Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 3 APRIL 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink - luisteraars is daar 'n herleiding deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teks weergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin die nuus met ’n kennisgewing van 'n stil sleutel

Dit is met leedwese dat die afsterwe van Ken Harwood, ZS6BLI, bekend as "Kaptein Bligh" aan sy vriende, op Dinsdag 29 Maart 2016 aangekondig word. Ken was 'n lid van die Suid-Afrikaanse Radioliga en die Highveld Amateurradioklub vir die afgelope 53 jaar. In 1974 is hy beloon met die Jack Twine toekenning.

Ons betuig ons innige meegevoel aan sy vrou Unis, hul drie kinders en sy vriende.

POUSE

In die nuus vandag

BETALING VAN OKOSA LISENSIEGELDE

DIE APRIL RADIO ZS IS BESKIKBAAR

en

APRIL METEORIETE

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

** Radio amateurs word vriendelik versoek om asseblief jou OKOSA lisensie fooie direk in OKOSA se bankrekening inbetaal en nie in die Suid-Afrikaanse Radioliga se bankrekening nie. Dit is nie die Liga se verantwoordelikheid om jou lisensie gelde by OKOSA in te betaal nie. Alle gelde wat verkeerdelik in die Liga se rekening inbetaal word, sal as 'n donasie gesien word. Baie dankie vir u samewerking.

** Die April 2016-uitgawe van Radio ZS is beskikbaar vir aflaai vanaf die Liga se webwerf. Twee honderd en twaalf lede het reeds 'n kopie afgelaai.

Die 64-bladsy uitgawe bevat 'n aantal interessante projekte wat jy kan bou. Daan, ZS6CD, wys jou hoe om jou ‘Klaus’ mas eiehandig in die lug te kry terwyl John, KL7JR, jou sy OPAR of een-persoon antenna hyser wys. Kevin, ZS6KMD, bied jou 'n 40 m DC ontvanger om te bou en Wim, SP5DDJ, wys jou hoe om 'n 40 meter GG QRP sender/ontvanger te bou.

Cor, ZS6CR, en Hannes, ZS6BZP, wys ons hoe om hul multi magnetiese lus antenna te bou, hierdie artikel is in Afrikaans. Hendrik, ZS2HC, het 'n spanning versterker/monitor vir jou ICOM IC-7000. Tomi Engdahl vertel van die Time Domain Reflectometer en hoe jy it kan bou en Tim, ZS6IM, vertel van die Collins 618T-2 radio in sy vliegtuig in ‘Mutterings from afar.’ Eddie, ZS6BNE, het 'n prikkellende artikel getiteld ‘The future ham’ geskryf. Daarbenewens is daar nog meer om te lees, kry vandag jou kopie vanaf die Liga se webwerf.

** Die Meteoriet reën seisoen het begin en sal voortduur tot aan die begin van Januarie 2017. Daar is 88 jaarlikse meteoriete wat gelys is deur sterrekundiges waarvan die meerderheid klein strooie is, terwyl 'n groot meteorite strooi ten minste maandeliks voortaan verskyn tot in Januarie. Meteoroïede is puin van komete of asteroïdies en wanneer hierdie klein deeltjies, wat wissel in grootte, verbrand in die boonste atmosfeer, maak hulle sigbare meteoriet roetes. Hierdie roetes kan ook weerspieël word in BHF radio golwe tussen 50 en 432 MHz en produseer baie sterk radio bars (burst) op 50 MHz en die radio bars (burst) duur baie langer op hierdie wonderlike band.

Normaalweg is meteoriet bars (burst) net hoorbaar vir 'n paar sekondes, maar kan verhoog tot 'n paar minute in groot strooie. Daar is vyf swakker strooie teenwoordig gedurende April wat uitstekende kontakte op die digitale modus FSK441 bied. 'n Groot strooi, die Lyriede, verskyn tussen 16 en 25 April 2016 en die piek in die vroeë oggend van 22 April met 'n uurlikse telling wat kan wissel van 18 roetes na 'n paar dosyn oor verskillende jare en maak dit moontlik om ESB of FM kommunikasie oor afstande tot 2 500 km te maak. Meteor Strooi het 'n skip afstand van tussen 500 en 600 km op 50 MHz, maar dit verhoog op die hoër BHF bands. Neem die uitdaging aan en probeer dit op 50 MHz!

** Jy kan nou die weeklikse HF Happenings nuusbrief aflaai vanaf die Liga se webwerf by www.sarl.org.za/hf_happenings.asp. Daar is ook ’n bietjie BHF Nuus ingesluit in elke uitgawe onder die opskrif VHF Happenings.

** Frekwensie verandering van Amateur Radio Today, vanaf vandag sal die AM frekwensie veranderings is soos volg. Sondae om 08:00 UTC op 7 205 en 17 660 KHz en Maandae om 16:30 UTC op 3 230 kHz. Opvangsverslae kan gestuur word aan artoday@sarl.org.za of as jy dalk ’n QSL kaart wil hê stuur jou QSL kaart na AR Today, Posbus 90438, Garsfontein, 0042 en sluit 'n self-geadresseerde en gefrankeerde DL koevert in.

U luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

** Registrasies vir die Mei 2016 Radio Amateur Eksamen sluit op 14 April 2016. Kandidate moet verseker dat die volgende dokumente op die RAE stelsel gelaai is – ’n afskrif van hulle ID-dokument en die OKOSA handtekening vorm. Betalings moet ook voor 14 April 2016 gemaak word.

Die koste is – as jy ouers as 25 jaar is dan is dit R475.00 en as jy 25 jaar en jonger is, is dit R375.00 Navrae kan gerig word aan rae@sarl.org.za

** Jy kan aansluit by die Liga vir die oorblywende tydperk van die Finansiële jaar teen slegs R240 as 'n volle lid. As jy 'n pensioenaris is en oor 65 jaar oud is, kan jy aansluit teen slegs R140. As jy nou aansluit sal jy 'n lid wees tot 30 Junie 2016 wanneer die SARL vir jou 'n faktuur stuur vir lidmaatskap vir die volgende jaar. Kry volledige besonderhede op www.sarl.org.za en kies lidmaatskap in die linkerkantste kolom. Vir meer inligting skakel Vonnie by die NARS by 011 675 2393. Sluit aan by die Suid-Afrikaanse Radioliga vandag, dit is die regte ding is om te doen as amateur radio belangrik is vir jou.

** Aansoek om lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Radioliga is ontvang van die volgende persone - Richard Whiteway, ZR6WR, and Roger Mc Loughlin, ZS6RMC.

Enige besware teen die aanvaarding van hierdie aansoeke moet die Liga Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin. Die ledetal van die Liga staan tans op 1 648 lede en 47 geaffilieerde klubs.

** Die eerste been van die SARL 80 m QSO-geselligheid word op Donderdagaand 7 April vanaf 17:00 tot 20:00 UTC gehou. Dit is 'n foon kompetisie in die segmente 3 603 tot 3 650 kHz en 3 700 tot 3 800 kHz. Die uitruiling is jou roepsein, naam en 'n RS-verslag. Jy kry 10 punte vir elke kontak met 'n Suid-Afrikaanse stasie en 15 punte vir elke kontak met 'n stasie buite Suid-Afrika. Logstate in MS Excel-formaat moet teen 14 April 2016 ingedien word per e-pos aan zs5lp@vodamail.co.za

** Die Herfs QRP kompetisie sal op die lug wees vanaf 12:00 tot 15:00 UTC op Saterdag 9 April 2016 met gelykgolf en foon aktiwiteit. Die eerste uur is beperk tot slegs die 40 m-band, die oorblywende twee uur is deelnemers vry om enige HF (nie-WARC) band te gebruik soos hulle goed dink. Die uitruiling is 'n RS of RST verslag en jou ruitverwysing. Logstate in ADIF, Cabrillo of MS Excel-formaat en gemerk "jou roepsein QRP Contest," moet per e-pos aan contest@sarl.org.za gestuur teen 17 April 2016 Let wel: 'n foto(s) van die stasie in werking (JPG-formaat) moet elke log inskrywing vergesel. Raadpleeg die 2016 Blouboek vir die reëls van beide kompetisies.

** Die tema vir die Mei 2016-uitgawe van Radio ZS is digitale radio. Kry jou artikel by die Redakteur teen 25 April. Dit kan in Afrikaans of Engels en 'n bladsy of ses bladsye. Stuur dit na radiozs@sarl.org.za

** Die Overberg Amateurradioklub hou hul algemene jaarvergadering op 9 April by die QTH van John, ZS1DI, by Stanford. Die vergadering begin om 10:30 en daarna sal daar die gebruiklike bring en braai en jakkalsjag wees. Daar sal ook 'n tombola wees. Die vuur asook versnaperinge en slaaie sal voorsien word. Besoekers en kinders is welkom om deel te neem aan die pret. Ons weet dat hierdie vergadering bots met 'n ander algemene jaarvergadering, maar dit is die enigste datum wat geskik is om die meerderheid van die lede by mekaar te kry.

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag gaan bly. Sonvlek AR2526 se magneetveld is stabiel met die gevolg dat daar bykans geen kans vir ernstige sonfakkels is nie.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 13 vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou vir die dagboek van gebeure

Vandag 3 April - sluitingsdatum vir SARL BHF kompetisie logstate
7 April - SARL 80 m QSO-geselligheid
9 April - SARL Herfs QRP kompetisie en die algemene jaarvergadering van die Overberg ARK
10 April - die SARL Jeug Net om 15:00 UTC op 7 070
14 April - sluitingsdatum vir die Mei RAE registrasies en SARL 80 m QSO-geselligheid logstate
17 April - sluitingsdatum vir Autumn QRP kompetisie logstate
18 April - Wêreld Amateurradio Dag
25 April - sluitingsdatum vir artikels vir die Mei Radio ZS

Om hierdie bulletin te beëindig, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.

Radio amateurs word vriendelik versoek om asseblief jou OKOSA lisensie fooie direk in OKOSA se bankrekening inbetaal en nie in die Suid-Afrikaanse Radioliga se bankrekening nie. Dit is nie die Liga se verantwoordelikheid om jou lisensie gelde by OKOSA in te betaal nie. Alle gelde wat verkeerdelik in die Liga se rekening inbetaal word, sal as 'n donasie gesien word. Baie dankie vir u samewerking.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die ‘news inbox’ skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB, en gelees deur .......................................................

73 en 88, dankie dat jy geluister het.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003