Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL nuus Sondag 08 Jun 2014

Goeiemore en welkom, jy luister na ZS6SRL die amptelike stem van die Suid Arikaanse Radio liga. Jy kan nou luister na ons weeklikse nuus uitsending gelees deur ________________________ (naam, roepsein en QTH waar toepaslik). Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 plaaslike tyd 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 plaaslike tyd in Engels uit op HF en verskeie BHF en UHF herhalers landswyd. Vir Echolink luisteraars is daar ‘n herleiding deur ZS0JPL

Hierdie oudio bulletin kan afgelaai word vanaf die SARL se webblad by www.sarl.org.za ‘n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook van hierdie webblad afgelaai word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e pos te ontvang.

Let asb daarop dat alle web en epos adresse slegs in die gedrukte weergawe van die bulletin sal verskyn en nie tydens die oudio nuus gelees sal word nie.



Ons begin vanmore se bulletin met ‘’n stil sleutel: Dit is met leedwese dat ons via Oom George Honniball ZS6NE verneem dat die sleutel van Gert White ZS6AGJ, in die ouderdom van 93 jaar, op Maandag 2 Junie stil geword het. Gert was ten tyde van sy afsterwe woonagtig op Baberton. Sy afsterwe volg na ‘n siekbed van ongeveer 3 jaar.

Ons innige simpatie aan Gert se familie en vriende

** Pouse **

== In vandag se nuus

HABEX word volgende Saterdag gelanseer

‘’n Nuwe 5MHz baken in Switserland

KARTS baken weer die week op die lug

asook al die plaaslike nuus

== Na ‘’n suksesvolle toets op 31 Mei is die HABEX span gereed om volgende Saterdag 14 Junie hul ding te doen. Die HABEX ballon sal omstreeks 06:00 plaaslike tyd vanaf die Klerksdorp lughawe gelanseer word . Die verrigtinge behoort teen 14:00 plaaslike tyd ten einde te loop.

Amateurs word versoek om reëlings met plaaslike skole te tref ten einde leerders na hul radio kamers te nooi. Die HABEX eksperiment stel hom ten doel om bewustheid ten opsigte van elektriese tegnologie te kweek. Daar word tans sterk op hierdie vak in die huidige kurrikulum gefokus.

Van die eksperimente aan boord die vlug is ‘’n papegaai herhaler wat op 437,9MHz sal uitsaai, maak seker jy wag vir die biep biep toon voordat jy jou boodskap stuur. Die vlug kan ook deur die aprs.fi webblad gevolg word. Plaas ZS6ERB11 of ZS6ERB08 in die soek hokkie

Nog ‘’n eerste sal die hoë hoogte sweeftuig wees wat in samewerking met House4Hack in Centurion as deel van die ballon se loonvrag gelanseer sal word. ’n skakel na hul webblad is beskikbaar in die gedrukte weergawe van hierdie nuusuitsending.

== Tesame met die HABEX ballon vlug is daar ook ‘’n interessante foto kompetisie waar fantastiese pryse gewen kan word. Die kompetisie word in twee kategorie beoordeel en die wenner in elke kategorie stap weg met ‘’n Timewave 59+ Digitale Oudio prosesseerder ter waarde van R 1500.00 Hierdie kompetisie is oop vir almal

** Kategortie een fokus op die meeste leerders in my hok. Die foto moet al die leerders asook die APRS opsporingstelsel op die agtergrond vertoon. Die naam en roepsein van die betrokke radioamateur asook die van die leerders en die skole waar hul betrokke is, moet ook saam met die inskrywing ingestuur word.

** En dan kategorie twee fokus op die koelste HABEX 09 radio kamer. Die koel wat hierna verwys word, het egter niks met die eintlike temperatuur te doen nè maar eerder met die aantrekingswaarde van die vertrek. Die foto hiervan sal tipies die radioamateur en die leerlinge op die mees innoverende manier waarop die vlug gevolg kan word. Die naam en roepsein van die betrokke radioamateur asook die van die leerders en die skole waar hul betrokke is, moet ook saam met die inskrywing ingestuur word.

Die sluitingsdatum vir hierdie kompetisie is16 Junie 2014 en inskrywings moet gestuur word aan
zs6erb@gmail.com. Die foto’s moet asseblief nie meer as 1 mega greep oorskry nie.


== Vanuit Switserland berig die Amateur Radio Newsline dat ‘’n nuwe 5 MHz baken vanaf 1 Junie om 00:00 UTC op die lug is. Alhoewel die 60 meter band nog nie in Switserland geproklameer is nie het die Sursee Amateur radio klub die gebruik van 5291KHz bewerkstellig.

