Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 31 MEI 2015

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS0JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudiobulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Die bulletin begin met nuus van ’n stil sleutel

Dit is met leedwese dat ons moet aankondig dat die sleutel van Bert Lausecker, ZS5LB, op Maandag 25 Mei 2015 stil geword het. Bert het in Desember 94 jaar oud geword en was in ’n verswakte sorg diens eenheid in Kloof woonagtig.

Bert is onlangs vereer met die Presidents Toekenning tydens die 2015 Suid-Afrikaanse Radioliga Toekenningsdinee in Bloemfontein. Bert was 'n heer, ’n groot radio amateur en 'n top DXer. Sy rekords en puntestand op die DX lyste mag nooit geëwenaar word nie en hy sal onthou word as die een wat die standaard in Suid-Afrika gestel het.

Ons betuig ons meegevoel aan sy drie dogters en vyf kleinkinders.

POUSE

In die nuus vandag

DIE DIGITALE KOMPETISIE VANMIDDAG

ZS90SARL VANAF DIE GAUTENG BUITELUG EKSPO VANDAG

en

8 METER IS NIE ’N NUWE TOEKENNING NIE

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

** Vanmiddag tussen 13:00 en 16:00 UTC, kan jy PSK en RTD werk gedurende die tweede SARL Digitale Kompetisie. Aktiwiteit sal plaasvind op 80, 40 en 20 meter en die uitruiling is 'n RST verslag en 'n reeksnommer wat by 001 begin. Die ses ZS roep-areas en ons buurlande tel as vermenigvuldigers. Die volledige stel reëls is op bladsy 45 van die 2015 Kompetisie Handleiding beskikbaar.

** Die CQ WPX Gelykgolf Kompetisie eindig om middernag UTC vanaand. Die kompetisie is aktief op 160, 80, 40, 20, 15 en 10 meter en die uitruiling is 'n RST verslag en 'n reeksnommer. Die sperdatum vir logs is 5 dae na die einde van die kompetisie.

** Luisteraars word herinner dat die Suid-Afrikaanse Radioliga ZS90SARL bedien en amateur radio as 'n stokperdjie van belang uitstal by die 2015 Gauteng Buitelug Ekspo hierdie naweek tot 17:00 vanmiddag by die Waterval Polo Landgoed in Kyalami.

Die Liga wil opreg dankie sê aan Mario, ZS6MAR, wat die uitstalling geleentheid moontlik gemaak het by die Buitelug Ekspo teen geen koste. Vir meer besonderhede, besoek die web-werf by www.gauteng.outdoorexpo.co.za. Kom besoek ons by die Liga uitstalling gedurende die dag, sien jou daar!

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga wil 'n misverstand opklaar. Die 8 meter toekenning by 40,675 tot 40,685 MHz is nie 'n nuwe toekenning soos per die radio-regulasies van 1 April 2015. Hierdie toewysing is al ’n aantal jare in die Tabel van Frekwensies. Die 8 meter band is vir voortplanting studies.

** Maak Satelliete jou volgende reis in Amateur Radio. Aanbiedings op die agenda van die 2015 SA AMSAT Ruimte simposium, wat by die Innovation Centre in Pretoria gehou sal word op 20 Junie 2015 sluit in - die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie bou sy tweede CubeSat; metodes om die krag-tot-gewig-verhouding van 'n kubus-satelliet te verhoog; bou van 'n grondstasie, solar vaar en opwindende opdaterings oor Kletskous.

Maak jou volgende reis per satelliet in amateur radio en maak jou bespreking om by te woon nou. Daar is aantreklike afslae vir Suid-Afrikaanse Radioliga en SA AMSAT lede plus 'n laer fooi vir vroeë besprekings. Volledige besonderhede en die program kan nou afgelaai word van www.amsatsa.org.za. Alternatiewelik, stuur 'n e-pos aan saamsat@intekom.co.za met “Space’ in die onderwerp lyn en die volle pakket sal aan jou gestuur word per e-pos.

