Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 25 JANUARIE 2015

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 plaaslike tyd in Afrikaans en om 08:30 plaaslike tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit
op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS0JPL.
'n Potgooi is ook beskikbaar op die Suid-Afrikaanse Radioliga se webblad.

Hierdie oudiobulletin kan van die Suid-Afrikaanse Radioliga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word.
'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin vanmôre se bulletin met nuus van twee stil sleutels:

Dit is meet leedwese dat die heengaan van Sammy de Beer, ZS6AWI, van Ottosdal op 11 Januarie 2015 en die heengaan van Peter Botha, ZS1CA,
van Kaapstad op 16 Januarie 2015 aangekondig moet word.

Ons betuig ons innige meegevoel met hulle families en vriende.

POUSE


In die nuus vandag

LAASTE KANS OM VIR SARL@HOME TE BESPREEK

INTEGNET OP DINSDAG 10 FEBRUARIE BESPREEK SONKRAG

’N NUWE REKORD VIR STROOIWEERKAATSING VANAF VLIEGTUIE

en

AUSTRALIË NA DIE VK OP 600 METERS

Bly ingeskakel hiervoor en nog ander interessante nuus.


** Die eerste SARL@HOME vind plaas op 7 Februarie. Twee aanbiedings sal gedoen word. Frik Wolf ZS6FZ se aanbieding behels hoe om oppervlakgemonteerde komponente te soldeer. Om jou nuut gevonde kennis te toets ,word `n klein projek gebou. Koste vir die werkswinkel is R150 vir SARL lede en R300 vir nie lede. `n etskring , komponente en `n laserskyf met aanwysings en ander inligting word ingesluit. Die werkswinkel begin om 8:30 en volledige inligting is op die SARL webblad beskikbaar.

Die tweede aanbieding begin om 14:00. Dit behels `n bespreking van WSPR. Kom leer meer oor die SARL se interessante 5MHz voortplantings navorsingsprojek. Dit word aangebied deur Stuart Moss ZS6SGM en Hans van de Groenendal ZS6AKV. Om beplanning tov verversings te vergemaklik moet jy asb. vroegtydig bespreek.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga Interaktiewe Tegniese Net of INTEGNET is weer terug op die lug op Dinsdag 10 Februarie om 19:30. Die gasspreker sal Herbert Teubner, die algemene bestuurder van Sinetech wees. Hy sal oor sonkrag vir radio amateurs praat. Hy sal die verskillende tipes sonpanele en hul gebruik verduidelik asook hoe sonkrag as 'n rugsteenstelsel gebruik kan word om beurtkrag vry te spring. Dit is 'n, op-die-lug bespreking wat jy nie wil misloop nie.

Klubs wat per landlyn by die netwerk wil inskakel, word uitgenooi om hul besonderhede aan artoday@sarl.org.za te stuur nie later nie as 5 Februarie 2015.

** 13 Februarie is Internasionale Radiodag. As deel van die Internasionale Radiodag sou die Suid-Afrikaanse Radioliga graag kort onderhoude met jongmense oor "wat beteken (amateur) radio vir jou?" doen. Die onderhoude sal uitgesaai word op die web op 13 Februarie en beskikbaar gestel word aan ander radiostasies. Om deel te neem, stuur jou landlyn besonderhede aan, artoday@sarl.org.za. Reëlings vir die kort onderhoude sal getref word.

** `n Vroeë ontleding van die Pears Nasionale BHF / UHF kompetisie wys dat ongure weerstoestande wat gedurende kompetisie geheers het die oorhand oor die kompetisie gehad het. Reën, stormsterkwinde en kragonderbrekings het daartoe gelei dat minder logstate as verwag, tot dusver ontvang is. Toestande in ander afdelings was beter en meer logstate is van daardie areas ontvang.
,

