Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 30 AUGUSTUS 2015

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS0JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudiobulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Dit is met leedwese dat ons kennis neem van die afsterwe van Eileen Fouche, wat onlangs afgetree het , na meer as twee dekades diens as tussenganger tussen OKOSA en radio amateurs. Sy het op menige geleentheid planne beraam om probleme, wat tussen die twee organisasies opgeduik het, uit te sorteer. Haar simpatieke oor was alombekend in die bedryf.

Ons betuig ons innige meegevoel aan haar twee seuns Pieter en James

POUSE (5 sekondes asb)

IN DIE NUUS VANDAG

NUWE SUBKOMITEE OM MET SENTECH TE LIASSEER
ZS6 BHF SEINE IN PORT ELIZABETH GEHOOR
SARL LIDMAATSKAP
EN
ARIA OP PAD PRETORIA TOE

Bly ingeskakel vir meer hieroor en ook ander interessante nuusitems

** Die SARL het ‘n subkomitee gestig om met SENTECH te vergader ten einde die plasing amateurherhalers op SENTECH torings regoor die land te bespreek. ‘n Samewerkingsooreenkoms is reeds in 1996 tussen die SARL en SENTECH onderteken waarin daar voorsiening gemaak is vir 6 verskillende terreine van SENTECH waar daar ook amateurherhalers op aangebring is. Sedertdien het die SARL se behoeftes drasties verander, meer terreine word benodig, terwyl SENTECH nou ‘n beleid volg waar gebruikers moet betaal vir de spasie op hul terreine en die organisassies is ook omskep in ‘n maatskappy. Dus het hul nou ‘n begroting wat hulle moet laat klop en gratis dienste plaas erge druk op dié begroting.

Tydens onlangse vergaderings het die SARL subkomitee ‘n voorlegging gedoen wat aandui hoekom die amateurradio diens steeds gratis toegang moet geniet. Hierdie voorlegging fokus sterk op die diens wat radio amateurs aan die gemeenskap bied deur kommunikasie aan sport en ander geleenthede te verskaf asook deur die verskaffing van noodkommunikasie, deur middel van HAMNET, tydens rampe en ander gebeure.

Die samesprekings was sover winsgewend en ‘n verdere vergadering word in die nabye toekoms beplan ten einde die voorlegging te finaliseer vir voorlegging aan die SENTECH uitvoerende komitee. Die SARL is verteenwoordig deur Fritz Sutherland ZS6SF, Nico van Rensburg ZS6QL, Geoff Levey ZS6C and Hans van de Groenendaal ZS6AKV.



** Na die sukses van die eerste ARiA simposium vir 2015 gedurende laas naweek is dit nou tyd om aan te beweeg en wel na Pretoria waar die volgende AriA simposium by die Innovation Hub aangebied word op Saterdag 19 September. Hierdie is ‘n geleentheid wat nie misgeloop moet word nie. Bespreek nou vir die Amateurradio geleentheid van die jaar. Besprekingsvorms en meer inligting kan verkry word op die SALR webblad www.sarl.org.za.



** Na die gesprek met die Visie Voorstitter van SALGA het meer inisiatiewe aan die lig gekom. Die departement van Telekommunikasie en Poswese het ‘n snel ontplooing van breeband tegnologie van stapel gestuur. Hierdeur het hulle die munisipale en sonering kwessies aangespreek. Sodoende het hul, onwetend, die weg gebaan vir die SARL AVFI om verder aan die antenne regulasies aandag te gee deur gesprekke met die departement.

Terselftertyd werk die SABS se TC74 komitee aan ‘n riglyn dokument met betrekking tot koordlose kommunikasie tereine. Hul werk ook daaraan om ‘n taakspan in hierdie verband op die been te bring. Die SARL word ook reeds binne hierdie taakspan verteenwoordig, en daar sal in alle waarskynlikheid binne die volgende paar weke vergader word.Volgens SARL president , Fritz Sutherland, ZS6SF probeer die liga die situasie op soveel moontlik vlakke en tereine aanspreek.


** Carl Minne, ZS6CBQ, en Francois Botha, ZS6BUU, het met ‘n gelykgolf net op 144,250 MHz, Woensdagaande om 20:00 begin. Die doel hiervan is om aktiwiteit op 2 meter ESB en belangstelling in gelykgolf te ontlok. Op Woensdag aand 19 Augustus het Ken Victor, ZS2OC, die alfabet in gelykgolf op 144,250MHz gehoor maar geen roepsein nie. Die afstand tussen Krugersdorp waar Francois en Carl geleë is en Port Elizabeth is sowat 900 km, dit wil dus voorkom asof landwye BHF kontakte wel moontlik is indien daar net so bietjie moeite gedoen word

** Is jy nog lid van die SARL? Ledegelde vir die SARL is betaalbaar op 30 Junie. Die SARL gee daarna nog twee maande grasie, wat eindig op 30 Augustus. Lede wie se ledegeld aan die begin van September nog nie betaal is nie, word dan van die ledelys afgehaal. Die laaste herinnering fakture is twee weke gelede uitgestuur.
Behou jou ononderbroke lidmaatskap - betaal jou ledegeld voor die end van Augustus.
Lede wat hulle lidmaatskapstatus wil kontroleer, kan dit doen op die SARL webwerf deur te gaan na "Membership" en dan te klik op "Membership status" en jou roepsein in te tik waar dit gevra word.


