Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive




SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 26 JULIE 2015

Goeiemôre, en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 SAST in Afrikaans en om 08:30 SAST Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS0JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudiobulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin vanoggend se bulletin met nuus van twee stil sleutels.

Die afgelope week het dit aan die lig gekom dat die sleutel van Paul Schmitt ZS1GE, op 29 September 2014 stil geword het . Die nuus is vroeer die week aan ons deurgegee deur sy dogter. Paul was ‘n afgetrede ingeneur en raadslid van die SARL. Lewenslange ere lidmaatskap van die Kaapstad Amateurradio Sentrum, waar hy ‘n gereelde besoeker en ywerige deelnemer was, is ook laasjaar aan hom gegee. Paul word oorleef deur sy vrou Coraly en familie.

Dan neem ons ook met hartseer kennis van die afsterwe van Louis Rosensweig, ZS1OE, gedurende die week van 8 Junie 2015. Louis was lid van die SARL asook die Boland Tak van die liga sedert 1951, dus 64 jaar

Ons betuig ons innige meegevoel aan die naasbestaandes en vriende van hierdie twee amateurs.

POUSE (5 Sekonde)

IN DIE NUUS VANDAG
NA 64 JAAR STEEDS AAN DIE GANG
NUWE INISIATIEF VANAF FRIEDRICHSHAFEN
FERMIONE
BESPREEK NOU VIR ARIA IN GAUTENG
NUWE EPOS ADRES VIR SARL SEKRETARIS

** Dit is nie aldag dag ‘n persoon kan spog met 64 jaar in een stokperdjie nie maar gister 25 Julie 2015 was dit presies 64 jaar gelede dat Dennis Wells,gelisensieer is as ZS1AU was licenced on 25 July 1951 as ZS1AU. Vandag 26 Julie 2015 begin Dennis amptelik met sy 65ste jaar in Amateurradio. Voorwaar ‘n besondere geleentheid.

Die president, raad en lede vand ie SARL wens Dennis geluk met hierdie besondere mylpaal.

** Tydens die amateurradio in Friedrichshafen geleentheid, is ‘n nuwe radio inisiatief van stapel gestuur deur die Oostenrykse en Duitse nasionale verenigings.

Hierdie inisiatief fokus sterk daarop dat amateurradio toerusting, veral handdraag toerusting, die 21ste eeu moet betree. Slimradios, min of meer in dieselfde klas as slimfone moet meer gebruik maak van digitale stem verwerkers. Vind meer uit oor hierdie opwindende nuwe tegnologie deur die webblad www.newradio.eu/

**In 1929 het Herman Weyl, ‘n Duitse wiskundige en teoretiese fisikus die moontlikheid van ‘n partikel sonder massa met ‘n elektriese lading geopper. So partikel sou dan in twee Weyl Fermione opgedeel kon word. Die bestaan van so deeltjie kon egter tot baie onlangs toe nie bewys word nie maar dit het onlangs verander.

‘n Span wetenskaplikes van Princeton Universiteit het onlags so deeltjie binne ‘n sintetiese metaal kristal ontdek. Die kristal van Tantal Arseen is gebombardeer met ‘n hoe energie foton straal waartydens die deeltjies toe opgemerk is.

Die Fermione word waargeneem as beide materie en anti-materie met teenoorgestelde elektriese ladings, wat meer is die deeltjies kan onafhanklik van mekaar beweeg sonder enige weerstand, net soos ‘n super geleier kring. Hierdie kan die deurbraak wees waarop die elektroniese bedryf al lank wag, met die moontlikheid van baie vinniger skakeling en quantum rekenaars op die horison.

** Die Suid Afrikaanse Radio Liga sein voortplanting navorsings projek wat op verskeie bakens staatmaak deur die gebruik van die Swak Sein Voortplanting sagteware, WSPR, het onlangs nog ‘n baken ryker geword. Die nuwe baken, gelee in Bloemfontein is uniek in die sin dat dit van die Arduino hardeware gebruik maak.

Die stelsel is ontwikkel deur Paul de Kock, ZS6EHG, van die Kempton Park Amateur Radio Tegniese vereniging, KARTS.Die sagteware wat deur Paul geskryf is stuur nie net die WSPR sein uit nie maar ook ‘n gelykgolf sein wat dit nou moontlik maak vir amateurs, wat nie die WSPR sagteware het nie, om ook die die sein te kan ontvang en dekodeer.

Die baken netwerk saai uit op 5290 kHz. Gaan loer gerus op die SARL webblad om meer oor hierdie baie interesante projek uit te vind.

** Die tyd, vir besprekings vir die ARiA simposium in Pretoria en Johannesburg word al minder.Die Amateurradio in Aksie simposia, voorheen bekend as die Radio Tegnologie in Aksie of te wel RTA simposiums beloof om weereens baie opwindend te wes. Hierdie jaar takel die projek ‘n selfdoen frekwensieteller projek. Om die projek te kan bekom moet jy inskryf vir die simposium.

