Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL NUUS SONDAG 30 NOVEMBER 2014
Goeiemore en welkom, jy kan nou luister na die weeklikse nuus uitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga wat gelees word deur ________________________ (naam, roepsein en QTH waar toepaslik). Die SARL saai elke Sondag om 08:15 plaaslike tyd 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 plaaslike tyd in Engels uit op HF en verskeie BHF en UHF herhalers landswyd. Vir Echolink luisteraars is daar ‘n herleiding deur ZS0JPL. ‘n Potgooi is ook beskikbaar op die SARL webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die SARL se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word. ‘n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e pos te ontvang.

** Ons begin vanoggend se nuusbulletin met `n stil sleutel.
Dit is met leedwese dat die SARL verneem het van die afsterwe van Malcolm Ian Mackenzie ZS5ACV. Ons innige simpatie aan sy seun Calum McKenzie wat inNew Zealand woonagtig is, sy familie en vriende.

IN DIE NUUS VANDAG
SARL VIER 90 JAAR
EXCHAT NUWE DIGITALE MODUS TOEPASSING
OPDATERING VAN HERHALER INFORMASIE BAIE POSITIEF
NEEMDEEL VANDAG AAN DIE LAASTE DIGITALE KOMPETISIE VIR VANJAAR

Bly ingeskakel hiervoor en nog ander interessante nuus.

** In 2015 vier die SARL sy 90ste bestaansjaar. Wat beter om hierdie besondere mylpaal te vier as die spesiale geleentheid roepsein ZS90SARL. Die oorspronklike South African Radio Relay League het gedurende Mei 1915 tot stand gekom. Die naam het later verander na South African Radio League. Vanaf Januarie af sal daar elke week 'n weeklikse insetsel wees wat die hoogtepunte van die laaste 90 jaar sal uitstip. Hierdie insetsels sal tot en met die groot viering in April tydens die Algemene jaarvergadering in Bloemfontein die lig sien.

Om sake nog meer interessant te maak het OKOSA die gebruik van die spesiale roepsein ZS90SARL aan die liga toegestaan. Hierdie roepsein is oop vir gebruik deur geaffilieerde klubs op 'n rotasie basis. Klubs sal die geleentheid kry om vir 'n volle week tussen Maandag en Sondag die roepsein te gebruik. Klubs wat belangstel daarin om hierdie spesiale roepsein te gebruik moet asseblief 'n epos stuur aan ZS90SARL@sarl.org.za vanaf eerskomende Maandag. Rassie ZS1YT sal die koördinering van hierdie tyd gleuwe behartig en die skedule sal ook op die SARL webblad geplaas word.

Klubs wat aansoek doen vir die gebruik van die roepsein moet asseblief tye en frekwensies aandui.  Logstate moet verkieslik elektronies gehou word en waar moontlik wel in die N1MM formaat. Logstate moet na afloop van die week se verrigtinge aan contest@sarl.org.za gestuur word vir insluiting in die Logbook of the world

'n Spesiale QSL kaart word tans ontwerp en sal binnekort beskikbaar wees. Om te bespreek stuur so gou moontlik jou epos aan ZS90SARL@sarl.org.za  Noem in die epos ook die datums verlang maar belangrik, ook alternatiewe datums.

** Nuwe Digitale Toepassing - EXChat. Con Wassilieff, ZL2AFP, het 'n sin-mode radio gesels-stelsel ontwikkel wat soos 'n selfoon SMS werk. Dit is 'n rekenaarprogram vir amateurradio uitsendings en ontvangs,deur gebruik te maak van 'n rekenaar en radio send/ontvanger. Die program rus jou rekenaar toe met 'n een sin op 'n slag geselsmode vir werking op die HF-bande. Jy gebruik dit op dieselfde manier as wat jy, sou SkypeT of SMS met jou selfoon. Dit bewerkstellig vinniger QSOs en maak veral radionette makliker.
Klank-kaarttegnieke word deesdae gebruik om uitsendings deurmiddel van tone op audio frekwensies te genereer en om die inkomende seine op die audiofrekwensie te ontvang en te dekodeer. 'n ESB send/ontvanger vertaal hierdie seine na en van die HF amateurbande.

Die EXChat modus is 'n ontwikkeling uit die oorspronklike DominoEX, en is heeltemal aanpasbaar met ander DominoEX weergawes. Amateurs wie nie EXChat het nie , kan met enige ander weergawe van DominoEX ook deelneem aan `n QSO. Wat anders is omtrent EXChat is dat dit in `n sinmode werk.

Lees meer oor EXChat en laai dit af by www.qsl.net/zl1bpu/MFSK/EXChat.htm

** Hier is jou kans om jeug op die lug aktiwiteite te bevorder

Gedurende verlede week se SARL nuus bulletin het ons berig dat Desember maand gewy word aan jeug op die lug aktiwiteite. Verskeie stasies van regoor die węreld sal aan hierdie gebeurtenis deelneem met die YOTA roepsein.

Tot op datum is daar reeds 35 sulke stasies geregistreer insluitend ZS9YOTA deur die SARL. Hierdie stasies sal poog om met soveel moontlik kontakte te maak met YOTA roepsein stasies. Gryp hierdie geleentheid aan om jongmense jonger as 25 na ons stokperdjie te lok sodat hulle kontakte kan maak met hul eie portuurgroep.

