Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 26 JUNIE 2016

Goeie môre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuusbulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

IN DIE NUUS VANDAG

SARL MOET ERNSTIG BESIN OOR DIE SAAK RONDOM OKOSA TIPE-GEODKEURING

AMSAT SA VERSNEL ONTWIKKELING VAN KLETSKOUS

SKA NUUS

EN

WÊRELDWYE FLORA EN FAUNA IN AMATEUR RADIO

*** DIE SARL sal ernstig moet besin oor hoe die saak rondom OKOSA tipe-goedkeuring tydens die openbare verhore aangevoer sal word. Hierdie verhore sal bepaal hoe goedkeuring en vrystelling van goedkeuring toegepas sal word. Hierdie kwessie is reeds aangevoer tydens die die SABS se tegniese komitee vergadering wat onlangs gehou is. Die doel van hierdie komitee is om te verseker dat radio en die elektromagnetiese spektrum effektief aangewend word deur die gebruik van die nodige regulasies.

In die staatskoerant van 26 Augustus 2013, het OKOSA reeds die vereistes vir die goedkeuring van radio toerusting vir gebruik binne Suid Afrika uiteengesit. Wat hierdie vereistes egter nie aanspreek nie is toerusting wat vrygestel word van hierdie tipe goedkeuring en ook die nodige vereistes vir sulke toerusting. Tydens Vrydag se vergadering van die SABS tegniese komitee het dit duidelik geblyk dat OKOSA dringend aandag aan hierdie saak gee. Die nuwe raad van die SARL, wat teen 30 Julie 2016 die leisels oorneem, sal derhalwe ernstig moet aandag gee aan hierdie baie belangrike saak, veral met betrekking tot dokumentasie wat tydens die komende verhore ter stawing van ons posisie voorgelê moet word.


*** AMSAT SA het hul ontwikkeling van die KLETSKOUS transpondeerder nou versnel deur die bekendstelling van ‘n parallelle ontwikkelings proses. Twee radio deskundiges, Leon Lessing, ZS6LMG, en Francois Visser ZS1CED, het onlangs by die span aangesluit.

Tydens die onlangse strategie vergadering is die lang termyn planne bespreek. Hierdie planne sluit die ontwikkeling van ‘n SDR transpondeerder en ander digitale loonvrag. Radio amateurs wat belangstel daarin om te deel in hierdie samesprekings word uitgenooi om kontak te maak met SA-AMSAT deur epos te stuur aan saamsat@intekom.co.za Om meer uit te vind oor Kletskous en die hele projek besoek gerus die webblad www.amsatsa.org.za. Hier kan jy Deon Coetzee, ZS1DE, se voorlegging aflaai. Deon het hierdie voorlegging tydens die onlangse ruimtesimposium aangebied. Kom sluit aan by die gesprek!

*** Wêreldwye Flora en Fauna in amateurradio. Die WWFF program wil aandag vestig op die belangrikheid van die beskerming van die natuur, fauna en flora. In hierdie gees stel amateurradio operateurs hulle stasies op en bedryf die stasies uit die aangewese natuurparke en beskermde natuurgebiede - en sodoende aandag vir hierdie gebiede genereer, terwyl dit die amateurradio gemeenskap 'n interessante aktiwiteit bied om kontakte te maak. WWFF is 'n internasionale en nie-kommersiële program wat deur die koördineerders van 'n groot aantal nasionale flora en fauna programme bestuur word.

