Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 14 DESEMBER 2014

Goeiemore en welkom! Jy kan nou luister na die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga gelees deur .............................................. (naam, roepsein en QTH waar toepaslik).

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 sentraal Afrika tyd 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 sentraal Afrika tyd in Engels uit op HF en verskeie BHF en UHF herhalers landswyd. Vir Echolink luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS0JPL. 'nPotgooi is ook beskikbaar op die Suid-Afrikaanse Radioliga webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die Suid-Afrikaanse Radioliga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word. 'nTeksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e pos te ontvang.

Ons begin ongelukkig vanmôre se bulletin met nuus van ‘n stil sleutel:

Dit is meet leedwese dat die afsterwe van Alan Smith, ZS1AAX, op Donderdag 11 Desember 2014 aangekondig moet word. Allanwas 'n lidvan dieSuid-Afrikaanse Radioligavir meer as50 jaar.Hy was 'nvoormalige voorsitter van dieKaapstadARS en dieKaapstad-takvan dieSuid-Afrikaanse Radioligavoor dit.

Ons betuig ons innige meegevoel met sy vrou Kay, familie en vriende

POUSE

In die nuus vandag

DIEKONSEP-WYSIGINGS AANDIE RADIO-REGULASIESIS GEPUBLISEER

'N NUWE NAAMVOORGESTEL VIR DIERTAEN' NOPROEP VIR REFERATE

AMATEUR RADIOPROMINENT IN DIEITUSSDMINISIATIEF

en

DIE KOMENDEPEARSNASIONALEBHF/UHFKOMPETISIE ISVIER WEKE WEG

Ons hoofberig vanoggend

** Die konsep-wysigings van die radio-regulasies is gepubliseer. Okosa het die konsep-wysigings gepubliseer van die radioregulasies wat oorspronklik op 31 Maart 2011 gepubliseer is.Die gepubliseere wysigings sal Amateur Radio beïnvloed.OKOSA maak gebruik van 'n raadplegende proses en vra vir kommentaar tov die konsep teen13 Februarie2015.Daar word verwag datdie finale hersiene regulasies aan die begin van Okosa se finansiële jaarop1 April 2015 in die Staatskoerant gepubliseer sa word.
Impak wat die nuwe wyigingswetsontwerp op die radio amateurssal hê is die toename in krag op sekere bande, die beperking van die ouderdom van ZU lisensie houers tot 25.Dit sal beteken dat wanneer 'n ZU lisensiehouer die ouderdom van 25 jaar bereik, die lisensie gekanselleer sal word. Wysigings word ook aangebring aan wie mag inbesit wees van 'ndeur lopende instem ontvanger bo 30MHz.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga gaan die konsep-wysigings bestudeer en nooi radioamateurs om dieselfde te doen. Stuur asb jou kommentaar aan sarlregwg@sarl.org.za teen15 Januarie 2015vir oorweging deur dieLiga se Raad vir die finalisering van dieSuid-Afrikaanse Radioligakommentaar aan OKOSA.

** Die RadioTegnologie in Aksie sal 'n nuwe naam en nuwe baadjie in 2015 kry met meer fokus op die praktiese toepassing en aanbiedings van wat vir die jaar beoog word. Hamradio Africa 2015 word as nuwe naam voorgestel in plek van die huidige RTA.

Die voorgestelde datums vir Hamradio Africa 2015 in Kaapstad is 6 Junie,Durban25 Julie, Johannesburg 22 Augustus en Pretoria19 September. 5 September is voorlopig opsy gesit vir Port-Elizabeth hangende samesprekings met PEARS om die bywoning te verbeter by die Port Elizabeth byeenkoms.

Voorstelle en referate word nou gevra op twee vlakke, 'n nasionale aanbieding,met ander woorde die referaat word by alle byeenkomste aangebied en die plaaslike referaat vir die aanbieding by die plaaslike byeenkoms waar die skrywer woon.
Stuur 'n kort opsomming van die referaat aan en dui aan of dit plaaslik of nasionale is. Skrywers moet met die indiening van voorstelle vir die nasionale referate aandui indien hulleSuid-Afrikaanse Radioligabefondsing wil hê of kan hulle, hulle eie borgskap en verblyf reel. Stuurvoorstelle aan rta@sarl.org.za om die organiseerders te bereik nie later as 31 Desember 2015 nie.

