Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 20 DESEMBER 2015

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teks weergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag.

KERSFEES BOODSKAP VAN DIE SARL PRESIDENT

BHF WERKING VANAF ST HELENA EILAND OP DIE KAARTE

en

VIER WEKE NA DIE PEARS NASIONALE BHF EN UHF KOMPETISIE

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

In sy Kersboodskap sê Fritz Sutherland, ZS6SF, die president van die Suid-Afrikaanse Radioliga, "Die feesseisoen is weer op ons en baie van ons lede vertrek vir hul Kersfees vakansies. Vanaf die Raad, die aangesteldes en die hoofkwartier personeel, wil ons alle lede vir hul lojaliteit en ondersteuning deur die jaar bedank; ons wens jou 'n gelukkige, aangename en rustige feestyd toe.

Dit was weereens 'n besige jaar vir die Liga se Raad, aangesteldes en lede. Ek wil graag elke lid wat hierdie jaar tot die aktiwiteite van die Liga bygedra het bedank. Sonder julle kon ons nie die vlak van aksie wat nodig is in standhou nie.

Laat my asseblief hierdie geleentheid gebruik om al die lede en hul families 'n geseënde Kersfees en 'n gelukkige en voorspoedige 2016 toe te wens. As jy weg gaan vir die feestyd, reis asseblief veilig en geniet die beoefening van amateur radio vanaf jou vakansie QTH. Geniet die breek en kom terug vol entoesiasme vir beide die Suid-Afrikaanse Radioliga en om die luggolwe besig te hou in die jaar wat voorlê.

** Pieter Jacobs, V51PJ op Rosh Pinah, Namibië, het ons ingelig dat hy in kontak was met Bruce, ZD7VC op St Helena-eiland. Bruce is baie gretig om die weskus van Suider-Afrika te werk op 144 MHz en wil 'n Yagi antenna koop, maar wou weet watter polarisasie hier gebruik word asook FM of ESB. ZD7VC kan uitstekende Tropo geleidings DX kontakte vanaf Kaapstad al langs die Weskus tot in Namibië verskaf.

** Die 2016 Suid-Afrikaanse Radioliga Dagboek van Gebeure kan afgelaai word vanaf die Liga se webwerf, kliek op ‘SARL Diary of Events’ op die linkerkant van die bladsy.

Klubs wat hul klub aktiwiteite in die dagboek van gebeure wil byvoeg en dit aan klublede verskaf, kan die MS Publisher lêer van Dennis, ZS4BS verkry, stuur 'n e-pos aan zs4bs@netactive.co.za

** Die sluitingsdatum vir artikels vir die Januarie 2016-uitgawe van Radio ZS is Saterdag 26 Desember 2015. Die tema vir hierdie uitgawe is veldstasies en mobiele werking. Jy kan jou artikel stuur na radiozs@sarl.org.za.

U luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

** Op Woensdag 16 Desember, is 'n onderhoud met Jaap Lourens, ZS6SAI, en Nico van Rensburg, ZS6QL, uitgesaai op die program "Oggend op RSG." As jy die uitsending misgeloop het, kan jy die potgooi aflaai by www.rsg.co.za/images/upload/sound/klanke/20151216_OGGEND_AMATEUR_RADIO.mp3

** Die PEARS Nasionale BHF en UHF kompetisie is geskeduleer vir 15 tot 17 Januarie 2016, wat plaasvind gedurende die tydperk wat die beste voortplanting van die jaar, soos al drie tipes Tropo, insluitend Vliegtuig Strooi en die onvoorspelbare Sporadiese-E produseer. Daar is twee sessies oor 'n tydperk van twee dae wat alle moontlike voortplanting modes dek en bied 'n wonderlike uitstappie vir kampeer en veldstasies. Die eerste sessie begin om 16:00 UTC op Vrydag en eindig om 14:00 UTC op Saterdag. Die tweede sessie begin onmiddellik na 14:00 UTC en eindig om 12:00 UTC op Sondag. Dit is die tyd wanneer daar baie VHF amateurs op die lug is uit verskillende afdelings met goeie voortplanting toestande wat dit moontlik maak vir landswye kontakte op analoog- en digitale tussen 50-1 296 MHz. Sien die 2016 Blue Book vir al die reëls.

** Op 15 Desember het die Britse Europese Ruimte-agentskap ruimtevaarder Tim Peake by die Internasionale Ruimtestasie aan gekom. Tydens sy verblyf van ses maande sal hy met behulp van die amateur radio toerusting aan boord van die ISS, kontakte maak met die roepsein GB1SS. Tim sal die eerste ISS bemanningslid wees wat die HAMTV vinnige aftas digitale amateur-TV-stelsel gebruik.

** Tussen 2 en 29 September het die CQ WW DX Kompetisie Komitee 'n opname gedoen om terugvoer in te samel van die deelnemers en 5 117 antwoorde is ontvang van kompetisie operateurs regoor die wêreld. Die eerste resultate is nou beskikbaar by http://cqww.com/blog/.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag tot gematig gaan wees. Groot Sonvlek AR2470 kan die bron van C of M-klas sonfakkels wees.

Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 70 vir die week gebruik. Amateurs kan veral vroeg oggend en laat middag goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou vir die dagboek van gebeure

26 Desember - sluitingsdatum vir artikels vir die Januarie 2016 Radio ZS
31 Desember - vernietig jou kopie van die 2015 Blue Book
1 Januarie - laai 'n kopie van die 2016 Blue Book af
6 Januarie - die NARS is oop vir besigheid
10 Januarie - die SARL Jeug Net op 7 070 om 15:00 UTC
15-17 Januarie - die PEARS Nasionale BHF en UHF kompetisie
23 Januarie - Somer QRP kompetisie
31 Januarie - Die sluitingsdatum vir nominasies vir die Raad en die indiening van mosies vir die AJV

Om hierdie bulletin te beëindig, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.

In sy Kersboodskap sê Fritz Sutherland, ZS6SF, die president van die Suid-Afrikaanse Radioliga, "Die feesseisoen is weer op ons en baie van ons lede vertrek vir hul Kersfees vakansies. Vanaf die Raad, die aangesteldes en die hoofkwartier personeel, wil ons alle lede vir hul lojaliteit en ondersteuning deur die jaar bedank; ons wens jou 'n gelukkige, aangename en rustige feestyd toe.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die ‘news inbox’ skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD, en gelees deur ...........................................................

Die hele nuus span wil jou en jou familie 'n geseënde feestyd toe wens.

73 en 88, dankie dat jy geluister het.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003