Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


Ek vra verskoning dat ek weer die bulletin uitstuur maar ek het ongelukkig twee baie belangrike items uitgelaat:

SARL NUUS SONDAG 6JUNIE 2014

Goeiemore en welkom, jy kan nou luister na die weeklikse nuus uitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga vir Sondag _______________ (Datum) gelees deur ________________________ naam, roepsein en QTH waar toepaslik). Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 plaaslike tyd 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 plaaslike tyd in Engels uit op HF en verskeie BHF en UHF herhalers landswyd. Vir Echolink luisteraars is daar ‘n herleiding deur ZS0JPL

Hierdie oudio bulletin kan afgelaai word vanaf die SARL se webblad by www.sarl.org.za ‘n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook van hierdie webblad afgelaai word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e pos te ontvang.

Ons begin vanmore se bulletin ongelukkig met ’n stil sleutel: Dit is met leedwese dat ons kennis neem van die aftserwe van Dave Cox ZS5COX, ’n waardige seiljag entoesias wat het dit nodig geag het om sy amateur lisensie te bekom. Hy was lid van die Durban Amateur Radio Klub en het die kursus bygewoon. Hy was suksesvol en het die roepsein ZR5ADJ ontvang. Later het hy die roepsein ZS5COX bekom wat hy gebruik het ten tyde van sy afsterwe. Ons innige simpatie aan die familie en vriende van Dave.

** POUSE **

IN VANDAG SE NUUS
BESPREKINGS VIR DIE GAUTENG RTA GELEENTHEDE
SELFOON AANGESKAKEL, AMATEURRADIO DRAAGBAAR IS AF
IARU HF WEDSTRYD VOLGENDE NAWEEK
INTEGNET FOKUS OP IARU STREEK 1 BESLUITE
EN
JEUG UITGENOOI OM VANMIDDAG AAN TE SLUIT BY DIE JEUGNET
Bly ingeskakel hiervoor en ook ander nuusitems
>> Besprekings vir die Johannesburg en Pretoria Radio Tegnologie In Aksie simposia kan nou reeds gedoen word. Die geleentheid word op Saterdag 23 Augustus in Johannesburg aangebied en op 13 September in Pretoria by die Innovation hub. Die geleentheid in Johannesburg kan ongelukkig net 30 persone huisves maar die Pretoria geleentheid maak op hiervoor deur plek aan ongeveer 200 persone te bied.

Die Innovation Hub is ‘’n moderne konferensie gerief wat maklik toeganklik is net langs die N1 Noord. Vind meer uit oor die geleenthede deur besoek af te lê by die SARL webtuiste.

>> Kay Malfeld, DO7KAY, het die hoof toespraak gelewer tydens die opening van “Ham Radio 2014”. Sy tema was "selfoon aangeskakel, amateurradio draagbaar af. Sommige kommentaar oor DARC se probleem om jong mense te lok." Dit is nie net 'n probleem vir die Duitse vereniging nie, maar ook vir alle amateur radio vereniging.
Kay Malfeld, 12 jaar oud, het sy beginnerslisensie eksamen 'n jaar gelede geslaag. In sy aanbieding, het Kay uitgestip wat hom entoesiasties oor die amateur radio stokperdjie gemaak het. Dit was beslis nie die moontlikheid om met ander te praat met dieselfde belange nie. Dit kan maklik via die Internet gedoen word met behulp van 'n slimfoon, Skype of Teamspeak.
Wat belangrik vir Kay en ander jong mense is, is - praktiese ervaring met tegnologie; opwindende projekte, in die besonder die met sagteware en netwerke tegnologie; om saam met ander jong mense te kuier; internasionale begrip - nuwe mense van ander lande te ontmoet, en deel te neem in die velddae, noodkommunikasie en eksperimenteer met hoofkrag onafhanklike stasie in die geval waar die selfoon-netwerk van die lug af is.
Kay se finale verklaring is eerder "selfoon aangeskakel en draagbare radio ook aangeskakel." Die kombinasie van amateurradio kommunikasie met slimfone en rekenaars is 'n opwindende benadering met groot potensiaal. Werk in die konstruktiewe rigting van nuwe tegnologie saam met kinders en tieners - dit sal die regte gesindheid wees om met jong mense in die 21ste eeu te werk.