Jou kommentaar en voorstelle oor die naam Hamradio Africa 2015 sal verwelkom word.

**Amateurradio is prominent in die ITU SSDM inisiatief. Die Internasionale Amateurradio unie (IARU) word verteenwoordig deur sy President Tim Ellam, VE6SH/G4HUA, wie 'n stigterslid is van die Adviesraad van die InternasionaleTelekommunikasie-unie(ITU) se Smart Sustainable Development Model (SSDM) inisiatief.



Die inisiatief is daarop gemik om optrede te skep wat nodig is om die nood telekommunikasie-infrastruktuur, wat bydra tot die verskaffing van vinnige hulp ingeval van natuurrampe en kan gebruik word as 'n werksinstrument om ekonomiese en maatskaplike ontwikkelingte bevorder, die verskaffing van gemeenskaptelekommunikasiedienste waar mense toegang tot onderwys het, gesondheidsdienste asook die beste diens in 'n bepaaldegebied.



Die buitengewone vergadering van die Adviesraadhet op 6 Desember 2014 plaasgevind,'n dag voor die ITU Telecomworld 2014 byeenkoms in Doha, Katar. By hierdie vergadering, het die Adviesraad die resultate van die werk wat gedoen is deur sy werkgroepe aangekondig. Die vergadering het gefokus op die bekendstelling van die finale verslag net voor die ITU TelecomWorld 2014,wat 'n uitstekende geleentheid bied om te pleit vir die kritiese rol van ICT in lewens en volhoubare ontwikkelingte spaar. Die IARU het 'n sleutelrol gespeel in beide die ontwikkeling van die finale verslag en in sy bekendstelling op 6 Desember.



Die inisiatief teiken aan die een kant ICT4D en die implementering van die belangrikste telekommunikasie-infrastruktuur wat die gapings en uitdagings verhinder omdie vermoë van lande om wetenskap, tegnologie,innovasie en kultuur vir volhoubare ontwikkeling te oorbrug. Aan die anderkant, is dit gerig op ICT4DM en die ontplooing van die ICT en speel `n belangrike rol nadat rampe plaasgevind het. .Dit verseker dat die tydige ontvangs van van belangrike inligting wat uiters noodsaaklik is regeringsondersteunde groepe en ander humanitêre medewerkers wat betrokke is inreddingsoperasies waar mense in nood verkeer. Die intergrering van ICT`s in die voorspelling en waarneming van rampe en vooraf waarskuwings sal die voorkoming van rampe meer doeltreffend maak. Ten-spyte van die pogings wat op die gebied aangewend word kan daar nog baie meer gedoen om `n groter impak uit te oefen in hierdie veld waar gebruik gemaak kan word van groepsbenadering en ondervinding.


Die Amateurradiodiens is prominent in die verslag; wat op die Suid-AfrikaanseRadioliga web in die volgende paar dae beskikbaar sal wees.

Jy luister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga

** Opdatering van herhaler en baken inligting.Die Suid-Afrikaanse Radioliga wil graag al die klubs en opsigters van verskeie herhalers bedank vir die terugvoer wat ontvang is met betrekking tot die opdatering van herhaler inligting op die Suid-Afrikaanse Radioliga databasis onder "unmanned devices". Toestelle aangedui as "operational" is nou opgedateer.

Die volgende stap is om alle toestelle wat as "Suspended" of "Planned" aangedui word te verwerk. Die Suid-Afrikaanse Radioliga is tans in skakeling met die individuele klubs en opsigters.