** Die Mei/Junie 2015-uitgawe van Radio ZS sal in die middel van die komende week beskikbaar wees op die Liga se webwerf. In hierdie uitgawe, kan jy lees van ‘Arduino 'n nuwe asem vir Amateur Radio’ deur Kevin, ZS6KMD. Riaan, ZS4PR, vertel meer oor die 50ste herdenking van die Sasolburg ARK, terwyl Mathew, M0LMK, ons vertel oor sy Doen-dit-self Man pak met 'n FT-857. Michael, 3D2JR, en sy vrou het stadig om die wêreld gevaar, lees oor die reis en die Suid-Afrikaanse Maritieme Mobiele Net in ‘Sailing to Africa.’ Dan vanaf die oorlog front, vertel Agent Tim ons weer van Klandestiene Radio in die Tweede Wêreldoorlog.

Van Julie, sal Radio ZS 'n maandelikse publikasie word.

** Daar is verskeie VHF nette aktief rondom Suid-Afrika. In die Gauteng area, is daar 'n baie suksesvolle net wat reeds vir meer as 'n jaar op Saterdag en Sondag oggende rondom 06:00 tot 07:00 SAT op die frekwensie van 144,300 MHz ESB bedrywig is en geïnisieer is deur Carl Minne, ZS6CBQ. Baie stasies in die Gauteng area neem deel en dikwels neem stasies van Bloemfontein ook deel.

In Kaapstad, het Mike Kellet, ZS1TAF, onlangs 'n net op Donderdagaande om 19:00 SAT op 144,300 MHz ESB van stapel gestuur wat steeds groei. Na 20:00 SAT, verander 'n paar van die deelnemers na horisontale Yagis om te kyk vir die verre stasies.

Dan in Port Elizabeth op Maandag aande om 19:00 SAT, bedryf Al Akers, ZS2U, 'n net op 70,200 MHz FM en straal na die weste. Sommige is bereid om hul horisontale Yagis om 20:00 SAT noord te draai vir toetse, indien versoeke ontvang word.

U luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

** Die ARI Fidenza Radioklub (ARI is die IARU geaffilieerde Italiaanse Amateurradio Vereniging), reël 'n tegniese - kulturele gebeurtenis, wat gehou word by die Guglielmo Marconi Stigting (Villa Griffone, Marconi se geboorteplek - Pontecchio Marconi, Bologna, Italië,) op Saterdag 6 en Sondag 7 Junie 2015.

Die doel van hierdie geleentheid is om die historiese waarde en betekenis van die Seiljag "Elettra", die bewegende laboratorium van die groot Italiaanse wetenskaplike en waarop 'n aantal baie belangrike eksperimente oor radio kommunikasies uitgevoer is, na vore te bring op 'n internasionale vlak.

Oor die hele naweek, sal radio amateurs van die Fidenza groep, 'n radiostasie, II4MB, bedryf van naby aan die oorblywende keel van die seiljag "Elettra". Die "Elektra" word by die Museum gehou en sal hiermee nuwe lewe aan sy "stem" gee sodat radio amateurs van oral oor die wêreld daarmee in kontak kan kom. Vir meer besonderhede besoek die webwerf www.arifidenza.it

** Radio bied reddingsboei in Nepal. Ons is almal bewus van die rol wat amateur radio in die verwoestende aardbewings in Nepal gespeel het. Die BBC berig dat gemeenskap radiostasies in Nepal 'n belangrike verskaffer geword het van inligting, die enigste bron in plekke waar daar geen koerante is nie en internet diens nie bestaan nie.

Baie van die stasies is aktief vanaf tente nadat hul permanente geboue vernietig is in die aardbewing van 25 April. Personeellede van hierdie stasies verseker dat die vloei van inligting nie ophou nie. Meer as 50 radio stasies wat in die aardbewing geraak is, het in hul distrikte skade aangemeld. Torings en geboue is beskadig en ateljee toerusting en rekenaars is verpletter in die aardbewing.