OKOSA het die roepsien ZS9YOTA se gebruik aan die SARL toegestaan wat tussen 1 en 31 Desember deur jongmense gebruik mag word vir hierdie doel. LET WEL hierdie roepsein se primęre doel is om geleentheid aan jongmense te bied om op die lug te kom. Jongmense soos per die IARU streek 1 definisie is mense onder die ouderdom van 25 jaar.

Persone onder die ouderdom van 25 word aangemoedig om aansoek te doen om die roepsein vir persoonlike of vir hul klub tydens jeugsessies te gebruik. Stuur jou versoek aan Nico van Rensburg ZS6QL by zs6ql@mweb.co.za

Die tydgleuwe wat reeds toegeken is en ook heelwat ander inligting kan verkry word vanaf www.hamradio.org.za

Wanneer jy jou YOTA logstaat indien sluit sommer 'n foto in van waar jy of 'n groep besig is met kontakte, hierdie fotos sal ook op die YOTA webblad aangebring word.

Klubs word ook aangemoedig om aan hierdie spesiale geleentheid deel te neem en so ook jongmense aan te moedig om amateurradio te gebruik.

BONUS

Jongmense wat logstate met ten minste 10 inskrywings daarop indien kom ook in aanmerking vir 'n groot geskenk, die gewildste amateurradio publikasie. Na afloop van die geleentheid sal daar in Januarie 'n gelukkige trekking wees vir die amateurradio bybel nl 'n hardeband uitgawe van die ARRL 2015 handboek.

Jy is ingeskakel op `n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanseradioliga wat gelees word deur Johann ZS6PSS.

** 'n Aansoek om lidmaatskap van die SARL is ontvang van Francois Joubert, ZSL1128.

Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskapaansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.

Lidmaatskaptal van die SARL staan tans op 1592 lede plus 35 geaffilieerde klubs.

** Herhalerinligting opgedateer.
Die SARL is uiters opgewonde oor die reaksie wat klubs toon na aanleinding van die versoek sowat 2 weke gelede om herhalerinligting op die webblad na te gaan en op te dateer. Tans is daar nog net enkele inskrywings waar die lisensienommer as "Tydelik" getoon word. Klubs wat nog nie gereageer het nie, word versoek om die inligting voor of op Vrydag 5 Desember op datum te bring of aan te dui of die herhaler nog steeds as "Tydelik" getoon moet word. Vir 'n lys van herhalers wat nog opgedateer moet word, besoek die voorblad van die SARL webblad.

** Die laaste Suid-Afrikaanse Radioliga kompetisie vir die jaar vind plaas op Sondag 7 Desember vanaf 13:00 UTC tot 16:00 UTC. Dit is die derde been van die Suid-Afrikaanse Radioliga Digitale kompetisie met PSK31 en RTD werking op 20, 40 en 80 meter. 'n Stasie mag twee keer per band gekontak word, een keer op PSK31 en een keer op RTD.

'n RST verslag en 'n opeenvolgende nommer wat by 001 begin word uitgeruil. Kontakte met stasies in Suider-Afrika tel 3 punte en kontakte met stasies buite Suider-Afrika tel 1 punt. Logstate moet teen 14 Desember 2014 aan contest@sarl.org.za gestuur word. Lees die reëls op bladsy 40 van die Kompetisie handboek vir die vermenigvuldigers en finale telling besonderhede.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Sonvlekke 2217, 2219 en 2222 het komplekse magneetvelde en huisves genoeg energie vir M-klas sonfakkels.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 73.

Amateurs gaan die 20 tot 10 m DX-bande geniet.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.
** Dagboek van gebeure.
01-31 Desember - Jeug op die lug met ZS9YOTA.
1 Desember - sluitingsdatum vir die opdatering van die Suid-Afrikaanse Radioliga onbemande toestelle databasis.
7 Desember - die Suid-Afrikaanse Radioliga digitalekompetisie.
13 en 14 Desember - ARRL 10 meter kompetisie.
15 Desember – laaste dag vir indiening van insette aan die Suid-Afrikaanse Radioliga oor die nasionale geďntegreerde IKT-beleid besprekingsdokument.

Om die nuusbulletin mee af te sluit, net weer `n terugblik op ons hoofnuusberig.
Die SARL vier gedurende 2015 sy 90ste bestaansjaar. Wees deel daarvan en doen nou aansoek vir die spesiale roepsein ZS90SARL.

** Dit bring ons dan aan die einde van hierdie Suid-Afrikaanse Radioliga nuusbulletin, vind meer uit oor hierdie en ander nuus deur die SARL se webtuiste te besoek.

** Luister elke Sondagoggend om 10:00 Plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz 'n potgooi deur Dick, ZS6RO en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor die land.
'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4895 kHz plaas.
Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.
Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Die SARL se nuusdiens nooi klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op die SARL webtuiste onder die newsinbox skakel te plaas nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

Jy het geluister na ‘n nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga , saamgestel deur Johann du Plessis ZS6PSS en geredigeer is deur Dawie Conradie ZR6DHC________________________en gelees deur ______________

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou 'n mooi week toe. Totsiens

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003