Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 31 JANUARIE 2016

Goeiemôre, en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teks weergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin vanoggend se bulletin met ʼn stil sleutel.

Dit is met leedwese dat die afsterwe van Jim van Loggerenberg, ZS2LR, op 24 Januarie aangekondig moet word.

Ons betuig ons innige meegevoel met sy seun, Donovan, ZS2DL, ander familie en sy baie vriende


POUSE VIR 5 SEKONDES


In die nuus vandag.

PEARS NASIONALE BHF & UHF KOMPETIESE DIE KOMENDE WEEK

en

PROJEK LEXICON, DIE AFRIKAANSE AMATEUR RADIO WOORDEBOEK PROJEK IN VOLLE GANG.



Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

**** Die Februarie 2016 uitgawe van Radio ZS is beskikbaar vir aflaai vanaf die Liga se webwerf. Die tema vir hierdie 52 bladsy uitgawe is BHF/UHF en hoër. In sy BHF/UHF Nuus kolom, vertel Mike, ZS2FM, ons oor die eerste Mikrogolf kontakte in Suid-Afrika en in die artikel 'From Shortwaves to Microwaves', vertel Mike meer oor die geskiedenis van radio eksperimente. Die Sasolburg Amateur Radio Klub het 'n artikel voorsien oor die antennes wat hulle by hulle herhalers op gerig het, die Noord-Kaap Amateur Radio Klub vertel ons hoe hulle die Olifantshoek herhaler geskuif het en Stu, W0STU, verduidelik hoe om FM herhalers te gebruik.

Hans, ZS6AKV, praat oor die SA Amsat CubeSat projek en Stu, W0STU, gee vir ons raad oor hoe om kontakte via amateur satelliete te maak. Ian, ZS6BTE, gee planne om 'n twee-rigting Yagi vir 144 MHz en Ronald, WBZCQM, vertel hoe om ou TV-antennas te herwin vir 2 meter. En daar is nog in hierdie uitgawe.

Die tema vir die Maart 2016 Radio ZS is nood kommunikasie. Dankie aan Grant, ZS1GS, en Brian, G0GSF, vir hulle bydraes. Stuur jou artikel teen Woensdag 24 Februarie na radiozs@sarl.org.za


**** Projek Lexicon is nou in volle gang na die Desember vakansie periode. Die eerste NET op die Pretoria Amateur Klub se herhaler op 14 Januarie was weereens baie suksesvol met goeie bydraes en insette deur die projek span. Die projek se eerste mylpale is ook nou bevestig, en sluit ondermeer in die finalisering van die woordelys wat einde Januarie in plek moet wees sodat die vertalingsproses kan afskop, die finalisering van die Projek Lexicon web tuiste wat teen 9 Februarie inwerking moet wees en die finalisering van die formaat, inhoudsopgawe en uitleg van die woordeboek wat einde Februarie voltooi moet wees.

Die doel van die webtuiste en die vertalingsproses sal in Februarie in bree trekke aan die Amateur gemeenskap bekend gstel word. Bly op die uitkyk vir meer nuus en inligting oor die vordering en ook hoe jy deel kan wees van die vertalingsproses.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

****Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is van die volgende persone ontvang:

. ZR6CMG Jaco Cronje
. ZS3HC Hendrik Coetzer

Die volgende klubs het 'n aansoek gerig om geafilieer te word.
ZS5HAM Highway Amateur Radio Klub
ZS1SKR Suid Kaap Amateur Radio Klub

Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskap-aansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.

Lidmaatskap van die SARL is tans 1622 plus 45 geaffilieerde klubs.



****Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag tot gematig gaan wees. Sonvlek AR2488 is tans die bron van C-klas fakkels en kan selfs M-klas fakkels oplewer.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 45 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.


****En nou vir die dagboek van gebeure

31 Januarie - Die sluitingsdatum vir nominasies vir die Raad en die indiening
van mosies vir die AJV
31 Januarie - sluitingsdatum vir die Somer QRP logstate
13 en 14 Februarie - die SARL NasionaleVelddag
15 Februarie - sluitingsdatum vir die PEARS BHF/UHF logstate
22 tot 24 April - 2016 SARL Nasionale Konvensie in Sasolburg

Om hierdie bulletin te beëindig, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.

**** Die twee sessies van die PEARS Nasionale BHF & UHF sal oor twee dae versprei wees en sal die voordeel trek van enige verandering in voortplanting. Die eerste sessie begin om 18:00 SAT op Vrydag 15 Januarie 2016 tot 16:00 SAT op Saterdag. Die tweede sessie begin onmiddellik daarna om 16:00 SAT en eindig op Sondag 14:00 SAT. Die kompetisie dek die 6m, 4m 2m, 70cm en 23cm bande op beide analoog en digitaal.

En dit bring ons aan die einde van vandag se bulletin



Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Etienne Naude, ZS6EFN, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD, en is gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou ʼn mooi week toe. Totsiens

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003