** Radio ZS Foto kompetisie. Na 'n voorstel deur Pierre, ZS6A op die Sone 38 Facebook-bladsy, rig die redakteur van Radio ZS 'n uitdaging aan lede om 'n foto vir die voorblad van Radio ZS te voorsien. Wat nodig is, is 'n portret grootte foto, nie 'n selfie van die operateur nie, maar van die stasie opset, moontlik met die operateur, wat die magiese atmosfeer van Amateur Radio vas vang. Avontuur radio soos RaDAR, eilande op die lug, pieke op die lug, kastele op die lug, CQ Hou Koers, Jamboree op die lug, ens sal voorkeur kry. Daar is 'n klein prys vir die voorblad van die volgende vyf uitgawes van Radio ZS - 'n antenna verwante prys.

**** Dit is weer tyd vir die jaarlikse Kemptonpark Amateurradio Tegniesevereniging (KARTS) en die Antieke Draadloos Verenigings (AWA) se gekombineerde vlooimark en ope dag wat sal plaasgevind op Saterdag 6 Junie 2015 vanaf 10:00. Dit sal by die Impala Voortrekkersentrum in Rooibos Laan, Allen Grove, Kempton Park plaas vind. Besoek gerus die webwerf www.zs6kts.co.za/ vir aanwysings na die lokaal.

Die groot trekpleister is die groot uitstalling van antieke amateur toerusting van die AWA sowel as die vlooimark aktiwiteite, insluitend die eetgoed te koop wat bydra tot 'n baie interessante, lekker en onvergeetlike dag. Vir tafel besprekings of enige navrae, kontak Selwyn, ZS6SEL op 082 804 2782 of Nico, ZS6QL op 083 269 9939. KARTS en die AWA sien uit daarna om jou daar te verwelkom!

** Die Winter Vlooimark van die Oos-Rand Radiokub sal gehou word vanaf 12:00 SAT op Saterdag 27 Junie 2015. Jy word versoek om baie geld te bring omdat jy iets wat jy nodig het, sal vind of 'n winskoop gaan raakloop. Bring ook al jou oortollige toerusting wat jy van ontslae wil raak, want daar sal iemand wees wat dit nodig mag hê.

Jy staan ook 'n kans om 'n Daiwa CN-801 kruis naald SWR / Krag meter ter waarde van R2 250 te wen tydens die Oktober 2015 vlooimark (dankie aan Sam`s Radio Accessories) vir net R30 per looitjie. Die kaartjies sal te koop wees by die Winter Vlooimark.

Boereworsrolle en koue drankies sal beskikbaar wees. Bring die familie en kom geniet die dag saam met ons. Om 'n tafel te bespreek teen R30 elk, kontak Judy op 079 730 2030 of e-pos aan zs6erb@gmail.com

** In die voortplanting verslag, Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag tot matig gaan wees. Al die sigbare sonvlekke is tans stabiel en daar is bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 64 vir die week gebruik. Amateurs kan veral laatmiddag en gedurende die aande goeie openinge op die 20 tot 15 m DX bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

En nou vir die dagboek van gebeure

Vandag – ZS90SARL vanaf die 2015 Gauteng Buitelug Ekspo; die CQ WPX gelykgolf kompetisie en die Suid-Afrikaanse Radioliga Digitale kompetisie
6 Junie – die KARTS en AWA opedag
14 Junie – die ZS4 Naelloop
17 Junie – Wêreld QRP Dag
20 Junie – die SA AMSAT Simposium
21 Junie – Vadersdag
26 tot 28 Junie – Ham Radio in Friedrichshafen
27 Junie – die Oosrand Winter Vlooimark

Om hierdie bulletin te beëindig, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend

** Vanmiddag tussen 13:00 en 16:00 UTC, kan jy PSK en RTD werk gedurende die tweede SARL Digitale Kompetisie. Aktiwiteit sal plaasvind op 80, 40 en 20 meter en die uitruiling is 'n RST verslag en 'n reeksnommer wat by 001 begin. Die ses ZS roep-areas en ons buurlande tel as vermenigvuldigers. Die volledige stel reëls is op bladsy 45 van die 2015 Kompetisie Handleiding beskikbaar.

Die CQ WPX Gelykgolf Kompetisie eindig om middernag UTC vanaand.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die ‘news inbox’ skakel nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Vivian Dold ZS6VD, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

73's en dankie vir die luister

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003