Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 17 JANUARIE 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teks weergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin hierdie bulletin met die nuus van 'n stil sleutel

Van die Hamnet Bulletin het ons geleer van die afsterwe van Anton de Beer, ZS6AG, van Middelburg in Mpumalanga verlede naweek. Hoewel hy gesukkel het met chroniese swak gesondheid, was sy dood was baie onverwags.

Ons betuig ons innige meegevoel aan sy familie en vriende

POUSE

In die nuus vandag

SARL@HOME OP 30 JANUARIE BY DIE NARS

DIE JANUARIE RADIO ZS IS BESKIKBAAR VIR AFLAAI

en

V51PJ BAKEN VIA TROPO GEHOOR IN KAAPSTAD

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

** Op Saterdag 30 Januarie sal die Suid-Afrikaanse Radioliga verskeie aktiwiteite by die Nasionale Amateurradiosentrum onder die vaandel van SARL@Home aanbied. Die vyf jong mense wat die Suid-Afrikaanse Radioliga en Suid-Afrika verteenwoordig op YOTA 2016, wat in Julie in Oostenryk gehou sal word, sal by die NARS ontmoet.

Die Gauteng Hammies sal ontmoet om die Klas B Radioamateureksamen kursus af te skop Daar sal ook 'n bespreking wees oor die Liga se 5 MHz voortplanting navorsingsprojek en die skuif van die baken frekwensie oor eenstemmig met die nuwe IARU wêreldwye 5 MHz toekenning.

'n Verskeidenheid ARRL boeke sal te koop wees. Ongelukkig kan geen kredietkaarte aanvaar word nie. Sluit by ons aan vir 'n gesprek oor 'n koppie koffie of tee van 10:00 tot 13:00.

** Die Januarie 2016 uitgawe van Radio ZS is beskikbaar vir aflaai van die Liga se webwerf. In hierdie uitgawe vertel Heather, ZS6YE, van 'n ZS5 Velddag-stasie en sy deel die YL Beam nuusbrief met ons. Eddie, ZS6BNE, deel sy beste RaDAR oomblik van 2015 en Kevin, ZS6KMD, verduidelik hoe om 'n eenvoudige Arduino Frekwensie teller te bou. Brian, ZS6BV, vertel ons oor sy ultraligte draagbare HF stasie terwyl Chip, K7JA, ons help om gereed te maak vir die velddag. Mike, ZS2FM, sê veld stasies is die gom van VHF en UHF kompetisies en Patrick, VE3RGW, gee jou planne om 'n twee element Yagi te bou vir die velddag werking. En daar is meer in hierdie 48 bladsy uitgawe.

Die tema vir die Februarie uitgawe is BHF/UHF en hoër en die sluitingsdatum vir jou artikel is Maandag 25 Januarie en jy kan dit stuur aan radiozs@sarl.org.za. Die tema vir die Maart-uitgawe is nood kommunikasie en in April sal ons kyk na die tuisbou.

** Hierdie is die eerste oproep vir referate vir die jaarlikse SA AMSAT Ruimte simposium wat op Saterdag 28 Mei 2016 by die Innovation Hub in Pretoria gehou sal word. 'n Kort samevatting van 'n voorgestelde referaat moet aan samsat@intekom.co.za gestuur word teen 31 Maart 2016. Die tema van die konferensie is "Maak Ruimte Wetenskappe jou vrye tyd.”

** Borge ondersteun die Kletskous CubeSat. SA AMSAT het aangekondig dat drie groot maatskappye aan boord gekom het deur van hul dienste en komponente te borg om die eerste vlug model te bou. TRAX in Kaapstad sal gespesialiseerde gedrukte stroombaan borde vervaardig en RS Komponente en Avnet Kop sal gespesialiseerde komponente lewer. "Ons is verheug om hierdie maatskappye aan boord te hê hierdie jaar," het Hannes Coetzee, projekbestuurder vir die SA AMSAT CubeSat aan SARL Nuus vertel. "Ons maak goeie vordering en beplan om ons prestasies by die SA AMSAT Ruimte simposium op 28 Mei in Pretoria te wys.

