Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


Suid Afrikaanse Radioliga-nuus Sondag 1 Maart 2015
Goeiemore en welkom. Hier volg die SARL-nuus vir Sondag 1 Maart 2015 gelees deur……........(Naam; roepsein en QTH)
Jy kan elke Sondag om 08:15 plaaslike tyd na ‘n uitsending van die SARL-nuus in Afrikaans en om 08:30 plaaslike tyd in Engels luister. ‘n Teksweergawe van hierdie bulletins kan ook van die SARL webwerf, www.sarl.org.za afgelaai word en jy kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per epos te ontvang.
Daar is ‘n skakel na ‘n oudio weergawe van die bulletin op dieselfde blad beskikbaar.
Ons begin vanmore se bulletin ongelukkig met twee berigte van stil sleutels:
Dit is met leedwese dat ons die afsterwe van Gilbert From, ZS5XI, op 7 Januarie 2015 na ‘n lang stryd teen kanker, moet aankondig. Gilbert , 77, sal veral onthou word vir sy 2 meter aktiwiteite gedurende die tagtiger jare asook sy vele kontakte met afdeling 6.
Ons innige simpatie aan sy vrou Mandy, ander familie, vriende en naasbestaandes
Dan het ons ook verneem van Chris Benecke, ZS4PE, wat op 23 Februarie ‘n stil sleutel geword het. Chris was vir baie jare betrokke by CQ Hou Koers in Bloemfontein en Doornkloof.

Ons betuig ook innige meegevoel met sy familie en talle vriende.


POUSE

IN VANDAG SE NUUS

DIE E-POSADRES VIR DIE JEUGNAELLOOP IS VERKEERD AANGEGEE
HAMNET 40 METER GESIMULEERDE NOODKOMPETISIE VANMIDDAG
DIE JEUGNET VANMIDDAG EEN UUR LATER OP DIE LUG
KOMPETISIES GEDURENDE MAART EN DIE REËLS DAARVAN

Bly gerus ingeskakel vir hierdie en ander nuusbrokkies

** Die e-posadres wat aangegee word vir die jeugnaelloop in die kompetisiehandleiding, ook bekend as die blouboek, is verkeerd. Diegene wat hul logstate na hierdie foutiewe adres gestuur het word versoek om dit asseblief weer in te stuur maar die keer na zs6ql@mweb.co.za . As gevolg van hierdie probleem is daar besluit om die sperdatum vir die kompetisie uit te stel tot 09 Maart 2015. Die SARL vra verskoning vir hierdie glips en versoek alle deelnemers om hul logstate na hierdie adres te stuur. Daar is aanloklikle pryse op die spel.

** Vanmiddag tussen 12:00 en 14:00 UTC, kan jy en jou klub deelneem aan die HAMNET 40 m Gesimuleerde Noodkompetisie. Jy kan deelneem as 'n enkele operateur stilstaande mobielestasie, 'n enkele operateur draagbarestasie, 'n multi-operateur draagbarestasie of 'n enkele operateur basisstasie met uitsendings op 7 063 tot 7 100 kHz en 7 130 tot 7 200 kHz. Die uitruiling van 'n seinverslag gevolg deur 'n driesyfer nommer, afhangende van die klas van deelname, word gedoen.

Antennas word beperk tot dié met minder wins in verhouding tot 'n dipool. Stilstaande mobielestasies moet antennas gebruik wat slegs deur hul voertuie ondersteun word en mag nie 5 meter bo die grond oorskry nie. Antennas vir draagbarestasies mag nie voor die dag van die kompetisieopgerig en geïnstalleer word en geen permanente mensgemaakte struktuur mag gebruik word vir huisvesting van die toerusting of om die antennaste ondersteun nie. Stilstaande mobielestasies en draagbarestasies moet bedryf word vanaf dieselfde perseel vir die duur van die kompetisie.Alle krag wat gebruik moet moet voldoen aan die vereistes soos aangedui in die algemene reëls vir veldstasies.

Logstate moet teen 7 Maart 2015 ingedien word by contest@peham.co.za. Raadpleeg bladsy 31 van die 2015 Blouboek vir meer inligting.

** Die maandelikse jeugnet sal vanmiddag een uur later as gewoonlik en wel om 16:00, plaaslike tyd, op 7070 kHz, bedryf word. Hierdie verandering is te wydte aan die HAMNET-kompetisie.