** Daar is slegs vyf dae oor om te registreer en dokumentasie vir die RAE op te laai op die stelsel. Die RAE registrasie proses sluit op 3 September. Daar is reeds drie kennisgewings aan alle kandidate gestuur. Lektore en toesighouers word vriendelik versoek om Kandidate by te staan en behulpsaam te wees met die registreer en oplaai van dokumentasie op die RAE stelsel.

Die kandidate wat uitstaande dokumentasie of fooie het sal ongelukkig nie die eksamen kan skryf nie.

Die volgende dokumente moet op die stelsel gelaai word;

Kopie van hul identifikasie dokument
OKOSA se handtekening document
Bewys van betaling
Nie-Suid Afrikaanse burgers moet bewys van residensie ook verskaf.

Vir enige navrae of ondersteuning kontak die RAE Bestuurder by e-pos rae@sarl.org.za of selfoon nommer 0824541272


** Vanmiddag van 13:00 tot 16:30 UTC kan jy deelneem aan die HF Gelykgolf Kom-petisie met werking op 3 510 tot 3 560 kHz; 7 000 tot 7 040 kHz en 14 000 tot 14 060 kHz. Jy kan deelneem as 'n enkel operateur enkel band stasie, 'n enkel operateur multi band stasie, 'n multi operateur enkel band stasie of 'n multi operateur multi band stasie. Die uitruiling is 'n RST verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat by 001 begin. Gelykgolf kontakte tel 2 punte. Tel 2 punte vir elke roep gebied gewerk per band en tel 2 punte vir elke stasie wat op al drie bande gewerk is. Logstate moet slegs in ADIF, Cabrillo of MS Excel formaat teen middernag 23 Augustus 2015 per e-pos aan zs4bfn@gmail.com gestuur word. Moet asseblief nie jou logstaat as 'n jpg, png of PDF leer stuur nie. Lees die reëls in die 2015 Blouboek.

** Eerste ZS na ZS kontak op 8 meter. Radio amateurs in Suid-Afrika het al geruime tyd toegang na 40,675 tot 40,685 MHz, maar dit is eers werklik ontdek vroeër in 2015 toe ICASA die nuwe radio regulasies gepromoveer het.

In 'n telefoon gespreek het Willem Badenhorst, ZS6WAB, die Suid-Afrikaanse Radioliga ingelig oor die eerste ooit ZS na ZS kontak op 40,675 MHz. Dit het op Sondag 16 Augustus 2015 plaasgevind tussen Ian Roberts, ZS6BTE, in Johannesburg (KG33xv) en Willem, ZS6WAB, in Polokwane (KG46rc) deur gebruik te maak van FSK441 en oor 'n afstand van 288 km. Beide stasies gebruik 'n drie element Yagi en 100 watt. Hulle is op soek na nog kontakte.

Lees die artikel deur Ian, ZS6BTE, in die September 2015 Radio ZS.

** Voorlopige Uitslae van die SARL HF Digitale Kompetisie. Die kompetisie komitee het sewe logstate ontvang vir die HF Digitale kompetisie gehou op Sondag 16 Augustus

1ste Roger Jones, ZS6RJ, 166 punte
2de Les Elliot, G4OGB, 52 punte
3de Jack Welch, 5R8SV, 48 punte

Klub Kompetsiie
1ste Wesrand ARK, 184 punte
2de Centurion ARK en Lichtenburg ARK beide met 22 punte

Roger, ZS6RJ, het die hoogste telling op 'n enkel band gemaak met 114 punte op 20 meter.
Baie geluk Roger!

** Die tweede been van die SARL Nasionale Velddag vind plaas vanaf 10:00 UTC op Saterdag 12 September tot 10:00 UTC on Sondag 13 September 2015, met foon, gelykgolf en digitale (PSK en RTD) werking op 160, 80, 40, 20, 15 en 10 meter. Jy het nog twee weke om jou planne in plek te kry. Kry die reëls in die 2015 Blouboek.


** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak gematig gaan wees. Sonvlek AR2403 het 'n komplekse magnetiese samestelling en kan die bron van M- of X- sonfakkels wees.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 39 vir die week gebruik.

Amateurs kan veral laatmiddag en gedurende die aande goeie openinge op die 20 tot 15 m DX bande verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Dagboek

30 Augustus - die Suid-Afrikaanse Radioliga HF gelykgolf kompetisie
5 September - 50-jaar van amateurradio fees van die Sasolburg ARK
6 September - sluitingsdatum vir die HF gelykgolf logstate
12 en 13 September - SARL Nasionale Velddag
19 September - Amateurradio in Aksie, Pretoria
19 en 20 September - die SARL BHF/UHF kompetisie


Ons sluit af met ‘n opsomming van ons hoof item vanmore:

Die SARL het ‘n subkomitee gestig om met SENTECH te vergader ten einde die plasing amateurherhalers op SENTECH torings regoor die land te bespreek.
Dit is gedoen om onderhandelinge tussen SENTECH en die SARL aangaande SENTECH se besigheidsmodel te fasiliteer

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin

** As deel van die SARL nuusspan se strewe daarna om soveel moontlik mense te betrek by die opstel van nuus, is ons voortdurend op die uitkyk vir nuwe talent wat kan help met die opstel, vertaal, proeflees en opneem van nuusbulletins. Indien jy kan help hiermee kontak asseblief vir Dennis Green , ZS4BS, Etienne Naudé, ZS6EFN, of Dawie ,ZR6DHC.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi ook klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dawie Conradie, ZR6DHC, geredigeer deur Ryan Gibson, ZS6GGR, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

73's en dankie vir die luister

/ EX



Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003