Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 6 DESEMBER 2015

Goeiemre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teks weergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag.

ZS9YOTA EN JEUG OP DIE LUG

WRC-15 SLUIT AF IN GENEVA

en

DIE ARRL 10 METER KOMPETISIE VOLGENDE NAWEEK

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

** Die ZS9YOTA roepsein is tans aktief en Suid-Afrikaanse jong mense is besig om deelneem te neem aan die jaarlikse IARU Desember Jeug op die Lug aktiwiteit.
Agt en dertig YOTA roepseine sal aktief wees vanaf skole, padvindergroepe, klubs en ander jong amateurs onder die ouderdom van 26 jaar in die IARU Streek 1 gebied. Die hoofdoel is om jongmense aktief op die lug te kry om kontak met mede jongmense te maak oor die wreld heen en om amateur radio onder die jeug te bevorder. Vier lande uit Afrika gaan deelneem aan die jaarlikse IARU Desember Jeug op die lug aktiwiteit naamlik Botswana met A2YOTA, Tunisia met 3V8YOTA, Ceuta met EG9YOTA en Suid-Afrika met ZS9YOTA.

Dit is 'n uitstekende geleentheid vir klubs om 'n demonstrasie aan te bied by 'n plaaslike skool of om saam met mede amateur by die plaaslike klub bymekaar te kom en ons stokperdjie aan ons Suid-Afrikaanse jeug te demonstreer! Daar is tans net twee klubs wat deelneem, naamlik die Sasolburg Radioklub, ZS4SRK, en die Kempton Park Amateur Radio Tegniese Vereniging, ZS6KTS. Dan sal die jong gestigde ZS6ZU Hammies klub insluitend die Sandringham Padvinder-groep, die ZS5ZU Hammies klub en die Polokwane Padvinders, ZR6PS, gedurende Desember deel neem in hierdie pret aktiwiteit.

As jy 25 jaar oud of jonger is, word jy uitgenooi om aansoek te doen vir 'n tydgleuf gedurende Desember om die spesiale roepsein te gebruik hetsy as 'n individu of as 'n klub stasie wat bedryf word deur jong mense. Stuur jou versoek aan Koos, ZR6KF, by koosfick096@gmail.com of na Nico, ZS6QL, by zs6ql@mweb.co.za. Alle radio amateurs is welkom om 'n QSO met die jongmense te h, wees bewus dat sommige van hulle nuut is in die radio stokperdjie, terwyl ander meer ervare is. Besoek gerus die SARL se webwerf vir meer besonderhede rakende hierdie aktiwiteit.

** Die Wreld Radio Konferensie 2015 (WRC-15) het sy beraadslaag op 27 November in Genve afgesluit, met hoofde van afvaardigings wat die Finale Aktes van die Radio Regulasies onderteken - die internasionale verdrag wat die gebruik van die radiofrekwensie spektrum en satelliet omwentelings beheer. Daar was 3 300 deelnemers uit 162 van die Internasionale Telekommunikasie-unie (ITU) se 193 lidlande, by die 4-week lange konferensie. Nog 500 of so deelnemers wat 130 ander entiteite, insluitende die industrie het ook bygewoon as waarnemers. Festus Daudu van Nigeri was die voorsitter van WRC-15.

Baie is bereik in die laaste 4 weke en die resultate sal 'n groot impak h op die toekoms van die telekommunikasie-sektor in die algemeen en radio kommunikasie in die besonder," het ITU Radio Buro (ITU-R) Direkteur Franois Rancy ges in 'n sluitings nuusvrystelling. WRC-15 het meer as 40 onderwerpe aangespreek wat verband hou met die toekenning en deel van frekwensies.

Die konferensie het konsensus bereik oor 'n nuwe wreldwye sekondre Amateur Radio toekenning vir 5 351,5Khz tot 5 366,5 kHz, met 'n krag limiet van 15 W effektiewe isotropies uitgestraalde krag (EIRP). Sommige Streek 2 lande sal toegelaat word om 25 W EIRP te gebruik. Met hierdie aksie - en ten-spyte van omstandighede wat meer beperkend as gehoop is aan die begin van die konferensie het die Amateur Diens sy eerste nuwe globale HF toekenning sedert 1979 verkry.