Kom kuier gerus saam met die nuutaangestelde jeugkoordineerder, Koos Fick,ZR6KF en deel jou indrukke oor amateurradio en wat die Liga kan doen vir die stokperdjie.. Kom ondersteun asseblief vir Koos deur in te skakel op die net.

Jy luister na ‘n nuusbulletin van die Suid Afrikaanse Radioliga en voorts kyk ons na die kompetisies vir Maartmaand:

** Die naweek van 7 en 8 Maart 2015 vind die ARRL Internasionale DX ESB kompetisie plaas. Dit dek al die bande van 160 tot 10 meter, en DX-stasies moet met die VSA en Kanadakontak maak.

** Oor die naweek van 14 en 15 Maart, kan jy deelneem aan die Afrika Alle Modusse Internasionale DX kompetisie wat op die lug sal wees vanaf 12:00 UTC op die Saterdag tot 12:00 UTC op die Sondag. Dit is ‘n gelykgolf, foon en RTD aktiwiteit op 160, 80, 40, 20, 15 en 10 meter. Die uitruiling is die RS of RST-verslag gevolg deur 'n reeksnommer wat met inkremente toeneem en by 001 begin. Alle QSO’s met Afrika entiteite tel 10 punte en alle ander net1 punt. Lees alles oor die kompetisie op bladsy 50 van die 2015 Blouboek.

Die tweede kompetisie oor dieselfde naweek, is die RSGB Gemenebes kompetisie, wat van 10:00 UTC op Saterdag tot 10:00 UTC op Sondag loop met slegs gelykgolf op 80, 40, 20, 15 en 10 meter. Aktiwiteitegekonsentreer gewoonlik op die laer 30 kHz van elke band. Deelnemers moet kennis neem van die bandplanne en dievoorkeursegmente van die kompetisie, sodat daar geen werking onder 3 510 kHz of bo 14 060 kHzsal plaasvind nie. Die uitruiling is 'n RST-verslag en 'n reeksnommer. Hoofkantoorstasies sal 'HQ'addisioneel stuur, en dit moetso aangeteken word. Al die inligting kan bekom word by www.rsgbcc.org/hf/rules/2015/rberu.shtml

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se BHF/UHF kompetisie is vanaf 10:00 UTC op Saterdag 21 Maart tot 10:00 UTC op Sondag 22 Maart 2015 op die lug met deelname as 'n basisstasie, 'n veld-stasie, 'n klub/multioperateur-stasie of 'n stasie met ‘n 4 uur beperking. Dit is vir gelykgolf, ESB, FM en digitale modusseop 6, 4 en 2 meter, 70 en 23 cm en hoër. Al die inligting is op bladsy 26 van die 2015 Blouboek.

** Die CQ WPX ESB kompetisie is 'n 48-uur gebeurtenis oor die naweek van 28 en 29 Maart met aktiwiteite op 160 tot 10 meter. Kry al die inligting by www.cqwpx.com/

Jy luister na ‘n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

** Die uitslae van die PEARS BHF/UHF-kompetisie is bekend gemaak en gedurende hierdie geleentheid het digitale werking ‘n hupstoot gekry met verskeie landwye kontakte wat deur hierdie modus gemaak is.
Daar is ‘n nuwe 50 mHz rekord opgestel asook ‘n eerste DX-stasie in‘n buurstaat gewerk.

Swak weerstoestande en beurtkrag het analoogwerking baie beperk met maksimum afstande onder 400 km. Daar was ook baie min veldstasiebedrywighede.

30 Logstate, waarvan die meeste uit afdeling 1, is ontvang. Daar is kontakte op al die BHF-bande en op 1296 mHzgemaak.



Die uitslae is soos volg:

Algehele wenner Digitaal: Andre Botes, ZS2ACP, 6987 punte.
Langste afstand 50 mHz digitaal: Ettienne Vosloo, ZS1AX met Jan "Pine" Pienaar, ZS6OB oor 1290 km
Langste afstand 144 MHz digitaal: Koos du Plessis, ZS6BFD met Pieter Jacobs, V51PJ, 1115 km

Algehele wenner Analoog: Michael Folkey, ZR4MF, 3338 punte

Afdeling analoog wenners:

Afdeling 1: Mike Kellett, ZS1TAF, 557 punte
Afdeling 2: Eric Hosten, ZS2ECH, 868 punte
Afdeling 4: Michael Folkey, ZR4MF, 3338 punte
Afdeling 6: Koos du Plessis, ZS6BFD, 2572 punte
Die wenner in die swerwer kategorie, is Glen Verran, ZS1VG/R, 145 punte

Pryswenners in die 144 MHz FM kategorie:

Afdeling 1: Sybrand Strauss, ZS1SAS, 60 punte.Prys geborg deur Boland Amateurradioklub.
Afdeling 2: Amanda la Mude, ZS2AV, 80 punte.Prys geborg deur Rory Norton,ZS2BLvan SAHam-Shack.

