Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL NUUS SONDAG 03 MEI 2015

Goeiemore en welkom. Hier volg die SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA se nuus vir Sondag 03 Mei 2015, gelees deur . . . . . . . (Naam; roepsein en QTH)

Luister elke Sondag deur die hele land,na 'n uitsending van SARL-NUUSom 08:15in Afrikaans en om 08:30 plaaslike tyd in Engels.'n Teksweergawe van hierdie bulletins kan by www.sarl.org.za ,die SARL se webwerf,afgelaai word.Jy kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

Daar is 'n skakel na 'n oudio weergawe van die bulletin op dieselfde blad beskikbaar.

Ons begin vanoggend se bulletin met nuus van `n stilsleutel

Dit is met leedwese dat ons kennis geneem het van die tragiese afsterwe van Herman Smit, ZS6EMI. Herman het op Dindag 28 April 2015 in ‘n motorfietsbotsing gesterf.Met sy terugkeer na Pretoria vanaf ‘n motorfietssaamtrek, het Herman omstreeks 07:00 die oggend,op die Suid-kus hoofweg agter in ‘n stilstaande voertuig vasgery. Sy nuwe LV, Ria, uitNew Zealand, is ernstig beseer in die botsing en is tans nog in ‘n koma in ‘n Hospitaal in Durban. Sy is nog onbewus van sy afsterwe.

Herman sal in Port Shepstone veras word en sy as sal na Pretoria gebring word. Sodra Ria genoegsaam aangesterk het, sal daar ‘n gedenkdiens gehou word,.

Ons betuig ons innige meegevoel met Ria en ander familie en vriende. Herman sal verseker gemis word deur almal wat hom geken het.

POUSE


IN DIE NUUS VANDAG

Nuwe BHF-baken in die Wes-Kaap
KARTS- en AWA-snuffelmark
ZS3-naelloop vanmiddag op die lug

Bly ingeskakel vir hierdie en ander belangrike nuusitems.

** Trevor Brinch, ZS1TR, het laat weet dat hy binnekort ‘n nuwe BHF-baken by sy QTH in L'Agulhas, op die lug gaan plaas. Die baken isverskaf deur Ken Victor, ZS2OC, die bakenmeester van die ou Port Elizabeth baken, en dit sal geprogrameer word met Trevor ZS1TR se roepsein en die ruitverwysing JF95we.

Die baken word toegerus met ‘n horisontale dipool, wat Oos/Wes sal uitstraal met dekking Suid-waarts tot sover as Dana-baai, Mosselbaai, George,Port Elizabeth en dalk nog Oos-Londen ook. Tropo- geuting vind gereeld langs die kus plaas wanneer koue fronte die Kaap nader.

** Dit is weereens tyd vir die Kempton Park Amateur Radio Tegniese Vereeniging (KARTS) en die Antique Wireless Associations (AWA) se jaarlikse gekombineerde snuffelmarken opedag.Dit word op Saterdag 6 Junie 2015 vanaf 10:00 by die Impala Voortrekkersentrum in Rooibos Laan, Allen Grove, Kempton Parkaangebied.Die groot trekpleistervan die geleendheid is natuurlik die omvangrykeuitstalling van antieke amateurtoerusting. Dan is daar die snuffelmark en eetgoed, wat al vir die afgelope drie jaar baie suksesvol was.

Om 'n tafel te reserveer of vir enige navrae, skakel gerus vir Selwyn ZS6SEL by 082 804 2782 of
Nico ZS6QL by 083 269 9939.
Besoek gerus KARTS se webblad by www.zs6kts.co.za vir roete-aanwysings. Teken die datum in jou dagboek aan en kom maak 'n draai daar. Dit is voorwaar 'n interessante en aangename geleendheid om na uit te sien. Sien jou daar!

