Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 22 MEI 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink - luisteraars is daar 'n herleiding deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teks weergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag,

SARL AJV OP SASOLBURG

TOEKENNINGS BY DIE GALADINEE

en

PY1MHZ LUISTER UIT VIR ZS SEINE OP 144,300 MHz

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga Algemene Jaarvergadering het om 09:45 gister by Be My Guest Lodge in Sasolburg begin. Na registrasie, is daar bepaal dat 274 lede teenwoordig was of persoonlik of by volmag stem. Riaan Greeff, ZS4PR, verwelkom al die lede teenwoordig namens die Sasolburg ARC. Fritz Sutherland, ZS6SF, verwelkom die lede by die Algemene Jaarvergadering. Fritz en lede van die Raad lę die Liga se jaarverslag voor.

Die vergadering het besluit om 'n spesiale algemene vergadering in 60 dae tyd uit te roep om te kyk na die finansiële verslae en 'n nuwe raad te verkies. Die vier mosies is ter tafel gelę en Mosies 1 en 3 is nie aanvaarie terwyl Mosies 2 en 4 aanvaar is.

Meer oor die Nasionale Konvensie SARL en die AJV sal in Amateur Radio Today om 10:00 Sentraal-Afrikaanse Tyd rapporteer word asook in SARL-nuus volgende Sondag.

** Die volgende toekennings is gisteraand tydens die 2016 Suid-Afrikaanse Radioliga Galadinee in Sasolburg oorhandig.

Lewenslange erelidmaatskap is toegeken aan Frans Durand, ZS4FD

Die Willie Wilson Goue wapen is toegeken aan Nico van Rensburg, ZS6QL, Geoff Levy, ZS6C, Chris Burger, ZS6EZ, Noel Hammond, ZR6DX, Gary Immelman, ZS6YI, en Paul van Spronsen, ZS1V

Die Jack Twine Merietetoekenning is gegee aan Christo Kriek, ZR6LJK, Gert Botha, ZS6GC, Jaco Le Roux, ZS6PX, Gideon Jannasch, ZS4GJA, Koos Fick, ZR6KF, en Graham Busse, ZS6GL

Die Presidents Toekenning is aan Deon Coetzee, ZR1DE, gegee en die Icom Toekenning vir Uitnemendheid aan die Secunda Amateurradioklub gegee.

Die volgende HF Kompetisie toekennings is gemaak.

The Silent Keys Memorial Trofee ESB en die Joseph White-trofee aan Hans Kappetijn, ZS6KR

The Silent Keys Memorial Trofee Gelykgolf, die ZS4BS Digitale trofee, die Anon-trofee, die HOS Trog en die SARL Digitale trofee aan Roger Jones, ZS6RJ

Die Fred Mills trofee aan Joop Hesp, ZS6JP

Die Klub Deelname Toekenning (Tak Deelname trofee) aan die Wesrand Amateurradioklub

Slegs een bedryfs toekenning is gemaak.

Die Radio ZS Twee Meter Wisseltrofee aan Andre van Deventer, ZS2BK

Die Hamnet Skild is toegeken aan Glynn Chamberlain, ZS6GLN

Die Radio ZS-toekennings

Die Gary Immelman RA Erfenis-toekenning Wisseltrofee is toegeken aan Tim Bullock, ZS6IM

Die JJ Pienaar-trofee is toegeken aan Vincent Harrison, ZS6BTY

Die Radio ZS Shield is toegeken aan Kevin McDonald, ZS6KMD

Die Arland Ussher Goue Pen-toekenning vir die hoogste punte in die twee RAEs is toegeken aan JE La Guma, ZS1NUL, vir die Klas A-eksamen en aan EJ Crossby, ZU6E, vir die Klas B-eksamen.

Baie geluk aan al die ontvangers

** Die eerste multi modes digitale spraak amateur herhaler vir suidelike Afrika is in gebruik geneem in Pretoria. Die herhaler is gedurende die laaste twee maande ontwikkel en gebruik die nuutste digitale spraak sagteware tegnologie beskikbaar. Die sagteware is ontwikkel en word voortdurend verbeter deur 'n internasionale span radio amateurs. Die herhaler kan tans al die volgende protokolle hanteer, DMR, D-Star, Fusion en D-PRS. Die herhaler is ook gekoppel aan die internet wat dit moontlik maak vir lokale amateurs om aan meeste van die internasionale digitale spraak en D-PRS amateur radio netwerke te koppel.

Die herhaler is beskikbaar op 'n frekwensie van 438,250 MHz met die normale -7,6 MHz skuiwing. Die herhaler se DMR ID is 655602, D-Star roepsein is ZS0JPL_B en Fusion roepsein ZS0JPL. Radio amateurs met digitale spraak radios in die Pretoria area word versoek om te help met die herhaler evaluering om sodoende die sagteware perfek te kry en foute te illumineer. As jy meer inligting benodig of fout verslae wil indien, kan jy Johan, ZS6JPL, e-pos stuur by die adres in die Liga roepseinboek.

U luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

** PY1MHZ monitor ZS seine op 144300 MHz. Pieter, V51PJ, het ons ingelig dat Marcos, PY1MHZ, sy 2 x 12 element LFA Yagis by Rio de Janeiro geďnstalleer het en dit kyk in ons rigting. Hy monitor 144,300 MHz ESB en die V51PJ baken op 144,429 MHz. Die volgende Trans Atlantiese twee rigting-toetse tussen Namibië en Brasilië sal weer in Augustus 2016 begin as gevolg van koue fronte wat aan beide kante ervaar word. Baken seine van meer as 4 000 km is aangeteken oor die Atlantiese Oseaan. Die afstand tussen Brasilië en Suid-Afrika is sowat 6 000 km en is die grootste uitdaging vir VHF amateurs op die oomblik. Die amateur wetenskap projek sal amateurradio tegnologie stimuleer.

** Sluit by Hamnet aan en gebruik jou stokperdjie om van diens aan ander te wees. Hamnet is 'n nood kommunikasie groep, wat bestaan uit Liga-lede wat vrywillig hul dienste en toerusting beskikbaar stel om die plaaslike, nasionale of internasionale gemeenskap te help wanneer kommunikasie moeilik of onmoontlik is. Amateurradio operateurs is uniek toegerus om 'n kommunikasie-plan met tuisgemaakte antennas te maak om die boodskappe te hanteer waar nodig. Jy kan jou ervaring verbeter en jou eie ervaring oordra aan ander deur by jou plaaslike afdeling van Hamnet aan te sluit. Daar is 'n webblad op die Liga se webwerf gewy aan Hamnet, waar die weeklikse bulletin op Sondae gelaai word nadat dit gedurende die Amateur Radio Today-program om 10:00 op Sondag oggende uitgesaai is. Kyk op die SARL webwerf tuisblad vir meer inligting oor hoe jy na Amateur Radio Today kan luister.

Die weeklikse bulletin van Hamnet Wes-Kaap op Woensdagaande om 19:30 sukkel huidig met swak HF voorplanting en as jy dit wil ontvang en nie in die Wes-Kaap woon nie, kan jy probeer luister op 7 110 kHz of 3 760 of 1 845 kHz, almal Laer Syband, afhangende van die band toestande 5 minute voor die bulletin begin. Dit is ook beskikbaar op Echolink, deur te koppel aan ZS1DCC-R.

Hamnet hoop dat al die nuwe lisensiehouers, wat hul RAE geslaag het, sal oorweeg om by Hamnet aansluit as hulle SARL lede is, om sodoende hul vaardighede te verbeter en uit te brei.

** Die tema vir die Julie-uitgawe van Radio ZS is 'die jeug.’ Die redakteur versoek alle Jeug Klubs en diegene wat betrokke is met jong mense om foto's en artikels vir hierdie uitgawe in te stuur. Die sluitingsdatum vir materiaal is Dinsdag 21 Junie 2016 en kan na radiozs@sarl.org.za gestuur word.

** Die Pretoria Amateurradioklub, hou hul volgende snuffelmark op Saterdag 28 Mei 2016 by hul gebruiklike plek in Keuningstraat, Silverton, by die Pretoria Ou Motorklub. Let daarop dat die aanvangstyd vervroeg is na 07:00 sodat persone wat die SA AMSAT symposium wil bywoon, al twee geleenthede in Pretoria kan bywoon. Almal is welkom. Vir enige navrae oor die Pretoria Amateurradioklub se snuffelmarkte, kontak asseblief vir Almero du Pisani, ZS6LDP op selnommer 083 938 8955 of stuur 'n e-pos aan almero@up.ac.za

Die Wesrand Amateurradioklub hou sy volgende snuffelmark om 12:00 op Saterdag 4 Junie 2016 by die klubhuis in Krotonstraat, Weltevredenpark, Roodepoort. Almal is baie welkom. Vir meer inligting skakel, Johan, ZS6JVV, op 082 558 5811.

** Op Saterdag 18 Junie 2016, vier die Highway Amateurradioklub sy 20ste verjaardag met 'n spesiale geleentheid by die New Germany Sportklub. Die klublede sal aktief op die lug wees met die klub roepsein ZS5HAM en hulle kyk uit om soveel kontakte met mede-amateurs op die dag te maak.

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Al die sigbare sonvlekke is tans stabiel met bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 35 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 15 m DX bande verwag. Die 10 m band mag dalk ook 'n paar verrassings op sonlig paaie oplewer. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou vir die dagboek van gebeure:

23 Mei – sluitingsdatum vir artikels vir die Junie Radio ZS
28 Mei - AMSAT SA Ruimte simposium en die Pretoria Amateur Radio Klub Vlooimark
28 en 29 Mei - die CQ WPX gelylgolf kompetisie
29 Mei - die SARL Digitale kompetisie
4 Junie - die Wesrand ARK Vlooimark
12 Junie – die Hammies ZS6 Naelloop
17 Junie - Węreld QRP Dag
18 Junie - die Highway ARK 20 verjaarsdag
21 Junie – sluitingsdatum vir artikels vir die Julie Radio ZS

Om hierdie bulletin te beëindig, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga Algemene Jaarvergadering het om 09:45 gister by Be My Guest Lodge in Sasolburg begin. Na registrasie, is daar bepaal dat 274 lede teenwoordig was of persoonlik of by volmag stem. Riaan Greeff, ZS4PR, verwelkom al die lede teenwoordig namens die Sasolburg ARC. Fritz Sutherland, ZS6SF, verwelkom die lede by die Algemene Jaarvergadering. Fritz en lede van die Raad lę die Liga se jaarverslag voor.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die ‘news inbox’ skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB, en gelees deur .......................................................

73 en 88, dankie dat jy geluister het.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003