Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


Suid-Afrikaanse Radioliga Nuus 1 Junie 2014

Goeiemôre en welkom! Jy luister na ZS6SRL, die amptelike stem van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afri-kaans en om 08:30 SAT in Engels uit op HF en verskeie BHF en UHF herhalers landswyd. Echolink luisteraars kan koppel aan ZS0JPL vir ‘n audiostroom.

Besoek die Suid-Afrikaanse Radioliga webblad om 'n oudio weergawe van hierdie bulletin te bekom. Terwyl u daar is kan u ook 'n teksweergawe aflaai en ook inteken om bulletins per e-pos te ontvang.

Hierdie bulletin word gelees deur ............ (naam, roepsein en QTH waar toepaslik)

Die week se nuushooftrekke

HAMNET ONDERSTEUN DIE COMRADES MARATHON VANDAG

DIE SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA STEL 'N NUWE ADMINISTRATEUR AAN

en

DIE MEI RAE UITSLAE IS VRYGESTEL

Die hoofnuus vandag

HAMNET ondersteun die Comrades Marathon vandag. 28 Radio amateurs van verskeie KwaZulu-Natal klubs, Highway, Durban, Midlands, South Coast en Zululand verskaf kommunikasie vir die Comrades Marathon vandag. Radio skakels met die Gesamentlike Operasionele Sentrum (GOS) geleë by die Munisipale Rampbestuur Sentrum is opgestel by uitgesoekte waterpunte om verslag te doen oor gereedheid en enige ander operasionele kwessies wat oorgedra sal word na die organiseerders van die marathon.

Die Comrades Marathon is die wêreld se oudste en grootste ultra-marathon, gehardloop oor 'n afstand van sowat 90 km tussen die hoofstad, Pietermaritzburg en Durban. Die eerste Comrades Marathon het op 24 Mei 1921 plaasgevind, Empire Day, en het begin aan die kant van die Stadsaal in Pietermaritzburg met 34 hardlopers. Dit het elke jaar sedertdien voortgegaan met die uitsondering van die oorlog jare, 1941 tot 1945, met die rigting wat elke jaar verander tussen Pietermaritzburg en Durban, die sogenaamde op en af wedloop. Hierdie jaar is dit 'n af-wedloop .

Mariska het die volgende boodskap op haar laaste dag as die SARL se kantoor-administrateur gestuur. “Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om vir al die Radio Amateurs wat my pad gekruis het die afgelope 22 jaar totsiens te sê, maar ook dankie vir die wat 'n verskil in my lewe gemaak het. Ek het my tyd hier by die SARL geniet en gaan baie van julle baie mis voorwaar. Dankie vir die wat 'n positiewe invloed op my lewe gehad het. Dankie aan al die Raadslede van 2009 tot nou dit was lekker om saam met julle almal te werk! Alles wat mooi is vir elkeen van julle!! Totsiens!!”

Die Suid-Afrikaanse Radioliga het 'n nuwe Administrateur aangestel. 'n Sub - komitee van die Raad van die Suid-Afrikaanse Radioliga het onderhoude gevoer met 'n aantal van die aansoekers vir die vakante pos as administrateur om die administrasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga te hanteer en die Nasionale Amateur Radio Sentrum te bestuur. Vonnie Oelofse was die suksesvolle kandidaat en is aangestel, haar verbintenis met die Suid-Afrikaanse Radioliga begin op Maandag 2 Junie. Die Raad verwelkom Vonnie en wens haar 'n suksesvolle loopbaan by die Suid-Afrikaanse Radioliga toe.