Hoogtepunte skyn die aantal digitale kontakte, wat gemaak is uit Namibië na Kaapstad, Port Elizabeth en die Gauteng area op beide 50 en 144 MHz en die lang afstande gewerk. Nog 'n verrassing was die eerste-ooit strooiweerkaatsingkontak vanaf `n vliegtuig tydens 'n VHF kompetisie in Suid-Afrika tussen Ettienne, ZS1AX, en Pine, ZS6OB, op 50,233 MHz FSK441 oor 'n afstand van 1 290 km. Dit is ook 'n nuwe Suid-Afrikaanse Radioliga rekord vir strooiweerkaatsing vanaf vliegtuie. Soos wat logstate ontvang word , sal PEARS 'n beter idee hê oor analoog langafstand kontakte en hoe die nuwe afdelings 144.400 MHz FM kategorie gevaar het. Dit blyk egter dat 'n aantal swerwerstasies ook aktief was.

Iin Afdeling 2 , was plaaslike aktiwiteit minder met verwysing na die 2014-kompetisie, wat hoofsaaklik te wyte was agv. die afwesigheid van ons ster veldstasies Allan, ZS2BO en Terence, ZS2VDL, wat die bande gewoonlik lewendig hou. Terence het PEARS ingelig dat as gevolg van verpligtinge, dat hulle die kompetisie vanjaar misgeloop het , maar sal volgende jaar weer deelneem. Oor die jare is daar waargeneem dat veldstasies 'n geweldige invloed op die plaaslike deelname het. In die vroeë dae het die Suid-Afrikaanse radioliga BHF kompetisie geblom omdat baie klubstasies deelgeneem het.

Wend asb. `n ernstige poging aan om jou logstaat in te dien. So lank dit die datum, tyd, stasie gewerk, ruitverwysing en sein verslag ontvang bevat, sal PEARS dit uitsorteer en die afstand bereken. Jou logstaat is ook nodig vir PEARS om die voetspoor van BHF aktiwiteite in Suid-Afrika te ontleed en te evalueer. Die sluitingsdatum vir logstate is Sondag 15 Februarie.

** Die HABEX-10 Missie is geskeduleer vir lansering op Saterdag 25 April 2015. Dit sal deel uitmaak van die Global Space Balloon Challenge 2015, waarvan HABEX 'n deel is. HABEX is die akroniem vir High Altitude Balloon EXperiment.

Die eerste lanseeringsvergadering sal van 19:00 tot 20:00 SAT op Donderdag 5 Februarie by die ORT klubhuis in Ebenezerstraat, Benoni, langs die N12 Atlasweg afrit, plaasvind. Almal word uitgenooi om die lanseeringsvergadering by te woon. Vir verdere besonderhede, kontak die sameroeper Chris, ZS6COG, by ZS6COG@GMAIL.COM

U luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga

** Deur gebruik te maak van die nuwe OPERA Dynamic MF/LF baken modus, het A.E. Russel, VK5CV, om 16:30 UTC op 15 Januarie ’n uitsending op 477 kHz gemaak en dit is raakgesien deur Tom, G8HUH, met ontvangs op -37 dB. Inligting herwin vanaf die PSK-Kaart databasis toon dat die opname presies pas by die OPERA Dynamic tydmaat. Opera Dynamic bied 'n addisionele 5 of 6 dB wins meer aan invergelyking met die konvensionele Opera Beacon en word outomaties ingeskake,l sou die dekodeering misluk. Die fasiliteit is gekoppel aan die OP8 477 kHz en OP32 136 kHz modusse. VK5CV berig dat hy 50 watt kraguitset na ’n 160 m omgekeerde L met 'n basis-gelaaide variometer gebruik het. Diegene wat betrokke is, sê dat hierdie een van die kits voortplantings gebeure is en gekoppel is aan die MF band. Tot op hede, is ’n kontak tussen die VK/EU na Australië nog nie gemaak nie.

** 'n Aansoek om lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Radioliga is ontvang van Andries Stefanus Kruger, ZSL1132.

Enige besware teen die aanvaarding van die aansoek moet die Sekretaris voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin bereik. Lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Radioliga staan tans op 1 605 lede en 35 geaffilieerde klubs.