**Sporadiese-E van Namibië, Zimbabwe, Zambië of verder nord in Desember en Januarie. Draai jou 50MHz antenna noord vanaf 12:00 sentraal Afrika tyd (middag) tot ongeveer14:00 sentraal Afrika tyd en kyk vir V5, Z2, 9J of DX-stasies verder noord. Dit is vir 'n lang tyd bekend dat in teenstelling met Suid-Afrika, die lande verder noord ervaar gereelde Sporadiese-E opening gedurende die Es seisoen. Gedurende Desember en Januarie toe die Band1 TV-stasies nog op die lug was vanuit Gweru en Kabweis,was hul FM klank kanale byna daagliks op 53,750MHz en 53,760MHz onderskeidelik ontvang teen `n S9 in PortElizabeth.
Omdat Esseine baie sterk is,kan selfs 'n laekrag stasies baie doeltreffend wees.



** Die komende PEARS Nasionale BHF/UHF kompetisie vind binne vier weke van nou af plaas . Daar is verskeie interessante uitdagings in hierdie kompetisie. Die verbod op ‘spotting’ of enige andervorm van skakeling tydens 'n BHF wedstryd word herroep. Dit voldoen aan die nuwe ARRL voorstelle nadat ontdek is dat baie meerlang afstandkontakte gemaak kan word wanneer dit bekend is wanneer en in watter rigting "DX" amateurs uitsaai.



Nog 'n uitdaging is die bekendstelling van 'n 144.400MHz FM kategorie met eenvoudige reëls om beginners sowel as oud-stryders te inspireer om die opwinding van 'n BHF wedstryd te ervaarof net om pret te hê en BHF aktiwiteit te bevorder. Borge is genader in die verskillende afdelingsom 'n prys vir hierdie kategorie aan die wenne rte skenk in hul onderskeie afdelings.Die lys van borge sal op die BHF Forum gepubliseer word.

** In die HF voortplantingsvoorspelling berig Hannes Coetzee, ZS6BZP, dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak gematig gaan wees. Sonvlek 2230 het 'n komplekse magneetveld en huisves genoeg energie vir M-klas sonfakkels.Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 118.

Amateurs gaan die 20 tot 10 m bande geniet met veral die 15 m wat goeie DX-openinge op daglig paaie daar kan stel.Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

** En nou die dagboek van gebeure

01-31 Desember - Jeug op die lug met ZS9YOTA
14 Desember - ARRL 10 meter Kompetisie
15 Desember –jou insette na die Suid-Afrikaanse Radioliga oor die nasionale geïntegreerde IKT-beleid besprekingsdokument
31 Desember – jou voortstelle vir referate vir Hamradio Africa 2015 narta@sarl.org.za
1 Januarie 2015 – ZS90SARL gaan op die lug
15 Januarie 2015 – jou insette na die Suid-Afrikaanse Radioliga oor die konsep-wysigings aandie radio-regulasies
16 to 18 Januarie 2015 – PEARS NasionaleBHF/UHF Kompetisie

Ons sluit vanmôre se bulletin met 'n vinnige terugblik op ons hoofstorie:

** Diekonsep-wysigings van die radio-regulasies is gepubliseer. Okosa het die konsep-wysigingsgepubliseer van die radioregulasies wat oorspronklik op 31 Maart 2011 gepubliseer is. Die gepubliseere wysigings sal AmateurRadio beïnvloed. OKOSA maak gebruik van 'n raadplegende proses en verwelkom kommentaar oor die konsep teen13 Februarie 2015. Daar word verwag dat die finale hersiene regulasies aan die begin van Okosa se finansiële jaarop1 April 2015 in die Staatskoerant gepubliseersal word.

DieSuid-Afrikaanse Radioliga gaan die konsep-wysigings bestudeer en nooi radioamateurs om dieselfde te doen en hul kommentaar te stuur aan sarlregwg@sarl.org.za teen15 Januarie 2015vir oorweging deur dieLiga se Raad vir die finalisering van dieSuid-Afrikaanse Radioligakommentaar aan OKOSA.

** Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz. 'nPotgooi deur Dick, ZS6RO, en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor die land. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 4 895 kHz plaas. Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johann ZS6PSS........................., en gelees deur ........................................

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou 'n mooi week toe.

/EX




Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003