Die Mei RAE Uitslae is vrygestel! Baie nuwe radio amateurs sal op die lug wees hierdie week nadat die uitslae van die Mei Radio Amateur Eksamen op die Suid-Afrikaanse Radioliga webwerf gepubliseer is. Die Suid-Afrikaanse Radioliga RAE Bestuurder, Gideon Jannasch , ZS4GJA, berig dat daar 'n goeie slaagsyfer was, 118 kandidate was suksesvol. Die roepseine vir die kandidate wat al die dokumentasie voor die eksamen ingestuur het is gepubliseer en hulle kan onmiddellik hul nuwe roepseine begin gebruik. As jy geslaag het en daar is geen roepsein teen jou naam nie, stuur asseblief die uitstaande dokumentasie sonder versuim aan rae@sarl.org.za. Baie geluk aan al die suksesvolle kandidate en welkom op die lug. As jy dit nie hierdie keer gemaak het nie, word jy aangemoedig om die Oktober eksamen te skryf.

Die SARL@home vir 7 Junie is gekanselleer. Die volgende SARL@home oor opervlak gemonteerde komponente moes gekanselleer word weens ‘n gebrek aan belangstelling om die geleentheid lewensvatbaar te maak nie. Enigeen wat belangstel om meer te leer oor hoe om opervlak gemonteerde komponente te werk word genooi om 'n e-pos te stuur na rta@sarl.org.za om bygevoeg te word op die e-poslys vir die volgende SMT-kursus .

Moenie jou bespreking uitstel vir die Suid-Afrikaanse Radioliga se Radio Tegnologie-in-Aksie simposium. Die eerste Suid-Afrikaanse Radioliga Tegnologie-in-Aksie simposium sal gehou word by die Universiteit van KwaZulu-Natal op Saterdag 21 Junie. Die program bied 'n groot verskeidenheid van onderwerpe van belang vir radioamateurs en elektroniese entoesiaste. 'n Aantal van aanbiedings sal ondersteun word deur praktiese demonstrasies. Vir 'n RTA om 'n lewensvatbare aktiwiteit te wees, word 'n minimum van 35 afgevaardigdes vereis. Bring 'n vriend saam en deel met hom of haar die baie fasete van amateur radio. Om te help met die reëlings, bespreek nou asseblief. Die huidige bespreking is ongeveer 50% van die minimum teiken van 35 afgevaardigdes. Volledige besonderhede kan gevind word op die Suid-Afrikaanse Radioliga webyuiste.

Die ZS6KTS Baken is tydelik van die lug af. Die Kemptonpark Amateur Tegniese vereniging se 5 MHz baken is tydelik van die lug af weens 'n tegniese probleem, wat na verwagting binnekort opgelos sal wees. Logstate kom nog steed in vir die werking tydens die 5 MHz aktiwiteit naweek, dit beteken dat evaluering slegs gedurende die komende week gedoen sal word en die uitsklae sal volgende naweek aangekondig word. Bly ingeskakel en volg die Suid-Afrikaanse Radioliga tuisblad vir die uitslae en inligting oor die ZS6KTS baken en ander 5 MHz aktiwiteit.
Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, en nou kyk ons na kompetsienuus

Die ZS4 Naelloop is 'n prettige aktiwiteit om kontakte tussen radio amateurs in die Vrystaat en radio amateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder. Die naelloop vind plaas op Sondag 8 Junie van 14:00 tot 15:00 UTC met foon aktiwiteit van 7 130 tot 7 190 kHz en GG aktiwiteit van 7 000 tot 7 040 kHz.

Logstate moet teen 16 Junie 2014 aan zs4srk@gmail.com gestuur word. 'n Sertifikaat sal aan die 1ste, 2de en 3de plek in die kompetisie toegeken word .

Aansoeke om lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Radioliga is van die volgende persone ontvang:
Sarel du Plessis, ZSL1106;
Herman Hefer, ZSL1107;
Mathinus Pretorius, ZSL1108;
Corrie Hefer, ZSL1109; en
Dicky van Ruiten, ZSL1110.
Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskapaansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin. Die Lidmaatskaptal van die Suid-Afrikaanse Radioliga is tans 1 735 lede

Nog 'n FCC-eksamensessie het in Mei in Pretoria plaasgevind. Chris Burger, ZS6EZ, en Fritz Sutherland, ZS6SF, van Pretoria en Marc d'Hotman de Villiers,
ZS6MDH, en Leon Lessing, ZS6LMG, van die Oosrand het die sessie by die Universiteit van Pretoria namens die American Radio Relay League afgeneem.