** Die volgende radioamateur eksamen of RAE sal gehou word op Donderdag 21 Mei 2015. Die sluitingsdatum vir registrasie is Donderdag 9 April en geen laat registrasies sal aanvaar word nie. Kry die volledige besonderhede op die Liga se webwerf.

** Die Antieke Draadloosvereniging se gelykgolf aktiwiteitsdag sal gehou word vanaf 10:00 UTC op Saterdag 7 Februarie tot 10:00 UTC op Sondag 8 Februarie met aktiwiteit op 80, 40 en 20 meter. Daar is vier kategorieë van deelname aan die kompetisie. 'n RST verslag, die operateur se naam en ruitverwysing word uitgeruil. QSOs tel 1 punt vir lae krag en 2 punte vir QRP. Sertifikate word toegeken word aan die eerste plekke en die hoogste enkele bandtelling. Logstate moet teen Maandag 23 Februarie ingedien word aan andyzs6ady@vodamail.co.za

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se Nasionale Velddag vind plaas tussen 10:00 UTC op Saterdag 14 Februarie en 10:00 UTC op Sondag 15 Februarie met gelykgolf, foon en digitale aktiwiteit op 160 tot 10 meter, die WARC bande uitgesluit. Die Bloemfontein ARK beplan 'n veldstasie met 'n Valentyn-aandete op die Saterdag aand.

** Die Afrika alle Modusse Internasionale DX Kompetisie sal plaasvind vanaf 12:00 UTC op Saterdag 14 Maart om 12:00 UTC op Sondag 15 Maart met gelylkgolf, foon en RTD aktiwiteit op 160 tot 10 meter, die WARC bande uitgesluit. Die doel van hierdie kompetisie is om aktiwiteit uit Afrika te stimuleer. Alle deelnemende stasies wêreldwyd kan 'n land tydens die kompetisietydperk werk, maar QSOs met radio amateurs uit Afrika word aangemoedig soos weerspieël in die hoër punte wat toegeken word .

Vind al die reëls in die 2015 Blouboek beskikbaar vir aflaai vanaf die Liga se webwerf.

** Die Oosrand-tak bied sy volgende ruilwinkel aan op 31 Januarie 2015 vanaf 12:00 tot 16:00 by hul klubhuis in Ebenezerstraat, Benoni. Kontak Judy op 079 730 2030 of per e-pos aan zs6erb@gmail.com vir tafel besprekings teen R20 per tafel.

** In die voortplanting verslag, berig Hannes Coetzee, ZS6BZP dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. 'n Nuwe sonvlek wat besig is om sy verskyning op die Suid-Oostelike rand van die son te maak, kan die bron van M- en X-klas sonfakkels wees. Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 74.

Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting

En nou het die dagboek van gebeure

31 Januarie - die laaste dag vir jou nominasies vir die Suid-Afrikaanse Radioliga toekennings, die vlooimark by die ERB klubhuis in Ebenezer Street, Benoni en sluitingsdatum vir die Somer QRP wedstryd logstate
5 Februarie - HABEX Missie vergadering by die ORT Klubhuis; laste dag om jou landlyn versoek in te dien vir die Integnet
7 Februarie – SARL@Home
7 en 8 Februarie - die AWA Gelykgolf-dag
10 Februarie – Integnet oor sonkrag
13 Februarie – Internasionale Radiodag
14 en 15 Februarie - die Nasionale Velddag
15 Februarie - sluitingsdatum vir PEARS BHF/UHF logstate
14 en 15 Maart - die Afrika alle modusse Internasionale DX kompetisie
9 April – uitings datum vir registrasie vir die Mei RAE

Om die nuusbulletin mee af te sluit, net weer `n terugblik op ons hoof nuusberig.
** Die eerste SARL@HOME vind plaas op 7 Februarie. Twee aanbiedings sal gedoen word. Frik Wolf ZS6FZ se aanbieding behels hoe om oppervlakgemonteerde komponente te soldeer. Om jou nuut gevonde kennis te toets word `n klein projek gebou. Besonderhede is beskikbaar op die liga se webwerf


** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die newsinbox skakel nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 4895 kHz plaas. Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.


Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johann du Plessis ZS6PSS en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003