>> Die Australiese ruimteverkenner Andy Thomas VK5MIR het, na 22 jaar as ruimtevaarder en 4 maande as MIR ruimtestasie bewoner, onlangs sy aftrede aangekondig en sal voortaan op sy Texas beesplaas woon. Dr. Thomas het tot onlangs nog ontwerpspanne gelei. Van die projekte waaraan hy gewerk het behels die terugkeer tot die maan asook besoeke aan Mars. Dr. Thomas beplan om nou saam met sy ruimtevaarder vrou, Shannon Walker op die 40 akker plaas in die sentrale gedeelte van Texas te woon.
Walker is tans nog vebonde aan NASA en hoop om nog ten minste eenkeer die ruimte te besoek.

Indien jy kontak bewerkstellig met Dr. Thomas mag dit dalk bietjie moeilik wees om vir hom ‘’n QSL kaartjie te stuur aangesien die meeste aanlyn databasisse steeds sy adres aangee as die MIR ruimtestasie. Die stasie het reeds in 2001, op 21 Maart, in die aarde se atmosfeer opgebrand toe dit uit sy wentelbaan getuimel het.
Jy is ingeskakel op ‘’n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radio Liga gelees deur ______________ en ons gaan nou voort met nuus vanaf die radio liga.

>> Die SARL se eerste jeugnet sal vanmiddag, Sondag 6 Julie om 15:00 op die lug wees. Die netbeheer sal Mitchell Mynhard ZS6YH wees en die net sal op 7070KHZ gehou word. Klubs word uitgenooi om ook hul klubstasies te aktiveer en om jongmense in hul area te betrek tydens hierdie geleentheid. Van die besprekings tydens hierdie net sal fokus op die ’n geskikte tyd vir die net en ’n skedule vir ander jong amateurs wat sal kan optree as net beheer, ten einde die net weekliks op die lug te plaas, sal ook bespreek word.
Die oogmerk van hierdie net is om jongmense aan te moedig om meer aktief te wees. ’n vriendelike versoek aan die ouer garde, kom ons gee die jonges ook ’n kans, staan bietjie terug dat hulle ook hul ding kan doen.
Daar is ook n foto kompetiesie gekoppel aan hierdie net. Stuur ’n foto waar jongmense ’n klubstasie gebruik aan artoday@sarl.org.za om in aanmerking te kom vir die gelukstrekking. ’n Prys word uitgeloof aan ‘’n jongeling in die foto en nie aan die fotograaf nie.
Die prys is ’n Velleman edukit ter waarde van R 395-00 wat ‘’n soldeerbout, diagonalesnyer, soldeersel en ook twee projekte insluit. Die prys word geborg deur Electronics FG in Fearieglen Pretoria.

>> Die volgende SARL integnet sal Dinsdagaand 22 Julie 2014 om 19:30 plaasvind. Die net sal gebruik word om die SARL afgevaardigdes in te lig oor verskillende IARU streek een konferensie agenda items. Skakels na die verskillende agenda items sal binne die volgende paar dae beskikbaar wees op die SARL se webtuiste. Die drie afgevaardigdes van die SARL wat die konferensie gaan bywoon is Geoff Levy ZS6C, Rassie Erasmus, ZS1YT en Riaan Greeff, ZS4PR en hulle sal tydens die iintegnet die voorstelle oor HF, BHF, kompetiesies asook finasieele sake gesels.klubs wat graag by die net wil inskakel kan nou al ‘’n epos aan die netkoordineerder stuur by artoday@sarl.org.za met die nodige inligting rakende telefoonnommers en ook herhaler inligting. Hierdie inligting moet die netbeheer nie later as 15 Julie 2014 bereik nie.