Die klub reken die sein van hierdie baken sal regoor Switserland gehoor kan word en het ook gevra dat internasionale stasies moet luister vir hulle baken en seinraporte aan hulle kan deurstuur. Die bakenroepsein is HB9AW


== Die Kemptonpark Amateurradio tegniese vereniging berig dat hulle gedurende die eerste deel van hierdie week ook hulle eksperimentele baken op 5250kHz weer op die lug sal hê. Die baken maak hoofsaaklik van die WSPR programmatuur gebruik wat gratis van die internet bekom kan word. Jy kan ook op die SARL se voortplanting afdeling van die webblad meer te wete kom oor hoe om die programmatuur op te stel en te gebruik.

Die uitslae van die pret gedeelte van die toon aan dat 37 stasies gedurende die naweek aktief was met 11 wat logstate ingestuur het. Die deelnemers wat logstate ingestuur het, kan binnekort hul spesiale deelnemers sertifikate in die pos verwag

Die foto’s van deelnemers wat hul radio kamers uitbeeld sal tydens die komende RTA beoordeel word en daar sal ook meer terugvoer oor hierdie besonderse naweek tydens hierdie geleentheid bekend gemaak word.

Jy is ingeskakel op ‘’n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radio Liga en ons gaan nou voort met nuus vanaf die liga

== Die mees onlangse fakture vir lidmaatskap hernuwing is die afgelope week uitgestuur aan lede. Hierdie fakture dek die 2014/ 2015 boekjaar. Lede met wie dit finansieel moeilik gaan kan nou ook die faktuur in drie gelyke dele betaal. Die betalings moet dan nou, aan die einde van Junie en aan die einde van Julie gemaak word. Laat weet asseblief die kantooradministrateur indien jy van hierdie opsie gebruik wil maak deur ‘’n e-pos te stuur.

Die raad het dit goedgedink om die lidmaatskap fooi nie te verhoog nie maar om eerder die intekening tot die Radio ZS as ‘’n individuele item te stel. Indien jy dus die gedrukte weergawe van die Radio ZS verkies sal die intekenfooi daarvoor R150.00 beloop. Die e-weergawe van die tydskrif is gratis beskikbaar aan alle lede deur die SARL webtuiste.


== Die Suid-Afrikaanse Amateurradio Ontwikkelings Trust het ook laat weet dat voornemende kandidate vir die Oktober RAE wat onder die ouderdom van 26 jaar is kan aansoek doen om ‘’n Tony Reumerman beurs.

Die beurs waarde beloop R 1000.00 en sluit die volle opleiding en eksamen fooi asook die eerste jaar se lisensie fooie in. As bonus sal kandidate wat deur hierdie beurs die eksamen aflê en ‘’n “B” simbool of beter verwerf ook ‘’n basiese ARRL antenne handboek ontvang. Die waarde van hierdie boek beloop ‘’n stewige R 350.00. Kandidate wat kwalifiseer hiervoor moet ‘’n afskrif van hul uitslae aan die SAARDT voorlê. Jy kan meer oor hierdie beurs te wete kom op die deur die webtuiste te besoek.Die sluitingsdatum vir beursaansoeke is reeds 30 Junie 2014

== Die eerste SARL Radio Tegnologie in Aksie simposium word Saterdag 21 Junie by die Universiteit van Kwa Zulu Natal aangebied. Daar word oor ‘n wye verskeidenheid onderwerpe gepraat en heelwat hiervan word ook deur praktiese demonstrasies toegelig.

Vind die volledige program asook intekenvorms op die SARL se webblad, kies die Radio Tegnologie in Aksie skakel aan die linkerkant van die tuisblad of versoek dat die inligting per e pos aan jou gestuur word deur bloot ‘n epos aan die organiseerders te stuur. Plaas RTA Durban in die onderwerplyn van jou epos



== Die Suid-Afrikaanse Amateurradio Ontwikkelingstrust beskik tans oor heelwat interessante boeke in hul boekwinkel. Besoek hul webblad om meer uit te vind.

== Vanmiddag kan jy deelneem aan die ZS4 naelloop, ‘’n pretaktiwiteit wat daarop gemik is om kontakte tussen radio amateurs in die Vrystaat en die res van Suider-Afrika te bevorder. Die naelloop vind plaas tussen 14:00 en 15:00 UTC met foon aktiwiteit op 7130 tot 7190kHz en gelykgolf tussen 7000 en 7040kHz. Logstate moet voor of op 16 Junie aan zs4srk@gmail.com gestuur word. Sertifikate vir 1ste 2de en 3de plekke.