Die 15 kHz band by 60 meter "sal stabiele kommunikasie oor verskillende afstande handhaaf, veral vir gebruik tydens die verskaffing van kommunikasie in 'n ramp situasies en vir hulpverlening bedrywighede," s 'n ITU nuusvrystelling. Die nuwe band sal nie beskikbaar wees vir gebruik totdat die regulerende owerhede die WRC-15 Finale Aktes aanspreek nie.

Dreigemente deur die selfoon/breband bedryf naby 10 GHz en 24 GHz is afgeweer vir die oomblik, maar sal na verwagting weer op WRC-19 en/of WRC-23 bespreek word. Die 144 en 420 MHz bande was uitgesluit van die WRC-19 agendapunt wat kort duur (3 jaar) klein satelliete aanspreek.

Agenda Item 1.12, wat die Aarde Eksplorasie Satellite Diens (10 GHz EESS) aanspreek, is goedgekeur tydens n voltallige vergadering met voetnotas van sekere Midde-Ooste lande betrokke. Die EESS toekenning is gemaak om die Amateur-Satellite segment te vermy en geen gevaar inhou vir aardse amateur radio gebruik van die band nie.

Die Internasionale Amateur Radio Unie (IARU) span by WRC-15 het sy pogings ook gefokus op die opstel van die agenda vir WRC-19. Agenda Item 1.1 sal oorweging gee aan die 50 tot 54 MHz harmonisering in Streek 1. 'n Voorgestelde agenda om die toekenning 160 meter in Streek 1 lyn met die res van die wreld te harmoniseer was nie suksesvol nie.

Dankie aan die ITU en die RSGB vir hierdie nuus inligting.

** Twee afdeling 6 bakens straal nou suid vir sporadiese-e. Willem Badenhorst, ZS6WAB, van Polokwane het ons ingelig dat twee van sy BHF bakens op die lug is suid wys vir die Sporadiese-E seisoen. Hulle is 50,028 MHz gelykgolf met 50 Watts in 'n horisontale 5 element Yagi, en 70,025 MHz gelykgolf met 40 Watts in 'n 6 element horisontale Yagi. Hierdie twee bakens sal vroe waarskuwings van 'n sporadiese-E opening voorsien wanneer 'n Es wolk in die ooste verskyn en stadig weswaarts dryf oor die hele land.

BHF amateurs in die noorde kan ook twee BHF bakens in die suide monitor, hulle is ZS2X op 50,007 MHz FSK naby Port Elizabeth en ZS1SIX op 50,080 MHz FSK in Kaapstad. Sporadiese-E openinge is onvoorspelbaar en kan enige tyd plaasvind tussen 08:30 en 11:00 SAT of soms ook in die middae. DX openinge na ons noordelike bure is dikwels aangeteken middae.

** Die tema vir die Januarie 2016 uitgawe van Radio ZS is veldstasies en mobiele werking. Kry jou artikels in teen Saterdag 26 Desember 2015 en stuur dit aan radiozs@sarl.org.za. Die Februarie 2016 uitgawe kyk na BHF, VHF en hor terwyl daar in Maart 2016 gefokus sal word op noodkommunikasie.

U luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

** Die Nasionale Amateurradiosentrum sal op 18 Desember sluit vir die Kersfees vakansie en die kantoor open weer op 5 January 2016.

** Aansoek om lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Radioliga is ontvang van Etienne Francois Saayman, ZSL-1145. Enige besware teen die aanvaarding van die aansoek moet die Liga sekretaris bereik voor of op Dinsdag 8 Desember 2015. Etienne gaan die Mei 2016 RAE skryf.

Die ledetal van die Liga staan tans op 1 592 lede en 41 geaffilieerde klubs

** Die projek om n radio amateur terminologie woordeboek te skep is nou in volle swang en die projekspan is aan die werk om die doel te verwesenlik. Die projek is simbolies van hoe Afrikaans dinge maak gebeur en hoe die taal dinge maak werk. Hierdie projek is 'n innoverende projek waaraan die hele nasie kan deel neem. Die idee was om 'n woordeboek van radio amateur terminologie saam te stel wat Afrikaans as taal onder ons Afrikaans sprekende en ander belangstellendes te bevorder.

