE vir kontakte op daardie band, uiteindelik beloon. Amateur Radio Newsline se Jim Meachen, ZL2BHF het die volgende inligting verskaf. Gedurende die week van 13 to 20 April het ZL1EE verskeie ontvangsrapporte van Berndt Josef Wulf, VK5ABN/8 sowat 2010 myl daarvandaan naby Adelaide, Australia, ontvang . Die groot belonging was egter toe hy waarneem dat sy sein deur Dereck Zeck, VK6DZ, in die Australiese stad Elleker, sowat 3100 myl na die Weste gehoor is.

Deur die nuwe WSPR 2 digitale modus te gebruik het Greenman deurnag gewerk met die gebruik van ‘n klein 23 voet Marconi antenna ingedruk op ‘n vyfde akker plot. Dit het ‘n week van prober gevra, maar met die ontvangsverslag van VK6DZ het hy uiteindelik die 3000 myl afstandsgrens gebereek.

Soos elders is die 630 meter toekenning in New Zealand vanaf 472 kHz tot 479 kHz. Wat verseker met hierdie mekwaardige lae frekwensie DX prestasie gehelp het is dat sy stasie slegs 7 myl vanaf ons weskus gelee is en dat die meeste van die roete na VK6DZ daarom oor water was. Aktiwiteit tussen Australie en New Zealand op 630 meter is redelik sterk, veral gedurende die Suidelike halfrond se wintermaande. Die geleentheidsvenster vir hierdie kontakte blyk ongeveer die twee uur rondom middernag te wees.

SARL Nuus hoor graag van ZS amateurs wat op die mediumgolf band opereer of dit beplan. Laat weet ons by artoday@sarl.org.za.

HAMNET ONDERSTEUN NAMAQUA AFRIKA TYDREN

HAMNET sal behulpsaam wees met kommunikasie tydens die eerstel Namaqua Afrika Tydren vanaf vandag, 27 April tot Vrydag 2 Mei in die mees Noordelike deel van die Westelike Provinsie. Dit is die eerste Suid-Afrikaanse multi-fase wedren vir veldfietse en quad’s. Dit sal voorsiening maak vir die verskillende dissiplines van hierdie sport.

Kommunikasie beloof om ‘n uitdaging te wees met die roete wat oor ‘n wye area, hoofsaaklik Noord van Vredendal, so ver as Groenriviermond, Kliprand en Niewoudtville strek. Sommige roetes aan die uiterstes van die ren sal die Noord Kaap insluit. Die afstande noodsaak HF operasie en met die voorspellings vanaf SANSA en die tyd van die dag sal die 40 meter band waarskynlik gebruik word. Die span berei ook voor vir 2m FM en ESB gebruik voor.

Belangstellendes word uitgenooi om in te luister maar word vriendelik versoek om die frekwensies vir die duur van die wedren oop te hou. Vir meer inligting omtrent die geleentheid kan die URL vanaf die SARL se tuisblad verkry word.

BESPREEK NOU VIR DIE SA AMSAT RUIMTESIMPOSIUM OP 24 MEI

Afslagtariewe is beskikbaar vir SARL en SA AMSAT lede wat voor 5 Mei vir die SA AMSAT Ruimtesimposium bespreek. SARL lede betaal 50% minder as nie-lede. Die tarief vir tydige besprekings is R150 wat ‘n kopie van die aanbiedings op DVS insluit. Die Simposium vind plaas by die Innovation Hub in Pretoria, oorkant die CSIR met vinnige toegang via die Lynwood afrit op die N1.

Die datum van die geleentheid is 24 Mei. Sommige hoogtepunte sluit ‘n demonstrasie van die KLETSkous hardeware, aanbiedings oor FunCube, DynaCube in. Vir slimfoongebruikers sal toeps vir die voorspelling van sattelietbane en telemetrie gedemonstreer word. Die volledige program is beskikbaar by www.amsatsa.org.

