Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 4 JANUARIE 2014

Goeiemore en welkom! Jy kan nou luister na die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga gelees deur .............................................. (naam, roepsein en QTH waar toepaslik).

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 sentraal Afrika tyd 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 sentraal Afrika tyd in Engels uit op HF en verskeie BHF en UHF herhalers landswyd. Vir Echolink luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS0JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Suid-Afrikaanse Radioliga webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die Suid-Afrikaanse Radioliga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word. 'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e pos te ontvang.

Ons begin ongelukkig vanmôre se bulletin met nuus van ‘n stil sleutel:

Dit is meet leedwese dat die Magalies Radioamateurklub die afsterwe op 24 Desember van Saar Steyn, ZS6BFW, moet aankondig. Saar was `n jarelange lid van Tak Noord Transvaal , nou die Magalies Radioamateurklub. Ons sal haar almal baie mis.

Ons betuig ons innige meegevoel aan haar kinders en familielede en vriende.

POUSE

In die nuus vandag

HAMNET WES-KAAP ONDERSTEUN DRIE REDDINGSPOGINGS DIE AFGELOPE NAWEEK

EERSTE SARL@HOME VIR 2015 SAL GEHOU WORD OP 5 FEBRUARIE

KAAPSTAD IS DIE WIEG VAN BHF BAANBREKERSWERK

en

WAT KAN JY VERWAG VAN DIE KOMENDE PEARS BHF/UHF KOMPETISIE?

Die President en die Raad van die Suid-Afrikaanse Radioliga, asook die Nuusspan, wens al ons lede 'n voorspoedige 2015 toe.

Ons hoof storie vanoggend

** Oor die naweek van 28 Desember, was HAMNET Wes-Kaap betrokke in drie reddingspogings. Paul van Spronsen, ZS1V, Hamnet Nasionale Direkteur was op die Wes-Kaap Soek en Redding Logistiekediens Bestuur en dit was sy verantwoordelikheid om die toepaslike beskikbare hulpbronne te ontplooi vir die drie voorvalle.

Om 21:32 op Sondag 28 Desember is ZS1VCC en ZS1ZW uitgeroep na Rocketweg bokant Sandybaai om 'n metro-span met kommunikasie te ondersteun tydens ‘n reddingspoging van drie studente. Die studente is vroeg die volgende oggend onttrek na veiligheid.

Vroeër die aand om 20:30 het Pierre Tromp, ZS1HF, en Dawid ZU1D, aangesluit by Johan, ZS1JVW, wat reeds in plek was naby die du Toitskloof tonnel en kommunikasie met SkyMed bewerkstellig het. 'n Paramedikus en 'n bergklimmer is vroeër die middag in die kloof laat afsak. Die medikus het die pasiënt behandel en haar voorberei vir 'n helikopter onttrekking. Die helikopter het die pasiënt onttrek en terug gevlieg na Groote Schuur Hospitaal om 22:55.

Die derde voorval was 'n groep van vyf wat vermis geraak het in Suicide Gorge - 'n kloofklim roete in die Nuweberg natuurreservaat naby Grabouw. Geen Hamnet lede is gestuur na die voorval nie. Die span daar het hoofsaaklik bestaan uit lede van die K9SAR span.

Dit wys net weer die kommunikasie ondersteuning wat radioamateurs in staat is om aan die gemeenskap te lewer wanneer dit die nodigste is, maar dit gaan dikwels ongesiens verby.

** Die eerste SARL@HOME vir 2015 sal gehou word by die Nasionale Amateurradiosentrum op Saterdag 5 Februarie. Daar sal twee aanbiedings op dieselfde dag wees. Frik Wolf, ZS6FZ, sal weer 'n oppervlak gemonteerde tegnologie werkswinkel aanbied waar jy sal leer hoe om te werk met 'n oppervlak gemonteerde komponente.

Die werkswinkel sluit in die bou van 'n klein projek om jou nuwe kennis in die praktyk te toets. Die koste vir die werkswinkel is R150 vir Suid-Afrikaanse Radioliga lede en R300 vir nie-lede. Dit sluit in die stroombaan en komponente vir die projek en 'n CD met 'n magdom inligting en video's in. Volledige besonderhede is beskikbaar op die web. Die werkswinkel begin om 08:30

Die tweede anbieding op 5 Februarie is 'n WSPR bespreking wat om 14:00 begin. Hier sal meer oor die Suid-Afrikaanse Radioliga se fassinerende 5 MHz voortplanting navorsingsprojek vertel word. Dit word deur Stuart Moss, ZS6GSM, en Hans van de Groenendaal, ZS6AKV, aangebied.

