Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 14 FEBRUARIE 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jounaam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal AfrikaTyd in Engels landswyd 'n nuus bulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deu ZS0JPL. 'n Digitale weergawe is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.


In die nuusvandag


HAMNET WES KAAP BETROKKE BY FIETSTOER

ZS1MM BHF BAKEN OP 144.414 MHz GEHOOR


en


SLUIT NOU AAN BY DIE SARL AS LID TEEN HALF PRYS


Bly ingeskakelvirmeerinligtingoorhierdie en anderinteressantenuus items.


** Hamnet Wes Kaap was verlede Saterdag betrokke by die 6de 99tig Fietstoer wat in die noordelike voorstede van Kaapstad plaasgevind het. Die 102 Km en meegaande kortwedren van 64 Km was gepatrolleer deur 12 obserwasie-operateurs wat eweredig oor die roete versprei was. 5000 ryers het vanaf Durbanville weg gespring in n sirkelroete via die R44, rigting Wellington, daar weer wes waarts rigting Philadelphia en dan weer in ‘n suidwestelike rigting af na die N7 toe oppad terug Kaapstad toe voordat die ryers weer terug is Durbanville toe waar die eindpunt was.

APRS was gebruik om alle obserwasie operateurs te monitor, plus 5 Ambulanse en reddingsvoertuie.’n Tydelike digitale herhaler op die plaas Meerendal, was gebruik om om kommunikasie te verseker in die bergagtige gebiede.Daar was geen ernstige voorvalle nie alhoewel daar heel wat ryers was wat as gevolg van beskadigde wiele en hitte uitputting hulle self moes ontrek. Die temperatuur om en by middagete was 34 grade gewees. HAMNET Wes Kaap wil alle vrywilligers bedank vir hulle diens en sien uit na die volgende uitstappie op Sondag 14de Februarie.



** Dick Coates, ZS6BUN, het laat weet dat hy vanaf Nigel die sein van ZS1MM in Bredasdorp se baken tydens ‘n kort Meteoriet uitbarsting gehoor het. Die baken is horisontaal gepolariseer en kan op 144,414 MHz gehoor word. Johan Groenewald, ZS2CX, in Knysna, nagenoeg 300 km ver, het ook kontak met die baken bevestig tydens tropokanalisering met QSB terwyl kondisies met tye baiesleg was.‘n Naderende kouefront op pad na die Kaap sal meer gunstige kondisies skep vir Tropokanalisering en sal veroorsaak dat die sein sterker langs die suidelike kus gebiede sal wees wat ook die afstand verder sal laat strek, so ver soos Port Elizabeth en verder. Stuur asb jou sein verslae.

** Jy kan aansluit by die SARL vir die oorblywende tydperk van die Finansiëlejaar teen slegs R240 as 'n volle lid. As jy 'n pensioenaris is en oor 65 jaar oud is, kan jy aansluit teen slegs R140. As jy nou aansluit sal jy 'n lid wees tot 30 Junie 2016 wanneer die SARL vir jou 'n faktuur stuur vir lid maatskap vir die volgende jaar. Kry volledige besonderhede op www.sarl.org.za en kieslidmaatskap in die linkerkantste kolom. Vir meer inligting skakel Vonnie by die NARS by 011 675 2393. Sluit aan by die SARL vandag, dit is die regte ding is om te doen as amateur radio belangrik is virjou.


U luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.


** Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is van die volgende persone ontvang:

Marthinus Wessel Rautenbach wat nog wag vir sy Luisteraars roepsein en ZSL1157 Tim Stirk

Die volgende klubs het 'n aansoek gerig om geaffilieer te word.
. Kimberley Amateur Radio klub
. Highway Amateur Radio klub

Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskap-aansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin. Lidmaatskap van die SARL is tans 1624 plus 45 geaffilieerdeklubs.

** Die Radio ZS Redaksionele Komitee het tydens sy vergadering op 11 Februarie, 'n beleid goedgekeur sodat elke SARL geaffilieerde klub en Hamnet 'n advertensie van 'n 1/4 bladsy kan plaas in Radio ZS. Die inhoud van alle advertensies sal beperk wees tot klub aktiwiteite en enige materiaal van 'n kommersiële of persoonlike aard mag nie insluit word nie. Die ligging van advertensies in die tydskrif word besluit tydens die finale uitleg proses en geen spesifieke bladsy, of posisie op 'n bladsy, kan gewaarborg word nie. Die publikasie van die advertensie is altyd onderhewig aan die beskikbaarheid van geskikte ruimte, na goeddunke van die Redakteur. Die beleid sal in Radio ZS gepubliseer word en is beskikbaar vanaf die Redakteur by radiozs@sarl.org.za


** Na die versoek vir artikelsvir Radio ZS in SARL Nuus van 7 Februarie, wil die Redakteur vir Dave, ZS1DFR en Tim, ZS6TIM, bedank vir hulle artikels. Die artikel van Tim sal in 'n volgende Radio ZS gebruik word. Die versoek aan Klubs oor tydrenkommunikasie het ongelukkig geen reaksie gehad nie. Die sluitings datum vir artikels is Woensdag 24 February en dit moet gestuur word aan radiozs@sarl.org.za.