LIGANUUS
KLUBAFFILIASIE

Vanaf die eerste Julie sal die SARL 'n nominale bedrag hef vir klubaffiliasie. Alhoewel die raad van die SARL gratis affiliasie aangebied het as 'n promosieveldtog vanaf die 2012 boekjaar, het dit nie goed gewerk nie en daar is besluit om terug te keer na die ou stelsel.

Die hoofprobleem is dat die gratis affiliasiestelsel nie goed ingepas het by die administratiewe en finansiële stelsels nie. Die stelsel het nie meer fakture uitgestuur om klubs te herinner nie en het ook probleme in die lidmaatskapdatabasis veroorsaak.

Vir die nuwe boekjaar sal klubs weereens fakture vir affiliasie ontvang. Klubs wat so 'n faktuur kry, kan geaffilieer bly deur net die R50 te betaal. Klubs wat nie tans geaffilieer is nie, kan aansoek doen deur die klubaffiliasievorm in te vul. Hierdie vorm is beskikbaar op die webwerf en ook deur 'n epos te stuur aan die Sekretaris by secretary@sarl.org.za

KRY TWEE MAANDE GRATIS SARL LIDMAATSKAP

Indien Jy nog nie ‘n SARL lid is nie, sluit nou aan en kry Mei en Junie se lidmaatskap op die koop toe. Betaal slegs die R430 gewone lidmaatskapsfooi vir 2014/2015. Lidmaatskap nbied baie voordele soos die aanlyn Radio Zs, QSL buro, gebruik van die SARL gelisensieerde 5 MHz frekwensies, op die lug aktiwiteite, afslag met aankope en SARL gebeurtenisse. Jy kan ook R150 inskrywingsgeld vir die gedrukte Radio ZS byvoeg. Voltooi die aanlyn inskrywingsvorm of laai dit af vanaf www.sarl.org.za/public/membership/join.asp .

Lidmaatskap is onderhewig aan die SARL raad se goedkeuring. Besondehede van al die klasse van lidmaatskap is op die SARL webwerf beskikbaar.

ICASA KEN LANGTERMYN MHz LISENSIE AAN DIE SARL TOE

Byna ‘n jaar gelede het die radioliga ‘n lisensie van ICASA verkry om voortplantingsnavorsing op 5 250 en 5 260 kHz ter ondersteuning van die World Radio Conference (WRC15) agenda item 1.4 wat die toekenning van ‘n sekondere amateurdiens binne die5 250 - 5 450 kHz band voorstel. Om die voorstel te ondersteun moet voortplantingstoestande, frekwensiedelingstudies en die impak op ander dienste nagevors word.

Verlede jaar het die SARL ‘n voorlegging aan die ICASA Raad gedoen met die oog op ‘n langtermyn lisensie vir hierdie doel. Hierdie versoek isverlede week toegestaan met ‘n lisensie wat tot 31 Oktober 2015 geldig is.

Die SARL Raad het sy waardering teenoor ICASA uitgespreek vir sy ondersteuning van die saak.

In samewerking met die Kempton Park Amateur Radio Technical Society (KARTS) is voorlopige resultate van die WSPR eksperiment vrygestel. Lees meer omtren 5 MHz by www.sarl.org.za, volg die propresearch skael vanaf die tuisblad.

5MHz AKTIWITEITSNAWEEK

Die datum vir die 5MHz naweek is as 17 en 18 Mei bevestig. Die gebeurtenis sal op die twee dae tussen 13:00 en 20:00 plaaslike tyd plaasvind. Hierdie is ‘n uitsluitlik SARL geleentheid aangesien amateurs by die SARL moet registreer om die twee frekwensies te kan gebruik. Aantreklike boekpryse en gratis SARL lidmaatskap vir 2014/2015 is op die spel in ‘n gelukstrekking vir deelnemers wat hulle logstate instuur.