** Die AWA buis-QSO-partytjie word oor die naweek van 9 en 10 Mei 2015aangebied. Saterdag sal die aktiwiteit vanaf 15:00 tot 19:00 SAST op AM bedryf word terwyl Sondag se sessie tussen 15:00 en 19:00 op ESB sal wees. Albei sessies vind op die 40 en 80 meter band plaas en ‘n RS verslag met opeenvolgende reeksnommers sal uitgeruil word. Raadpleeg die SARL kompetiesiehandleiding vir meer volledige reëls.

** Daar is twee-en-twintig sertifikate per e-pos aan die wenners en naaswenners van die PEARS BHF/UHF kompetiesie uitgestuur. Uitslae is op die BHF/UHF-forum van die SARLbeskikbaar. Indien jy nog nie jou sertifikaat ontvang het nie, kontak asseblief vir Mike Bosch ZS2FM per e-pos by mikebosch@gmail.comen bevestig so jou eie e-posadres.

** Vanaf 14:00 tot 15:00 UTCvanmiddag, kan jy tydens die ZS3-naelloopmet al die radio-amateurs in die Noord-Kaap kontak maak. Dit is ‘n foon- en gelykgolfkompetisie op die 40-meter band en 'n RS- of RST-rapportplus die provinsiale- of landsafkorting word uitgeruil.

Stasies buite ZS3 verdien 2 punte vir kontakte met stasies daarbinne. Kontakte met stasies in jou eie,ander ZS-areas of Suider-Afrikaanse lande, is 1 punt werd. Onderlinge kontaktussenZS3-stasies, is 1 punt werd en ZS3-kontakte met ander ZS-areas of ‘n Suider-Afrikaanse land, is 2 punte werd.

Jy kan 5 punte verdien vir kontakte met die Noord-Kaap ARK, ZS3NC, Namaqualand Aerosport Vereeniging, ZS3FLY, die Kalahari Karoo ARK, ZS3ARK, of die Sutherland ARK, ZS3OBS. Slegs een kontak per stasie word toegelaat.

Logstate moet zs3nc@qsl.netteen 10 Mei bereik. 'n Sertifikaat sal toegeken word aan die 1ste, 2de en 3de plekke in die kompetisie.

** HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Die twee sigbare sonvlekke, het eenvoudige magneetvelde en geen sonfakkels word verwag nie.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan ‘n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 39 vir die week gebruik.

Amateurs kan veral laatmiddag en gedurende die aande goeie openinge op die 20 tot 10 meter
DX-bande verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

ONS DAGBOEK

Vandag, 3 Mei - ZS3-naelloop
9 Mei - Kursus vir ZU-lisensies deurSARL@HOME.
9 en 10 Mei - AWA Buis-QSO.
10 Mei – SARL-jeugnet .
21 Mei - Radioamateureksamen
30 en 31 Mei - CQ WPX WW GG-kompetisie
31 Mei- SARL Digitale-kompetisie
20 June - SA AMSAT-simposium.

Ons sluit vanoggend se bulletin af met ‘n terugblik op ons hoofstorie.

Trevor ZS1TR het aangedui dat hy bereid is om oor die volgende paar maande ‘n BHF-baken vanaf sy QTH in L’Agulhas te laat werk. Die baken sal die Suidkus dek tot moontlik sover as Oos-Londen. Dit sal geprogrameer word met die roepsein ZS1TR en die ruitverwysing JF95we

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies, van belang viramateurradio en kortgolfluisteraars,met hulle te deel. Plaas nuusberigte, indien moontlik, in Engels sowel as Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga se webtuiste onder die “newsinbox” skakel,voor of op die Donderdag, wat die bulletindatum voorafgaan.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082 kHz laersyband, 7 205 en 17 660 kHz AM asook op verskeie BHF- en UHF-frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO is ook beskikbaar. Heruitsendings vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4895 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nieamateur-frekwensies.
Ons ontvang graag jou seinrapport, kommentaar en voorstelle oor die bullitin.
Stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dawie Conradie ZR6DHC, geredigeer deur Flip Britz ZS4GE, en gelees deur . . . . . . . . . (naam, roepsein, QTH).

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

/EX




Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003