Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive



S.A.R.L. Nuus 04 Mei 2014, goeie môre en welkom, u luister na ZS6SRL, die amptelike stem van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die S.A.R.L. saai elke Sondag om 08:15 SAST 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAST in Engels uit.

Besoek die S.A.R.L. webblad om ‘n oudio weergawe van hierdie bulletin te bekom. Terwyl u daar is kan u ook ‘n teksweergawe aflaai en ook inteken om bulletins per e-pos te ontvang.

Echolink luisteraars mag koppel aan ZS0JPL.

Hierdie bulletin word gelees deur …………………………….(naam, roepsein en QTH waar toepaslik)

In die week se nuushooftrekke

Nuwe tegniek maak superkapasitors dalk meer bekostigbaar

Parys herhaler weer operasioneel

en

Tyd raak min om van die S.A.R.L. en AMSAT SA se spesiale aanbiedings gebruik te maak.

Hoofnuus

Wetenskaplikes aan die George Washington universiteit het ‘n nuwe tegniek ontwikkel om superkapasitors teen ‘n fraksie van die huidige koste te vervaardig.

Die navorsingspan maak gebruik van ‘n hoogspanning booglamp om koolstof nanobuisies met ‘n enkele wand te vervaardig. Hierdie buisies word dan gekombineer met grafietvlokkies wat daarna op papier uitgesprei en dan opgerol word om die nuwe superkapasitor te vorm. Die eindresultaat is ‘n ligte kapasitor met hoë werkverrigting.

Ultrakapasitors, ook genoem ‘superkapasitors’ is generiese terme vir ‘n nuwe familie van elektrochemiese kapasitors. Hierdie komponente het nie ‘n konvensionele diëlektrikum nie, maar die kapasitansie word bepaal deur twee bergingsbeginsels wat albei bydra tot die komponent se kapasitansie.

Die nuwe superkapasitor se deurbraak lę daarin dat dit in ‘n groot verskeidenheid aanwendings gebruik kan word soos byvoorbeeld die stoor van energie ten einde statiese geheue te ondersteun of gebruik in kragtoevoerstelsels vir elektriese voertuie.

U kan meer oor hierdie besondere deurbraak lees by tinyurl.com/low-cost-ultracapcitor.

Plaaslike nuus

Vanaf Facebook berig Gary, ZS6YI, dat die Sasolburg Amateurradioklub nou weer ‘n herhaler op Parys in die Vrystaat aan die gang het. Weens verskeie kabeldiefstalle was die herhaler onlangs buite werking maar is nou weer in volle gang. Die herhaler werk op 145,687 5 MHz met ‘n 88,5Hz toon. Die dekking is nie baie wyd nie maar hulle het reeds stasies vanaf Drie Riviere, Vanderbijlpark en ook Sasolburg af ontvang deur hierdie herhaler.

Daar is ook ‘n moontlikheid dat die manne in Klerksdorp en selfs Potchefstroom hierdie herhaler sal kan werk en dit gee ook goeie dekking aan die snelweg wat naby Parys verby loop. Wanneer u in die area beweeg probeer gerus die herhaler en wie weet dalk kan u nog ‘n heerlike QSO met een van die Parys Amateurs geniet.

Liganuus

Die week begin ons met ‘n spesiale aanbod vanaf die S.A.R.L. Indien u tans nie ‘n lid van die S.A.R.L. is nie dan kan u nou aansluit, teen die normale jaarlikse tarief van R430-00 per jaar. Indien u nou aansluit kry u Mei en Junie 2014 se lidmaatskap gratis. Deur lid van die S.A.R.L. te word kry u toegang tot die aanlynweergawe van die Radio ZS e-tydskrif, die QSL-buro asook toegang tot twee eksklusiewe 5 MHz frekwensies. U kry ook toegang tot heelwat aktiwiteite op die lug, afslag op die aankoop van boustelle, korting op bespreking tot die Radiotegnologie-in-Aksie simposiums en ander geleenthede. Deur ‘n ekstra R150-00 by jou ledegeld te voeg kry u ook die gedrukte weergawe van die Radio ZS. Maak sommer vandag nog ‘n draai op die S.A.R.L. se webblad en sluit aan by die liga. Onthou jou lidmaatskap is onderhewig aan die goedkeuring van die S.A.R.L. se Raad.