** ZS90SARL het sy debuut gemaak op 1 Januarie 2015 Theunis Potgieter, ZS2EC van die Port Elizabeth Amateurradiovereniging is die eerste stasie om die roepsein ZS90SARL te gebruik om die 90ste herdenking van die Suid-Afrikaanse Radioliga te vier. Oorspronklik bekend as die South African Radio Relay League, is die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, in Mei 1925 gestig, kort na die stigting van die Internasionale Amateurradiounie in Parys, Frankryk.

Dit is gepas dat die eerste uitsendings van ZS90SARL van Port Elizabeth gemaak is, dit was daar wat die eerste radio kontak in Suid-Afrika gemaak is. Dit was Edward Alfred Jennings, 'n telefoontegnikus in die stad wat deur eksperimentering om die prestasie van die telefoon mondstuk te verbeter, sy koherer eienskappe bespeur het. Hy het ook opgemerk dat die elektriese trem wat 'n entjie weg verby sy huis ry, geknetter veroorsaak. Later daardie jaar, dit is 1896, het hy 'n ambisieuse eksperiment uitgevoer om 'n sein oor byna 'n kilometer afstand tussen sy huis in Sherlockstraat na 'n primitiewe ontvangs stasie by Cooper se Kloof te stuur. ‘n Vlag sou gehys word as sy seine ontvang word en waarlik, hulle was.

Vir die week 12 tot 18 Januarie sal Mike Stokes, ZS6AI, van Kempton Park, die roepsein bedryf.

** Die Radio Tegnologie in Aksie naam is uiteindelik verander na ARiA, Amateur Radio in Aksie 2015. As jy graag by een of al die ARiAs in 2015 ‘n aanbieding wil maak, stuur 'n kort opsomming nog hierdie naweek aan artoday@sarl.org.za so dat die program gefinaliseer kan word.

Jy luister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga

** Kaapstad is die wieg van BHF baanbrekerswerk. In 1934 het Bert Howes, ZS1AL / ZS6HS nou stil sleutel verskeie stasies in die Skiereiland vanaf Tafelberg met sy 5 meter (56 MHz) super-regeneratiewe send/ontvanger gewerk het. En 'n paar jaar later was hy die eerste Suid-Afrikaner wat die BBC TV klank van Alexandra Paleis, Londen, Engeland op 41,5 MHz ontvang. Rondom hierdie tyd het Henry Rieder, ZS1P, eksperimenteer met die Baird meganiese TV-stelsel wat Nipkow roterende skywe gebruik en dit gedemonstreer aan die publiek. Voor die begin van die Tweede Wêreldoorlog, het Guy Swart, ZS1AX, op De Waal-rylaan kruis-band met Johnny du Plessis, ZS6EH, in Johannesburg op 5 en 20 meter, onderskeidelik, tydens 'n Sporadiese-E opening gewerk.

Na die oorlog, het Bert Howes, nou ZS6HS, die eerste DX kontak met MD5KW in Port Said op die nuwe 6 meter (50 MHz-band) gemaak. Broers Charles, ZS1T, en Henry Rieder, ZS1P het gou hierop gevolg toe hulle PA0UN op 6 meter gewerk het vir 'n nuwe wêreld rekord. Henry Rieder het geskiedenis gemaak toe hy die Cambridge/Oxford boot reisies uit Londen op sy Pye TV-ontvanger ontvang het. Later het Denis Richardson, ZS1B, 'n nuwe wêreld rekord op 6 meter met JA1AXE, oor 'n afstand van 14 730 km, opgestel, 'n rekord wat vir 21 jaar gestaan het voordat dit gebreek is.

Die pioniersgees in Kaapstad het afgeneem en BHF aktiwiteit het verskuif na die Transvaal sowel as Natal. Selfs die Oos-Kaap het lewe getoon toe daar op BHF begin eksperimenteer word die eerste Mikrogolf amateur rekord op 10 GHz (3 cm) is in Oos-Londen aangeteken. Hopelik sal die pioniersgees op BHF en bo in die Kaapstad-omgewing weer opvlam en weer deur die hele land versprei. Deelname aan 'n BHF kompetisie sal 'n goeie begin wees!