Deelname vereis ontvangsrapporte op die KART 5250 kHz baken wat WSPR, PSK31 and GG modes sal ondersteun. Die Propresearch webbladsy het ‘n tutoriaal oor die hoe om met WSPR te begin asook skakels na ander interessante artikels.

SELFOONNOMMERS VAN BHF/UHF OPERATEURS

‘n selfoonnommerlys van aktiewe BHF/UHF amateurs is op die SARL BHF/UHF Forum gepubliseer. Die doel daarvan is om ander BHF amateurs oor openinge tussen 50 - 1296 MHz in te lig.

Vir die meeste amateurs is dit nie practise om die bakens en roepfrekwensies op 50,200 MHz en 144,300 MHz deurentyd te monitor nie. Diegene wat gelukkig is om opening waar te neem behoort dit aan ander BHF/UHF amateurs deur te gee. Hulle kan dit dan weer aan ander deurgee. Aangesien die meeste amateurs deurentyd hulle selfone by hulle het is dit waarskynlik die mees effektiewe metode om iemand dadelik deur ‘n SMS of oproep daarvan bewus te maak. Daar is ongeveer ‘n honderd Suid Afikaanse roepsyne asook van naburige lande se op die lys. Maak ‘n uitdruk daarvan vir gerieflike gebruik in jou hok.

Help assbelief om die lys aan te vul deur e-pos aan ZS2FM: mikecbosch@gmail.com te stuur.

KLUBNUUS

KARTS EN DIE AWA FLOOI MARK / OPE DAG

Die Kempton Park Amateur Radio Tegniese Vereniging (KARTS) en die Antique Wireless Associations (AWA) gekombineerde flooi mark en ope dag vind plaas op Saterdag 24 Mei 2014.
Dit word aangebied by die Impala Voortrekkers Sentrum in, Rooibos Laan, Allen Grove, Kempton Park van 08H00 af.

Tafels sal beskikbaar wees vir die flooimark items asook uitstallings van antieke radios en bybehore. Om 'n tafel te bespreek of vir enige navrae, kontak gerus vir Selwyn ZS6SEL by 082 804 2782 of per epos by: zs6sel@gmail.com Alternatiewelik kontak vir Nico ZS6QL by 083 269 9939, epos by: nicolaasv@mweb.co.za Vir roete aanwysings besoek gerus die KARTS webblad by www.zs6kts.co.za/ Maak dus 'n dagboek aantekening ter herrinering hiervan. Meer omvatende inligting sal beskikbaar gemaak word nader aan die datum.

Sien jou daar!

PRETORIA AMATEUR RADIOKLUB VLOOIMARK 1 MEI 2014

Die volgende ZS6PTA Mega Vlooimark word op Donderdag 1 Mei 2014 vanaf 08:00 tot 11:00 by die Pretoria Motor Klub, in Keuningstraat in Silverton gehou. Dit is 'n vakansiedag en almal is welkom om dit by te woon. Vir meer inligting of om 'n tafel te bespreek, kontak Almero, ZS6LDP op 0839388955.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak gematig gaan wees. Sonvlek AR2038 het 'n "beta-gamma" magneetveld wat genoeg energie huisves vir M-klas fakkels.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 60.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 20 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 15 m net 'n kortkop agter behoort te wees.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE
17 – 18 Mei - 5MHz Aktiwiteitsnaweek
24 Mei - SA AMSAT Ruimtesimposium
24 Mei - KARTS en AWA flooimark/ope dag
24 – 25 Mei – CQ WW DX ESB Kompetisie
25 Mei – SARL Digitale Kompetisie

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing en 145,650 op die Johannesburg network te luister na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz en ook 'n potgooi deur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op "Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web'. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 3 230 kHz plaas. Op die webwerf verskyn ook besonderhede aangaande verskeie ander heruitsendings. Ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle sal waardeer word. Stuur e-pos aan artoday@sarl.org.za.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga saamgestel en geredigeer deur Louis Kirstein, ZS1LK.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003