PEARS bedank graag al die borge. Nuwe sertifikate word tans ontwerp en sal binnekort deur middel van e-pos aan die wenners en naaswenners gestuur word. Lees meer oor die kompetisie op die SAR- forum.

** Die kompetisie-komitee het elf logstate vir die nasionale velddag, wat gedurende die naweek van 14 en 15 Februarie gehou is, ontvang. 2 van hierdie logstate was kontrolestate. Die uitslae sien soos volg daaruit

Klas A Multi operateur veld stasie

1ste Highway ARK, ZS5HAM, 104 640 Punte
2de Wes-Rand ARK, ZS6WR, 90 828 Punte
3de Pretoria ARK, ZS6PTA, 61 452 Punte
4de Sasolburg ARK, ZS50SRK, 38 016 Punte
5de Zululand ARK, ZS5ZLB, 21 744 Punte
6de Bloemfontein ARK, ZS90SARL, 15 204 Punte

Klas B - Multi-operateurr Veldstasie, QRP

1ste Potchefstroom ARK, ZS6POT, 33 534 Punte

Klas F – Algemene stasies

1ste Graham, ZS6GL, 560 Punte
2de Mario, ZS6ARQ, 400 Punte

Kontrolelogs is ontvang van Bruce, ZS5XT en Joop, ZS6JP. Geluk aan al die wenners.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag gaan wees. Al die sigbare
sonvlekke is stabiel met bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie.

Die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 67 vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen.
Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.


** Die SARL nuusspan sal graag nog persone wil betrek by die span. Indien jy voel dat jy kan help met die opstel, vertaal,proeflees en redigering en/of die opneem van nuusbulletins, kontak dan asb vir Dawie ZR6DHC by zr6dhc@zs6rtb.co.za

En nou die dagboek van gebeure:
Vandag 1 Maart - Die HAMNET gesimuleerde noodkompetisie tusen 14:00 tot 16:00 plaaslike tyd
7 en 8 Maart – Die ARRL Internasionale DX-kompetisie
14 en 15 Maart - Afrika Alle Modusse Internasionale DXCC en RSGB Statebond-kompetisie
21 en22 Maart - SARL BHF/UHF-kompetisie
28 Maart – SARL@Home gesels oor DX en kompetisies
28 en 29 Maart – 5 MHz-aktiwiteitnaweek
9 April –sperdatum om vir die Mei RAE te registreer

Ons sluit af met ‘n terugblik op die hoofberig: Die SARL teken verskoniong aan vir die verkeerde e-pos- adres wat in die kompetisiehandeliding geplaas is t.o.v. die jeugnaellop en versoek deelnemers om hul logs weerte stuur maar die keer aan zs6ql@mweb.co.za. Die sperdatum vir inskrywings is
aangeskuif tot 9 Maart

en

Die SARL-jeugnet vind vandag om 16:00 op 7070 kHz plaas, 1 uur later as gewoonlik weens die HAMNET kompetisie.

Dit bring ons aan die einde van die SARL-nuusbulletin vir Sondag 1 Maart 2015

Die SARL nuusdiens nooi klubs en individue om nuus van belang aan ons te stuur via die SARL webblad deur die newsinbox skakel te gebruik. Sodanige brokkies moet ons teen die Donderdagaand voor die verlangde uitsaaidatum bereik. Indien moontlik plaas asseblief brokkies in beide Afrikaans en Engels.

Luister ook elke Sondag om 10:00 plaaslike tyd na Amateur Radio Today. ‘n Skakel met die frekwensies waarop die program uitgesaai word, asook na ‘n potgooi, kan vanaf die SARL tuisblad verkry word. Die uitsendings op die nie-amateur frekwensies word deur SENTECH geborg.

Hierdie bulletin is saamgestel deur Dennis Green ZS4BS, vertaal deur Dawie Conradie ZR6DHC en geredigeer deur Flip Britz, ZS4GE.

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou ‘n besondere mooi week toe


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003