** Wat kan jy verwag uit die komende Port Elizabeth Amateurradiovereniging se BHF / UHF kompetisie? Verskeie innovasies is ingestel om die aktiwiteit ‘n verdere hupstoot in hierdie wedstryd te gee. In ooreenstemming met die ARRL voorstelle, is die verbod op spot of ander vorme van skakeling tydens 'n BHF wedstryd herroep. Dit sal ver stasies in staat stel om die ander te waarsku wanneer hulle werk en in watter rigting hulle stuur, of enige metode gebruik om hierdie tipe inligting te stuur via SMS, ON4KST, ens, en dit sal die groep amateurs help met die afgeleë gebiede wat buite die normale BHF roetes tussen die belangrikste sentrums is.

'n Nuwe pret tipe kategorie op 144.400 MHz FM is ook bygevoeg om beginners en oudstryders aan te moedig om hul eerste smaak van BHF te ervaar, dit sal vir hulle ‘n nuwe en opwindende wêreld op BHF en bo oopmaak. Die reëls is baie eenvoudig en jy kan tien punte kry vir enige stasie wat jy in jou eie afdeling werk of twintig punte vir ’n stasie uit 'n ander afdeling. Borge is genader in die verskillende afdelings om 'n prys te skenk vir hul afdelings wenner en dit sal mettertyd aangekondig word.

Die PEARS BHF/UHF kompetisie is geskeduleer vir 16 tot 18 Januarie en die reëls verskyn in die 2015 Suid-Afrikaanse Radioliga Blouboek asook in die November 2014 uitgawe van die PEARS nuusbrief QSX. Die PEARS BHF / UHF kompetisie kan ook ’n groter deelname in die Suid-Afrikaanse Radioliga BHF / UHF kompetisie inspireer, aangesien hulle albei dieselfde doel het en dit is om BHF en hoër werking in Suid-Afrika aan te moedig.

** Die Hunting Lions-in-die-lug geleentheid vind plaas op die naweek naaste aan 13 Januarie, die geboortedag van Melvin Jones, die stigter van die Lions-organisasie. Vanjaar sal dit 10 en 11 Januarie wees. Dit is nie 'n kompetisie nie, maar bloot 'n middel vir die Lions om groete uit te ruil met ander Lions en Lions-klubs. Radio amateurs en lede van die verskillende Lions-klubs kom bymekaar en die Lions word toegelaat om groete uit te ruil met ander Lions onder toesig van die radio amateur. Normaalweg word die naam en nommer van die Lions Club uitgeruil.

** In die HF voortplantingsvoorspelling berig Hannes Coetzee, ZS6BZP, dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak gematig gaan wees. Sonvlek 2230 het 'n komplekse magneetveld en huisves genoeg energie vir M-klas sonfakkels. Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 118.

Amateurs gaan die 20 tot 10 m bande geniet met veral die 15 m wat goeie DX-openinge op daglig paaie daar kan stel. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

** En nou die dagboek van gebeure

4 Januarie – jou kort opsomming na artoday@sarl.org.za vir Amateur Radio in Action 2015
5 Januarie – NARC open vir besigheid
10 en 11 Januarie – Hunting Lions in die lug
14 Januarie – binnelandse skole open
15 Januarie 2015 – jou insette na die Suid-Afrikaanse Radioliga oor die konsep-wysigings aan die radio-regulasies na sarlregwg@sarl.org.za
16 to 18 Januarie 2015 – PEARS Nasionale BHF/UHF Kompetisie
21 Januarie – kus skole open
24 Januarie – Somer QRP kompetisie

Ons sluit vanmôre se bulletin met 'n vinnige terugblik op ons hoofstorie:

Oor die naweek van 28 Desember, is HAMNET Wes-Kaap betrokke in drie reddingspogings. Paul van Spronsen, ZS1V, Hamnet Nasionale Direkteur was op die Wes-Kaap Soek en Redding Logistiekediens Bestuur en dit was sy verantwoordelikheid om die toepaslike beskikbare hulpbronne te ontplooi vir die drie voorvalle.

** Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor die land. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 4 895 kHz plaas. Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS/2, geredigeer deur Dawie Conradie, ZR6DHC, en gelees deur .............................................................

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou 'n mooi week toe.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003