Besprekings en ander inligting kan nou reeds vanaf die SARL webblad www.sarl.org.za verkry word. Die ARiA program vir Kaapstad sal binne die volgende paar weke gefinaliseer word.


** As gevolg van ‘n oorvloed gemorspos moes die SARL sekretaris se epos adres onlangs verander word. Die nuwe adres sarlsekretaris@sarl.org.za is reeds in gebruik en moet van nou af vir alle relevante korrespondensie gebruik word. Neem ook kennis dat ander kanale soos die SARL forum nie as amptelike kanale beskou word nie en dus nie deur die raad bedien sal word nie. Deur aan die sekretaris epos te stuur word ‘n rekord gehou van alle korrespondensie. Adresveranderinge en navrae in verband met betaling moet steeds aan admin@sarl.org.za gestuur word.

Jy is ingeskakel op ‘n nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio liga en ons gaan nou voort met Klubnuus

** Tydens die 59ste AJV van die Wesrand klub is die volgende lede tot die komitee verkies.

Voorsitter Johan van Vuuren ZS6JVV
Onder Voorsitter Nic van Duffelen ZR6AEZ
Sekretaris Phillip van Tonder ZS6PVT
Tesourier Gert du Plessis ZR6GRT
Webblad Geoff Levey ZS6C
Tony Voorveldt ZS6CCD
Dave Lloyd ZS6ACC
Dirk van Vuuren ZS6DVV
Ivan Balabanov ZS6IA
Ge Koopteerde lede Willem Weideman,ZS6X, en Keith Liddle, ZS6AGF.

** Tydens die AJV van die Zululand Amateur Radio Klub, gehou op 19 Julie is die volgende kommitee lede verkies

Voorsitter: Mike Kramer ZS5MB
Onder Voorsitter: Warren Snyders ZS5WOZ
Tessourier: Willie Axford ZS5WI
Sekretaris: Dawn Snyders ZS5ME
Lede: Jo Snyders ZS5PO (News Editor)
Andrew Jansen ZS5AND
Gerald Scrooby ZSS5GS


** Die Centurion amateuuradio klub het ook sy AJV onlangs gehou en die volgende is verkies tot die kommitee

Voorsitter: Pam Momberg ZS6APT
Ondervoorsitter:Gert Viljoen ZR6BV
Sekretaris: Billy Strumpher ZS6WPS
Tesourier: Pam Momberg ZS6APT
Tegnies: Johan Keulder ZS6CAQ

Vesrkeie toekenings is ook tydens die geleentheid gemaak

Die Gordon Steward trofee – vir uitmuntende diens aan die klub gaan aan Johan ZS6CAQ vir herhaler onderhoud.
Die Jan Roos Jong Dame Trofee aan Miemie ZR6JL vir har betrokkenheid by die herhaler werkgroepe
Die TL trofee – vir uitmuntende diens aan die klub deur ‘n nie kommitee lid gaan aan Richard ZS6UK vir sy hulp by die Rooihuiskraal herhaler terein
Die Perd Trofee toegeken aan Wally ZS6BCI vir sy deelname aan die SARL HF foon en gelykgolf geleenthede

Sertifikate gaan aan Dave ZS6AZP vir sy tegniese artikels in CQ Centuiron asook sy praatjies en demonstrasies van tuisbou projekte na klubvergaderings.
Johan ZS6CAQ vir fondsinsamelings.
Daryl ZS6DLL vir die skenk van T hemde
Pine ZS6GST vir sy gereelde Sondagaand praatjies
Spesiale toekenning:Billy ZS6WPS het aan Pam ZS6APT haar WAZS600 sertifikaat oorhandig. Dié is aan Pam toegeken virdeur die SARL na sy 600 afsonderlike SuidAfrikaanse kontakte bevestig het.

Baie geluk aan almal en dankie aan die uittredende kommitee lede. Aan al die nuwe verkoselinge, sterkte vir die termyn wat voorle.


** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Al die sigbare sonvlekke is tans stabiel.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 35 vir die week gebruik.

Amateurs kan veral laatmiddag en gedurende die aande goeie openinge op die 20 tot 15 m DX bande verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Ons sluit af met die dagboek van gebeure

26 Julie, vandag kan jy nog deelneem aan die RSGB Islands on the Air geleentheid
2 Augustus – SARL Foon kompetiesie
9 Augustus – SARL JD Naelloop
16 & 16 Augustus - Internasionale Vuurtoring en Ligskip naweek
22 Augustus – HAMRADIO Africa
30 Augustus – SARL HF Gelykgolf kompetiesie

En dit bring ons aan die einde van hierdie nuusbulletin


** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'newsinbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.



Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslikke tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.


Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel en geredigeer deur Dawie Conradie, ZR6DHC, gerdigeer deurEtienne Naude, ZS6EFN, en gelees deur ................................

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

/ EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003