Die radio amateur woordeboek sal sy kredietwaardigheid behou deur die samewerking en bydraes van taalkundiges en taal spesialiste. Verder word daar beplan om die handleiding op ander vlakke bekend te stel. Ons beoog om di projek 'n nasionale projek te maak en soos julle weet is enige iets wat Suid Afrikaners aanpak binnekort wreld nuus. Soos byvoorbeeld Jan Pieper van Nederland wat ook deelneem aan die samestelling en ons behoort meer bydraes te ontvang wreld wyd.

Ons wreld groei ongelooflik vinnig met nuwe tegnologie wat daagliks ontwikkel word. Enige taal wat nie saam groei nie sal verlore gaan en dit dryf ons om nuwe woorde vir die tegnologie te voorsien, nuwe woorde wat nog nooit gebruik of gehoor was nie weens die tegnologie nog nooit bestaan het nie. Dit is nou die tyd om jouself deel te maak van die projek en om deel te he om 'n wreld eerste Amateur Radio woordeboek in Afrikaans saamstel.

Ons hou op sekere Donderdae om 19:00 'n groepsgesprek op die Pretoria Amateurradio klub se 145.725 MHz herhaler om mede amateurs bewus te maak waarmee ons besig is en om n groter groep amateurs se insette, kommentaar en voorstelle deel van die projek te maak. Enige radio amateur is welkom om deel te neem aan die pret en opwinding en om te kom met voorstelle en bydraes. Die projekspan wil jou graag nooi om saam te luister via die Pretoria Amateur Radio Klub se netwerk of IRLP/Echolink (ZS0JPL) op sekere Donderdag aande om 19:00.

Verder sal ons binnekort 'n webtuiste skep vir die brer gemeenskap om saam met ons te kan werk en hulle voorstelle te gee, meer hieroor op 'n latere stadium. As jy reeds 'n voorstel of kommentaar het, stuur dit gerus aan Etienne Naude, ZS6EFN, te e-pos by etienne@afrigrid.com.

** Die ARRL 10 Meter kompetisie sal op die lug wees oor die naweek van 12 en 13 Desember. Dit is gelykgolf, foon of gemengde kontakte op 80 tot 10 meter. 'n RS of RST verslag en 'n reeksnommer word uitgeruil. Stasies in die VSA, Kanada en Mexiko sal hul staat of provinsiale afkorting stuur. Kry al die inligting op www.arrl.org/10-meter

** Voortplanting verslag, Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte son aktiwiteitsvlak laag gaan wees. Al die sigbare sonvlekke is tans stabiel met bykans geen kans vir ernstige fakkels nie. Diegene wat hulle eie frekwensie-voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlek telling van ongeveer 24 vir die week gebruik.

Amateurs kan veral rondom sonsopkoms en met sonsondergang goeie openinge op die 20 tot 15 m DX bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

En nou vir die dagboek van gebeure

12 en 13 Desember - die ARRL 10 meter kompetsie
18 Desember - die NARS sluit vir die Kersvakansie
26 Desember - sluitingsdatum vir artikels vir die Januarie 2016 Radio ZS
31 Desember - vernietig jou kopie van die 2015 Blouboek
1 Januarie - laai 'n kopie van die 2016 Blouboek af
5 Januarie - die NARS oop vir besigheid

Om hierdie bulletin te beindig, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.

Die ZS9YOTA roepsein is tans aktief en Suid-Afrikaanse jong mense is besig om deelneem te neem aan die jaarlikse IARU Desember Jeug op die Lug aktiwiteit.
Agt en dertig YOTA roepseine sal aktief wees vanaf skole, padvindergroepe, klubs of ander jong amateurs onder die ouderdom van 26 jaar in die IARU Streek 1 gebied.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die news inbox skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

73's en dankie vir die luister

/EX


Copyright 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003