Dit is ook moontlik om lidmaatskapgelde af te betaal oor ‘n tydperk van 4 maande, met dien verstande dat die laaste betaling teen 31 Augustus 2014 betaal moet wees. Teen die huidige tariewe is dit ‘n betaling van R 110-00 per maand vir gewone lede of R 60-00 per maand vir senior lede. Die Radio ZS intekening moet as eenmalige betaling van R 150-00 gemaak word. Vir aanlynbetalings, gebruik jou roepsein, en waar moontlik jou naam, as verwysing. Vir hulp met aansluiting skakel gerus vir Mariska gedurende kantoorure by 011 675 2393.

Meer inligting aangaande lidmaatskap, gaan na die S.A.R.L.-webblad www.sarl.org.za.

En hier is nog ‘n spesiale aanbod, en hierdie keer is dit vir lede van die S.A.R.L. wat die SA AMSAT ruimtesimposium wil bywoon. S.A.R.L.- en SA AMSAT-lede kan bespreek vir hierdie spoggeleentheid teen ‘n volle 50% korting op die normale fooi.

Die vroegtydige aansporingsbedrag beloop slegs R150-00 en sluit ‘n afskrif van al die aanbiedings op 'n digitale skyf in. Die simposium vind plaas by die Innovation Hub in Pretoria, gerieflik geleë naby die W.N.N.R. met maklike toegang tot die perseel via die Lynnwoodafrit vanaf die N1 snelweg.

Die geleentheid vind die 24ste Mei plaas en sommige van hierdie jaar se hoogtepunte sluit ‘n demonstrasie van die Kletskoushardeware, asook aanbiedings oor die “Funcube” en “Dynacube” asook die revolusionęre aandrywingstelsel wat gebruik word vir die herposisionering van die “Cubesat” kubussatelliet in. Vir Slimfoongebruikers is daar ook toepassings wat die verbyvlug van satelliete kan voorspel en telemetrieskakels sal ook gedemonstreer word. Die volledige program is reeds beskikbaar op SA AMSAT se webblad www.amsatsa.org.za.

Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is van die volgende radioamateurs of klubs ontvang:

• Koji Tahara, ZR6NX (Japanse Diplomaat);

• Abe Zwiegelaar, ZS1ZS;

• Namaqualand Aero Sport Association, ZS3FLY;

• Kevin McDonald, ZS6KMD; en

• Gerhard Brits, ZSL1099.

Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskapaansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.

Kompetisienuus

Die ZS3 Naelloop vind vanmiddag van 16:00 tot 17:00 SAST op die 40 Meterband plaas. Die uitruil sal 'n RS/T verslag en u provinsie of land se afkorting wees.

Kontakte met stasies in ZS3 is 2 punte werd. Kontakte met stasies in u eie gebied of ander ZS-gebiede is 1 punt werd. Kontakte met die Noord-Kaap Amateurradioklub, ZS3NC, Namaqua Aëro Sport Association,ZS3FLY, Sutherland Amateur Radio Club, ZS3OBS, en die Kalahari Karoo Amateurradioklub of enige ander ZS3-klub sal 5 punte werd wees.

Logstate moet binne 7 dae na die kompetisie aan zs3nc@qsl.net gestuur word. Sluitingsdatum vir logstate is 12 Mei 2014.

SARL-lede word uitgenooi om deel te neem aan die 5 MHz aktiwiteitsnaweek wat plaasvind tussen 13:00 en 20:00 Saterdag en Sondag die 17de en 18de Mei 2014. Die geleentheid behels verskeie aktiwiteite gedurende die afgebakende tye. Die gebeure is oop vir alle S.A.R.L.-lede en aan alle radioamateurs wat permanent buite die grense van die Republiek woon.

Die aktiwiteit word verdeel in twee groepe naamlik, ‘n ernstige segment wat die eerste 30 minute van die uur in beslag neem en bestaan uit die ontvangs en aanteken van bakens op 5 250 KHz wat gebruik maak van W.S.P.R, PSK31, en gelykgolf en die tweede halfuur van elke uur wat dan die pretdeel beslaan waar operateurs soveel moontlik kontakte probeer maak op 5 260 KHz.

Deelnemers wat hul logstate instuur kom in aanmerking vir die gelukstrekking wat pryse soos gratis lidmaatskap, aantreklike boekpryse en meer insluit. Selfs fotos wat operateurs tydens die geleentheid in aksie uitbeeld kom in aanmerking vir ‘n boekprys, solank die foto in hoë resolusie ingestuur word.