>> Gedurende die afgelope week het die Kemptonpark Amateurradieo tegniese vereniging ‘’n uitdaging aan alle klubs gerig om hul donasie van R 430-00 bo en behalwe die normale R 50-00 klub affiliasie fooi te verbeter. KARTS glo dat klubs ook die volle lidmaatskap fooi wat tans R 430-00 beloop moet betaal. Dankie, aan die KARTS lede vir hierdie mooi gebaar. Intussen het Bloemfontein Amateurradio klub ingespring en die aanbod nie net geewenaar nie maar verbeter deur ‘’n volle R 450-00 bo en behalwe hul R 50-00 affiliasie fooi in te betaal. Dankie,ook aan Bloemfontien klub en welgedaan.

Kopmetiesie nuus
>> Dan herinder ons jou weer daaraan dat die IARU HF kampieonskappe gedurende volgende naweek, 12 en 13 Julie plaasvind. Die geleentheid skop om 12:00 UTC die 12de af en loop 24uur later om 12:00 UTC op die 13de ten einde.

OKOSA het die roepsein ZS9HQ aan die SARL toegeken en die roepsien sal vir die duur van die geleentheid op die lug wees. Die SARL president Geoffrey Levey ZS6C versoek amateurs wat belangstel om die roepsein te aktiveer om hom onverwyldt via epos by contest@sarl.org.za te kontak ten einde die nodige operasionele skedule te finaliseer.

>> Geoff het ook vir ons die uitslae van die SARL digitale kompetiesie beskikbaar gestel. Die geleentheid het op 25 Mei plaasgevind. Hoewel daar 17 stasies, wat 2 DX insluit, op die lug was, is daar ongelukkig net 3 logstate ontvang.

1ste Pravin Kumat ZS5LT
2de Ken Gurr ZS6KN
3de Janusz Danilowicz ZS1BHJ

Geluk aan Pravin

>> Die ZS4 naelloop was weereens goed ondersteun en 13 logstate was ontvang vir die geleentheid. Die eerste plek gaan die Bloemfontein Amateurradio Klub wat nie minder nie as 62 kontakte gemaak het om hul ‘’n puntetelling van 114 te gee, tweede was Jan Botha ZS4JAN, gesoute kompeteerder wat 50 kontakte gemaak het en 100 punte versamel het en derde plek gaan aan Johan van Zijl wat 46 kontakte en 96 punte bymekaargemaak het. Baie geluk aan almal wat deelgeneem het.

HF voortplanitingsvoorspelling
Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak hoër as vorige weke gaan wees. Groot sonvlekke AR2104 en AR2107 het "beta-gamma" magneetvelde wat genoeg energie huisves vir M-klas sonfakkels.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 130.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 15 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 20 m net 'n kortkop agter behoort te wees. Met die verhoogde sonaktiwiteit is opwindende vroëe aand 6 m openinge ook weer 'n moontlikheid.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

En laaste in vandag se bulletin kyk ons oudergewoonte na die dagboek van gebeure

12 en 13 Julie vind die IARU HF kamioenskappe plaas, dis ook die naweek vir die WRTC14, 19 Julie is dit die beurt van die SARL winter QRP naelloop, 26 en 27 Julie die RSGB se Eilande op die lug geleentheid en 3 Augustus die SARL HF Foon kompetiesie. Jy kan meer hieroor asook ander geleenthede uitvind deur die SARL se dagboek van die webblad af te laai

Ons sluit vanoggend se bulletin met ‘’n terugblik na ons hoof storie: Besprekings vir die Johannesburg en Pretoria Radio Tegnologie In Aksie simposia kan nou reeds gedoen word. Die geleentheid word op Saterdag 23 Augustus in Johannesburg aangebied en op 13 September in Pretoria by die Innovation hub.

Dit bring ons dan aan die einde van hierdie Suid-Afrikaanse Radioliga nuusbulletin, vind meer uit oor hierdie en ander nuus deur die SARL se webtuiste te besoek.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz 'n potgooi deur Dick, ZS6RO en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor die land 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 3 230 kHz plaas. Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Die SARL se nuusdiens nooi klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaansop die webtuiste onder die newsinbox skakel nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

Jy kan ook hierdie bulletin asook verskeie ander amateurradio verwante potgooi uitsendings kry op die webblad www.podpage.co.za

En daarmee kom ons aan die einde van hierdie nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga saamgestel en geredigeer deur Dawie Conradie ZR6DHC

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou 'n mooi week toe. Totsiens

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003