** Die 2016 Suid-Afrikaanse Radioliga Nasionale Konvensie. Die Sasolburg Amateurradioklub sal gasheer wees vir die Liga se Nasionale Konvensie oor die naweek van 22 tot 24 April 2016, 'n week later as oorspronklik gepubliseer. Meer besonderhede sal binnekort bekend gemaak word. Maak 'n aantekening van die datums in jou dagboek nou.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

** Lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Radioliga is tans 1 614 lede en 43 geaffilieerde klubs.

** Die PEARS Nasionale BHF en UHF Contest is nou in volle swang en sal vanmiddag om 14:00 SAT eindig. Jy het nog tyd om 'n paar lang afstand kontakte te maak, hou net 'n skerp oor op die roep frekwensies van 50,200 MHz en 144,200 MHz ESB, of probeer gelykgolf een kHz hoër in frekwensie, of die digitale modusse op 50,250 – 50,300 MHz en 144,250 – 144,300 MHz.

** Willem de Kock, ZS1WDK, van Brackenfell, Kaapstad, het berig dat hy die V51PJ baken op 50.300 MHz vir die afgelope 2 weke monitor en kan dit elke dag hoor. Hoewel dit meestal baie swak is, is daar tye wat dit S5 gehoor word. Vroeg vanoggend (10 Januarie), was die baken op S7 vir sowat 15 sekondes gehoor voordat dit verdwyn het in die lawaai. Hy het 'n paar oproepe gemaak met behulp van 'n vyf element Yagi en 150 Watts in 'n noord westelike rigting, maar niks .... die baken kan nog gehoor word uit die stygende geraas so elke 10 sekondes in QSB en slegs hoorbaar vir ongeveer 5 sekondes en dit lyk asof dit reg op die drumpel van 'n stewige opening sit.

** Die Somer QRP kompetisie is van 12:00 tot 15:00 UTC op Saterdag 23 Januarie 2016 op die lug met ESB en gelykgolf werking met 5 watt (PEP) uitset of minder. Daar is geen antenna beperkings en 'n stasie kan een keer per band per modus gewerk word. Die eerste uur is beperk tot die 40 m-band, die oorblywende twee ure is die deelnemers vry om enige HF (nie-WARC) band te gebruik soos hulle goeddink. 'n RS of RST verslag en jou ruitverwysing word uitgeruil en elke kontak tel 1 punt.

Elke Suid-Afrikaanse roepgebied, 0 tot 9, tel as 'n vermenigvuldiger en elke DXCC land gewerk tel as 'n vermenigvuldiger. Die tipe stasie vermenigvuldiger is x 1 - vir die tuis stasies; x 2 - vir draagbare stasies en x 3 - vir ultraligte draagbare veld stasies. Logstate, in ADIF, Cabrillo of MS Excel-formaat en gemerk "jou roepsein QRP Contest," moet teen 31 Januarie 2016 ingedien word per e-pos aan contest@sarl.org.za. 'n Foto(s) van die stasie in bedryf, in JPG-formaat, moet elke log inskrywing vergesel.

** Moenie die ARRL Boek verkope misloop nie. Die SA Amateurradio Ontwikkelingstrust se aanlyn boekwinkel het 'n beperkte aantal boeke beskikbaar wat ingevoer is net voordat die Rand so baie van sy waarde aan die Amerikaanse dollar verloor het. Tans word die ARRL 2016 Handboek teen naby aan die 2015 handboek prys verkoop. Bestel terwyl die huidige voorraad hou. Vir 'n lys en die prys van boeke in voorraad, besoek www.amateurradio.org.za.

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Al die sigbare sonvlekke is tans stabiel met bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 36 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 15 m DX bande verwag. 10 m openinge is ook moontlik. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou vir die dagboek van gebeure

23 Januarie - Somer QRP kompetisie
25 Januarie - Sluitingsdatum vir jou BHF/UHF artikel vir die Februarie Radio ZS
30 Januarie - SARL@Home by die NARS
31 Januarie - Die sluitingsdatum vir nominasie vir die Raad en die indiening van mosies vir die AJV
31 Januarie - sluitingsdatum vir die Somer QRP logstate
13 en 14 Februarie – die SARL Nasionale Velddag
15 Februarie - sluitingsdatum vir die PEARS BHF/UHF logstate
22 tot 24 April – 2016 SARL Nasionale Konvensie in Sasolburg

Om hierdie bulletin te beëindig, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.

Op Saterdag 30 Januarie sal die Suid-Afrikaanse Radioliga verskeie aktiwiteite by die Nasionale Amateur radio sentrum onder die vaandel van SARL@Home aanbied. Die vyf jong mense wat die Suid-Afrikaanse Radioliga en Suid-Afrika op YOTA 2016, wat in Julie in Oostenryk gehou sal word, verteenwoordig, sal by die NARS ontmoet.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die ‘news inbox’ skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB, en gelees deur ...........................................................

73 en 88, dankie dat jy geluister het.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003