Meer inligting asook aanwysings oor hoe om die W.S.P.R.-bal aan die rol te kry is verkrygbaar op die S.A.R.L. we webblad onder die “Propresearh” skakel, of deur ‘n e-pos te stuur aan propresearch@sarl.org.za.

HAMNET Wes-Kaap bied weer die nasionale HAMNET winteroefening aan. Soos voorheen sal die oefening met ‘n kompetisiegeurtjie gepaard gaan alhoewel dit nie een is nie. Die doelwitte is om beide vaste sowel as veldstasiedeelnemers se gereedheid te beproef. Kom maak jou noodkommunikasiestem dik en wys ons hoe die prosedures gehandhaaf moet word en hoe noodboodskappe effektief oorgedra word.

Die geleentheid vind plaas vanaf 12:00 SAST Saterdag 7 Junie tot 12:00 SAST Sondag 08 Junie. Spanne bestaande uit een tot 4 lede kan inskryf en moet ‘n lys van hul operateurs asook die plek waar die span sal kamp opslaan indien. Die spanleier en ten minste die helfte van die res van die span MOET HAMNET-lede wees. Slegs spanne wat vooraf ingeskryf het, en wat goedgekeur is, mag aan die geleentheid deelneem. Die sperdatum vir inskrywings was reeds 30 April 2014 en die lys van spanlede moet ten minste twee weke voor die oefening gefinaliseer wees.

Spanne en individue wat verlede jaar deelgeneem het word aangemoedig om hierdie jaar ‘n nuwe perseel te gebruik ten einde bietjie kleur aan die geleentheid te verleen. Spanne wat laat inskryf en te naby is aan spanne wat reeds geregistreer het sal versoek word om hul posisie verder te verskuif. Die koördineerders, ZS1ASH en ZS1GS, se beslissing in hierdie verband is finaal.

Die volledige stel reels sal mettertyd aan die spanne voorsien word. Inligting rakende ander spanne en boodskappe wat uitgeruil moet word sal net voor die oefening versprei word. Spaninskrywings moet Ashley, ZS1ASH, voor of op 9 Mei bereik. Die nodige e-posadresse is te vinde in die gedrukte weergawe van hierdie bulletin en dit is:Ashley.Warelane@capetown.gov.za of Grant, ZS1GS grant@saao.ac.za.

U is ingeskakel op ‘n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga en ons gaan nou voort met die HF voortplantingsvoorspelling, Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak gematig gaan wees. Sonvlekke AR2047 en AR2049 het "beta-gamma" magneetvelde wat genoeg energie huisves vir M-klas fakkels.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 82.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 20 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 15 m net 'n kortkop agter behoort te wees.


Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Dagboek van gebeure
Die ZS3 naelloop vanmiddag, Sondag 4 Mei, vind plaas tussen 16:00 en 17:00 SAST op die 40 meter band. Log state moet binne 7 dae ingestuur word aan zs3nc@qsl.net.
17&18 Mei S.A.R.L.-lede word genooi om deel te neem aan die 5 MHz voortplantingnaweek.
Ook op die 17de Mei, die Oos-Rand Amateurradioklub se maandvergadering met die verwelkoming van nuwe lede na die R.A.E. as tema
en op die 25ste Mei die S.A.R.L. se digitale kompetisie

U kan meer uitvind oor hierdie asook ander interessante gebeure op die S.A.R.L. se webblad www.sarl.org.za.

En om die bulletin mee af te sluit weer ‘n terugblik op ons hoofnuus: Wetenskaplikes aan die George Washington universiteit het ‘n nuwe tegniek ontwikkel om superkapasitors teen ‘n fraksie van die huidige koste te vervaardig.

Dit bring ons dan aan die einde van hierdie S.A.R.L. nuusbulletin

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT te luister na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz en 'n potgooi deur ZS6RO.

'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 3 230 kHz plaas. Ons ontvang graag jou . Ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle. Stuur e-pos aan artoday@sarl.org.za.Echolink gebruikers kan koppel aan ZS6FCS.

Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na ‘n bulletin van die Suid Afrikaanse Radio Liga saamgestel en geredigeer deur Dawie Conradie, ZR6DHC.

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens u ‘n mooi week toe. Ons oorhandig die mikrofoon nou aan die Engelse span. Totsiens

--

________________________________________
No virus found in this message.
Checked by AVG - www.avg.com
Version: 2014.0.4570 / Virus Database: 3931/7435 - Release Date: 05/03/14



Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003