== Dan het ons inligting ontvang dat daar verskeie pieke gedurende die komende langnaweek geaktiveer sal word onder die SOTA vaandel. Vanaf Secunda hoor ons dat Gert, ZS6GC, Lucas, ZS6ACT, Sid, ZS5AYC, Adele, ZS5APT, Willie, ZS6WBT, Hoffie, ZS6BAB en Christo, ZR6LJK, Wynberg, MP-005 wil aktiveer op Saterdag 14 Junie en op Sondag 15 Junie, beplan hulle om Kanonkop, MP-007 te aktiveer. Hulle hoop ook om Maandag 16 Junie by Ossewakop, MP-004 aan te doen. Luister gerus op 7090kHz, 14 160kHz en ook op 145,525mHz of jy nie dalk met hulle kan kontak maak nie. Hulle beplan om elkeen van die dae so na 09:00 plaaslike tyd aktief te raak.

Sid, ZS6AYC, en Adele, ZS5APT, beplan ook om so paar pieke later dieselfde week te aktiveer en hulle het Mount Anderson, MP-002 in hul fisier

Dan het Dennis, ZS4BS, planne om Mount Paul, FS-012 op Saterdag 14 Junie vanaf so 09:30 plaaslike tyd op 7 090, 14 160 kHz en 145,500 MHz te aktiveer. Daar bestaan ook ‘’n moontlikheid dat hy Platberg, FS-004 op Sondag 15 Junie kan aktiveer.

Daar word gehoop dat hierdie naweek ook die eerste piek tot piek kontakte sal oplewer op Saterdag 14 Junie 2014. Daar is ook ‘’n uitdaging aan ander amateurs gerig om pieke in hul omgewing te aktiveer. Daar is meer inligting beskikbaar op die webadres in die gedrukte weergawe van die bulletin. Hou ook die Zone 38 Facebook-blad en die SARL webblad dop vir meer inligting.



Jy is ingeskakel op ZS6SRL en ons kyk voorts na Hannes Coetzee ZS6BZP se HF voortplanting voorspelling. Hannes berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Al die sigbare sonvlekke is tans stil en stabiel.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 50.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 20 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 15 m net 'n kortkop agter behoort te wees.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.



Dagboek v
Vanmiddag, Sondag 8 Junie kan jy deelneem aan die ZS4 naelloop, 17 Junie is wêreld QRP dag 19 tot 22 Junie is dit die SARL se top band QSO geleentheid, op Saterdag 21 Junie kan amateurs in die Durban area die RTA bywoon, en 21 asook 22 Junie is die ARRL veld dag geleentheid

Ons sluit vanmore se bulletin met ‘’n terugblik op ons hoofberig:

Die HABEX ballon sal eerskomende Saterdag die 14de Junie omstreeks 06:00 plaaslike tyd vanaf die Klerksdorp lughawe gelanseer word . Die verrigtinge behoort teen 14:00 plaaslike tyd ten einde te loop.
Amateurs word versoek om reëlings met plaaslike skole te tref ten einde leerders na hul radio kamers te nooi..



Dit bring ons dan aan die einde van hierdie Suid-Afrikaanse Radioliga nuusbulletin, vind meer uit oor hierdie en ander nuus deur die SARL se webtuiste te besoek.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz 'n potgooi deur Dick, ZS6RO en herleiding op verskeie BHF en UHF frekwensies regoor die land
'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 3 230 kHz plaas.
Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.
Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Die SARL se nuusdiens nooi klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op die webtuiste onder die newsinbox skakel nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

Ons benodig ook voortdurend die dienste van bekwame nuusopstellers, vertalers en proeflesers. Indien jy kan behulpsaam wees met van hierdie take kontak asseblief die sekretaris van die SARL via epos
En daarmee kom ons aan die einde van hierdie nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga saamgestel en geredigeer deur Dawie Conradie ZR6DHC

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou 'n mooi week toe. Totsiens

Webtuistes en epos adresse genoem in hierdie bulletin:

SARL website www.sarl.org.za
SARL Newsinbox www.sarl.org.za/newsinbox.asp
RTA Email adress rta@sarl.org.za
SARL Office admin admin@sarl.org.za
House4hack www.house4hack.co.za
SOTA Info www.zs4bfn.co.za/sota.asp
SAARDT Bookshop www.amateurradio.org.za/books.htm










Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003