Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 1 MEI 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink - luisteraars is daar 'n herleiding deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teks weergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag,

RADIO AMATEUR EKSAMEN OP 19 MEI

AANBIEDING VAN DIE BAKEN PROJEK DEUR STUDENTE VAN DIE KAAPSE SKIEREILAND UNIVERSITEIT VAN TEGNOLOGIE TYDENS DIE AMSAT SA RUIMTESIMPOSIUM 2016

en

DIE ANTIEKE DRAADLOOS VERENIGING SE BUIS QSO-GESELLIGHEID VOLGENDE NAWEEK

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

** In SARLNuus vir 24 April is daar verkeerdelik berig dat die RAE plaasvind op 12 Mei 2016. Die eksamen vind plaas op Donderdag 19 Mei 2016 om 19:00. Beste wense aan alle studente met hul voorbereiding vir die Radio Amateureksamen. Indien enige student nog nie 'n eksamen nommer ontvang het nie, moet hulle die RAE bestuurder kontak by rae@sarl.org.za. Die nuusspan vra om verskoning vir hierdie fout.

** Kennis geskied hiermee aan alle lede van die Suid-Afrikaanse Radioliga dat die algemene jaarvergadering om 09:00 op Saterdag 21 Mei 2016 gehou sal word by die Be My Guest Lodge in Sasolburg. Registrasies vir die algemene jaarvergadering sal om 07:30 begin. Die registrasievorm en Agenda, tesame met alle stawende dokumentasie is gepubliseer in die lede-alleen deel van die Liga se webtuiste by www.sarl.org.za.

In terme van die grondwet, is 'n lid wat nie in staat is om persoonlik 'n algemene jaarvergadering by te woon nie, daarop geregtig is om 'n lid van die Liga, stemgeregtig aan te stel om die algemene jaarvergadering by te woon en te stem namens hom of haar. Enige stem so gemaak is bindend asof deur die lid self gestem. Die bepalings van Reël 1.8 is van toepassing op enige persoon wat as 'n gevolmagtigde optree. 'n Volmagvorm word ingesluit met al die ondersteunende dokumentasie op die bogenoemde webwerf.

Indien u enige ander navrae het, kontak die SARL Sekretaris by secretary@sarl.org.za.

** Studente van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie sal 'n referaat by die AMSAT SA Ruimte Simposium lewer oor die hoë frekwensie baken-sender wat ontwikkel is om 'n drie element rigting bepalende antenna gebou by SANSA Ruimtewetenskap in Hermanus te toets om die 14 099 kHz HF baken sein te ontvang vanaf die ZACUBE-1 en toekomstige ZACUBE-i ruimte weer sendings. ’n Grond sender is ontwikkel vir verifikasie en kalibrasie van hierdie antenna. Die sein sal gebruik word om die werking te verifieer van die harde- en sagteware wat gebruik word om die rigting van aankoms van die inkomende sein te bepaal. Meer oor die simposium op 28 Mei 2016, besonderhede oor die referate wat aangebied word en hoe om te registreer vir die geleentheid kan gevind word op www.amsatsa.org.za.

** Hoekom ondersoek ons radioamateurs nie die mikrogolwe soos hul buitelandse eweknieë nie? Die DUBUS amateurradio tydskrif publiseer baie amateur mikrogolf eksperimente wat wêreldwyd gebeur. Dit lewer verslag oor amateur aktiwiteite op Super Hoë Frekwensie (SHF), 3 tot 30 GHz uit lande soos Duitsland, die Verenigde Koninkryk, Spanje, Italië, Frankryk, Swede, Australië en die VSA, ens, sowel as op baie hoë frekwensie (EHF) in die 30 tot 300 GHz spektrum en die vestiging van talle nuwe rekords.

In vroeër jare het 'n aantal Suid-Afrikaanse amateurs rekords op die mikrogolf bande gemaak wat vandag nog staan. Dit het alles in 1962 in Oos-Londen begin toe Arthur, ZS2CK, en Mike, ZS2FM, die eerste mikrogolf amateur QSO op 10 GHz (3 cm) met behulp van selfgeboude klystron send/ontvanger aangeteken het. Met die koms van Gunn diode ossillators, is 'n vlaag nuwe mikrogolf rekords vanaf 1976 opgestel op mikrogolf frekwensies tussen 1,3 GHz en 47 GHz almal op FM deur ZS6BNT, ZS6ML, ZS6BG, ZS6ANL, ZS6ASO, ZS6KX, ZS6BTY, ZS6BMS en ZS6AOU.

Die huidige aardse mikrogolf rekords op 1,3 GHz en 2,3 GHz word steeds gehou deur Dave, ZS6BNT, en Gary, ZS6ASO, oor 422 km en 198 km onderskeidelik. Ivo, ZS6AXT, en Jon, ZS6JON, het die huidige rekords op 5.7, 10 en 24 GHz oor afstande van 151, 299 en 56 km, onderskeidelik opgestel. Die een en enigste rekord op 47 GHz is deur Arnold, ZS6BMS, en Julian, ZS6AOU, opgestel, dit staan nog op 21,2 km. Ivo, ZS6AXT, was die pionier op mikrogolf EME, sy huidige EME rekords is: 1,3 GHz met WB0QMN 15 407 km; 2,3 GHz met NU7Z 16 482 km en 5,7 GHz met W7CNK 14 745 km. Wie gaan enige van hierdie rekords breek?

U luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

** Drie nuwe CubeSats is nou in wentelbane. Seine is ontvang vanaf die drie CubeSats wat op 25 April aan boord van die Soyuz vlug VS14 van die Kourou ruimte hawe in Suid-Amerika gelanseer is. Die drie CubeSats is ontwikkel deur studente spanne onder leiding van die Europese Ruimte-agentskap (ESA) Onderwys Kantoor "Vlieg jou satelliet!" program, Die program is daargestel vir die aanmoediging en bevordering van die volgende generasie wat n professionele loopbaan in die Ruimte na jaag. Die satellite, OUFTI-1 is van die Universiteit Liège, België, e-st@r-II van die van Polytechnic Turyn, Italië en AAUSAT-4, van die Universiteit van Aalborg, Denemarke.

Die sein van die e-st@r-II satelliet se 1 200 bps baken is baie swak wat 'n antenna ontplooiing kwessie of onverwagse lae krag uitset kan wees. ESA rapporteer die e-st@r-II span is besig om die radiokommunikasie skakel met hul satelliet te konsolideer. OUFTI-1 dra die eerste toegewyde amateur D-Star satelliet-transpondeerder. Meer inligting kan gevind word in die VHF Happenings seksie van HF Happenings 702 wat beskikbaar is op die Liga webwerf onder publikasies.

** Die Antieke Draadloos Vereniging se Buis QSO-geselligheid is op die lug oor die naweek van 7 en 8 Mei met die AM QSO-geselligheid tussen 13:00 en 17:00 UTC op Saterdag 7 Mei en die ESB QSO-geselligheid van 13:00 tot 17:00 UTC op Sondag 8 Mei. Aktiwiteit vind plaas tussen 7 063 tot 7 100 kHz en 3 603 tot 3 650 kHz en die uitruiling is jou roepsein, 'n RS-verslag, 'n opeenvolgende reeksnommer wat by 001 begin en die tipe radio gebruik. Die logstate moet teen 23 Mei 2016 ingedien word by andyzs6ady@vodamail.co.za. Al die inligting oor die QSO-geselligheid is beskikbaar in die 2016 Blouboek.

** Die Mei 2016-uitgawe van Radio ZS is gereed vir publikasie en sal later vandag beskikbaar wees vir aflaai. In hierdie uitgawe kan jy lees oor die herhaler ekspedisie deur die Wes-Kaapse Herhalers Werkgroep en PEARS langs die Suid-Kaapse kus. Mike, ZS2FM, gee jou planne om 'n 10-element hoë wins nou-band Yagi vir 144 MHz DX te bou en die Sasolburg Radioklub gee meer inligting oor die SARL Nasionale Konvensie, wat hulle tussen 20 en 22 Mei aanbied.

James, KH2SR, gee ’n oorsig van die MDT Amateurradio 40 m Send/ontvanger boustel en Henry, ZS6IIX, vertel ons van lekkende voerder kommunikasie in ondergrondse myne. Selim, M0XTA, sê ons het 'n op-die-lug krisis terwyl Rob, ZS1SA vir ons wys hoe om elektriese verbindings te krimp. In die YL Beam jaag die dames pikkewyne! Dit en nog baie meer in die Mei-uitgawe.

Artikels vir die Junie 2016-uitgawe kan per e-pos aan radiozs@sarl.org.za gestuur word en die sluitingsdatum is 23 Mei.

** Die uitslae van die SARL 80 Meter QSO-geselligheid gehou op 7 April is vrygestel. Die wedstryd komitee het ses logstate ontvang en meld dat dit lekker was om die Excel logstate na te gaan.

1ste Romeo Nardini, ZS6ARQ - 250 punte
2de Johan van Zijl, ZS4DZ - 230 punte
3de Andy Cairns, ZSZ6ADY - 200 punte
4de Roy Walsh, ZS3RW - 80 punte
5de Sidney Freeman, ZS6SID - 70 punte
6de Chris Tippett, ZS5CEV - 40 punte

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Sonvlek AR2535 is tans die bron van C-klas sonfakkels. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 27 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 15 m DX bande verwag. Die 10 m band mag dalk ook 'n paar verrassings op sonlig paaie oplewer. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou vir die dagboek van gebeure:

4 Mei - Hamnet Wes-Kaap se vergadering om 19:30 by die Tygerberg Hospital
7 en 8 Mei – AWA Buis QSO-geselligheid
8 Mei – SARL Jeug Net
15 Mei – ZS3 Naelloop
19 Mei – Mei RAE
20 tot 22 Mei – SARL Nasionale Konvensie
21 Mei - SARL AJV in Sasolburg
23 Mei – sluitingsdatum vir artikels vir die Junie Radio ZS
28 Mei - AMSAT SA Ruimte simposium en die Pretoria Amateur Radio Klub Vlooimark

Om hierdie bulletin te beëindig, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.

In SARL Nuus vir 24 April is daar verkeerdelik berig dat die RAE plaasvind op 12 Mei 2016. Die eksamen vind plaas op Donderdag 19 Mei 2016 om 19:00. Beste wense aan alle studente met hul voorbereiding vir die Radio Amateur eksamen. Indien enige student nog nie 'n eksamen nommer ontvang het nie, moet hulle die RAE bestuurder kontak by rae@sarl.org.za.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die ‘news inbox’ skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB, en gelees deur .......................................................

73 en 88, dankie dat jy geluister het.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003