Ten spyte van heelwat aanvanklike belangstelling het net een kandidaat die eksamen afgelê. Almero du Pisani, ZS6LDP, het al drie eksamens geslaag en
spog nou met die Ekstraklas-roepsein, AC2NN. Hy is besig om as eksaminator te registreer.

Die span beplan om twee sessies per jaar te hou, om saam te val met die SARL se amateurradioeksamens in Mei en November. Klubs met genoeg belangstelling kan ook sessies op hulle eie perseel versoek. Nog besonderhede en volledige studiemateriaal kan deur ZS6EZ se profiel op QRZ.com bygekom word.

Nou nuus oor die KARTS vlooimark en ADV Opedag. Die 2 jaarlikse gesamentlike KARTS vlooimark en ADV ope dag het op Saterdag 24 Mei 2014 plaas gevind. Die ADV 40 m ESB net was op die lug met Rad, ZS6RAD, agter die mikrofoon vanuit die lokaal in Kempton Park. Die vlooimark was soos wat verwag is, 'n miernes van bedrywigheid met baie onderhandling oor die geskikte pryse. Dit blyk na 'n baie suksesvolle, aangename en onvergeetlike dag te wees. Baie dankie aan almal wat deelgeneem het aan die een of ander vorm, van die rolspelers agter die beplanning, organisering en uitvoering van vele take, insluitend die verkopers en aankopers, aan al die lede van die klub, en eindig met al die besoekers vir hul ondersteuning en deelname in hierdie uitstekende geleentheid. Sien julle almal volgende jaar weer!

U is ingeskakel op 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga en ons gaan nou voort met die HF voortplantings voorspelling van Hannes Coetzee, ZS6BZP.

Hannes berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Die kanse vir ernstige son uitbarstings is baie gering. Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 40.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 20 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 15 m net 'n kortkop agter behoort te wees.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Wat is in die Dagboek van gebeure vandag?

Op Sondag 4 Junie, werk die Vrystaat tydens die ZS4 Naelloopt.
Op Saterdag 21 Junie kan jy die RTA in Durban bywoon, besoek die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste en bespreek jou plek.
Die Suid-Afrikaanse Radioliga Top Band QSO geselligheid is op die lug vanaf 19 tot 22 Junie, kry jou 160 meter antenna in die lug.
U kan meer uitvind oor hierdie asook ander interessante gebeure op die Suid-Afrikaanse Radioliga se webblad www.sarl.org.za.

En om die bulletin mee af te sluit weer 'n terugblik op ons hoofnuus

HAMNET ondersteun die Comrades Marathon vandag. 28 Radio amateurs van verskeie KwaZulu-Natal klubs, Highway, Durban, Midlands, South Coast en Zululand verskaf kommunikasie vir die Comrades Marathon vandag. Radio skakels met die Gesamentlike Operasionele Sentrum (GOS) geleë by die Munisipale Rampbestuur Sentrum is opgestel by uitgesoekte waterpunte om verslag te doen oor gereedheid en enige ander operasionele kwessies wat oorgedra sal word na die organiseerders van die marathon.

Dit bring ons dan aan die einde van hierdie Suid-Afrikaanse Radioliga nuusbulletin

Suid-Afrikaanse Radioliga-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT te luister na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz en 'n potgooi deur Dick, ZS6RO.

'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 3 230 kHz plaas. Ons ontvang graag jou ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur ’n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n bulletin van die Suid Afrikaanse Radio Liga saamgestel is deur Dennis Green, ZS4BS en geredigeer deur Dawie Conradie, ZR6DHC.

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens u 'n mooi week toe. Ons oorhandig die mikrofoon nou aan die Engelse span. Totsiens



Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003