Dennis, ZS4BS, en Sid, ZS5AYC, het in kontak met die WWFF Raad getree om die ZSFF Program te registreer. Op die oomblik is daar 30 Suid-Afrikaanse natuur areas geregistreer by WWFF, wat die 19 Parke bestuur deur die Nasionale Parkeraad insluit. Die vele ander natuurparke en beskermde natuurgebiede in Suid-Afrika sal in die ZSFF gids bygevoeg word en dokumentasie sal oor die ZSFF program later beskikbaar gestel word.
** Die Julie-uitgawe van Radio ZS sal beskikbaar wees vir aflaai van die Liga se webwerf vanaf Dinsdag 28 Junie 2016. In hierdie uitgawe sê Nico, ZS6QL, om met jong mense te werk is 'n gulde geleentheid en Richard, ZS6KRE, die Padvinderleier van die Sandringham Padvinders vertel oor hul Amateurradioklub. Dave, ZS2DH, vertel van Hammie aktiwiteit in die Oos-Kaap en ons het 'n verslag van die Dayton Hamvention oor hul Jeug Program. Dit was 'n besige jaar vir ZS6ZU, die Hammies ARK, dit volgens Noel, ZR6DX, en het jy geweet dat AMSAT SA 'n jeug uitreik het? Verder vertel André, V51B, ons van sy Quad antenna. In die Arduino kolom wys Kevin, ZS6KMD, jou sy enkelband Super VFO en in die YL Beam gee Heather, ZS6YE/5, vir ons die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Vroue Radioklub - miskien is dit tyd om die SAWRC weer te aktiveer! Dit alles en nog meer in die Julie-uitgawe van Radio ZS.



*** Thomas Abbott ZS6XTA,ZS1TE, het ons in kennis gestel dat die SKA1 middel samestelling nie die enigste teleskoop op die SKA terrein is nie. Die area waar radio stilte gehandhaaf moet word is ingestel as ‘n nasionale bron waar ander eksperimente ook gedoen kan word en berus nie net op die SKA1 samestelling nie. Hierdie radio vrye sone bestaan alreeds etlike jare en gaan die SKA voor met verskeie jare. Baie van ons het seker al Sutherland besoek en het sekerlik ook die groot optiese teleskoop daar gesien. Navorsers kom van heinde en verre om gebruik te kom maak van hierdie besondere toerusting wat geleë is op ‘n baie ideale plek. Hier is donker naghemel en radio stilte van kardinale belang en hierdie teleskope lok ook ander kundiges soos tegnici, onderhouds personeel en astronome.

Tans is daar vier radio teleskope in bedryf naamlik KAT7, wat 1-2 GHz dek, Meerkat, tussen 0.5 en 5 GHz, HERA, wat 120 tot 190 MHz gebruik en dan C_BASS wat 5-6GHz bekyk.HERA is ‘n baie interessante lae koste radio teleskoop wat draad roosters gebruik as reflektors en koper pyp dipole as antenne. Dit het sy oorsprong in die kleiner PAPER teleskoop. PAPER is al etlike jare besig met navorsing.

*** Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is van die volgende radioamateurs ontvang:
Klaus Knopf ZS1QO
Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskap aansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.

Tot hede het 409 lede reeds hulle lidmaatskap van die SARL hernu en 12 geaffilieerde klubs het hulle affiliasie hernu.


*** Die Centurion Radio Amateur Klub vier hulle 41ste herdenking op 30 Julie 2016. Om die geleentheid te vier sal lede gedurende Julie 2016 op die amateur radio bande aktief wees. Alle kontakte met die stasie sal 'n sertifikaat ontvang (via epos). 'n Voorbeeld sertifikaat asook meer inligting is op hul bakkiesblad beskikbaar: "Centurion Amateur Radio Club"


HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan
wees. Daar is tans geen sonvlekke sigbaar nie. Dit is 'n teken dat die sonaktiwiteits minimum op pad is.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 18 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 15 m DX bande verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Kom ons bekyk die amateurradio gebeure oor die volgende paar weke

Vandag 26 en More 27 Junie die die SARL Top Band QSO Party
3 Julie 2016 – ZS5 Naelloop
9 & 10 Julie -IARU HF Kampieonskappe
10 Julie – Jeug Net
16 Julie – Winter QRP Naelloop
16 tot 23 Julie IARU Streek 1 YOTA Somer kamp
24 Julie ZS2 Naelloop
25 July – Augustus Radio ZS Saktyd
30 & 31 Julie - RSGB IOTA Wedstryd
30 Julie – SARL Spesiale algemene vergadering

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

** Die Suid-Afrikaanse Radio liga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radio liga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum vooraf gaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laersyband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n digitale weergawe deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radio liga, saamgestel deur Dawie Conradie, ZR6DHC, geredigeer deur Ryan Gibson, ZS6GGR, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003