** Die Jeug Naelloop is 'n prettige aktiwiteit om die jeug te vier en om kontakte tussen jong radio amateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder. Roep "CQ Jeug Naelloop." Die Naelloop vind plaas op Saterdag 20 Februarie vanaf 08:00 tot 10:00 UTC en 'n RS-verslag en die ouderdom van die operateur word uitgeruil. Dit is 'n foon naelloop op die 40 meter band, 7 063 tot 7 100 en 7 130 tot 7 200 kHz.

Kontak tussen stasies in die ouderdomsgroep 25 en jonger is 5 puntewerd; kontakte tussen stasies in die onder 25 groep en ouer as 26 groep is 2 punte werd en kontakte tussen stasies in die ouderdoms groep 26 jaar en ouer is 1 punt werd. Logstate, in ADIF, Cabrillo of MS Excel-formaat en gemerk "jou roepsein Jeug Naelloop," moet teen 27 Februarie 2016 ingedien word per e-pos aanyouthsprint@sarl.org.za. Die ouderdom van die operateur moet gewys word op die opsommings blad. Al die logstate ontvang sal in 'n trekking vir 'n Student lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Radioliga geplaas word.

Sertifikate sal toegeken word vir alle logstate wat korrek ingedien. Pryse sal toegeken word aan die 1ste, 2de en 3de plek in die kompetisie. Alle logstate met meer as 10 kontakte sal aan 'n gelukkige trekking deelneem.



** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag tot gematig gaan wees. Sonvlek AR2497 het 'n "beta-gamma" magnetiese veld wat genoeg energievir M-klas fakkels huisves.

Die gene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 45 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag.

Besoekgerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.


Nou vir die dagboek van gebeure

14 Februarie - die SARL Nasionale Velddag
14 Februarie - die SARL Jeug Net om 15:00 UTC op 7 070 kHz
15 Februarie – sluitings datum vir die PEARS BHF/UHF logstate
21 Februarie - Zululand ARK se 21ste verjaarsdagmiddagete
24 Februarie – sluitings datum virartikels vir die Maart 2016 Radio ZS
27 Februarie - die Wesrand ARK Vlooimark
28 Februarie - die SARL Digitale kompetisie
29 Februarie - die Skrikkel jaar uitdaging
1 Maart – sluitings datum vir ADV. GG logstate

Om hierdie bulletin tebeëindig, 'n herhaling van onsbelangrikste item in die nuusvanoggend.

** Hamnet Wes Kaap was verlede Saterdag betrokke by die 6de 99tig Fietstoerwat in die noordelike voorstede van Kaap stad plaasgevind het. Die 102 Km en meegaande kort wedren van 64 Km was gepatrolleer deur 12 opserwasie operateurs wat eweredig oor die roete versprei was. APRS was gebruik om alle opserwasie operateurste monitor, plus 5 Ambulanse en reddingsvoertuie.’n Tydelike digitale herhaler op die plaas Meerendal, was gebruik om om kommunikasie te verseker in die bergagtige gebiede.


Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigteindienmoontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-AfrikaanseRadioligawebtuisteonder die ‘news inbox’ skakelnie later as die Donderdagwat die bulletin datum voorafgaannie.

LuisterelkeSondagoggendom 10:00 sentraalAfrikatydna "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laersyband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeieherleidings op BHF en UHF frekwensiesregoorSuid-Afrika. 'n Potgooideur Dick, ZS6RO, is ookbeskikbaar. 'n Heruitsendingvind op Maandaeom 18:30 sentraalAfrikatyd op 3 230 kHz plaas.

Onsontvanggraagjouseinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-posaan artoday@sarl.org.za. Sentechborg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluisterna 'n nuusuitsending van die Suid-AfrikaanseRadioliga, saamgesteldeurEtienne Naude, ZS6EFN, geredigeerdeurRyan Gibson, ZS6GGR, en geleesdeur .......................................................

73 en 88, dankiedatugeluister het.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003